Leidrade tot die beste musiek in die Wêreld

Leidrade tot die beste musiek in die Wêreld

Foto van Jaco van der Merwe deur Bernard Brand

Jaco van der Merwe deel die Hunter-Gatherer Playlist

Die collective

In 2015 het ek 'n collective begin met die naam Wêreld Records. Ek het besef hoeveel roerende non-mainstream musiek gemaak word deur my kring vriende in Gauteng, wat net heeltemal onder die radar verdwyn omdat daar nie regtig infrastruktuur bestaan om luisteraars met hierdie tipe kuns te connect nie. Oor die laaste drie jaar het Wêreld gehelp om daardie platform te skep en die musiek aan 'n wyer gehoor bekend te stel. Ons het ook die "Records" in ons naam mettertyd laat vaar, meestal omdat ons nie regtig 'n record label is nie, meer iets soos 'n beweging of collective.

Die playlist

In 2018 het ek besluit dat die indrukwekkende back-catalogue van die 20+ Wêreld kunstenaars weer 'n bietjie kolligtyd verdien. Saam met ontwerper Sydney Keeney het ek toe 'n 30-dag "Hunter-Gatherer Playlist" gebou, wat bestaan uit 50-sekonde snippets van liedjies, gepaard met visuals, wat die Instagram-luisteraar dan self kan gaan soek op verskeie hoeke van die internet. 'n Paar van die liedjies is juis net te vinde in een spesifieke plek, en dus is dit nie so maklik as om net 'n playlist te skep op een digitale platform en dan te share nie, daar is juis 'n bietjie treasure-hunting betrokke. Dis 'n lekker speletjie, en die 30 video-liedjies is nou almal te vinde op Wêreld se Instagram. Go hunt them down! Spring sommer in met dag 22, 6, 30, 7 en 20.

Foto's van 'n paar Wêreld-kunstenaars geneem deur Bernard Brand

Jaco van der Merwe skryf al vanaf 1998 woorde wat hy skree-spoeg-rap-sing, notably in die groep Bittereinder. Hy maak ook eksperimentele films en slaan action-krieket sesse (tegnies sewes). Hy werk as 'n opgeleide onderwyser en film teorie lektor.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Leidrade tot die beste musiek in die Wêreld gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand