Die derde seisoen van Klyn Deuntjies het begin
Jaargang 122 van Ons Klyntji word vir die derde jaar in ’n ry deur Joe Botha getoonset. Hy beskryf dit as “sintetiese agtergrond vir organiese digkuns”.
Die projek se 2016-beskrywing lees: “Remember your childhood, when you listened to a tape and you could read along in your book? This is better. Poems from Ons Klyntji, now also in MP3.”
’n Totaal van 19 tracks het in 2016 verskyn, met ’n verdere 13 in 2017, voorgelees deur ’n verskeidenheid van digters en skrywers.
Vanjaar se stroom het weereens begin dra, kom kyk wat spoel uit.