En nou's dit twee jaar later
'n Kortverhaal deur Jacques de Viljee
(Nee.)
(Ek gaan myself nooit kan vergewe nie)
(die seer wat ek gemaak het)
(my duiwels spook by my, Christine)
(hoe ontsnap mens van jouself?)
#
Die plaat het ophou speel. Phumlani is huis toe en Amelie het gaan slaap.
“Al weer net ek en jy, Ludwig.”
“Janee.” Dowwe geklop, 'n lugleemte wat woorde probeer vorm.
“So môre vlieg jy weer terug?”
“Môre vlieg ek weer terug.”
“Die aand voor die groot verkiesing…”
“Ons gaan nie hierdie tyd van die aand oor politiek praat nie, Ryno. Asseblief.”
“Sure.” Ryno steek nog 'n sigaret aan. “Ek wou jou nog vra. Het jy toe jou ouers gesien?”
“Ja.”
“En?”
“Hulle kan nog steeds nie glo ek het gegaan nie.”
“Kon julle nie daaroor praat nie?”
“My ouers gaan doodgaan sonder om een keer te dink. En ek wens ek kon. Hulle bly te besig om ooit te dink. En ons dink te veel en doen nooit iets nie.”
Ryno sug. “En nou’s dit twee jaar later.”
“Drie.”
“Nou’s dit drie jaar later.”
“En ons het nog steeds niks om vir mekaar te sê nie.”
#
“O Jirre ek moet gaan -” Hy stamp ʼn stoel om, mense praat oormekaar, harde musiek speel krapperig oor die luidsprekers, sigaretrook en wierook hang in die lug, die geselskap se glase en taai spore is oor die tafel uitgeplak.
“Hierso: Why some aspects of punk spoke to Afrikaans-speaking musicians and not to Anglophone musicians is a theme that further research should investigate more carefully.
What do you think, P?”
“Ja, youth culture specialist.”
“What do I think? Dude, to be honest I think it’s that brattiness that’s such a part of punk rock -”
“Brattiness?”
“What do you call it, a vloermoer? That fuck-off to order, the system, whatever. To break down everything around you even if you let the walls fall in on yourself. I think that’s why the Afrikaners -”
“Afrikaans speakers.”
“Vink, fokkit.”
“Whatever, man, why they chose punk rock as a medium, rather than something more sophisticated like jazz, which they probably saw as another form of Anglo-imperialism, you know, cultural snobbery or something.”
“Ja, seker.”
“And then, like, youth culture. It just needs confusion and alienation to erupt.”
“Maar is hulle nie confused nie? I’m on my way to thirty and I’m confused as fuck!”
“Maar jy moet onthou, Ludwig, keep in mind that they’re growing up in this time, they’re used to this continuous and constant change.”
“But it’s … exponential …”
“They’re okay with that. Only what happens in the moment matters. What happens to the moment doesn’t.”
“Expendable present.”
“The best, babez! We dyed our hair purple and watched the first Harry Potter movie!”
“That. Is incredible!”
“I know, right!”
“We’re just fucked, man. Confused. And that’s why the alternative scene or whatever you wanna call it, realness, lol, is being shaped by these geniuses in their late twenniez and thirdiez.”
“That’s fuckin’ us!”
“That is fuckin’ us, dude! Why do you think I enjoy my job so much? These are the people I work with every day!”
“It’s a bless!”
“Such a bless, bro.”
Hulle lag. Vat slukke wyn. Ludwig haal sy tabaksakkie uit sy baadjie en sit dit voor hom op die tafel neer.
“Exactly! So, I’m making this note in Kitcheners about writing a poem or something about Amelie and Janine meeting at an exhibition in Maboneng, because, I mean, it starts with Janine going up to Amelie and being, like, ‘Stan Smiths are the most comfortable shoes on Earth, am I right, babe? -”
“Ja, and we spoke about a psychoman! We both had one! She had this guy they camped with in the Tankwa Karoo and afterwards he called her a desert slut!”
“Haha, what the fuck!”
“And I was chatting to this guy on Tinder and I told him I like cello music.”
“Yeah.”
“And he stops talking to me. Calls me a cello slut.”
“What the fu-u-u-ck!”
“And so, as I write the note this guy comes over to us, and he asks for a lighter. And next moment he has two lighters and a match lighting up his cigarette, shakes his head and smiles this gigantic smile. And the ice is broken. Such a ...”
“Try streaming happiness, you know what I mean?”
“Highly Recommended dude, ons moet dit dan doen. Ons het ʼn vyf jaar voorsprong.”
Die deurklokkie lui; iemand se foon begin lui. Dronk huiweroomblik, dan:
“Ek sal dit kry.”
“Ruann, dude! Lekker. Ons is by Ryno en Amelie se flat, luister musiek, drink joints en rook wyn. Ja … Um, ja, Ludwig, Phumlani, Jacques, Janine, Vink, Sibusiso ... Okay cool, nee, geniet Die Vallende Ster, dude, laat maar weet as jou planne verander.”
“Wie’s dit, Ami?”
“Dis Jesus by die interkom.”
“Al weer.”
“I feel like that about Kendrick Lamar.”
“I know, right! Master historian.”
“I only talk for myself. Fuck your association.”
“Doesn’t tweet. Like Camus.”
“Vink!”
“Ja, die heeltyd. Daar’s hierdie nuwe ding wat hulle uitgedink het, wel jy het seker al daarvan gehoor, waar jy al jou mediese data in ʼn masjien kan upload, en hulle basies ʼn kloon van jou kan maak wat nooit sal siek raak nie, so nooit kan doodgaan nie. En jou consciousness …”
“Dis weird. Jammer dat ek jou in die rede val. Ek was altyd vreesbevange vir die dood, aande wakkergelê. Nou’s dit die idee van onsterflikheid wat my nie kan uitlos nie.”
“Ek voel dieselfde, man.”
“Ons het vergeet dat doodgaan deel van lewendig wees is.”
“Ja ja ja.” Ludwig staan verwilderd op, klim op sy stoel, wat onder hom wankel. “Almal almal almal! ʼn Heildronk. A toast. Here’s …” Lig sy glas. “To dying!”
Almal saam: “To dying!”
“Fok ja, kom hier, Ludwig.” Ryno sluk die laaste van sy wyn af. “Daar’s nog bottels in die kombuis.”
“Feminism’s failure to acknowledge that beauty is a value in itself, that even if a woman manages to achieve it for a particular moment, she has contributed something to the culture.”
“Presies! Jacques, ek –”
“Dude, daar’s nog kots op jou baadjie.”
“Thank. Fok.”
“Ja, wanneer die wêreld in 2029 in rook en vlamme opgaan.”
“Social media, right, we’re all sitting in the same room talking over each other.”
“En Maandagaand Stellenbosch!”
“Yes! Dit gaan lóóp!”
“Dit gaan hárd loop!”
“Fok Twitter en Buzzfeed! Popkultuur popkultuur popkultuur popkultuur! Ek kan nie.”
Die girts van 'n lighter maak 'n vlam.
“Aaah! Smoking joints like cigarettes al weer!”
“Dude, sit Swanesang op. Die grafsteen van ons jeug, noudat ons op die onderwerp is.”
“Nee, Lugsteuring; iets harder!”
“Jy’t nie My Chemical Romance op vinyl nie?”
“Bra. Jy’t ʼn moerse wanpersepsie van my musieksmaak.”
“Krisjan het. Moet ek dit gaan haal?”
“As jy nugter genoeg is om die naald te lig.”
“Ja. Ek en Christine is besig om op te breek.”
“Ai, Jacques. Is dit iets wat jy gedoen het?”
“Dit is alles wat ek nie kan doen nie. Dis asof ek net nooit kon leer om haar met die wêreld te deel nie. En dan goed sê wat ek nie bedoel nie. Haar onnodig dissekteer.”
Vink leun voorooor. “Weird vraag. Onregverdige vraag. Help dit jou nie? Is sy nie die persoon wat die storie van jou pyn aandryf nie?”
“Maar dude, dink jy nie dit is waar die raaisel net joune is nie? Dis soos om te vra waaraan dink jy as jy masturbeer.”
“Vreemd. Ja. Wanneer laas? Ek dink ... in ʼn treinkompartement op pad Bloemfontein toe ...”
“And how is the current political sphere any different to imperialist missionaries?”
“It’s the new entertainment industry.”
“Western capitalism in sheep’s clothing.”
“And memes are just cultural inside jokes.”
“Thanks, Vink.”
“It’s true, though.”
“Yoh, P, did you see the new Jean Kleynhans?”
“No?”
“A white guy and a black girl sitting in bed, Do liberal black girls enjoy social justice more than sex? at the top, the girl busy on her phone, starting a tweet with tfw, and the guy is busy masturbating, moaning JA! JA!, about to come.”
“Jesus.”
“Going all political and shit, huh?”
“Dude, Jacques is in die badkamer uitgepass.”
“Ek sal na hom gaan kyk.” Amelie staan op en loop in die gang af.
“Is hy okay?”
“Ons moet gaan. Sibz, come, love.”
“Cool, cheers, man. Is julle Uber hier?”
“Ons stap sommer. Dis tien minute.”
“Veilig wees. Daar’s skelms in die strate.”
“Bye, Vinklief! Bye, Sibz!” skree Amelie vanuit die badkamer.
“Ek moet ook gaan, dude, baie dankie.”
“So nou is dit net ons en die volksverraaier.”
“Julle weet dat ek kan Afrikaans verstaan.”
“I’m referring to Ludwig, Phumlani.”
“Ag fokof, man!” Hulle lag. Wanneer dit stil raak staar hulle elkeen na die rook wat in die kamer hang, die venster wat oor die stad kyk, die stad wat soos verspoelde sterre teen die berg lê en blink.
#
(So niks wat ek gesê het, of gedink het, of geskryf het het getel nie?)
(Ek moet net weet.)
#
Ma en Pa
Vanaand is my laaste aand in Kaapstad. Ek gaan in Suid-Korea gaan skoolgee. Eers vir 'n paar maande reis. Ek gaan vir drie jaar nie terugkom nie, maar julle is welkom om te kom kuier. En ek sal e-mail en ons kan Skype en ek is nog steeds op ons Whatsapp-groep.
Ek wonder of kinders se grootword seerder vir hulle ouers as vir hulleself is. Elke onsekerheid wat met 'n onsekerheid weggevee word. Elke droom wat jy teen jou sin doodmaak. Om te groei maak seer, maar om groei te moet vorm is sekerlik nog seerder, 'n taak vol dorings. Dit steek in jou nerwe, die tipe pyn wat jou laat spring van skok. Of verlam. Nogtans brand dit binne. Word ouers se groei afgestomp deur kinders grootmaak?
Ek behoort nie aan almal soos wat julle aan almal kan behoort nie. My God is 'n intieme een. Ek moet gaan. Ek moet hier wegkom. Ek kan nie aanhou maak asof ek myself met julle deel nie; ek deel al lankal nie myself met julle nie.
Ek moet iewers tuis voel, en niemand hier voel tuis nie. Ek haat julle nie; ek kan net nie julle spieëlbeeld wees nie.
Ek sal safe wees. Ek sal laat weet hoe dit gaan.
B̶e̶s̶t̶e̶
Ludwig
<Send>
[This message has no subject.]
Do you want to send it anyway?
Cancel | Send Anyway
<Send Anyway>