Klyntji

KLYN AKADEMIE

'n Platform om akademiese navorsing op 'n nuwe manier te verpak

Klyn Akademie, ’n projek deur Klyntji in samewerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), is die eerste inisiatief van sy soort in Afrikaans.

Ons glo dat die vernuwende en uitdagende werk wat uit akademiese navorsing ontstaan, vir almal is. Dit moet daarom nie agter geslote kongres- en lesingsaaldeure geïsoleer word nie. Anders as ander reeds bestaande aanlyn akademiese platforms, moedig Klyn Akademie navorsers aan om te skryf soos hulle praat; om persoonlike vertellings te verweef met hulle skrywe; en om multimedia in te sluit, soos kunswerke, video’s en musiek. Dit is nie ’n nuwe akademiese joernaal nie, maar ’n inisiatief om navorsing uit enige vakdissipline met ’n breër gehoor te deel.

Dink: vars, progressief, toeganklik en lekker om te lees.

Voorleggings is tans gesluit.