Haal asem, herinner Niko10Long en SIEP

Haal asem, herinner Niko10Long en SIEP
Foto’s: Courtney Koopman

Mindfulness ken geen perke nie, veral as daar nou net ’n batch space cakes uit die oond gekom het. Niko10Long (lees: nikotien-long) and SIEP (’n akroniem vir Die Siel in Elke Persoon) kom bymekaar as die Afrikaanse hip-hop duo S7ewe. Hulle nuwe track se “Meddie” is slang vir meditation, plan, idea of ’n wavelength. Die musiekvideo met Adrian "Diff" Van Wyk as regisseur, Chris Kets as assistent-regisseur en redigeerder, en Kurt Orderson wat die lugskote geneem het speel af in die harde realiteit van die Kaapse Vlaktes, maar met die herinnering dat jy jou omstandighede kan transformeer met so bietjie gesonde geestesvermoë. Conscious rap vir ’n unconscious samelewing, met ’n spreekbeurt vir die wyse leermeester Buddha en al. Gee aandag.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Haal asem, herinner Niko10Long en SIEP gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand