Die nuwe Ons Klyntji zine is uit!

Die nuwe Ons Klyntji zine is uit!

Jaargang 126, 2022

Die 2022-uitgawe van Ons Klyntji (Jaargang 126) se 152 bladsye is vol gedigte, kortverhale, foto’s, sketse en ander bits and pieces deur van Suid-Afrika se wakkerstes – sowat 116 mense (as ons reg getel het...) se werk verskyn in dié uitgawe. 

Die wonderlike voorbladkuns is deur Octavia Roodt, en ander bydraers sluit in:  Jose Milborrow, Joshua Blaine Havermahl, Danel Gravett, Aimee Lindeque, Dorit Hockman, Ewald Esselen, Saar, Okkert Brits, Mark Kannemeyer, jijnel, Adéle Changuion, Jaco van Bosch, Regular Panda, Pierre van Vuuren, Luke Swanepoel, Cecilia M Scholtz, Sybrand Harris, Francios Adams, Anneen Bezuidenhout, Kay-Leigh Fisher, Henk Serfontein, Jeandré Charl Hammond, Mitha Kotze, Cecile Burger, Juliet White, Gary Cummiskey, Elanie Bieldt, Lindley Pretorius, Lezanne Fieuw, Jason Bronkhorst, Isabelle Grobler, Puno Selesho, Natasha Harmse, Sindiswa Busuku, Tom Dreyer, Keith Oliver Lewis, Ockert Greeff, Erns Grundling, Michael Burke, Inez Robertson, Jean-Marie Potgieter, Suné Mostert, Bibi Slippers, Nicole Thackwray, Danie Marais, Marna van den Berg, Toroga, Frank Meintjies, Thérèse Fensham, Toast Coetzer, Kleinboer, Carla Chait, Curtley Jones, Hans Pienaar, Koos Kombuis, Yolande Cater, Anouk Cronjé, Ian Bell, Mick Raubenheimer, Tamara Anne Weetman, Miles Kean Robinson, Erin Conway-Smith, Deon Meiring, Sello Huma, David Mann, Andries van Pretoria, Karin Schimke, Andries Samuel, Joe Botha, Abigail George, Patrick Cairns, Engela Duvenage, Francois Venter, Bill Dodd, Ena de Kock, Churchil Naudé, Fanie Viljoen, Hermien de Vos (Bamboesina), Jakus Eloff, Liny Kruger, Clinton V du Plessis, Rozanne Vos, Yolanda Faye Holden, Louis Roux, Grant Jefthas, Ingrid Lezar, Charika Swanepoel, Leon-Ben Lamprecht, Mabeth Crafford, Cintaine Schutte, Louietta du Toit, Hanru Niemand, Anton Barnard, Hilde Nel, Dara Kell, Eckhard Cloete, Irene Saunders, Bernadette Madell, Pieter Hugo, Fred de Vries, Zian Viviers, Frans Karoo, Sjaka S Septembir, IKALE, Amy C Kane, AW Bosman, Neo Mehlomakulu, Dianne Albertze en André Kluyts.

Baie dankie aan almal wat werk ingestuur het vir oorweging – volgende jaar doen ons dit weer! Onthou, jy kan enige tyd van die jaar (’n mens weet nooit wanneer die inspirasie deur jou kaffeïenvlakke borrel nie...) bydraes instuur na sendusyourpoems@gmail.com – ons kyk deur alles wanneer ons die volgende uitgawe begin beplan. 

Ons Klyntji 2022 is binnekort beskikbaar in Kaapstad by Clarke’s Bookshop en Book Lounge, en in Johannesburg by Love Books (Melville). Eksemplare is ook te koop by die Woordfees boektent. Verdere bestellingopsies is op pad.

Die eerste bekendstelling is Saterdag 8 Oktober (20:00–20:45) by die Tuin van Digters-poësiefees in Wellington. Verdere bekendstellings sal nog bekend gemaak word.

Vanjaar se uitgawe is geborg deur kykNET – dankie, julle!

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die nuwe Ons Klyntji zine is uit! gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand