Aankondiging van Ons Klyntji 2020 (jaargang 124)

Aankondiging van Ons Klyntji 2020 (jaargang 124)
Omslag deur Willem Samuel

Omslag deur Willem Samuel

Dié uitgawe is iets ligter vir ’n swaar virusjaar

Die 2020-uitgawe (jaargang 124) van Ons Klyntji word op Saterdag 28 November vrygestel by die Tuin van Digters, gehou by die Breytenbach-sentrum in Wellington. Die nuwe uitgawe bevat bydraes deur 107 verskillende skrywers en kunstenaars (sien hieronder vir die volledige lys). Die omslagkuns is gedoen deur Willem Samuel.

“Ons wou die zine vanjaar ‘ligter’ laat lyk,” sê Toast Coetzer, een van die redakteurs van Ons Klyntji. “Dit was ’n swaar jaar, en ons het gevoel almal kan doen met ’n bietjie asemskep. Willem Samuel se voorblad beeld ’n tipe veilige hawe uit – iets wat ons nodig het hier diep in die jaar.”

Die zine beslaan 152 bladsye en bydraers sluit gepubliseerde skrywers in soos Kleinboer, Danie Marais, Fred de Vries, Clinton V du Plessis, De Waal Venter en Saaleha Idrees Bamjee.

Daar is bekende name wat lesers dalk sal herken uit onlangse uitgawes van Ons Klyntji, soos Abigail George, Sjaka Septembir en Zian Viviers (voorheen Zian V Blignaut), terwyl die Malawiese digter Beaton Galafa sy buiging maak in Ons Klyntji.

“Pravasan Pillay het weer ’n absurde kort storie geskryf, Trudy Songo (Lungile Msimanga) se droogtestorie slaan jou hard, Bill Dodd het ’n lieflike gedig uit Italië gestuur en Anton Barnard se sketse van die lewe in Duitsland is ook ’n hoogtepunt,” sê Toast. “Daar is ook amazing gedigte van die nuwe generasie soos Maria Stallmann, Sarah Uheida, Jennifer Mngadi, Kanya Viljoen en Jemima Meyer.”

Fotobydraes kom van o.a. Okkert Brits, Adéle Changuion en Albert Retief, terwyl sketse en kuns deur Colijn Strydom, Givan Lötz en Lezanne Fieuw uitstaan.

“Soos ’n mens kan verwag duik die virus meer as gereeld op in van die gedigte en stories,” sê Toast. “Dis amper onnodig om dit te noem, want sedert Maartmaand is elke woord en daad be-virus. Maar hier is ook liefdesgedigte, en veral heelwat oor verlies – die verlies van geliefdes. Tog is daar ook nou en dan sommer net iets om oor te giggel, soos ’n gediggie oor dagga...”

Volledige lys van bydraers:

Willem Samuel, Okkert Brits, Albert Retief, Elzahn Nel, Colijn Strydom, Givan Lötz, Regardt Visser, Adéle Changuion, Florence de Vries, Carl van der Linde, Anouk Cronjé, Dorit Hockman, Bianca Oosthuizen, Stéfan Burger, Marianne Stewart, Pieter Lübbe, Lindley Pretorius aka Superperd, Roxanne Bayman, Willem van den Heever, Strauss Louw, Lezanne Fieuw, Magda Eloff, Amayetta, Laen Sanches, Daniël Prins, Charles Tait, Simon Winter, Alisa Farr, Bernard Brand, Willow Ruby, Zadie Prince, Marguerite Cellarius, Sariné Potgieter, Willem Mulder, Anton Barnard, Marenet Jordaan, Bill Dodd, Kobus Burger, Kanya Viljoen, Karl Kemp, Nessy Shimwafeni, Louis Roux, Fred Cicada, Susan Samuel, Liny Kruger, Sjaka Septembir, Charika Swanepoel, Daniel Kemp, Louw Venter, Jennifer Mngadi, Pravasan Pillay, Naazneen Laher, Merle Grace, Deon Meiring, Alet Janse van Rensburg, Elodi Troskie, Marcell Britz, Hugo van der Merwe, Michelle Oelofse, Hanru Niemand, Ian Bell, Mick Raubenheimer, Rudolph Willemse, Andrew van der Vlies, Jemima Meyer, Tom Dreyer, Joe Botha, Marna van den Berg, Willem de Lange, Gérard Rudolf, Carl van der Linde, Alice Inggs, Desiré Gird, Robyn Perros, Etienne van Heerden, Erica Lombard, Andries van Pretoria, De Waal Venter, Beaton Galafa, Trudy Songo (Lungile Msimanga), Sarah Uheida, Maria Stallmann, Leila Bloch, Saaleha Idrees Bamjee, Kleinboer, Zian Viviers, Danie Marais, Suzy Bell, Curtley Jones, Johann van der Walt, Fred de Vries, Toast Coetzer, Mechiel Boshoff, Jaco van Schalkwyk, Janie de Vries, Francois van Zyl, André van der Hoven, Clinton V du Plessis, Francois Lion-Cachet, Jaco du Plooy, Sello Huma, Bester Meyer, Olga Leonard, Marguerite Wolfaardt, Stanley Cierenberg, Theodora Dame Adjin-Tettey en Abigail George.

 

Nota aan bydraers: Jy sal binnekort ’n amptelike e-pos ontvang van Toast waarin reëlings getref word sodat jy jou gratis kopie in die hande kan kry.

Bestellings kan geplaas word by info@toastcoetzer.com.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Aankondiging van Ons Klyntji 2020 (jaargang 124) gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand