Indika Black: Starting a band, building a brand
Sadé Walter vang vyf ouens vas
Tydens nog 'n strawwe winter op 'n isolerende plaas 'n paar kilometer buite Potchefstroom is Cleo, die liefderike grys kat, sopas deur die trop plaashonde verskeur. Gust Greyvenstein en Waldo van Wyngaard, twee studente wat hulself reeds in 'n melancholiese put bevind, is bedroef. Slegs Cleo kon tydens hierdie winter troos bied, die triestige omgewing ophelder en hul gesamentlike alleenheid ophef. Beangs begin Waldo en Gust nog meer dagga rook en musiekdokumentêre soos Sound City kyk. Beide van die vriende voel semi-geïnspireer en Gust, voormalige bassist van Alleen na Desember en in daardie stadium die bassist van Snowing Down South, besluit om maar sy akoestiese kitaar op te tel. Gust speel 'n aantal note wat vir hom goed klink en Waldo sing woorde wat die laaste paar dae kompulsief in sy gedagtes herhaal. Op 'n verlate sementbankie, wat selfs deur die swart skinny jeans hulle brandend bewus maak van die koue, word die hoopvolle 'Do Fine' binne minute geskryf. Gust, en selfs Waldo, besef verstom dat laasgenoemde kan sing. Daar is vir 'n oomblik vergeet van Cleo, 'n dormante talent is ontwaak en 'n kreatiewe verstandhouding is geopenbaar. Waldo het twee weke later vir hom 'n kitaar gaan koop.
Beide vriende bevind hulself in Kaapstad twee jaar later en daar word amper daagliks saam musiek gemaak. Gust het 'n flikkerende idee vir 'n oorspronklike liedjie en dring daarop aan dat Waldo die rou lirieke moet vertolk. In 2016 is hulle weereens huismaats en kan sonder die banaliteit van reëlings saam skryf. Tydens nog 'n Saterdagaandbraai op die beknopte voorstoep van hul tweeslaapkamerhuis in Clarencestraat ontmoet hulle Marcell Erasmus. Marcell kom van Rustenburg af, het kanker oorleef en in Port Elizabeth musiek studeer. Ná 'n gesprek oor Marcell se gunsteling musiek en dromstyl word hy onverwyld genooi na 'n jam session in die sitkamer. Hy bring sy elektriese dromstel en 'n nodige, opregte balans as die eerlike bemiddelaar. Met Waldo op vocals en rhythm guitar, Gust as bassist en backing vocalist en Marcell op dromme is hulle uiteindelik 'n naamlose band. Die three-piece oefen gereeld, het al 'n paar oorspronklike liedjies klaar geskryf, besluit uiteindelik op 'n naam, het 'n musiekvideo en 'n vaste bemarkingsplan. Maar Indika Black het nog nie 'n enkele gig gespeel nie.
In 2017 verhuis Waldo en Gust na Careystraat en word die vriende se geleende bank Marcell se slaapkamer. Aande word meestal in The Shack verkwis en Waldo ontmoet iewers deur die warspul vir Francois Taljaardt. Francois het visuele kunste by die Universiteit Stellenbosch studeer en is 'n session guitarist wat in hierdie stadium reeds sy talente aan 'n paar bands uitleen. Hy word gevra om een aand saam te oefen in Waldo se loft-kamer en word hierna met die neem van 'n foto amptelik die vierde lid van Indika Black. Die klank is voller en meer genuanseerd. Indika Black speel uiteindelik hulle eerste gig in April 2017 by ROAR (bo Gandalf's) in Observatory. Hierna word die gigs 'n gereelde naweekaktiwiteit vir die band en hulle vriende. In 2018, 'n week voor Indika Black se eerste gig by Surfarosa ('n derde van wat voorheen Assembly was), sny Waldo per ongeluk sy duim met 'n enti-cutter by die werk. Wynand Fourie, wat twee van die band se liedjies opgeneem het en 'n klank- en filmmaatskappy saam met Francois besit, word gevra om as rhythm guitarist te session. Wynand het op 'n plaas in Namibië grootgeword en het in graad elf as leerling van Hoërskool Stellenbosch leer kitaar speel. Daar word verwoed in die paar weeksaande ná werk geoefen. Almal stem besope saam dat dit Indika Black se beste gig tot dusver is. Nog skaars van die verhoog af is die vier lede smekend op hul knieë, tequila in die hand voor Wynand. Weke later is al die steke uit Waldo se duim gehaal en moet Indika Black hulself herposisioneer as 'n five-piece.
Alhoewel al vyf lede liries kan raak oor die impak van en passie vir musiek, is hierdie 'n band wat besef dat dit lankal nie meer net oor die musiek gaan nie. Iets wat ambivalente gevoelens by die band wek. Indika Black is op hul eie manier bewus van die kontemporêre samelewing se toestand van konstante mobiliteit en verandering. En is boonop self bekwaam in die vloeibare samelewing se taal: elk is opgelei en het ervaring in die visuele kunste, grafiese ontwerp, webontwerp, klankingenieurswese en bemarking. Hulle is dus nie net musikante wat die wispelturigheid van die digitale wêreld moet aandurf nie, maar beskik gesamentlik oor 'n stel vaardighede wat help om die likwiede pad as Indika Black te navigeer. Of soos Gust dit stel: "Ons is nie 'n fokken dom band nie."
Op 'n koue Woensdagaand in Augustus by 'n huis in 'n historiese gebied in Kaapstad het ek met die semi-nugter vyf lede gesels. Wat ontwikkel het, is 'n gesprek oor die begrensing van Afrikaanse musiek en sy kategorisering, oor die oorlewingsmoontlikheid van outentieke kuns en oor die pelgrimstog wat hulle as Indika Black graag aanpak in 'n samelewing wat slegs voorsien vir onsekere verbruikerstoeriste.
Julle almal is Afrikaanssprekend. Was dit 'n conscious besluit om in Engels te skryf en hoekom?
Francois: Ek dink dis gemakliker. Ja, ek voel soos ek is Afrikaans, ek mag dalk baie van daai kulturele goeters en artefacts saam my dra waarmee ek grootgeword het, maar ek praat baie gemakliker in Engels. My woordeskat is groter in Engels. Ek kan konsepte beter oordra in Engels. En ook op die broader spectrum bied Engels 'n groter mark.
Gust: Vir my is dit soveel makliker om in Engels te sing sonder om soos 'n popster te klink as in Afrikaans. Afrikaans is ook net baie moeiliker en ons almal het grootgeword met Engelse musiek.
Marcell: Ek dink dis ook net makliker om soos, hoe kan ek sê, dit wat jy wil voorlê uit te beeld in Engels eerder as Afrikaans.
Wynand: Ek dink net soos in general die plek waar ons lewe, Kaapstad, en die mense waarmee ons betrokke is, is nie so accepting teenoor Afrikaanse musiek noodwendig nie.
Waldo: Behalwe as jy Kobus! is, want dis net poes sweet.
Maar dink julle dis makliker om Afrikaanse lirieke te skryf?
Indika Black: Nee, definitief moeiliker.
Gust: Miskien is dit ook 'n ding van dis makliker om weg te kruip agter Engels as in Afrikaans.
Wynand: Maar ek voel ook Fokofpolisiekar het die hele Afrikaanse rock ding gedoen en nou as enige iemand anders dit doen is almal soos julle probeer soos Fokof klink. En dis bietjie unfair teenoor jong bands wat ook in Afrikaans wil skryf, ook rock musiek geniet en luister. En dan word hulle net die heeltyd compare en dis eintlik niemand se skuld nie.
Francois: Dit is makliker om in Engels te skryf, want ons het 'n broader spectrum van Engelse musiek waaraan ons blootgestel word van 'n klein ouderdom af al. En ook plainly put meer variety binne daai spectrum. Daar is só 'n groot variety en different avenues om van te draw, maar in Afrikaans het ons net Koos du Plessis, Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, al daai guys van Voëlvry, wat befok was, en Piet Botha en dan op na Fokofpolisiekar toe, en dan ná dit is daar nie regtig nie.
Gust: Ek dink ook net aan opportunity, soos ons wat in Engels skryf gaan baie verder kan gaan as wat ons net in Afrikaans skryf. Ons kán groot word in Suid-Afrika, maar in Afrikaans...
Marcell: Ek voel ook: ja, ok, dis maybe makliker om in Engels te skryf, maar ek voel nie ons doen dit net omdat dit makliker is nie. Die ding is maar net ons volg nie daai ding van ons skryf ons musiek met die doel daarvan om sukses te behaal nie, omdat ons die mass market will impress nie.
Francois: Nou dat ek daaraan dink is dit eintlik nie so maklik om in Engels te skryf nie, want daar is so 'n groot variety en saturation, so dis eintlik moeilik om jou plek in daai broad spectrum te vind. Maar dis soos, dis lekkerder! Dis lekkerder om in Engels te skryf.
Hoe ervaar julle die Cape Town music scene?
Marcell: Ek voel persoonlik wat dinge nogals moeilik maak is dit gaan nie noodwendig oor die art wat jy uitbring nie, dit gaan oor die mense wat jy ken. Ek's jammer, soos dis fokken moeilik om te sê, maar dit is 'n ding van die Kaap, daar is fokken groepies orals en dit maak nie saak hoe poes cool jou band is nie, as jy nie die regte mense ken nie, dan gaan jy nie festivals speel nie, jy gaan nie fokken lekker shows kry nie.
Wynand: Dis 'n baie tight-knit community eintlik.
Marcell: Dit is, dit is, maar die ding is net soos ek sê dis 'n hartseer reality.
Gust: Wat het geword van originality?
Francois: Maar ja, 'n groot deel van die Cape Town music scene is dit is baie moeilik om 'n platform for variety te kry, want baie mense voel ek is op hype-trains, dis baie cliquey, mense hype goeters op, dit gaan baie oor image meer as die actual kwaliteit daarvan. So hoe jy dit represent, hoe goed jou fokken designs is, like fashion photography style foto's van jou en jou band, like hoe beter is jou kanse dat mense vir jou gaan recognise regardless of hoe tuney jou musiek is.
Gust: Millennials.
Wynand: Maar dis die ding as jy daai formula kan volg en regtig goeie musiek uitbring, dan ...
Francois: Ja, ek agree daarmee, maar dit maak dat mense nie regtig omgee oor die kwaliteit van musiek nie, hulle wil net geassosieer word met hierdie image.
So hoe dink julle vergelyk die Cape Town music scene met die Johannesburg en Pretoria music scenes?
Francois: Ek moet sê in my experience van Jozi is mense fuckin' bereid om te betaal om musiek te kyk.
Gust: Ok, maar ek het bands gehad in Pretoria en ek voel dis maar baie dieselfde as hierso. Ek voel die opportunity hier is groter. Almal regoor Suid-Afrika sukkel met dieselfde kak. Maak nie saak of dit Kaapstad of Johannesburg is nie, almal het dieselfde journeys dink ek. Dis mense wat jy ken, dis die tipe musiek wat jy maak, dis net 'n journey, dis nie net van "jirre, hierdie ou is vir my poes goed" nie. Hierdie ou ken iemand en alles, maar dit maak nie saak nie. Jy moet 'n goeie produk hê, jy volg jou eie ding, jy moet trots wees op jou eie ding.
Waldo: Dis networking ou.
Gust: En passion.
Francois: Networking is 'n groot deel en as jy dit nie doen nie, gaan jy seker bietjie sukkel. Maar dit beteken nie dat jy nie gaan succeed nie. Dit beteken net dat jy dalk 'n bietjie langer pad gaan stap. Mense gaan dalk nie vinnig na jou musiek toe kom nie, maar as jy met integriteit aanhou in die long run gaan mense eventually wees soos "jirre, ja." Dit is 'n bietjie van 'n long game.
Gust: Ons is getroud ons vyf ouens, nè.
Voel julle as 20-something mans enigsins druk om 'n goeie werk te hê en soveel geld as moontlik te verdien?
Francois: Ja.
Waldo: Ja, ek dink dis meer van 'n universal thing.
Francois: En ook, meer druk as gevolg van globalisation met platforms soos Instagram en shit. Die little poster images van almal se ideal lives is ook so groot factor in hoe ons onsself perceive elke dag en dis die ding, die musiek vorm dan 'n tipe van escapism of 'n manier om die mundane dele van jou lewe te kan process en dit important te maak. Ek dink met die oorweldigende existential dread of like "be something!", "have a stable job!", "holy shit your 30's are getting close, bro", en dan is jy soos "ah!".
Julle lirieke is baie persoonlik: gefokus op eksistensiële en volwasse angs, op mislukte verhoudings en dan verhoudings wat help met hierdie existential dread. Afgesien van die "The Personal is Political"-teorie: Hoekom persoonlik eerder as polities skryf in 'n land wat so ryp is vir politiese kommentaar?
Waldo: Die lyrics wat geskryf word, is hoe ek myself express personally. Politiek affekteer ons, maar dis nie soos...
Marcell: Although die politieke toestand in die land indirek ons almal affekteer, is ons almal soos white-privileged fokken kids, so dit het ons nooit direk geaffekteer nie. Indirek affekteer dit ons almal, maar die goed wat ons skryf is personal experience waardeur jy gegaan het in jou lewe, dis goed wat jou direk geaffekteer het. Ons is almal indirek geaffekteer deur die politiese toestand in die wêreld, maar nooit direk nie, soos maybe nou, maybe nou begin dit erger raak...
Francois: So basically ja, dit is moeiliker vir ons as wit, Afrikaanse, mostly straight mans om te praat polities as wat dit is om persoonlik te praat.
Hoekom?
Francois: Ek dink hoekom is 'n persoonlike antwoord vir almal. Ek voel nou is nie die tyd vir my om daaroor te praat nie, soos ek het ideas daaroor, maar dis nie nou waaroor ek wil praat nie. En ander mense het nou half hulle tyd waarin hulle stemme gehoor moet word. Soos ons voices is nie so relevant op die oomblik nie.
Wynand: Music is bedoel om 'n medium van escapism te wees en hoekom wil jy die heeltyd hoor oor politiek elke dag as jy musiek luister.
Francois: Maar op dieselfde manier is dit 'n sublimation daarvan, so jy sal wil skryf daaroor as dit jou regtig so intensely affekteer.
Julle thoughts on branding en social media as bemarking vir die musiek?
Gust: Dis maar net marketing, jy moet jou teikenmark kies en goed uitbring en document wat op 'n cool manier oorgedra word. Ons gesels daaroor, dit is planned, die tye wat ons goed post, eerder die hemp as daai hemp, dis alles deel van die konsep.
Wynand: Dis net 'n essential deel van die proses.
Marcell: Ongelukkig moet jy soos baie marketing doen en om dit skep jy 'n brand en dis om jou musiek uit te kry. Mense moet weet van jou.
Francois: Dit is die norm nou. Daar is 'n visuele taal wat saam met die musiek gaan. Branding is deel van daai taal.
So alles is planned. Dis alles conscious decisions wat gemaak word, maar dink julle dis 'n outentieke weerspieëling van wie julle as 'n band is? Of dink julle dis meer kunsmatig? Met ander woorde lei julle die branding of lei die branding julle?
Gust: Saam met goeie navorsing, lei ons die branding.
Francois: Ja, definitief, ek dink die brand is die meeting point van ons almal se idees. Ek dink dis definitely curated.
Wynand: Dis ook 'n band is 'n business op die ou einde en jy moet dit run soos 'n business.
Francois: Ja, soos having a band in 2018 is not about, it's not just about the music anymore and doing that well, but I feel like your not reaching the real kind of success that you can if you're just making music for the sake of it. En dis so moeilik om dit te sê. Ek dink daar is nie regtig 'n good of bad nie, ek dink daar is net hoe jy music approach, wat ek dink die main ding in 2018 is. As jy dit approach met 'n slapgat type of attitude, soos ek wil net soos loose jams hê die heeltyd en fokken op stage my piel rondswaai of whatever dan vat jy die verkeerde approach. Want daar is nou so bietjie van 'n formulaic ding wat hier aangekom het, soos ons het verander as 'n society met globalisation en platforms soos Instagram so dit is 'n broad spectrum van goeters wat jy as 'n band moet doen: jy moet fokken goeie musiek maak, maar dan moet jy ook 'n fokken goeie image vir jouself skep wat real is, real genoeg is vir hoe jy dit moet wys aan mense. Dit is hoe jy die ding moet narrate en goed.
Waldo: Maar ons doen dit, want ons wil ook. Ons is net soos fokken bevoorreg want almal in die band is skilled in die goed.
Maar hoe bou jy iets authentic terwyl jy ook 'n kunsmatige image opbou en onderhou? Is daai twee goed nie heeltemal exclusive nie?
Gust: Maar jy bring dit bymekaar.
Francois: Ek dink die link in die chain is integriteit. In die sense dat jy eerlik is oor die goed wat jy create, want ons design en online image is nie iets wat ons gesien het ander mense doen nie, ons is die mense wat dit doen. So in daai sin is dit 'n direct output van ons waarmee ons gesamentlik associate.
Wynand: Ons betaal nie some designer om vir ons 'n logo te maak wat hip en in is nie, Gust doen dit.
Marcell: En voor enige iets release word, kyk almal daarna en almal moet saamstem daaroor.
Gust: Authenticity in die new age vir my is soos old school marketing, soos flyers en klein business cards en 'n honest approach. Loop na mense toe en gee dit vir hulle en praat met hulle.
Francois: Ons sal spontaneous goed, spontaneous hou. Ek dink ek kan vir almal praat as ek sê ons maak musiek vir ons gesamentlike love en experience daarvan.
Indika Black hoop om in die onmiddellike toekoms nuwe musiek as 'n five-piece te skryf en 'n concept album vry te stel. Verdere toekomsdrome sluit 'n Europese toer, rum en 'n show by Wembley in. En natuurlik wil hulle bier drink, saam 'n lekker tyd hê en musically groei. As jy hulle iewers in die strate van Kaapstad raakloop, koop vir hulle bier (dit kan maar Black Label wees) en vra hulle oor Cleo.
Sadé hou van tweedehandse hardebandboeke sonder omslae en hoogsomer donderstorms in KwaZulu-Natal. Sy bestee graag tyd aan irrelevante BuzzFeed quizzes en flieks wat sy reeds gekyk het. Sy wil volgende jaar haar meestersgraad aanpak, maar probeer haarself nog oortuig.