Die nalatenskap van Kewpie en Distrik Ses se queer kultuur
#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP met DJ Queezy en Kewpie in die agtergrond / Foto: Justin Fife

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP met DJ Queezy en Kewpie in die agtergrond / Foto: ANY

'And the world around me was love'

Voor die afbreek daarvan, was Distrik Ses ’n diverse, veeltalige en florerende gemeenskap. ’n Verskeidenheid van tale, geloofsoortuigings, ekonomiese klasse en herkomste het die inwoners van Distrik Ses gekenmerk. Kunstenaars, skrywers en anti-apartheid-aktiviste het ’n groot deel van hierdie gemeenskap uitgemaak: figure soos Alex La Guma, Taliep Petersen, Gerard Sekoto, Peter Clarke, Lucinda Davids, Cissie Gool, Tatamkhulu Afrika en Adam Small was deel daarvan. Een van die minder bekende stories van Distrik Ses is dié van ’n thriving queer kultuur en van ’n inklusiewe gemeenskap. Die storie van die queer legende Kewpie en haar Salon Kewpie wat op die voorgrond van die kultivering van hierdie gemeenskap was, is in die besonder aangrypend.

Deur die Kewpie Legacy Project word daar ’n lig geskyn op die queer gemeenskap van Distrik Ses en die gevoel van inklusiwiteit en aanvaarding teenoor gender non-conforming persone, wat destyds in Distrik Ses geheers het. Oor hiérdie Distrik Ses vertel Kewpie: “Well, my generation then they loved the queers. They took them as normal children. As normal people,” en sy beskryf die impak van hierdie ingesteldheid van inklusiwiteit in Distrik Ses in eenvoudige woorde: “And the world around me was love”.

Kewpie is in 1941 as Eugene Fritz gebore en het grootgeword in Distrik Ses op Osbornestraat. Kewpie beskryf haarself as: “Naturally just me […] People can’t say I’m a man, they can’t say I’m a woman”. Haar gekose voornaamwoorde is vroulik. Haar belangstelling in hairdressing het daartoe gelei dat sy haar bekende Salon Kewpie in Kensington oopgemaak het. Salon Kewpie het as ’n veilige, inklusiewe ruimte vir Distrik Ses se queer gemeenskap gedien, waar drag-konserte opgevoer is en waar queerness gevier is. As talentvolle haarkapper, danser, drag-kunstenaar en socialite het Kewpie bekendheid verwerf as “die dogter van Distrik Ses”. Sy is in 2012 oorlede.

Die Kewpie Legacy Project is in Mei vanjaar deur die kunstenaar Nina Milner geloods. In #KewpieLegacy: Daughter of District Six word Kewpie weer in die kollig geplaas ten einde die Distrik Ses Museum te help om ná ’n jaar van lockdown, sy deure oop te kan hou. In samewerking met AKJP Studio word die legacy van Kewpie herleef deur die ontwerp van limited edition T-hemde. Alle fondse van die verkope van hierdie T-hemde word aan die Distrik Ses Museum geskenk. ’n Fondsinsamelingpartytjie is ook by AKJP se winkel gehou op 27 Mei 2021.

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP met DJ Queezy en Kewpie in die agtergrond / Foto: Justin Fife

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP met DJ Queezy en Kewpie in die agtergrond / Foto: ANY

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP / Foto: Justin Fife

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP / Foto: ANY

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP / Foto: Justin Fife

#KewpieLegacy-fondsinsameling by AKJP / Foto: ANY

Die Distrik Ses Museum is in 1994 gestig met die doel om juis ruimte te skep vir die (her-)ontdek en (her-)onthou (“re-member”) van die stories van Distrik Ses. Die diaspora van die gewese Distrik Ses-gemeenskap word deur die museum se uitstallings belig met die doel om herstelling en genesing te bewerkstellig deur middel van storytelling. Kewpie se storie is een hiervan wat deur die Distrik Ses Museum vertel word.

In 1999 het Kewpie haar persoonlik geëttiketeerde foto’s van haar dae in Distrik Ses in die 1950’s tot 1980’s aan GALA Queer Archive gegee. Hierdie foto’s – om en by 700 van hulle – vorm deel van die foto’s wat aan die GALA-argief in Johannesburg behoort wat queer lewe in apartheid-Suid-Afrika dokumenteer. In 2017 het die Distrik Ses Museum in samewerking met GALA die Kewpie Collection aan die publiek bekendgestel. Hier is die unieke lewe en vreesloosheid van ’n queer, werkersklas, Coloured gemeenskap te midde van lewe onder apartheid, vasgevang. Dit is hierdie beeldmateriaal wat gebruik is om die #KewpieLegacy-T-hemde te ontwerp.

191674989_866778114263174_6616784998075464842_n.jpeg

Die reeks #KewpieLegacy-T-hemde bestaan uit twee ontwerpe: ’n langmouhemp met ’n foto van Kewpie op die bors, met Kewpie se bekende beskrywing van háár Distrik Ses op die rug: “And the world around me was love”. Die rugkant van die tweede ontwerp – ’n kortmouhemp met ’n foto van skerwe porselein wat verkry is van die platgeslaande terrein wat eens Distrik Ses was – verklaar: “No matter where we are, we are here”.

Prominente Kaapse drag-kunstenaars Manila Von Teez, Queezy en Ina Propriette is die ambassadeurs van die projek en portretfoto’s van hulle is deur Jac De Villiers geneem vir die projek.

Deur die onthou en vertel van Kewpie se nalatenskap, kan die ouer en jonger generasies nader aan mekaar beweeg; die raakpunte tussen kontemporêre gesprekke rondom LGBTQIA+-regte en dié van die verlede is volop en meer relevant as ooit. Só word die belang van engagement oor hierdie kwessies op ’n inter-generational vlak geïllustreer deur die loods van die projek .

Alhoewel die Kewpie Legacy Project tot ’n groot mate ’n viering van Kewpie, haar lewe en haar nalatenskap is, is dit ook ’n viering van die queer kultuur en van die unieke gemeenskap in Distrik Ses. Maar terwyl dit ’n viering van ’n veerkragtigheid, inklusiwitieit en diversiteit is, kry mense deur dié projek ook die kans om uiting te gee aan die kollektiewe verlies, pyn en diaspora van die gewese inwoners van dié uitgewiste area.

Ina Propriette deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Ina Propriette deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Dra jou queer hart op jou mou

Die langmouhemp kos R720. Die kortmouhemp kos R680. 100% van die wins word aan die Distrik Ses Museum geskenk. Dit kan aanlyn by AKJP gekoop word of by hulle studio in 73 Kloofstraat, Kaapstad. Meer info hier.

Jy kan die Distrik Ses Museum ook ondersteun deur ’n maandelikse donasie van R50 (die museum se normale toegangsfooi) of ’n eenmalige donasie van R110 (die prys van ’n begeleide toer) aan die museum te borg. Groter eenmalige donasies word ook verwelkom. Maak ’n donasie aan die museum hier.

Queezy deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Queezy deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Ina Propriette deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Ina Propriette deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Manila von Teez deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Manila von Teez deur Jac de Villiers vir #KewpieLegacy

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die nalatenskap van Kewpie en Distrik Ses se queer kultuur gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand