Die rainbow nation is 'n Facebook memory
Illustrasie: Newageadam

Illustrasie: Newageadam

Veronique Jephtas oor Jeugdag

Herdenkingsdae voel vi my soes Facebook memories. Daai soort wat vi jou wys wat jy en jou toxic ex ses jaa geliede gedoen het toe alles nog sunshine en roses was; daai soort vannie lekke summer trippie wat jy en jou vrinne gevat het beach toe en nou issit piskoud innie winter, of die ergste, daa waa jy soe skinny was. Nou sit jy hie. Sonne ’n man, nêrens om te gannie, want isse pandemic, en jy wens jy is nou so “vet” soes jy gedink het jy tóé was. Jeugdag is no exception. 

45 jaar geliede toe barsie bom en op 16 Junie 1976, wat nou bekendstaan assie Soweto Uprising, het skoolkinnes van Soweto geprotest om onderrig in hulle moedertaal te ontvang. Hulle is aangeval deurie polisie en die apartheidregering, wat gelei het tot ’n nuwe wave van resistance. Dis waa die rise vannie Black Consciousness Movement gesien is en waa political consciousness onner students wakke gemaak is. 

The most potent weapon of the oppressor is the mind of the oppressed.
– Steve Biko 

Ek is dankbaa vi dié wat vooraf gegan’et en hulle liewens gerisk het. Ek slat my vuis op en ek salute al die comrades wat honorably gemarch het. Maa ek kannie help om te voel dat ôs government daarin bask om vas te klou annie verlede nie. Ôs wôd konstant remind aan wat was en youth day het ’n geleentheid gewôd om terug te kyk, in plaas van ommie current uitdagings wat die jeug van vandag face, te acknowledge. Die dag gan oo baie meer as ôs geskiedenis. Dit gan oorie jeug. Ôs toekoms. Ôs mag. Ôs potensiaal.

Die dag gan oo baie meer as ôs geskiedenis. Dit gan oorie jeug. Ôs toekoms. Ôs mag. Ôs potensiaal.
— Veronique Jephtas

Iets wat my altyd amaze issie sukses van #FeesMustFall wat begin het innie middel van October 2015. Dit was ’n protest gelei deurie studente. Dit was ommie increase van student fees te stop en om meer funding vir tertiary education te kry. Ek het daai tyd gewêk en sou die next jaa gan swot. Somehow het die aksie my excite, maa daai is mainly net omdat ek daarvan hou om dinge te disrupt: respectfully of disrespectfully. Ek laat die een aan die anne’kant altyd met ’n opsie sonne keuses. 

Ek onthou eendag toe hulle protest voo parliament tewyl Zuma meet met allie student leaders. Ek onthou hoe upset die students was dat Zuma nie self ytgekô het om hulle te address nie. Die students het dit dytlik gemaak dat hulle nie gan settle vi half measures en die same old political stunts van die cabinet af nie. Hulle is gewoont net statements ytsit, ietsie tweet en natuurlik hulle fave — om te ensure dat heavily armed police die protestors handle. In plaas van soes level-headed politicians behave en oppie ground level engage soes competent leaders. Die government het een of anne struggle om van hulle high horse af te klim en vi ôs oppie ground level te kô ontmoet. Maybe is daai hoekô ôs steeds ge-flood wôd mettie foto van Hector Pieterson wat gedra wôd met sy sustertjie wat langsaan haloep. Is makliker om ammel te remind aan die pyn wat was, en te sê moenie vegiet nie, as om te praat oo die pyn van nou en om die kans te waag dat ôs dalk gan praat of pieces soes dié een sal skryf. 

Colonized 

Vade boe innie hemel
ek bid vi veannering
lei ôs na waters waa daa rus is
weg vannie castle ennie black
berei ’n tafel voo vi ôs vyande
en briek brood in plaas van ôs harte
laatie bloed ophou vloei
soesie wyn
en lat ôs mense beginne besef daas no reward virrie pyn

Maybe is daai hoekô ôs steeds ge-flood wôd mettie foto van Hector Pieterson wat gedra wôd met sy sustertjie wat langsaan haloep. Is makliker om ammel te remind aan die pyn wat was, en te sê moenie vegiet nie, as om te praat oo die pyn van nou...
— Veronique Jephtas

Ôs sit met socio-political issues wat die government nog altyd blame oppie apartheidregering, en hulle maak asof hulle nie countless opportunities gehad het om te probeer nie. Geweld teen vroue en kinders skiet die dak deu, maa ôs sit met ’n president wat net families visit as die land groot genoeg uproar gemaak het, of wat vra ôs moet die Jerusalema challenge doen. Wêkloosheid is ’n groot problem en ek sou statistics aanhaal om te wys wat ek bedoel, maa ek gloe nie aldag in daai nie. Cause is een ding om te sê jy het soveel en soveel jobs create, is ’n anne ding as jy oppie grond is en sien hoe mense met fokkol klaa’kom en tussen waste liewe tewyl die employment syfer kamma “styg”. Dit maak nie ees mee saak dat die budget gelees wôd nie, want om elke hoek en draai steel die mense. By the way, van daai 500 billion wat ôs sugar daddies vi ôs gegie het, kon Cyril vi ôs elkeen genoeg gegie het, en daa sou steeds genoeg wies om te steel. Maa wie is ôs nou? Maa net die citizens en mense wat vi hulle in power hou. 

Cause is een ding om te sê jy het soveel en soveel jobs create, is ’n anne ding as jy oppie grond is en sien hoe mense met fokkol klaa’kom en tussen waste liewe tewyl die employment syfer kamma ‘styg’.
— Veronique Jephtas

In 1976 het die students gemarch vi onderrig in hulle moedertaal en sedert 2015 sit ôs met #AfrikaansMustFall, wat inspired is deurie #RhodesMustFall movement. En nou sit ôs mettie US-taaldebat. Ek dink dis nogal boujee van iemand om vi iemand annes te sê in watte taal hulle moet leer of communicate. Van my af sal jy net ’n “hou jou bek” kry, maa Lynthia Julius het dit baie mooi gestel: 

“Ons gaan klaar deur ’n pandemie, ons het nie nodig om bekommerd te wees oor ons moedertaal nie, want ek kan jou dit belowe: Môreaand om die braaivleisvuur praat Afrikaanssprekendes nie Engels nie en die gedigte wat ek die naweek gaan skryf, sal nie in Engels wees nie.”

Ek dink dis nogal boujee van iemand om vi iemand annes te sê in watte taal hulle moet leer of communicate.
— Veronique Jephtas

Toe ek klein was en iemand het kak gesoek, sou ôs altyd sê: “Dikhou is chocolate en chocolate is tandpyn.” Dit sê basically as jy kak soek, gan jy kak kry. En as institutions gan aanhou om tale en allerhande beleide op students af te dwing, gan hulle iewers sien dat history haa’self repeat. Ek hettie nog baie te sê oorie taal-back-en-forth van 2021 nie. Ek het anne kak om oo te worry. Soe ek express maa my opinion met my poetry, soes altyd.

Skuld betaal

my ma sê is moeilik wanne ’n call centre operator vi jou sê hulle vestaan nie afrikaans nie
en my ma gannie engels praatie, want dan moet sy woore loep soek
sy sê sy wil afrikaans praat
ek het gelag en gedink die mense oppie phone maak hulle dae swaa deu my ma te force om engels te praat
cause sy gat daai phone in hulle oor neesit 
en dan moet hulle ma self skarrel om hulle eie skuld te betaal

Ek is nou klaa gekarring oo die government wat likes om ou koeie op te grawe en nie nuwe saadjies te plant nie. Wie wil nou in any case ’n hond wakke maak wat altyd slaap? Ek sien al klaa hoe die volgene jaa se Facebook memory lyk, want dié rainbow nation like mos net praat oorie rainbow en die pot goud, maa nie oo hoe yskoud en sopnat dit was toe dit gerient het nie.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die rainbow nation is 'n Facebook memory gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand