Chase Rhys se wêk los breadcrumbs virrie kinnes

Chase Rhys se wêk los breadcrumbs virrie kinnes

Hulle boek, Misfit, is 'n warning en 'n salf

Kô lat ôs sit.

Op Chase Rhys se wêk en stories het ek dadelik velief geraak toe ek gehoo het van hulle debuutboek, Kinnes, wat in 2018 ge-publish is dee Kwela. Toe ekkie boek lies, toe moes my ma my roep en soek na waa ek is innie hys is, want ek is nooit soe stil nie. Chase se wêk transport ’n mens na ’n anne befokte galaxy toe. Met Misfit, oek ge-publish dee Kwela in 2022, wassit dieselle. Misfit isse collection van stories vannie anne kant wat yt reworked columns, short stories en oek new original works bestaan. Ek voel ek is daa innie Ocean View of saam Chase in hulle sak. Toe ek dié boek lies, was ek vêr vannie hys af, maa dit het gevoel asof ek byrie hys is en deerie neighbourhood stap, en nie net dee dit van Chase nie. Hulle hettie manier om ’n leser te lat lyste. Ek skip soema parts as ek voel ek wiet wat jy gat sê of as ek wiet waantoe jou storie gan, want ek hettie tyd vi my tyd om gemors te wôdtie. Maa met Chase het ek gesit. Ek het gelyste. Ek het gevoel dis iemand wat my aandag deserve en vedien dat ek direct eye contact met hulle maak. Ek het lekke gelag en my hartjie het lekke gebloei. Chase maak plek vi ôs ammel. Jy is iewers in een van die stories en as jy jouself nie vind nie, sal jy beslis iemand raakloep wat jy ken of baie lanklaas gesien het.


Die misfit wat innie normale wêreld probee inpas, sit hulself in n hok. Ek wiet hoe dit voel om in vrees vasgevang te wies.

(‘Misfit’, bl.174)

VERONIQUE: Hoe het die hele idee of konsep om allie misfits te compile en te publish navore gekô?

CHASE: ’n Rubriek innie koerant voel vi my soe disposable, jy lees it en dan gannit recycling toe. Vandat ek my career as ’n columnist begin it, het ek gewiet dat daa genoeg juice innie wêk is om klompie veskillende forms te vat. ’n Boek is een van ai vorme. Plus, ’n rubriek in ’n koerant het limitations in terme vannie word count. Ek moes elke kee dinge ytsny sodat it in my column kon pas. Mettie boek is daa niks woordrestrictions ie en ek kon allie dinge trugsit. Mees vannie stories in Misfit is oorspronklik innie Rapport gepublisee, maa virrie boek het ek elke een rework. 

VERONIQUE: Wat was jou proses? Het jy eers die stories geskryf virrie bundel en dan gepubliseer in jou column of anneste om en wat was die thought process agte een ding skryf vi twie veskillende gehore?

CHASE: Rapport het dysende lesers elke wiek, my mind sukkel ommie idee dat soeveel mense my woorde lees, te process. Innie begin was ek baie bekommed oorie tipe stories wat ek virrie koerant skryf, because ek’t gedink die lesers issie nodwendig my audience nie. Toe ek niewe rubrieke virrie Misfit-boek skryf, het ek gevoel, okay, nou kan ek oo my goed skryf – oo sex, gender, drugs, queerness, ens. Een wiek het ek toe ’n kans gevat om een vannie boekrubrieke innie koerant te sit. It was ‘Chapelle-hel’, ’n stuk oo transphobia en comedy – punching up/down. 

Vannie miniet wat ek it narie Rapport-editors gestuurit totie Sondag wanne hulle it ge-publishit, was ek op my nerves. Ek’t alle tipe vrees gehad oo hoe ie lesers ga respond, maarie feedback wat ek gekry it, was net positief. Ná dai Sondag was daa niks mee veskil tussen ie Misfit-boekrubrieke ennie Rapport-koerantrubrieke nie, wan ek’t besef ammel is eintlik “my audience”. 

Ek’t even publicly innie koerant ytgekô as gender non-conforming toe ek skryf oo my they/them/hulle-pronouns. Die response vi dai rubriek was soe positive, ek’t dai aan deu my DM’s gegan en getjank soes ek deu allie supportive boodskape gan van mense wat dankbaa is virrie perspective shift en vannie jong, queer misfits wat hulself en gender neutral pronouns soe innie koerant virrie eeste kee sien.

Ek’t even publicly innie koerant ytgekô as gender non-conforming toe ek skryf oo my they/them/hulle-pronouns. Die response vi dai rubriek was soe positive, ek’t dai aan deu my DM’s gegan en getjank soes ek deu allie supportive boodskape gan van mense wat dankbaa is virrie perspective shift en vannie jong, queer misfits wat hulself en gender neutral pronouns soe innie koerant virrie eeste kee sien.
— Chase Rhys

VERONIQUE: Die spreker innie stories vewys dikwels na “ek” en “my.” Issit safe om aan te niem jy praat en skryf oo jouself of is daa ’n fiktiewe en realistiese balans tussen die narratives?

CHASE: Ja, ek is dai “ek”. Dai 1st person POV sit vi my ennie lesers in alignment, they become me, hulle sien wat ek sien, voel wat ek voel. Mettie bewustheid dat ek ennie leser one is, moet ek oek consider dattie leser nie noodwendig ’n misfit issie en dattie rubriek miskien hulle eeste encounter met ’n misfit-perspektief of concept is. Soe soms issie “ek” innie verhaal ’n body-double virrie leser – dai “ekke” issie soe jaded soes ek IRL ie, en bly ge-shock deurie dinge wat ek sien/oo skryf. Is nogals ’n delicate balance ommit soe reg te kry, dat ammel hulself innie storie kan herken.

VERONIQUE: Sou jy sê hierie manier van omgaan mettie creationproses is makliker, omdat daa nie ’n traditional frame is waarin jy create nie?

CHASE: As ek dai traditional frames volg, sal it tog maklike wies wan die formula is al reeds daa, ek moet it net volg. My process maak dinge mee moeilik. It sal makkies wies ommie stories in ’n journalistic, matter-of-fact way te skryf, maa my metode involve storytelling wat ’n literêre value het, wat humour gebryk en emosies evoke. Dan is daa my spesifieke karakteriseringmethod. Dan moet ekkit nog in Kaaps skryf, ’n complex, heightened taal. Alles dai moet in ’n paa honned woore inpas. Is ’n science, my way is moeilike, maa it sallie soe sublime wies as ek it annes doen nie.

VERONIQUE: Jy spring vannie get-go af weg met hoe gender norms ’n rol speel innie stories innie bundel. Dis oek ’n natural way ommie gesprek te begin rondom social constructs en hoe mense al hoe meer hulle true self is, ennie conform tot wat society hulle wil reducie. Sou jy die bundel beskryf as ’n reclamation of identity, of ’n form of protest teen dié wattie die opportunities vat “om met hulle ‘other’ menslike bure” te integrate nie?

CHASE: Is gladdie ’n “protest” ie, dai mense issie my concern ie. My mainfokus issie misfits, my mense. Ôs is maa nou ees biesag om yt te vind wie en wat ôs is. Ôs beginne nou maa ees ytie cacoon ytkô. Ek vekyk myself aan hoe stunning ôs is, ek val elke dag mee madly in love mettie misfits. Die liewe voel net bietere wanne ek my aandag daa hou. 

[Die bundel] is gladdie ’n ‘protest’ ie, dai mense issie my concern ie. My mainfokus issie misfits, my mense. Ôs is maa nou ees biesag om yt te vind wie en wat ôs is. Ôs beginne nou maa ees ytie cacoon ytkô.
— Chase Rhys

Sy hou haa sak van hemp op met drie woore daaop en lies voo soes ’n Foundation Phase-onderwyser, wys met haa vinge na elke embroidered wood, “Live. Love. Laugh.” 

[…]

Sandy biewe soe haa bindi val skoons van haa vookop af. “Hoe kan julle so leef?!!”

Ek trek my skouers op. “We live, love, laugh through it.”

(‘Sandy from Scarborough’, bl.9)

VERONIQUE: In ‘Sandy from Scarborough’ gesels jy oo hoe dit steeds ’n anomaly is wannee neighbours met mekaa integrate. Neighbours in dié geval, ienage ieman wattie wiet wat klappie. Especially in situasies of gebiede waa dittie nuut of nuus is wat daagliks ervaar wôd nie. Dink jy dit het te doen mettie feit dat mense nie van bieter wil wietie of dat hulle simply nettie die moeite wil maak om te probee vestaan, up to date te raak en an te passie?

CHASE: As ek gewiet it wat innie koppe van neurotipiese, cis, able bodied, hetero’s anga, dan sal ek mossie ’n misfit wiessie. Ná ’n lifetime van probee ytfigure wat mense (soes dai neighbours) se motivations of gedagtes is, het ek finally opgegie om hulle yt te figure, is nettie vi my moontlik ie. Wanne ek hulle skryf, doen ekkit sonne judgment – hulle is net. Die karakters en hul actions is ’n spieël – it is net ’n reflection, my audience sal hulle lees soes hulle wil. 

VERONIQUE: In allie stories innie bundel is daa ’n veskriklike aliveness annie gang. Dis iets wat ek alte goed ken, want ôsse mense is walking poetry collections wat ge-publish wôd in ôsse harte. Ek dink an jou wat “lam met Nana die Boeddha”, jou oupa se “groen vinges”, ennie familybraai wat nou nie eindig soes mens sou dinkie. Dis asof elke storie ’n foto is en overflow met feeling. Hoe voel dit om te wiet jy kon hierdie gentle love letters virrie misfits innie boek skryf?

CHASE: My mense wôdie met dignity represent ie, in alle vorms van media. Veral wanne it ko narie Coloured gemeenskap en comedy. Ôs is vedag nog once oversaturated met kras portrayals van Coloured mense wat net syp en vloek en mans met doekies op hulle kop wat gai maak van ôsse Bryn femmes. Cool, I guess daa’s plek vi dai, daa’s plek vi alles, maa God, SOMEBODY moet darem die idee van wat Coloured kultuur snaaks maak, ’n bietjie elevate. 

Gewoonlik as mense my die eeste kee sien, wôd ek as ’n bruin, queer misfit, dadelik as “ander” gelies. Maa venaan is ammel supervriendelik.

(‘Innie begin wassie Woord’, bl.30)

VERONIQUE: Die spesifieke storie is vi my really a summary van wat mense van misfits innie wêreld vewag en oek die boxes wat mense wil hê misfits moet tick om aanvaa te word en met respek ge-treat te word. Hoe deal jy mettie bigotry wat op ’n high pedestal agterie woord vannie Here skuil? 

CHASE: Ek dealie noodwendag met ittie, wan ek encounterie sukke mense nie. Ek wôd onmiddellik as ’n misfit gelees, en what a blessing wan it is ’n instant repellent vi non-misfits. Soe ek sien hulle nie, maa wanne ôsse paie wel mekaa krys, issie clash nie mee soe traumatic vi my nie wan ek wiet ek gannie confusion, die geweld, die jokes ennie pure bizarreness van ôsse encounter gebryk in ’n storie. Ek vat al my ervarings met sukke mense en ek alchemize it, ek maak lettelik goud (geld en comedy gold) yt hulle kak gedagtes. Plus, ienage ieman wat my boek lees sal baie gou die Here se hand in my wêk sien.

Plus, ienage ieman wat my boek lees sal baie gou die Here se hand in my wêk sien.
— Chase Rhys

VERONIQUE: Die pandemie en different levels wat ôs met lockdown experience het, binne-in ôs en oek as mensdom in geheel, wôd angeraak in veskillende verhale. Sou jy sê hierdie stories spreek tottie ontdekking van self, vernuwing van self of die verlies van self, of is alles intertwined veral met hoe ammel moes adapt byrie stilte en uncertainty?

CHASE: Lockdown was vi my baie transformative. Baie van ôs het dinge in dai stilte gelee, dinge oo onsself. Noudat die liewe se volume wee harde draai, is ek interested om te sien of ôs al daardie lesse kan embody en practice in ’n lawaaierage wêreld. 

Hoe nader hy an sy dood gekommit, hoe mee het hy vesag. Daa was ’n siekere rustigheid om hom. Hy’t lekke gelag, asof hy die divine joke vannie liewe yteindelik vestaan.

(‘Red sloffie-diaries’, bl.48)

VERONIQUE: Die sensitiwiteit wat jy mee omgaan rondom loss en death ennie journey tottie anvaring daavan is poignant. Ek is oek mal oorie storie vannie hondjies, Chuck en Lady, en hoe seer en verlies ’n mens baie kere na toemaak en destruction lead. Maa oek hoe verlies baie meer waardering virrie eenvoudige dinge innie liewe bring. Innie middel van soe ’n ervaring issit moeilik om kop te hou met alles wat gebee. Hoe handhaaf jy die fyn balans innie storievertelling hievan?

CHASE: Ek moet vesigtag wies wanne ek met sensitiewe topics deal, veral iets soesie dood, wat ôs genyg is om te avoid. Ek dink ôs (myself definitely included) het ’n unhealthy verhouding met death. Vi sukke topics wil ekkie mind/gedagtes bypass en eire die emotions direk raak. Die’s wanne ek die ancient Indian Rasa techniques gebryk. Die idee is dat daa niege Rasa’s of emotions is wat ek as skrywer my lesers kan lat voel deu my imagery, die klank vannie woorde, my spelling en pacing. Is soes ’n tasting menu, ek is ’n sommelier wat siekere gevoelens met sensitiewe topics pair om alles mee palatable te maak.  

Toe ôssie hys yt turn, het Ava my gevra ommie hoefsysters wat bo elke dee hang te brasso. “Maak sieke jy polish it tot jy jouself daarin kan sien. Hulle sê mos, ’n horseshoe issie ultimate good luck charm.

(‘Ava Money-ja’, bl.103)

VERONIQUE: Hierdie kortverhaal het my teruggevat na my oumagrootjie en ouma en ma toe. Dié is goed wat ek my hele liewe lank al hoo, en hulle oek. My ma gloe vas “as jy ienagge tyd ná midnight byrie hys kô, moet jy met jou rug eeste byrie dee instap, anneste invite jy evil binne” en my ouma en oumagrootjie het vi elke new mom gesê om “’n paa blare vannie kool innie fridge” af te pluk en op haa borste te sit sodat haa melk kan skiet. Watte anne bygeloefies, besides dié wat jy innie storie noem, kô op wannee jy dink an oumensraad?

CHASE: ‘Ava Money-ja’ issie storie waarin ek myself die meeste ge-sensor het. Ek moes, wan alles issie vi ammel ie. Ek het klompie bygeloefies gekry van mense regoorie land. Toe ek it neeskryf wassie magic daarin baie evident. Dié is ôsse rituals ennie ding van ’n ritual is it hettie kykers ie, ammel moet participants wies, soe ek het dadelik gewiet dat ekkitie net soe kan publish ie. Ôsse “bygeloefies”, die spells wat ôs van ôsse oumas en oupas geleerit, is sacred en secret. Ek was baie vesigtag met hierdie rubriek en was deliberate mettie paa examples wat ek innie storie gebrykit.

VERONIQUE: Terug by gender en gender norms: die verhouding tussen pa en seun wôd in Misfit ge-highlight. Dit plaas die lig op expectation en ’n sense of grooming into who I want you to be and not nurturing what you are. 

Hy gooi die pienk rattles stukken tienie muur en trap allie pienk toys stukken. Hy slaan my ma soe erg dat hy haa bien briek wan, “Boys dra nie earrings ie!”.

(‘Misfit’, bl.166)

Hierdie oomblik is ’n baie groot een, jou eeste pageantry win en dit wôd gevolg dee ’n reaction en event wat in jou psyche insink oo hoe fucked up dit is. Waa staan jy met gevalle of mense soes jou siewentienjarige pa… Het jy simpatie en dink dat hulle nie van bieter gewiet hettie of blame jy hulle vi hulle eie selfishness om jou en vele anner innie selle bootjie te force om te conform?

CHASE: Mense, soes my pa, is vi my heeltemal bizaaarrrre! Ek is darem forgiving wan ek wiet hulle gan dee ’n hele “wees ’n man”-conditioning process waa hulle, hulle kak gedagtes kry. I mean, ek het dee dieselle conditioning gegan maa it hettie by my gevatie. Maa ja, soms act hulle yt ignorance yt, soms issit nettie conditioning wat hulle parrot en soms is hulle aspris. Either way, ek sny net af. Een van my grootste gifts is dat it baie makkies vi my is om sukke mense yt te blok, nie net op social media nie, maa heeltemal van my lewe en gedagtes af. Ek vat forgive and forget very literally. 

Mense, soes my pa, is vi my heeltemal bizaaarrrre! Ek is darem forgiving wan ek wiet hulle gan dee ’n hele ‘wees ’n man’-conditioning process waa hulle, hulle kak gedagtes kry.
— Chase Rhys

Innie geskiedenis vannie human kingdom wassie mense wat ôsse bewussyn rêrag evolve het ammel misfits. Holy, holy, holy misfit! Jy issie key. 

(‘Misfit’, bl.175)

VERONIQUE: Watter treasures, wat jy bereid is om te deel yt jou journey, het jy virrie misfits wat worstel mettie feit dat hulle nie “inpassie” en wat hulle voete in ’n baie judgerage wêreld try vind?

CHASE: Die dedication in Misfit lees: “virrie babies.” Toe ek die afgeloepe jare my rubrieke geskryfit, was daa tye wanne ek gesukkelit wan issie ’n maklike ding om te doenie. Ek onthou daa was ’n dag toe ek wou opgie, die hele skryfbiesagheid quit, maa toe kry ek ’n boodskap en ek vat toe ’n stick-it note en skryf twie woorde daarop: “The Babies.” 

Wanne ek voo my computer gesit en sukkelit het ek net na dai note gekyk en wee die energie gekry om aan te skryf. Die Babies is my muses wat my aanmoedig ommie wêk te doen. Ek wiettie wie die Babies issie. Miskien is hulle kinnes wat nog moet kô? Of miskien is die Babies die inner child binne ôs ammel? Either way, ek voel met my wêk los ek breadcrumbs virrie kinnes. Die Misfit-boek is tools virrie babies. Die stories is ’n guide virrie misfits, it wys hulle ’n anne way ommie wêreld te navigate. Issie maklikste ding innie wêreld om ’n misfit en hulle contribution innie wêreld te erase, veral as dai misfit Coloured, queer, gender non-conforming, neurodiverse en/of disabled is. Soe die boek is oek ’n nodige historical document soedat future misfits kan wiet dat (en hoe) ôs in hierdie tyd geleefit. Is ’n warning vi misfits oo hoe ie samelewing is. Maa ultimately issit ’n salf vi misfits, is proof dat ôs onsself innie wêreld kan wies. 

Hierie nuwe taal is eintlik ie vi my onthalwe nie, is vi anne mense om my bietere te vestaan. 

(‘Misfit’, bl.174)

VERONIQUE: Die bundel end op ’n mooi en warme note, al wôd dit gedra oo swaa en moeilike klippe. Die hele idea rondom stories vannie anne kant af vetel ommie misfit ’n plek te gie, en dan virrie mense wattie misfits soes misfits lat voel, oek plek te maak, maak jou automatically die bigger and better person. Is daa ienagiets spesifiek wat jy hoep jou leser mee wegloep wannee hulle die boek toemaak?

CHASE: Ek wil hê die leser moet verstaan ​​dat hulle nie allien issie.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Chase Rhys se wêk los breadcrumbs virrie kinnes gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand