Rapper Niko10Long oor lewe in Wesbank

In die video hierbo praat hip-hop rapper Niko10Long (nikotien long) met OkayAfrica oor lewe in Wesbank, Kaapstad. Dis 'n area waar niemand na gaan nie behalwe as hulle van daar af kom. Die media verstaan nie die lewe daar nie, vertel hy, en dit word nie akkuraat of behoorlik uitgebeeld nie, met gevolglike wanpersepsies. Ja, daar's armoede en geweld en die regering doen nie hulle deel nie, maar Niko10Long lig uit dat die lewe steeds in relatiewe normaliteit voortgaan. Die rapper was eers 'n bendelid, maar het besluit om 'n rasta te word, berig Bubblegum Club. Met hierdie skuif het hy denkers soos Biko, Mutabaruka en Malcolm X ontdek, vertel hy aan Between 10&5. Vir hom gaan dit oor politiese en geestelike consciousness. Hy vertel dat mense in die Flats in die donker gehou word en dat hy sy musiek gebruik om mense in te lig.  

Foto: Brandon Hiemand

Foto: Brandon Hiemand

Niko10Long rap in Kaaps, 'n meer trotse vorm van Gamtaal, 'n hibriede gedekoloniseerde vorm van Afrikaans wat Engels en Xhosa insluit. Hy is ook uitgesproke oor grondrestitusie en koppel dit aan 'n khoisan-erfenis. Hy erken Jitsvinger, Simon Witbooi (HemelBesem) en Isaac Mutant, maar beklemtoon dat Kaapse rappers nie onder dieselfde kam geskeer kan word nie. Sy musiekvideo's op YouTube gaan oor werkloosheid en pa-wees, forced evictions en die trekkrag van hip-hop

Foto: SIEP

Foto: SIEP

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Rapper Niko10Long oor lewe in Wesbank gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand