Sy handsak
Onderhemp: Richard Hoy.

Onderhemp: Richard Hoy.

Die moderne jock

Dit is glad nie moeilik om ’n saak vir manshandsakke te maak nie. Dis meer funksioneel om ’n paar ekstras, afgesien van jou beursie en sleutels, te dra sonder dat jou broeksakke ongemaklik uitbult. Dink ook aan die ekonomiese potensiaal: As elke man op aarde vanjaar ’n handsak koop, sal dit tot ’n multibiljoen-industrie ontwikkel. Ondanks ’n onlangse oplewing in sportsakke vir mans, is die manlike ego ongelukkig steeds te broos vir ’n geslagsneutrale handsak.

Onderhemp: Richard Hoy.

Onderhemp: Richard Hoy.

Nietemin is daar tekens van vooruitgang. Toonaangewers soos Harry Styles, Ansel Elgort en TikTok se Wisdom Kaye en Everett Williams dink nie twee keer daaroor om ’n handsak te dra nie. Hierdie ingesteldheid stem ooreen met heelwat Suid-Afrikaanse mansdrag-handelsmerke. Die individuele stempel wat plaaslike vervaardigers op alledaagse mansdrag afdruk, is uiters gepas vir die moderne jock – die inspirasie vir hierdie storie. ’n Fraiing op ’n denimbaadjie, ’n asimmetriese hemp, en ’n kortbroek wat van binne na buite gekeer is, is intelligente maniere om uitdrukking te gee aan jou individualiteit; iets wat nog lank in die mode sal bly.

Stilering het gedurende die pandemie ’n sosiale bewustheid ontwikkel. Hoewel die doel van ’n modefoto steeds die uitbeelding van ’n verhoogde realiteit is, word dit nou toenemend belangriker om die gevolglike fantasie in verantwoordelikheid te anker. Al die klere in hierdie storie is in Suid-Afrika gemaak deur klein besighede en ontwerpers wat jou ondersteuning verdien. Totdat hierdie ontwerpers hulle eie reeks bykomstighede ontwikkel, dra ons model sakke en skoene van kleinhandelreuse wat jy ken, en dit sluit aan by die internasionale modetrant. Dit is ’n bewustelike koorddans tussen plaaslik en internasionaal, manlik en vroulik, wat die moderne jock kenmerk.

Foto’s: Jacobus Snyman
Mode en teks:
Daniël Geldenhuys
Model:
Michael van Schalkwyk (The Circle)

Roll neck-hemp: Rosey & Vittori; baadjie: Throwaway Twenty; handsak: Zara.

Roll neck-hemp: Rosey & Vittori; baadjie: Throwaway Twenty; handsak: Zara.

Hemp en kortbroek: Throwaway Twenty; handsak: MrP; skoene: Birkenstock.

Hemp en kortbroek: Throwaway Twenty; handsak: MrP; skoene: Birkenstock.

Baadjie en kortbroek: Richard Hoy; handsak: Cotton On.

Baadjie en kortbroek: Richard Hoy; handsak: Cotton On.

T-hemp: Byro; baadjie en halssnoer: Richard Hoy; handsak: MrP.

T-hemp: Byro; baadjie en halssnoer: Richard Hoy; handsak: MrP.

Trui: Rosey & Vittori; broek: Richard Hoy; handsak: Trenery.

Trui: Rosey & Vittori; broek: Richard Hoy; handsak: Trenery.

Trui en kortbroek: Richard Hoy; handsak: Cotton On.

Trui en kortbroek: Richard Hoy; handsak: Cotton On.

Sweetpak en baadjie: Throwaway Twenty; handsak en sokkies: Cotton On; tekkies: Adidas.

Sweetpak en baadjie: Throwaway Twenty; handsak en sokkies: Cotton On; tekkies: Adidas.

Trui: JW Anderson, gebrei deur Olga Reina Kuschke.

Trui: JW Anderson, gebrei deur Olga Reina Kuschke.

Hemp en broek: Richard Hoy; handsak: Witchery.

Hemp en broek: Richard Hoy; handsak: Witchery.

Sweetpak: Cosi Wear; handsak: Cotton On.

Sweetpak: Cosi Wear; handsak: Cotton On.

T-hemp: Byro; baadjie, kortbroek en halssnoer: Richard Hoy; handsak: MrP; tekkies: Converse.

T-hemp: Byro; baadjie, kortbroek en halssnoer: Richard Hoy; handsak: MrP; tekkies: Converse.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Sy handsak gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand