Xander Ferreira praat oor identiteitspolitiek

Xander Ferreira praat oor identiteitspolitiek
tumblr_inline_orc5tppT9w1tz8ud8_500.jpg

Frontman van die gewese musiekgroep Gazelle, Xander Ferreira, maak vir die eerste keer onder sy eie naam musiek. Hy vertel, as ’n Afrikaner wat tydens apartheid grootgeword het, hoe sy skuif na New York sy musiek en uitkyke verander het.

Xander het eers in die advertensie en fotografiebedryf gewerk, maar het dit verlaat omdat hy gevoel het hy nie genoeg waarde tot die samelewing daardeur kon voeg nie. Hy het na kuns en musiek as medium beweeg om sy boodskap oor te dra.

Xander praat oor die gepolariseerde aard van geskiendenis, oor die problematiek van enkele perspektiewe daarop en die gebrek aan objektiwiteit.

“Ek dink baie mense wroeg met hulle identiteit, en selfs met waar hulle hulself in die wêreld bevind. Talle het noodgedwonge ’n beter lewe gesoek weens sosiale en ekonomiese onderdrukking, terwyl sommiges uit hul tuislande gedryf is as gevolg van gelowige vervolging. Mens moet na die volle historiese konteks kyk, nie net enkele oomblikke daarvan nie. Al wat ons kan doen is om te leer van geskiedenis.

tumblr_inline_orc5s8IudK1tz8ud8_500.gif

“Vir my het die politiese ding redelik sosiaal geraak ná ’n tyd. In Suid-Afrika was dit nogals kompleks om enige politiese uitkyke te hê as ’n wit persoon, of om polities uitgesproke te wees, want jy word half van die hand gewys weens die historiese konteks – jy is die volgende generasie van die vorige onderdrukker.

“Gazelle was daar om mense te wys hoe hulle gekul word deur sulke politiese optrede. Die musiek is nou anders, my huidige persona raak dieselfe kwessies aan, maar dis meer vry; meer ék. Dis hoekom ek besluit het om ’n projek te doen met my eie naam op.”

Xander vertel dat hy poog om bande te smee tussen verskillende mense en kulture met musiek wat van diverse invloede trek, sodat niemand eksklusiewe eienaarskap kan eis nie, en dat almal iets eie aan die musiek kan voel.

“Die doelwit wat ek mee weggetrek het, was soortgelyk aan wat Paul Simon met sy album Graceland gedoen het. Hy het in die 80′s, terwyl daar ’n sterk teenstandbeweging teen die apartheidregering was, ’n album uitgereik met ’n Amerikaanse klank, wat aangevul was met klanke van Afrika. Die album het regoor die wêreld sukses behaal – almal kon daarby aanklank vind – dit was die klank van die mense. Ek probeer om dieselfde te doen. Alhoewel my voorkoms op die verhoog as ’n wit man van Afrika dissonant mag voorkom, kry ek dit dalk net reg om ’n paar persepsies te verander.

“Dis belangrik, as ’n kunstenaar, om die status quo uit te daag. Ek maak musiek wat mense sal geniet, maar ek hoop tog dat hulle die boodskap daaragter sal hoor.”

Xander sê dat New York ’n brutale stad is weens al die kompetisie en talent, met almal wat probeer om globale kultuur te beïnvloed, maar dat dit ’n dryfkrag is om deurlopend op ’n kompeterende vlak te bly.

“As ’n immigrant in Amerika het mens nie aanspraak op enige iets nie, jy kan nie rerig ’n tuiste hê nie – dit maak jou ongebonde aan nasionalitiet of nasionalisme.”

tumblr_inline_orc5oaufqj1tz8ud8_500.jpg

Xander se self-getitelde drie-snit EP word stelselmatig vrygestel, en handel oor die pynlike dog nodige introspeksie wat vereis word met die soeke na ’n sense of place. Volg hom op Facebook. Luister na die musiek hier.

  • Foto’s: Neil Gavin

redakteur@klyntji.com