Sondag met Lady Skollie by haar swembad in Killarney
'n Omvangryke, no shame no shade onderhoud
Ek het op Sondag, 27 September 2020 Laura Windvogel, bekend as Lady Skollie, ontmoet by haar huurwoonstel in die stil en statige buurt van Killarney, Johannesburg. Met die aankoms maak haar man klaar met die skoonmaak van die kandelaar in die sitkamer met ’n stofsuier. Sy bied filterkoffie aan en ’n vrugtebord met pynappel, aarbeie, papaja, pere, druiwe en bloubessies. Ons gaan sit in die son langsaan die swembad wat slegs vir die inwoners van dié woonstel beskore is. Ek pols haar oor ’n reeks onderwerpe vir die volgende uur, waarna ek deur haar woonarea se kuns en boeke gaan en sy my plate uit hulle plateversameling wys. Hieronder volg ’n meestal ongeredigeerde transkipsie van ons gesprek.
FRANCOIS: Jy het voor die lockdown stilletjies getrou by binnelandse sake. Hoe was dit om julle wittebrood te hou tydens die inperking?
LAURA: Eerstens het ek nooit gedink ek gaan met ’n mán trou nie. Ek dink dit was nice dat ons nie geskei het nie [tydens die inperking]. Ek wou nog altyd so getrou het om nie te veel mense te betrek nie, want troues is dikwels daai performative ding wat baie pressure op mens sit. Ons het op die 24ste Desember, toe albei ons families saam was, announce dat ons getrou het op die 4de Desember. Almal het gedink ons gaan announce dat ek pregnant is. My pa wat ’n lawyer is, en al baie divorce lawyer tipe stuff gedoen het, was net soos: “Oooh, ok…”
FRANCOIS: Jy praat gereeld oor seks in jou kuns…
LAURA: Ek het altyd meer in ’n gratuitous way oor seks gepraat, of nie gratuitous nie, maar as ’n positiewe, engaging ding. Ek dink dis maklik om met mense oor goed te praat as jy eers met hulle oor iets praat wat taboe is, wat ook ’n exciting en fun ding is om oor te praat, which is sex, maar ek dink ek het dit altyd gebruik as ’n trick. Soos net om ander stuff uit mense uit te lok, jy weet? So ek praat nou baie minder daaroor en as ek daaroor praat, is dit meer soos the bad side, violence en abuse en hoe mense dit gebruik as ’n weapon en abandonment en jy weet. Suid-Afrika is so ’n funny plek, want dis so fucked up, seks is so fucked up ding hierso. Mense weet nie waarvan hulle hou nie, hulle het soms seks wat hulle nie eers rerig wil hê nie, you know? Verkragting en al daai tipe stuff. Maar ons jump altyd om te praat oor seks, dis ook maar hoekom ek dit gedoen het. Maar maybe was my understanding van seks ook toe baie anders.
FRANCOIS: Ek wou nog vra oor die hele trou-ding, toe jy sê jy het nie gedink jy gaan met ’n man trou nie…
LAURA: Wel ek’s bi, so dis net…
FRANCOIS: En die idee van trou, die hele monogamy ding, promising yourself to somebody. Is dit hoe jy trou sien of is dit vir jou iets anders?
LAURA: Ek dink baie mense, omdat ek baie praat oor seks, dink ek’s baie wild en stuff. Ek dink mense maak altyd die assumption dat wanneer dit by trou of marriage as an institution kom, dat ek dit miskien nie baie respekteer in die classic form nie. Maar contrary to popular belief is ek erg oor dit, veral die monogamy en die deceit side. Want enigiemand wat getroud is, sal vir jou kan sê dat dit weird is om goed te consider soos om poly te wees of om ander mense… Dis al klaar so ’n challenge om een persoon goed te leer ken, een persoon te verstaan en dan… Maar die instansie van trou is interesting, dit is baie challenging om in ’n marriage te wees actually. Ek dink wel ek’s baie lucky, want my man is baie chilled, jy weet? Ja, ek het die instansie net disrespect toe ek met getroude mans geslaap het, toe ek jonger was [lag]. You know, I’ve already got my punishment for that. Ek sal dit nie weer doen nie. Don’t fuck married men, it’s the worst.
FRANCOIS: Jy’t onlangs Killarney toe getrek van Linden af. Jy’s uitgesproke teen Linden, wat is fout daar?
LAURA: Linden is vir my weird. Een ding wat vreemd is, is dat in elke liewe plek waar ek al ooit gewoon het, was daar ’n famous poet of Afrikaanse skrywer wat in dieselfde straat gewoon het. So waar ek gebly het in Linden het NP van Wyk Louw in dieselfde straat gewoon, en waar ek gewoon het in Oranjezicht het Antjie Krog oorkant my gewoon. In die begin was Linden lekker stil, maar toe kom ek agter daar is baie weird Afrikaners in Linden, nie almal nie, maar die mense om wie ek gewoon het. Ek sal dit nooit vergeet nie: my neighbour sou op my deur klop asof hy die apartheid-polisie is. Soos daai DA! DA! DA! DA! Jy weet? En as jy die deur oopmaak, dan is dit soos: [vriendelike stem] “Hi! How are you?” Maar met daai initial klop… Ek dink ek het basically in die get-out area van Linden gewoon. Dis nie asof ek Linden haat nie, maar meer dat Linden jou nie rerig wys wat dit is totdat jy langer daar is nie. Ná ’n ruk is dit like: “Oh, dis dié tipe Afrikaanse mense wat hier woon”.
FRANCOIS: Hoe lank het jy daar gebly?
LAURA: Vir ’n jaar. En voor dit het my studio manager daar gewoon in dieselfde straat. So dis hoekom ek soontoe getrek het, want ons was nader aan mekaar en stuff, maar na ’n jaar was ek like: “Ek moet hier uitkom”.
FRANCOIS: En nou’s jy in Killarney.
LAURA: Back in Killarney.
FRANCOIS: Jy het al in Killarney gebly?
LAURA: My man het hier gewoon, maar daai was ’n all different Killarney. Hierdie Killarney is ’n hele ander Killarney. Dis nice.
FRANCOIS: Het jy eers aan die onderste kant gebly?
LAURA: Ja, en my suster ook. Ek dink net Linden is soos, hoe sal ek dit sê, soos Bergvliet of Southfield in Kaapstad. Dis like ’n weird plek om in te wees.
FRANCOIS: Jou upcoming exhibition by Everard Read in Kaapstad…
LAURA: Ja, ek weet nog nie presies wat die naam van die exhibition is nie, maar dit gaan basically oor die tronk as concept [die uitstalling, Bound, het van 11 Nov – 15 Des 2020 gewys, ná hierdie onderhoud]. En dis in die Breakwater Prison, my galery is in daai set-up. Breakwater Prison is waar baie Coloured mense of Khoi-San mense incarcerated is vir goed soos livestock theft en daai’s ook waar Lucy Lloyd en haar broer prisoners gaan haal het. Jy weet hulle het daai gedoen, right? Hulle het ’n deal gehad met die Breakwater Prison, so as mense by die laaste twee jaar van hulle service time kom, dan gaan hulle daantoe en kry daardie mense en mine hulle hul vir information. Veral linguistic information. Jy weet Llyod-Bleek hulle? Hulle is crazy, hulle het ’n skool begin in Mowbray in die Kaap en hulle is grootliks die rede hoekom daar enigsins linguistic evidence is van die Khoi-San. Hulle het deals gemaak met die tronk en so baie prisoners oor ’n ses jaar tydperk, in die prisoners se laaste ses maande, vir ’n jaar of twee jaar van servitude gekry om te kom labour doen by hulle huis. Terwyl hulle daar is, word hulle gemine vir linguistic information. Klomp van die famous storytellers was daar, van die tronk af na die huis toe. Hulle was deur Wilhelm Bleek dinge soos guns belowe om hulle te protect. Hulle is baie getrick om hulle by die huis te laat bly. Selfs toe Wilhelm dood is, het baie van die mans gebly en Lucy toegelaat om hulle verder te study. Ek het al daai boeke as jy dit wil sien; dis crazy! Like literal translations, hulle sou sit vir twee jaar lank saam met mense en hulle mine vir information en daar’s foto’s van hulle… Jy weet al daai foto’s van die Khoi-San storievertellers? Dis alles daar geneem, met die western clothing aan en stuff.
FRANCOIS: En hoe voel jy oor al hierdie? Wat is jou take daarop?
LAURA: Dis love-hate, want as dit nie vir hulle was nie, sou ons nooit van enige van hierdie goed geweet het nie. Dis ’n weird relationship, I guess. Ek doen baie werk nou met die First People Artists in Nieu-Bethesda. Wat interessant is van hulle, is dat hulle Wit mense represent in hulle werk, so in hulle tapestries sew hulle vir Lucy Lloyd-Bleek in op die appliqué, hulle skryf oor haar en stuff. Ek weet nie rerig nie… In my mind verbeel ek… Ken jy vir Reza de Wet?
FRANCOIS: Ja…
LAURA: Ok, soos Diepe grond – ek imagine só ’n brother en sister relationship. Om myself beter te laat voel. Hulle was definitief besig om ge-incest te word op daai plaas… Ek sien dit maar soos Diepe grond om myself beter te laat voel.
FRANCOIS: So jou exhibition gaan oor…
LAURA: Dit gaan oor die breakwater prison, dit gaan oor incarceration, dit gaan oor die concept van nog altyd incarcerated wees in jou eie mind al is jy vry. Dis hoe ek dink Suid-Afrika is en hoekom die land is soos dit is. Jy weet, goed soos die Constitution sê vir ons, ons het al hierdie rights maar dit word nie rerig ge-implement nie. Mense leef nog baie in ’n mind prison. Ook vir my show: UWC begin ook nou te bou aan hulle fine arts school, hulle het nie vantevore een gehad nie. My vriendin Ilse Woolf is die main architect. Ek gaan ’n mural daar doen saam met my show. Ek gaan ook ’n performance doen in ’n tonnel wat die galery [Everard Read Kaapstad] besit. Dis ’n tonnel wat gaan van die V&A Waterfront af onder die stad na die castle toe. Hulle het dit gebruik om mense tussen Breakwater Prison en die kasteel te smokkel, want dit was reg by die hawe. My gallery, die actual structure, was die hawemeester se huis. So dis hierdie hele architectural energy… En jy weet in Kaapstad is daar beautiful plekke wat vir demonic goed gebruik is. Mense lewe in hierdie spaces sonder om te weet wat gebeur het. Dis hoekom die energy in Kaapstad vir my so weird is. Mense maak sommer hotelle van dungeons, dis basically wat Breakwater Lodge is. So dis basically wat my show oor gaan. Dit gaan oor al hierdie weird demonic spaces wat eintlik net forgotten is. Soos ’n hele deel van De Waterkant, ek haat dit, ek gaan nooit daarheen nie. Dis siek. So baie dele van prisons of holding spaces…
FRANCOIS: Dit laat my dink aan Constitution Hill.
LAURA: Ja, exactly. Con Hill is vir my ook net weird, ek haat dit daar. Maak net nie saak hoe baie ek gaan nie, ek kan dit net nie vat nie. Dit sal nooit ’n hotel kan wees nie, want dis gebou op ’n fokken valley dip, so al die koue lug… Was jy al ooit daar by ’n concert of enigiets?
FRANCOIS: Ek werk mos in die Konstitusionele Hof met die kunsversameling.
LAURA: O ja, shit. Al die wind doen net dit, dis soos ’n fokken portal…
FRANCOIS: Hoeveel werke is deel van jou uitstalling?
LAURA: Ek dink so 14, en ek gaan miskien ’n performance doen saam met Angel Ho. Jy weet, die dude wat sing? Nee jammer, nie dude nie. Nee wag, fok dit. Hy het vir my gesê hy’s alles: he, she, they, them – alles. Hy’s soos ’n Coloured Grace Jones. Hy doen daai baie weird experimental musiek waar hy like “wolves” [maak wolf-huilgeluide]. Want jy weet in Suid-Afrika worry mense nie oor jou tot jy famous is nie. Hy’t nou ’n ding gedoen met Louis Vuitton , hy’s out there. Hy’t schizophrenia so hy maak hierdie crazy musiek wat layered met voices is. Mens kan ’n summoning ding doen in die tonnels om die geeste te roep [maak gilgeluide], like a screaming therapy or something.
FRANCOIS: Jy’t gepraat oor die mense in Nieu-Bethesda, The Bushman Heritage Museum, watse werk doen jy saam met hulle?
LAURA: Ek gaan al Nieu-Bethesda toe vanaf ek ’n kind is. Ek dink almal gaan aan oor die Owl House, jy weet, en baie keer gaan mense net deur die dorpie. Hulle bly maar net vir ’n dag… Ek’s nog altyd obsessed met Nieu-Bethesda. Voor ek Engeland toe gegaan het Oktober verlede jaar het ek vir my man gesê ek dink ons moet Nieu-Bethesda toe gaan en ek wil vir ’n ruk bly. Toe gaan bly ons vir ’n week daar. Toe sien ek hoe die Coloureds wat woon in daai dorp copies maak van Helen Martins se werk. Dit het my baie afgesit, dit was irriterend. Maar soos ons verder rondgeloop het, toe kom ons af op ’n museum met appliqué tapestries van al die linguistic history, want hulle het hul eie archive van storytelling within Khoi culture. Dit was so amazing en engaging, ek kon dit nie glo nie. Ek het toe elke dag na hulle gegaan en met hulle gechat – dit was toe die R5 net uitgekom het – en hulle was like: “Waaaat?! Jy’t Khoi-San op die R5 coin gesit!” Dit was net crazy. So ons het nou hierdie relationship. Ek gaan ’n werk doen en dit aan hulle gee, hulle kan dit verkoop, maar ook ’n appliqué weergawe daarvan doen. Dit sal nice wees om dit te verkoop as ’n set, dalk aan Iziko. Ons sal aanhou saam werk. Die museum sukkel tans omdat die Lotto hulle nie meer befonds nie. Die Lotto doen nie meer soveel vir die kunste soos dit vantevore het nie. Jy weet die mense wat by die museum werk, drink nie? Dit sluit nou aan by my werk Papsak Propaganda.
FRANCOIS: Een van hulle werke in die Konstitusionele Hof se kunsversameling is ’n boom waar die vrouens hulle lewenstories deel en dit gaan oor hoe alkoholmisbruik ’n merk daarop gelaat het.
LAURA: No way! Ek wil dit baie graag sien.
FRANCOIS: Ek sal jou wys. Jy het pre-Covid lekker groot en morsige studiopartytjies gehou. Sal dit weer gebeur?
LAURA: As ek nou terugdink was dit ’n bietjie te veel. Ek dink nie ek sal dit weer doen nie. Die volgende groot partytjie wat ek wel sal hou, is wanneer ek Standard Bank Jong-kunstenaar wen. So tot dan…
FRANCOIS: Nie “as” nie, maar “wanneer”…
LAURA: Ek wil dit wen. Ek weet nie of hulle hierdie jaar eers iemand gekies het nie. Met die pandemie het Blessing [Ngobeni] nog nie al sy shows gedoen nie, dis ’n hele program. Maar ja, dis my next big party.
FRANCOIS: Vertel my oor Dada – jy sien jouself as haar?
LAURA: Ja, ek sien myself as Dada Coex’ae Qgam. Sy is een van die mees famous Khoi artists. Sy is dood in 2008. Ek het ’n boek oor haar, ek sal dit vir jou wys. My hele lewe is vir my soos ’n teken, ’n portal. Toe ek in Nieu-Bethesda was, het ek ’n fever dream gehad en besef niks wat ek gaan doen van daai oomblik af gaan saakmaak nie. Ek het toe my gallery gesê ek gaan nie ’n show doen vir die hele jaar nie. Hulle was wary en reluctant om dit te aanvaar, dit was op 16 Oktober 2019. Ek het gesê ek sal ’n show doen aan die einde van volgende jaar en almal moet my tot dan net uitlos. Toe die Corona-ding gebeur, ná dit, toe besef ek hoekom. Toe in Januarie het ek gegaan na my printer toe, Joe Leshoka LeGate by LL Editions in The Bag Factory, ’n baie slim man. Hy is ’n trove van information, ek waardeer dit want ek is ook so. As ek na hom toe gaan, weet ek dat ek iets gaan leer. Ek was een keer by hom toe kyk hy my vreemd aan en hy sê: “Do you know Dada?” Hy was as jong man Dada se printing assistant. Hy’t aangeneem ek weet van haar. Ann Gollifer het haar gefund en so.
Soortgelyk aan die R5 wat ’n public art piece is, wat baie mense kry al weet hulle nie wie dit gemaak het nie, het Dada British Airways se seats design. Jy weet die Khoi-San wat die spies gooi? Sy is toe arm dood. Sy’t altyd gesê sy wil genoeg werk om later net berries in die berge te versamel. Ek dink ek is egoistic en confident genoeg om dit te doen wat sy nie kon nie, to claim it for all of us [lag].
Oor Ann Gollifer se rol in Dada se lewe, dis vir my interessant, dis soos om ’n handler te hê. Dit kan ook maar net gaan tot ’n sekere punt. Jy kan nie iemand heeltemal control nie. Dada was kinda soos Helen Sebidi – sy werk omdat sy moet werk. Jy kan nie nié verf nie. Maar dan sal sy [Sebidi] vier werke ruil vir R300. Die konsep van fine art is ook nie vir almal nie, party mense verstaan dit nie, maar hoe werk dit anyway?
Dada [was baie vrygewig]. Sy is klere gegee, maar dan sou sy dit deel met die hele dorp – almal het haar klere gedra. Sy sou vir almal vleis koop. En ek dink dis die ding wat handlers nie verstaan nie. Dikwels as jy dit maak as Coloured of Swart persoon – die konsep van black tax – tax klink dalk soos ’n baie organised ding, vir jou ma of pa of ouma wat geld nodig het, maar black tax is ook vir ’n vriend. Jy’t iemand wat jy ken wat fucked is en jy het die resources and capacity om hulle te help. Daai, ironically, is die rede hoekom hierdie kunstenaars doodgaan sonder enigiets. Ek dink so min mense weet van haar. Ek wens ek het haar ontmoet, ek was 21 toe sy dood is. I’m doing it for Dada, yo.
Een van my ander favourites is Lionel Davis. Die Coloured artists kry nie die levels nie, maar as jy van hulle lees dan kom jy agter “Oh my shit!”. Hy was ’n photographer wat net vriende was van artists en hy het posters gemaak vir Cosatu en so. Hy’t vir my die boek gegee. Hy was vir so 10 jaar ’n prisoner op Robbeneiland. Ironically enough gaan hy toe terug na Robbeneiland en werk daar vir so nege jaar of so en doen tours en stuff. Hy’s een van die mees knowledgeable researchers oor die eiland. Hy’t begin deur posters te maak vir die unions en die Woodstock Children’s Home en Women’s Abuse Home en hy was vriende met baie van die artists van die time, maar hy was hulle photographer. So hy was close vriende met Peter Clarke en daai mense. En toe eers in sy dertigs begin hy self kuns te maak. Hy het baie styles in sy kuns en hy is goed met alles. Hy woon nou in Simon’s Town. Hy was deel van die Greatmore Studios in die Kaap, jy weet, amper soos die Bag Factory Studios van die Kaap. Dis so funny, ek het na hierdie een lunch gegaan met hom en hierdie een vrou het die heeltyd gefaf oor hom, ge-faf-faf-faf, hierdie caucasian auntie. Ek sal dit nooit vergeet nie, iemand het haar gevra: “Are you Lionel’s wife?” Toe antwoord sy: “God no! I wish!”
FRANCOIS: Wat gee jou deesdae die meeste vreugde?
LAURA: Home space, want ek was in ’n 91 sq. m flat wat net twee ure per dag partial son gekry het, maar nou is ek in ’n plek waar ek kan vitamiene D kry wanneer ek dit wil hê, ek kan swem wanneer ek wil swem. Daar’s genoeg spasie vir my om nie heeltyd in my man se gesig vas te kyk nie. Alles is net pure pleasure hierso. Dis ook ’n space waar ek gemaklik kan teken en lees; in Linden moes ek dit doen in my klein en dingy space.
FRANCOIS: Wat pis jou deesdae die meeste af?
LAURA: Die Suid-Afrikaanse regering, politicians op Twitter, vir die res van my lewe gaan gender-based violence my afpis, en delusion. Ons is in ’n pandemic net vir mense om nog delusional te wees oor hoe hulle omgaan met ander mense, wat hulle in glo. Almal is net delusional in my opinie, dit pis my af. Ag, ek haat almal [lag]. Oh my God.
FRANCOIS: Hoe lyk Lady Skollie van die toekoms in die jaar 2120?
LAURA: Sy’t hare. Ek het ook nou hare! Het jy nie agtergekom nie? Ek is ’n grootmens. I guess it’s because Jesus died at 33. Dis ’n weird ouderdom. Ek voel soos ’n grootmens vir die eerste keer in my lewe.
FRANCOIS: Baie van jou werk soos Papsak Propaganda handel oor alkoholmisbuik. Dink jy in ’n land soos Suid-Afrika is dit goed om ’n verbod op alkohol te plaas?
LAURA: Ek dink dit was exciting dat daar ’n bietjie reëls was. Ek weet dis authoritarian, maar… My pa was hoof van die Wes-Kaapse Liquor Board. Liquor controls government, dis nie die ander manier om nie, dieselfde met tobacco. My pa, hy’s al afgetree, het in sy tyd al probeer om drankadvertensies soos tabakadvertensies te vebied, maar die government is in só ’n chokehold. Dis al vir omtrent agt jaar in the works. Ek dink dit was exciting dat mense kon sien, omdat mens nie drank kon kry nie, was die violence cases down. Ek weet jy wil hê die mense moet freedom hê, maar ook security. Ek weet nie of mens altwee kan hê nie. Suid-Afrikaners het so baie freedom oor hoe en wanneer hulle alkohol consume maar, soos ek al ’n Sondagaand moes hospitaal toe omdat ek crayfish geëet het, dan sien jy klein kindertjies met ’n halwe bottel Black Label in hulle koppe gelodge en net weird, fucked up shit. Ek dink die manier hoe ons alcohol consume hierso is net out of control. So ek dink ek was vir die verbod. We’ve proven that we can’t control ourselves in any shape or form. Mans kan nie eers dat ’n pandemic hulle stop om mense seer te maak en te kidnap nie. So hoe gaan ons onsself stop met die gesuipery? Ek dink dis ook net omdat ek ’n bietjie ouer is nou.
FRANCOIS: Daai brief wat jy op nege-jarige ouderdom op skool oor die aankoms saam met Jan van Riebeeck aan die Kaap moes geskryf het…
LAURA: Ja, hoe crazy! Simon van der Stel die goewerneur! Ek sit daai brief in al my shows, dit gaan in die nuwe een ook wees. Dis ’n teken van propoganda, soos daai onderwyser wat geskryf het: “Baie mooi!!”
FRANCOIS: Ek wou hoor, as jy weer aan hom ’n brief moes skryf, wat sou jy vir hom sê?
LAURA: Dit sou ’n letter bomb wees [lag]. ’n Briefbom.
FRANCOIS: Goeie antwoord.
FRANCOIS: Ek wou by jou hoor oor die proses van jy wat ’n R5-muntstuk ontwerp het.
LAURA: Jy weet in Harry Potter is daar die konsep van ’n horcrux? Basically gaan ek vir ewig lewe tot die laaste R5 gesmelt word of wat ook al. In my lewe het alles te doen met divine timing. Die feit dat die coins later uitgekom het as wat daar beplan is, het beteken dit het saam met my show op die tyd geval. Dis so ’n groot public artwork, een van die coolste goed wat ek al ooit gedoen het. Ek wens dit het “Lady Skollie” agterop die coin gesê, maar daar is seker governmental redes vir dit.
FRANCOIS: Wat dink jy oor Vannie Kaap?
LAURA: Hulle het my al ge-interview. Die ding van Colouredness is dat dit so groot en far-reaching is en complex en different dat ekke kinda wary is, soms, om té into stuff te wees. Want een Coloured se experience is definitief nie ’n ander Coloured se experience nie. Ek is van Maleise slave descent en Coloured deur my pa se kant wat meer Swart en Sotho is, maar… daar’s Coloureds wat soos Wit mense lyk in Jo’burg wat Griekwa is. Die Vannie Kaap ding… Het jy gesien hulle was ook “gecancel” oor dinge wat hulle gesê het? As jy Coloured is en gaan maak of jou opinie oor Colouredness die enigste een is, sal jy kom tot op die punt waar mense jou wil attack oor stuff. Maar my ander vriende doen hierdie ding Coloured Mentality – daai meisies is mal.
Het jy gesien daar is nou mense wat ’n mansion ge-occupy het in Kampsbaai? Daai’s my vriende, hulle is activists en in die performative arts. Die een is my suster se business partner. Daar’s literally like 16 van hulle wat net in ’n mansion ingetrek het en mense probeer hulle uitkry, maar hulle’s soos: “Ons gaan nie. Na waar moet ons trek? Ons gaan nie uittrek nie.” Dis nie driven deur geld vibes nie, hulle het net nie ’n plek om heen te gaan nie. Dis oor occupation. Ek is so bang vir hulle, want mense gaan nie verkragters gaan vang nie, maar hulle sal liewerstes soontoe gaan en ’n hele groep meisies traumatise vir Wit mense se... Want dis obviously ge-own deur Wit mense wat nie hier woon nie. So daar’s klomp mansions nou in lockdown wat net leeg is. Dis ooral in die nuus. Daar’s een [poster] wat sê: “Camps Bay invaders’ gays are numbered” en die ander een het iets gesê soos: “Gay invaders take over mansion” [lag]. Almal worry net oor die feit dat hulle gays is. Dis ’n klomp gays en lesbians en non-binary mense en dis soos: “Oh my God! These gays! These gays are invading!” Maar dis Wit mense wat hierdie plekke own wat nie eers hier woon nie. Hulle interests word meer oor omgegee as die mense wat actually hier woon, mense wat goed nodig het. So elke oggend maak hulle video’s van hulself wat yoga doen… Hulle het basically die Daily Voice ge-own verlede week.
FRANCOIS: Wat dink jy van capitalism?
LAURA: Ek love dit. Ek love geld en shopping en om in ’n mooi plek te kan woon en ek love like… Ja, ek gaan nie nié in capitalism glo nie. Dis weird vir my, want almal in Suid-Afrika wil ’n socialist wees en hulle is anti-capitalism, maar hulle verstaan nie wat socialism of die alternatiewe is nie. Mense clue nie hulself nie. Hulle sê net ’n wild bunch of stuff en dan koop hulle in anyway like Jordans en stuff. Ek gaan nie maak of ek dit nie love om in tashas te gaan sit nie. Ek wil ’n Constantia auntie wees.