Klyntji

Ons Klyntji: Die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif

 
 

Wat is Ons Klyntji?

Ons Klyntji is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, gestig in die jaar 1896.

In die 1990’s het Ons Klyntji as ’n zine onder Koos Kombuis se redakteurskap verskyn (Kombuis is vandag ere-redakteur van Klyntji). Die gedrukte Ons Klyntji literêre zine verskyn steeds elke jaar met Toast Coetzer, Erns Grundling en Joe Botha as redakteurs. Bydraende redakteurs sluit in Mechiel Boshoff, Jaco du Plooy, Willow Ruby, Leanne Rencken, Elzanne Coetzee, Elodi Troskie en Andréa Müller.

Klyntji.com is in 2014 op die been gebring deur stigtersredakteur Francois Lion-Cachet, agter-agterkleinseun van Jan Lion Cachet, ’n stigterslid van die oorspronklike Ons Klyntji. Beide klyntji.com en die Ons Klyntji zine word deur Klyntji (’n vrywillige vereniging met PBO- en NPO-status) uitgegee.

Die Ons Klyntji zine is ’n meertalige A6-sakpasboekie wat in swart-en-wit gedruk word. Bydraes in enige taal en formaat wat Suid-Afrikaanse en Afrikaanse kreatiwiteit vier, word verwelkom. Die zine bevat meestal gedigte, maar ook kortverhale, spotprente, foto’s, ens. Ons Klyntji se 130ste bestaansjaar word in 2026 gevier.

Voorleggings en navrae kan aan zine@klyntji.com gerig word.


Nuus oor Ons Klyntji zine


Voorblad: Willem Samuel

Voorblad: Willem Samuel

Voorblad: Willem Samuel

Voorblad: Willem Samuel

Voorblad: Willem Samuel

Voorblad: Arno Kruger

Voorblad: Arno Kruger

Voorblad: Arno Kruger

Voorblad: Arno Kruger

Voorblad: Arno Kruger