Klyntji

Turksvy – die zine

Datum geplaas: 31 Augustus 2023

Turksvy was ’n Afrikaanse feministiese nuusbrief wat via Substack gepubliseer is van Mei 2022 tot Julie 2023. Bibi Burger en Azille Coetzee was die redakteurs.

As ’n manier om die Turksvy argief maklik en gratis toeganklik te hou vir enige iemand wat dit wil lees in die toekoms, is al die uitgawes in ’n digitale zine bymekaargesit. Olivia Loots het die ontwerp gedoen.

Bydraers: Terry-Ann Adams | Dianne Du Toit Albertze | Mia Arderne | Carl August | Earl Basson | Herschelle Benjamin | Marí Borstlap | Nicolene Burger | Luami Calitz | Louiza Combrink | Stephané E. Conradie | Chan Croeser | CLK | Isolde de Villiers | Willemien de Villiers | Klara du Plessis | Jean Dreyer | Diana Ferrus | Emile Geldenhuys | Amanda Gouws | Valda Jansen | Veronique Jephtas | Lynthia Julius | Ronelda S. Kamfer | Mercy Kannemeyer | Olivia Loots | Susanna Louw | Maud | Athambile Masola | Lucinda Rosa Neethling | Ryan Pedro | Chase Rhys | Octavia Roodt | Petra Stegmann | Wemar Strydom | Hanneke Stuit | Nathan Trantraal | Marita van der Vyver | Christi van der Westhuizen | Stella Viljoen | Sonja Walker | Chrystal Williams | Ingrid Winterbach

Van Bibi en Azille: “Weereens dankie aan al ons lesers en die kunstenaars en skrywers wat Turksvy moontlik gemaak het. Ons deel binnekort inligting oor die volgende hoofstuk van die projek. Tot gou!”

 
 
Killing joy is a future-oriented practice insofar as we oppose what exists.
— Sara Ahmed
Fok julle happy mense.
— Mia Arderne