Bekendstelling: Ons Klyntji 2023

Bekendstelling: Ons Klyntji 2023
 
 

Hier's wie se werk in OK-jaargang 127 verskyn

Ons Klyntji se 152 bladsye is vanjaar gevul met die werk van 114 verskillende bydraers wat bekende skrywers soos Bibi Slippers, Tom Dreyer, Helen Walne, Clinton V du Plessis, Puno Selesho, Hans Pienaar, Rosa Keet, Danie Marais, Diane Awerbuck, Kleinboer en Pieter Odendaal insluit.

 

Die volledige lys skrywers is:

Liny Kruger, Chestlyn Draghoender, Yolanda Faye Holden, Frank Meintjies, Marike Beyers, Dara Kell, Jerome Coetzee, Ian Bell, Sarah Frost, Joost Jungsik Vormeer, Bernadette Madell, Suné Mostert, Fred de Vries, Gérard Rudolf, Lara Kirsten, Alwyn Roux, Mia Middellander, Anton Krueger, Desiré Gird, Claire Anderson, Ashton Rass, Marna van den Berg, Neo Mehlomakulu, Alexander Matthews, Mila van Niekerk, Roro Quijote, Robyn Perros, Bruno FA Andries, Eckhard Cloete, Suzy Bell-Russell, Sjaka Septembir, Jeannie Wallace McKeown, Charika Swanepoel, Liebrecht Fick, Mick Raubenheimer, Nicole Thackwray, Steven Bosch, Curtley Jones, Ronesca Cloete, Ockert Greeff, Zian Viviers, Jacqueline Schmahl, Stadsjaap, Grant Jefthas, Ivan Kruger, Hanru Niemand, Abigail George, Lilitha Boco, BOKToR, Lucas Zulu, David Mann, Toast Coetzer, Eduard Burle, Thea Boshoff, Si-lest, Matthew Barge, Leani Jansen van Vuuren, Robin K Crigler, Charlton Andrew, Stefaans Coetzee, Yolande Cater, Stefan Kirsten, Thérèse Fensham, Jean-Marie Potgieter, Jan Olivier, Johan Swanepoel, Cheryl Traub Adler, Erin Conway-Smith, Theresa Postma, Hermien de Vos (Bamboesina), Sarel van Zyl, Hilde Nel, Irene Saunders, Jennifer Pape, Wilmien Rossouw, Ena de Kock, Louis Duvenage, Francois Lötter, Koos Kombuis, AM Holder, Natalie Thysse, Olga Leonard, Helen Walne, Bibi Slippers, Hans Pienaar, Diane Awerbuck, Pieter Odendaal, Rosa Keet, Puno Selesho, Danie Marais, Tom Dreyer, Kleinboer en Clinton V du Plessis.

Die volledige lys kunstenaars (foto’s, sketse, ensovoorts) is:

Octavia Roodt, Brian Garman, Anouk Cronjé, Mieke Loubser, Cecile Burger, Elsa Maritz, Anton Barnard, Okkert Brits (nie die paalspringer nie), Aino Kallinen, Aimee Lindeque, Regular Panda, Phoebe Engels, Albert Retief, Rikus Ferreira, Menrad Holm, Larissa Brand, Luke Swanepoel, Danel Gravett, Ryan Cyster, Mitha Kotze, Carla Chait en Marguerite Lamey.

 

Die redakteurs vir die 2023-uitgawe is Toast Coetzer, Joe Botha en Erns Grundling, met bydraende redakteurs Elodi Troskie, Elzanne Coetzee, Jaco du Plooy, Natasha Harmse, Willow Ruby, Dara Kell, Mechiel Boshoff en Leanne Rencken. Die uitleg is gedoen deur Lara Venter.

die voorblad

Octavia Roodt het vanjaar weer die voorblad gedoen. Alhoewel ons geen spesifieke tema het vir die 2023-uitgawe nie, help die voorblad altyd om ’n vinnige, oorkoepelende gevoel te gee aan die zine nog voor jy dit oopmaak. Octavia het ’n handvol fantastiese voorstelle met verskillende temas op die tafel gesit, maar uiteindelik het sy, Toast en Francois Lion-Cachet (redakteur, klyntji.com) besluit op die beeld van ’n man en ’n vrou wat sonb(r)aai voor ’n eskader sonpanele. Frases soos “die tweeledigheid van sonneplesier” en “sonaanbidding, met leisure & plesier, langsaan angs vir land & omgewing” is rondgegooi op die WhatsApp-groepie waar Octavia met Toast en Francois gekonkel het.

Tekeninge deur Octavia Roodt wat ook in vanjaar se zine verskyn.

Die temas

Daar is ’n paar gedigte met omgewingstemas in die zine, soos ‘Green-growing wilderness’ van Cheryl Traub Adler, ‘A mismatch’ van Erin Conway-Smith en ‘Rooigety’ van Theresa Postma. Met ’n versameling soos hierdie een vloei die temas van die een na die ander, van die dood en liefde na flikkers gooi in die kroeg, of moles met die raserige bure (of is júlle die raserige bure?), ’n ode aan die BIC-pen, Danie Marais kry die euwels van geld aan die kraag beet, Bibi Slippers wonder waarna almal soek, en verder is hier lughawens, Eskom, voorvaders, seks, Sondae – en ’n Seeperd, met ’n hoofletter.

’n Hoogtepunt onder van die langer stukke is Nederlandse joernalis Fred de Vries se ‘Niemandsland & Beyond’ waarin hy onthou hoe dié Koos Kombuis-album sy reddingsboei geword het toe hy vir die eerste keer in 1992 in Suid-Afrika kom woon het. Matthew Barge se quirky ‘Memories are like spinach’ is ’n in-diepte pleidooi om slakke terug te bring na die Spur-spyskaart, en Jacqueline Schmahl se kortverhaal ‘Soetkoekies’ begin heel vroom maar smeer die wraak later lekker bitter en dik.

bekendstellings

  • Wellington: Saterdag 16 September – Tuin van Digters-poësiefees (Breytenbach-sentrum), 4 nm. 

  • Johannesburg: Dinsdag 31 Oktober – Love Books (Melville), 5.30 nm.

  • Kaapstad: Woensdag 6 Desember – The Book Lounge, 5.30 nm.

Met dank aan

kykNET, vir ’n borgskap wat Ons Klyntji se produksiekostes dek.

Navrae

Toast Coetzer – sendusyourpoems@gmail.com

Francois Lion-Cachet – francois@klyntji.com

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Bekendstelling: Ons Klyntji 2023 gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand