Bendekultuur in Schauderville, Port Elizabeth

Bendekultuur in Schauderville, Port Elizabeth
Remo

Remo

'Die lewe is nie reg vir my nie' deur Farren van Wyk

Schauderville is ’n klein distrik in Port-Elizabeth en is een van die mees aktiewe bendeareas in Suid-Afrika. Dit is ook een van die gevaarlikste plekke in Port Elizabeth. Die lewe is nie reg vir my nie is ’n visuele reeks wat deur Farren van Wyk saamgestel is, waarin dié bendekultuur van binne af ondersoek word.

Die fotograaf is in 1993 in Port-Elizabeth gebore en het op sesjarige ouderdom saam met haar ouers na Nederland verhuis. Sy het in 2016 haar graad in fotografie aan die Hogeschool voor de Kunsten Utrecht (HKU) verwerf. Van Wyk doen antropologiese en psigiese navorsing oor Suid-Afrikaanse subkulture en vra haarself af of sy nog tuishoort in Suid-Afrika. Sy maak so, deur tyd deur te bring by die mense wat sy afneem met haar analoogkamera. Dié reeks is oor ’n tydperk van drie maande in 2015 afgeneem.

Die reeks se beskrywing vertel dat coloured mense tydens apartheid na afgeleë en verarmde buurte verskuif is, ingevolge die apartheidbeleid van ruimtelike skeiding. Kriminele aktiwiteite het as ’n gevolg toegeneem en groepe mans het werk as polisielede opgeneem. Van die polisiemanne het egter later deelgeword van die bendes in die betrokke areas.

Daar word afgevra wat hierdie mans beïnvloed het om aan te sluit by bendes, maar ook wat hulle oortuig het om die groepe te verlaat. Is dit veilig en moontlik om oor te begin? Van Wyk ontdek die positiewe en meer menslike kant van Schauderville deur met die mans te praat wat gekies het om ’n nuwe lewe na te streef.

Kyk die film hier

During Apartheid in South Africa, colored people (a term referring to people of mixed race during that period) were sent to remote and impoverished neighborhoods due to racial segregation. Criminal activities increased and as a result, groups of men took on the role of police officers. These groups of policemen that arose during Apartheid, have evolved to groups of gangsters since then. Schauderville is a small district in Port Elizabeth, South Africa and has the most gang-related activities. Therefore it is one of the most dangerous places in Port Elizabeth. Farren van Wyk was born in Port Elizabeth and studied this gangster culture from inside. She discovered that there are men who step out of the gang. What influenced them to become a gang member? What was the reason to renounce and leaves the gang? Is there a safe place to wipe the slate clean and start over again? She discovered a positive and more humane side in a district where gang wars are part of the daily life.
Zen & Sean

Zen & Sean

Merkie

Merkie

Taylah & River

Taylah & River

‘The Girls’

‘The Girls’

Lance McCullen

Lance McCullen

Donnie & Devante

Donnie & Devante

‘The Four Men’

‘The Four Men’

Baptista

Baptista

Ruby Heights

Ruby Heights

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Bendekultuur in Schauderville, Port Elizabeth gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R

Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand