Sien foto's van die onlangse sitkamer-gig van die 'Wat Binne Is' fotogedigteboek

Sien foto's van die onlangse sitkamer-gig van die 'Wat Binne Is' fotogedigteboek
1.jpeg

Jaco se voorlesings uit Wat Binne Is het oorgeloop met gevoel en het die sitkamer-crowd geneem op 'n avontuur van introspeksie. Wat Binne Is praat van fyn kulturele observasie, vlymskerp woordkeuses en verwerking, afgerond met sielvolle voordrag wat die leser/luisteraar/kyker saam nooi op 'n verkening van identiteit en ontnugtering.


'n Vorige storie op Klyntji gaan oor die Wat Binne Is fotogedigteboek deur Jaco van der Merwe en Wikus de Wet, wat gaan oor hulle liefde/haat-verhouding met hulle Afrikaanse identiteit en herkoms. Die storie deel ook drie van die foto's en die gepaardgaande gedigte, kry dit hier. Die boek is suksesvol gecrowdfund met donasies van meer as R40,000 wat die drukwerk daarvan moontlik maak. Die boek word in Meimaand verwag. Daar was onlangs 'n sitkamervertoning van die gedigte en foto's in Linden gehou. Hier is van die oomblikke (kliek vir die onderskrifte).

Foto's en onderskrifte deur Japie Kruger

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Sien foto's van die onlangse sitkamer-gig van die 'Wat Binne Is' fotogedigteboek gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand