Moet nie hierdie poësie-zine launch in Kaapstad misloop nie

Moet nie hierdie poësie-zine launch in Kaapstad misloop nie
SKRIF-SPREADS_v122.jpg

Skrif is nie letterkunde nie. Dit is, eerder, onletterkunde. Dit is 'n selfgepubliseerde sagteband glansblad-boekie met foto’s, illustrasies en digkuns. 'n Zine, in ander woorde. Vir diegene wat weet wat 'n zine is, julle sal waarskynlik die naam "skrif" vinnig snap, vir diegene wat nie weet wat 'n zine is nie, don't worry too much about it. Die woord digkuns word wel baie rojaal gebruik – dus die verwysing na "onletterkunde". Of dit nou hogere of skone kunste is, is betwyfelbaar, maar met diverse temas wat wissel van die alomvattende nuttigheid van bottermesse tot die bonatuurlike elemente van die lewe is daar iets vir almal. Die vier vervaardigers, woonagtig in Kaapstad, is Kristi Vlok, Ruan Scott, Altus Brand en Frantz Birkholtz. Die opdrag was heel eenvoudig: almal moet drie gedigte indien, self geskryf of gewerf met bypassende illustrasies of foto's. Die makkers van Blood, Sweat and Polony het die ontwerp en uitleg gedoen.

'n Noemenswaardige bydrae is Lynette Scott se gedig oor dagga rook. Sy is een van die enigste twee “letterkundiges’’ in hierdie eerste varsamelingsuitgawe van Skrif, met haar en Kristi Vlok se werk wat beide al gepubliseer is. Daar is verskeie ander gaste wat hulle digterlike debute maak.

SKRIF-SPREADS_v128.jpg
SKRIF-SPREADS_v124.jpg
SKRIF-SPREADS_v129.jpg
SKRIF-SPREADS_v1215.jpg
SKRIF-SPREADS_v1211.jpg
SKRIF-SPREADS_v125.jpg

Die bekendstelling van die dig-zine vind op 16 Mei by The Gin Bar plaas in Walestraat, Kaapstad. Dit begin om 18:00. Hier is die event op Facebook.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Moet nie hierdie poësie-zine launch in Kaapstad misloop nie gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand