Bo-Kaap inwoners se erfenis word bedreig deur gentrification

Bo-Kaap inwoners se erfenis word bedreig deur gentrification
s2.jpg

Aksie is nodig om te keer dat die area net nog 'n stadsblok word

Die aanslag op die Bo-Kaap gemeenskap het so erg geword, as gevolg van onsensitiewe ontwikkeling en gepaardgaande uitbuiting, dat gemeenskapslede begin uitpraat het oor hulle algehele uitwissing in hulle tuisdorp. Dringende aksie is nodig om te keer dat hierdie area net nog 'n stadsblok word.

Die Bo-Kaap is wyd bekend vir die unieke historiese karakter wat dit oor beskik, maar hierdie erfenis is besig om platgeslaan te word. Die Bo-Kaap Rise! sosiale beweging, wat meerendeels uit jeug van hierdie gebied bestaan, beskryf die ontwikkeling as ekonomiese kolonialisme. Klagtes val op dowe ore en die Stadsraad van Kaapstad word daarvan beskuldig dat hulle vir hul eie ekonomiese belang die mense van die Bo-Kaap agtergelaat het. Die gemeenskap het oor die afgelope week deur brandende protes kapsie gemaak teen die korrupsie en onderdrukking wat hulle toekoms in gevaar stel.

"Now more and more I bear witness to how the beautiful heritage and spirit of Bo-Kaap is being bulldozed and while our grievances continue to fall on deaf ears. What further disturbs me is that every time residents stand-up against these injustices, the City of Cape Town labels us in some or other way," het Shakirah Dramat, gemeenskap-aktivis en woordvoerder van Bo-Kaap Rise! gesê.  

Die stadsregering het al vir meer as twee jaar die gemeenskap se aanvaarde Bo-Kaap Heritage Protection Overlay Zone (HPOZ)-verslag se goedkeuring laat sloer. Volgens Bo-Kaap Rise! is talle gemeenskapslede van mening dat die regering dit doelbewus doen om dit makliker te maak vir ontwikkelaars om onbetwiste ontwikkelings-goedkeuring te kry.

Dié groep spreek hulself ook uit teen buitensporige huur en eiendomspryse, wat dit vir hulle onmoontlik maak om in die area waar hulle grootgeword het aan te bly. Tot 20 mense moet 'n tweeslaapkamer-woonstel deel. Daar word ook beswaar gemaak teen versoeke wat vereis dat die Moslem-gebedsroepe vanaf die minaret sagter gemaak word, of selfs heeltemal stopgesit moet word. Parkering is ook 'n groot probleem, aangesien talle motoriste en toerbusse die area as goedkoop parkering misbruik, aangesien dit naby aan die middestad geleë is. Sportfasiliteite vir gemeenskapsgebruik is ook vervalle en word afgesluit van die gemeenskap af.

Die foto's, geneem deur HipeBeast Photography, is oor die afgelope week tydens die proteste geneem. Hierdie is die mense wie se manier van leef nie gerespekteer of beskerm word nie.

s3.jpg
bo kaap not for sale 1.jpg
bo-kaap.jpeg
WhatsApp Image 2018-05-30 at 10.26.48.jpeg
rs.jpg
bo-kaap protests copyright applies klyntji hipebeast.jpg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Bo-Kaap inwoners se erfenis word bedreig deur gentrification gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand