Foto's van Kaapse drag queen culture in die apartheidsera

Foto's van Kaapse drag queen culture in die apartheidsera
Portrait of Kewpie (1)

Portrait of Kewpie (1)

Die lewe van Kewpie, Distrik Ses se rolmodel

Kewpie was ’n haarkapper en drag queen wat in Distrik Ses en Kensington gewoon het. Omdat sy en haar vriende graag foto’s van mekaar geneem het, is daar vandag meer as 700 foto’s in die Kewpie-versameling, wat strek van 1950 tot die vroeë 1980’s. Die foto’s se waarde lê daarin dat dit die lewens van queer, werkersklas en coloured mense in Distrik Ses uitbeeld – ’n gemeenskap en plek wat sedertdien verlore gegaan het weens forced evictions.

Kewpie, wie se gegewe naam Eugene Fritz was, is in 1942 gebore. In die 1950’s het sy begin om na gay partytjies te gaan en het deel geword van die queer gemeenskap. Hulle was hoogs sigbaar in uitspattige drag by konserte en balle. Kewpie se geslagsidentiteit was vloeibaar; beide sy en haar vriende was geneig om vroulike voornaamwoorde vir mekaar te gebruik. Die foto’s beeld Kewpie en haar vriende in alle aspekte van hul lewens uit: by die huis, werk, in die publiek en by sosiale geleenthede. Die oorgrote meerderheid foto’s in die versameling bevat onderskrifte wat Kewpie in 1999 verskaf het, waarvan die meeste gedigitaliseer is.

Kewpie het twee haarsalonne besit en was ’n prominente figuur in die samelewing. Sy het baie vir haar gemeenskap gedoen en was altyd daarop gefokus om ander by te staan. Ondanks die afkeur van ander het sy nooit haarself verander om in te pas nie. Sy en haar klere was, aangaande die kas, out and proud. Die foto’s as dokumentering van dié LGBTIQ-gemeenskap en subkultuur keer dat hierdie lewens uitgewis en vergeet word.

Sowat 100 van die foto’s is tans te sien in Kewpie: Daughter of District Six, ’n uitstalling by die Distrik Ses-museum in Kaapstad, wat duur tot 18 Januarie 2019. Dit word deur GALA (Gay and Lesbian Memory in Action) aangebied, ’n organisasie in Braamfontein wat die foto’s bewaar. Daar is ook ’n Instagram account vir Kewpie opgestel met meer van die foto’s, saam met ’n groter aanlynargief op die Digital Transgender Archive.

Redakteur van Klyntji, assistent-kurator van die Konstitutionele Hof se kunsversameling en tans besig met 'n LLM in mediareg. Instagram / redakteur@klyntji.com

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Foto's van Kaapse drag queen culture in die apartheidsera gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand