SIEP se video oor Ashley Kriel, Black Panther Party

SIEP se video oor Ashley Kriel, Black Panther Party

Regisseur Adrian 'Diff' van Wyk oor revolusionêre leiers

SIEP se nuutste musiekvideo vir sy song Beklemtoon kyk na Mzansi in die jaar 2017, met 'n soort lyrical dissertation wat kommentaar lewer in 'n outdated kamer wat aan die meeste Suid-Afrikaners bekend is. Die lied is van SIEP se mees onlangse album Die Siel In Elke Persoon (2017) – 'n motto/tagline wat SIEP se naam uitmaak. Dis dan ook die goue lyntjie wat al sy werk saambind: 'n vereniging van almal met 'n siel, wieookal, watookal.

Dit is egter die gekose simboliek in die video wat my laat uitreik het na die regisseur van die video, Adrian "Diff" van Wyk. Hy word geken as skrywer en spoken word poet, ook vir die bestuur en aanbieding van die InZync Poetry Sessions en sy organisering van Stellenbosch Literary Project se ander events, wat 'n platform vir literêre kultuur in die distrik van die Kaapse wynlande skep.

'n Plakkaat met die gesig van Ashley Kriel is prominent, afkomstig van die relatiewe onlangse dokumentêr deur Nadine Cloete, Action Kommandant: The Untold Story of the Revolutionary Freedom Fighter Ashley Kriel. Hy word as die Che Guevara van die Kaapse Vlaktes beskryf, weens sy berugte reuseaandeel in die opstand teen apartheid vroeg in sy lewe. Hy is op 20-jarige ouderdom deur die apartheidspolisie gemartel en vermoor.

"He [SIEP] wraps about him a lot, other political figures too, and about capitalist and colonial forces of oppression," vertel Adrian oor die foon. "He really employs the imagination, as lyricist he takes you on a journey," vertel hy verder. Adrian het Beklemtoon vir die eerste keer in 'n kombi gehoor en was onmiddellik deur die lirieke meegevoer. Hierdie storieverteller het 'n diepe waardering vir ander se stories. Mens kan dit hoor.

Met armoede en geweld as die norm in groot dele van die Kaap is daar uiteraard 'n tekort aan geleenthede om stories as upliftment te gebruik. Vir Adrian gaan dit oor die skep van platforms. Hy noem dat SIEP deur sy werk vir homself en vir ander 'n platform geskep het. SIEP is die eienaar van Ill Major Movement wat aan 'n verskeidenheid van kunstenaars en musikante geleenthede bied om hulle werk aan 'n wyer mark bekend te stel. "He is well-known in the streets," voeg Adrian oor SIEP by.

Beklemtoon is die eerste video wat Adrian die regisseur van was. "I've done production of videos, but this is my directional debut," vertel hy. Kaylee Simmers het die redigering gedoen, Brandon Hiemand die filmwerk, met Courtney Koopman en Lee-Anne Muller agter produksie en kleding.

Ek vra hom oor die Black Panthers 1968 boek op die televisie – is dit vanweë die gewilde Black Panther film wat onlangs uitgekom het, of suiwer geskoei op die oorspronklike Black Panther Party wat die boek oor gaan? Adrian stel dat dit niks met die film uit te waai het nie. "It's about the original movement," sê hy. Oor die simboliek daarvan voeg hy by: "I'm glad you asked. The whole idea with placing the book on top of the television was to show that we aren't watching or looking at the television, we have no time for TV, we are looking at the revolutionary thought that has always been around. We've used art in revolutionary ways for so long... we had to. There are others that will disagree, but the heart of hip-hop is in the Cape." Ek vra hom uit oor Amerika, wat die hip-hop bedryf monopoliseer deur om toegang tot verskeie platforms te beheer. "We've got no time for americanised hip-hop. We've been woke before it was commercialised." 

Die video hierbo was onlangs as deel van 'n program op kykNET uitgesaai, waarvoor 'n groep vriende, insluitend SIEP en Adrian, bymekaar gekom het. Dit was ook Niko10Long se earth day, die rastafarian hip-hop rapper ook deel van Ill Major Movement. Adrian sê dit was cool om dit op televisie te sien, maar dat die revolusie nie daarop plaasvind nie. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van SIEP se video oor Ashley Kriel, Black Panther Party gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand