Niko10Long: Van Wesbank tot Woodstock

Niko10Long: Van Wesbank tot Woodstock
Foto: Niko10Long op Facebook

Foto: Niko10Long op Facebook

Afbriekaans en 'n taal se terugeising in Bruin en Swart ruimtes

Ek en ’n chommie vang twee taxi’s vanaf Muizenberg na Woodstock. Die son is genadeloos al is die grond nog klam van die vorige aand se reën. Toe ons in Woodstock land, herinner die sheila reuk van button rook en natkat my waarom ek voorheen daar weggetrek het. 

Dit bly egter ’n artistic hotspot, hierrie juweel met ’n wind wat tussen Distrik Ses en Soutrivier waai. Hier het die Suidooster ’n bierasem, maar ook ’n beat soos geen anner. Dit maak egter net sin dat Daai Deng, ’n plaaslike Swart bemagtigde organisasie wat in 2020 deur mede-eienaars Allison-Claire Hoskins en Phurah Jack gestig is, híér ’n event hou. Die twee stigters is al sedert laas jaar besig om van die beste plaaslike musikante, digters en entrepreneurs ’n platform te gee deur hulle maandelikse events. Allison beskryf die eksentrieke naam as volg: “Daai Deng also said as ‘Daai Ding’ is a well known South Afrikan lingo. It’s an expression used a lot when people liked a person or thing. One would say that they have ‘that thing.’” 

Allison is ’n queer creative, digter, besigheidsvrou en kulturele werker wat gevestig is in Wynberg, Kaapstad. Sy is een van die mede-stigters en fasiliteerders van die InZync Poetry Collective saam met Pieter Odendaal en Adrian Diff van Wyk. Sy het ’n BA-graad in politieke wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en sy studeer tans om ’n filmmaker te word. Phurah is ’n besigheidsman (Thuma Mina Foods and Vegs Deliveries, Gatyeni Aesthetics Pty Ltd) en ’n voormalige radio-aanbieder van Delft. Sy voormalige werk sluit in assosiasies met multi-dissiplinêre prints en radio-stasies, City Vision, Vukani Community Newspaper, Black Opinion en Bush Radio.

Op die dag van die event is Allison en Phurah omtrent besig om rond te hol, maar nietemin word hulle warmte versprei. Binnekort haal DJ Mighty sy plate uit en begin betower ons met deep house tot trap hip-hop. Mense dans en die musiek gee klank aan die stalletjies wat aan die gons raak.

Foto: Niko10Long op Facebook

Foto: Niko10Long op Facebook

“As cheesy as it may sound, local is kak lekker!” vertel die stigters oor die insluiting van plaaslike entrepreneurs by die event. “As a local business it only makes sense to speak to the people we want to share this amazing, moving experience with. Instead of looking outside of the continent for inspiration we have to look within. People want to feel seen and represented.” 

Tussen allie stalletjies en kunstenaars wat deel vorm van Daai Deng is daar net een Afrikaanse performer, Niko10Long, oppie line-up. Ek vra die stigters uit of hulle beplan om nog virrie toekoms meer Afrikaanse performers te betrek. Hulle antwoord dat daar ’n groeiende movement van Bruin en Swart mense is wat Afrikaans en Afrikaaps reclaim (Sien ook: Dianne Du Toit Albertze herbesoek Afrikaaps). 

“We as ‘Daai Deng’ want to be a part of this movement and we want to share it with our audience. Niko10long really moved the crowd and at the event, it was so wonderful seeing a little child feel his music intensely. So just keep watching the space, we are definitely bringing some more Afrikaans and Afrikaaps on our lineup.” Leagon Davids aka Niko10long die (meestal Swart) gehoor beïndruk. Wesbank se grootmaakklong draai nog nooit doekies om nie en wys vir ons ’n sagter kant as ooit tevore. Dis juis hierdie vulnerability wat hom so gehard maak. Hy self sê die MC’s van vandag “klets soos anties” en hulle “maakit romanties”. Ek het met hom gesels oor musiek, taal, grootword, pa-wees, “unseen” wees sowel as sy nuutste music video vir ‘Tot di Einstryd’. 


DIANNE: Hoe was jou ervaring as die enigste Afrikaanse/Afrikaapse kunstenaar by Daai Deng? 

NIKO10LONG: Kykie, ek wiet mos meeste vannie mense wat daa was, is Black people. Soe ek kon meestal gesiennit dit was meestal Gug’s, Nyanga... Maar ek kon gesiennit dit was van daai geleerde mense wat universiteit geloep’it. Is mense wat music ken. Hulle ken hip-hop. Ek kon sien hulle is into daai Boom-Bap en nie daai namaaksels ’ie. Ek was maanet myself. Ek het maanet gedoen wat ek doen, was maanet real. Hulle het my gefeel.

DIANNE: Sal jy jouself klassifiseer as ’n Afrikaanse of Afrikaapse artist, en hoekom? 

NIKO10LONG: Kykie, ommie waarheid vi jou te sê, ammal is mos oppie Afrikaaps. Ek praat in my lyrical content, dit kom yntlik onnerie naam Afbriekaans. Dit wat hulle opgebou het, briek os af en os bring it in os dialect. Die straat dialect. Vi my issit nie Afrikaans nie, man. You know, daai Hollands-taal wat daai mense gebring het na os toe nie. Os het daai taal afgebriek en wee opgebou en gemould en os het hom geshape, you know. That’s why ek kan vandag sê dis Afbriekaans. Afrikaaps is Emile-hulle (Emile Jansen, Afrikaaps teaterstuk se mede-stigter) en ATKV-hulle en daai mense. Daai issie Niko10long nie, man.

Kykie, ommie waarheid vi jou te sê, ammal is mos oppie Afrikaaps. Ek praat in my lyrical content, dit kom yntlik onnerie naam Afbriekaans. Dit wat hulle opgebou het, briek os af en os bring it in os dialect.
— Niko10Long

DIANNE: Wat is die significance van taal en die gebruik daarvan vir jou? 

NIKO10LONG: My mense, die mense vi wie ek basically beoog om te reach, is mense wie Afbriekaans praat. Os het moes nou allie taal ge-study. Os het even die oppressor wat gekommit hie mettie taal, os het vi hom oek ge-study, you know. Os wiet wat was sy denkwyse, wat was sy purpose met sy taal; om vi os teen mekaa te draai en dat os iets annes kan follow. Soe al wat os nou moet doen is, preserve die taal, kyk na dit, sodat die mense wat na os kom oek kan sê, naai, hulle is descendents van die taal, want issie mee die oppressor se taal dié nie, man. Ek mien, as hulle nou hie moet kom, sal hulle nie vestaan die way hoe os die taal praat en geleer hettie. Die klein laaities hie sê dan vi mekaa ‘hos’ en ‘minute’. Issie eens mee gangsterwoorde nie. Gangsters kannie mee claim, die’s os woorde nie, want ammal innie plek praat nou soe. Mense is gewoon die’s die way hoe os mekaa groet: ‘Hos, my broe’, ‘Salute, my broe’... You know what I mean?

DIANNE: Is die “Afbriekaans” waarvan jy praat dan alom-insluitend? Sluit dit Sabela, Kaaps en Arabies-Afrikaans in, in plaas daarvan om net die ou Hollandse shape te reform?

NIKO10LONG: Os kannie daai Hollandse monument help bou nie, Dianne. Os is either hie innie ghetto. Die way hoe os met mekaa praat, moet os eeder bou sodat die mense wat na os toe kom, kan vestaan, want hulle gan nog altyd hoor vannie Europeans en va Jan van Riebeeck wat gekom het met hulle eie mengsel, maa dit hettie gewek ’ie. Oppie einde vannie dag het os dit self gemeng en poeding gemaak.

DIANNE: Sal jy sê dat die Afrikaans wat jy in jou persoonlike hoedanigheid gebruik, dit wat in Wesbank gepraat word, genoeg recognition kry in die media? 

NIKO10LONG: Soes ek sê in my lyrics os is te rough oppie edges en hard oppie oor. Kykie, die industry soek mense wat hulle kan develope, man. Nou kyk, os is al kla developed. Ek vannie Wesbank kan djy nou nie mee mould en shape tot oppie punt wat djy my wil hê nie. Die industry gan vi daai mense. Soe vi my wôt avoid. Hulle hou my op arm-lengte, want hulle wiet hulle kan nie vi my lat dinge sê wat ekkie wil sê nie. Hies ’n klomp broes om my wat move. Die manne kry deals. Ek het oek ’n paa gekry wat ek reject het. Maa die manne gan vi dit. Praise Jah! Os ammal wek hard, maa vi my... Ek issie een va hulle nie. Ek is innie Wesbank. Ek het kos innie aande. Ek het lig in my hys. Ek is irie, het ganja om te roek. Ek het vi Leviah, Aleeyah en mens om my. Ek need nie daai nie, man.

DIANNE: Waarom het jy op hip-hop besluit eerder as reggae wat meer algemeen is vir Rastafari-kunstenaars?

NIKO10LONG: Voo ek Rasta ge-encounter het op my journey toe het ek al Angel en Bass geloep, baie jonk. Toe lyste ek al local hip-hop music, daai was moes revolutionary music: Black Noise, Isaac Newton, allie mense. Hip-hop was my guidance, man. Especially oppie straat. Die message wattie artist ytbring, you know. Hoe djy jou oë moet oephou oppie strate en ammal die dinge. En toe het ek ees toe ek innie Wesbank ko bly het, in 1999, 22ste August, toe ko sit ek tussen ’ie Rastas. Was oek ees deel va ’n bende op my tyd, so twie, drie jaa, maa die teachings wat ek by Rasta ko found het, was according to Rasta en hoe precious life is en hoe djy moet na jou mede-mens omsien. Daai was vi my soes education, you know. Real education wat skool ’ie vi my geteach hettie. Toe het ek al kla gerap.

DIANNE: Hoe oud was jy toe jy begin rap het?

NIKO10LONG: Ek was baie jonk. My ma ka kitaar speel, my ma ka keyboard speel, my ma ka dromme speel, my ma speel al dai. Kannie vi jou sê op watse ouderdom ek dai geleer hettie, want dai was maa heeltyd in my in. Maa ek moes ees vi Rastafari ge-encounter het om te realize wat my blessing en talent is. Toe ek nou Rasta beginne serious vat, beginne Bybel lies en beginne bid, toe found ek, ek kan oek chant. Toe chant ek en ammal sê ek is kwai, maa daai hip-hop-ding was nog altyd in my. Nie lank ’ie toe sien ek die chanting issie vi my nie, toe beginne skryf ek lyrics... Maa ek was baie lief vi dans. Ek het ees gedans voo ek gerap het. Like breakdance. Ek’t dit encounter met Bras Monkey vannie Athlone. Hulle het gekom daa innie skiem en ek het ná skool nie my wek gedoen ’ie, want ek was oppie veld.

DIANNE: Dink jy Afrikaanse kunstefeeste is minder likely om jou in te sluit in hulle program, eerder as rymkletskunstenaars soos Early B en Youngsta?

NIKO10LONG: Ek het moesie die imagine ’ie, man. Ek loep mos hie rond met takbok hare. Lyk moes soes Jesus gelyk it en die’s moes dieselle mense wat vi Jesus begrawe het. Gedink daa gat niks mee pitte groei nie, toe kom ek mos. Nou sodra hulle my sien, dan sien hulle wat hulle an dai man gedoenit. Ennie message wat ek voortbring, hulle kannie staan vi dai nie. Maa die manne hie sign hulle creative property weg. Die manne smaak moes lekke iet, maa dit sal hulle nog byval. Nou ek het moesie ’n bleskop en ’n skerp neusietjie nie. Ek’t te veel melanin.

Dink jy Afrikaanse kunstefeeste is minder likely om jou in te sluit in hulle program, eerder as rymkletskunstenaars soos Early B en Youngsta?
— Dianne Du Toit Albetze aan Niko10Long

DIANNE: Na watse fire kan ons uitsien met jou derde album? 

NIKO10LONG: Die bonfire kan net groter gemaak wôt. Os sit net mee hout in, man. Ennie fire is consuming. Hy kom soe va agter af... Hie gebee soe baie dinge in my plek. Die inspiration is baie overwhelming. Ek hettie yntlik mee iets annes om oo te skryf ’ie. Ek wil net die storie vitel wat hie in my plek gebee. It gan oo life. Ek relate tot ammal se life.

Niko10Long by Daai Deng. Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown

Niko10Long by Daai Deng. Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown

’n Pa wat tyd deurbring saam met sy kinders en ook in sy lirieke veg vir hulle. Sy dogter sê in een van die lyne: “Hy werk so hard dat hy nou nog niks verdien nie.” Ten spyte hiervan hou hy aan om sy droom te volg. ’n Inspirasie vir soveel jeug in ons land. Die ekonomiese sisteem is egter wat hierdie storieverteller terughou, gehore wat eerder trap en American-nagemaakte nommers wil speel en kunstefeeste wat eerder ’n sagter klank soek. 

Ek vra hom hieroor uit.

DIANNE: In jou nuutste video ‘Tot di Einstryd’ keer jy terug na jou roots en familie soos met jou heel eerste video ‘VaderViguur’. In die video volg die kamera vir jou en jou twee dogters, Leviah en Aleeyah, waar julle op ’n see-uitstappie gaan. Kaalvoet saam met die kinders, opsoek na ontvlugting maar ook ’n beter lewe. Baie keer vat dit eers vir mens om seer te kry om regtig geluk na te jaag. Hoe was jou ervaring om die video te shoot met jou twee dogters? Ek weet jy is baie protective oor hulle, so hoe’t jy gevoel om hulle te include?

NIKO10LONG: Hulle is naturals. Dis in hulle genes, want Leviah het al tien jaa t’rug saam met my ‘VaderViguur’ geskiet. Drie jaa t’rug wee toe os ‘Kamka’ geskiet het, toe doen Leviah-hulle die hele song vi ’n interview met OkayAfrica.

DIANNE: Ek onthou in ‘VaderViguur’ praat jy van mense wat baie te sê het, “bottelkop attitude” en stuff. Ook in ‘Tot di Einstryd’ met: “Hulle force my yt die hys yt.” Wat het jou gemotiveer om steeds aan te hou ten spyte vannie mense se teenkanting teen jou geloofsoortuigings ennie domestic violence wat om jou gebeur het?

NIKO10LONG: Innie tyd wat ek ‘VaderViguur’ geskryf het toe bly ek by Leviah se ma-hulle in ’n bungalow. Die oupa se naam was Niko, dis waarom ek rap: “Uncle Niko wil skaars daa wies, allergies en tragies.” Antie Bettie wassie ma en sy’t daai “bottelkop attitude” en was diep innie bruin bottel. Daai was yntlik van hulle. ‘Tot di Einstryd’ is wee soes ’n throwback na ‘VaderViguur’, want die slogin was: “Dadda sal sieke maak dat circumstance biete raak.” Die conversation wôt nou die gehoo tussen my ennie laaities. Ek konnie dai conversation tien jaar t’rug gehad hettie.

DIANNE: Sal jy sê dat jy skryf en rap om vir jou dogters iets agter te los? 

NIKO10LONG: Ek bou hie. Ek bou bakstene vi hulle. Al wil ek net my omgie agte’los. Ek wil hê hulle moet wiet, nai my pa het nog nooit veranne nie. Dis alles vi hulle. Ek bou op dai. En dis op hulle of hulle dit gat verde vat of gat hulle dit waste. Ek wil vi my laaities lee va wie hulle is en hoe valuable hulle is.

Daai Deng op 29 Mei 2021. Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown

Daai Deng op 29 Mei 2021. Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown

Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown by Daai Deng

Foto: Amy Hendrickse, aka Bruin/Brown by Daai Deng

Du Toit is 'n jong bekroonde skrywer, teatermaker en performer wat spesialiseer in die ontginning van queer narratiewe of net om Afrikanerskap op te fok.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Niko10Long: Van Wesbank tot Woodstock gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand