Vryheidsdag: Briewe aan die leiers vannie land
'n Creative writing exercise
Hieso is ôs weer. 28 jaar later. Dis die enigste manier waarop ek die stuk kan begin, because wow. As iemand 28 is en noggie sy ducks in ’n row hettie, raak mens effentjies bekommerd. Sommige goed issie exception. Ek hoo 40 issie sexual prime virre vrou en dat mans eintlik hulle midlife crisis hieso rondom 50 baie geniet. Ek kan vi jou baie meer concrete examples gie van successful billionaires en business folk en philanthropists en selfs influencers wat laat en ná jare se gesukkel, begin maai het vannie jare se gesaai, maa goeie seks en daai freedom wat gepaard gaan met jou “who cares?” attitude is meer relatable. Ek dink aan vroeg ryp, vroeg vrot, en dink… Okay, maybe is jou tyd vat nie soe ’n bad ding nie, cause wie wil nou vroeg vrot? Nie jy nie, nie ekkie… maa Suid-Afrika? Soes Meryl Streep se character in Doubt (2008) sou sê: “I have doubts. I have such doubts.”
Moenie worry nie. Die stuk issie vi my om te kô kla nie, die Here hoor my, daarvoo het ekkie tyd nie. Dis ’n selfish én selfless storie. Dis vi my om te release en jou brein te prikkel en vi jou om dan, wannee jy klaa die storie gelees het, te begin dink aan wat jy graag sou wou sê oorie laaste 28 jaar, of 28 dae, of selfs 28 minute.
Maa first, om my selfish en selfless storie in konteks te plaas, moet ek die hond wat heeltemal te rustig slaap, wakker maak. 27 April 1994 commemorate die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Dis al wat enigiemand deesdae hieroor te sê moet het. Nie nog lang sinne oor Mandela en sy tyd innie tronk en rassisme nie. Die woorde “eerste demokratiese verkiesing” sê genoeg, en rassisme… Dié hond hardloop vandag nog rond en blaf en byt wannee hy soe voel. Ek voel die need om soe min dinge moontlik te repeat wat die government try push. Wat issie use jy bring heeltyd issues op, maa jy maak nooit ’n active effort om dit te fix of om dit stap vi stap te verbeter nie? I digress. Ek het gesê ek gannie skel nie.
Die ANC sê oppie government se website: “We dare not forget the terrible past from which we come, nor should we forget the many sacrifices made by patriots to ensure our democracy and freedom. Our history abounds with selfless patriots who paved the way for a democratic and free South Africa.”
Hieso issie woord “selfless” wee, en dit pas mooi in by wat ek eintlik op wil neerkô vandag. Die government sê: “We dare not forget,” yet they would love for us to forget. Sonder my hulp kan jy op jou eie meer as 10 dinge in ’n politieke konteks noem wat hierdie regering jou wil laat vergiet. Jy kan meer as 20 dinge noem wat jou socio-economic realities reflect en affect, alles as gevolg vannie corruption en leuens en back-en-forth deu petty political parties innie land. Maa dit gannie oor hulle nie. Dit gaan oor my en jou en whatever ôs wil sê.
Ek het onlangs wee in kontak gekô mettie epistolary form en uit many options kon ek kies om ’n lys te skryf aan ’n political figure, dead or alive… Soe of course, skryf ek toe vi Mandela.
Dit het my laat dink, wat sou julle wat kô deurie jare van apartheid, vi Mandela sê? Never mind oor of hy luister, dit gaan alles oor releasing. Wat sou jy vi president Cyril Ramaphosa sê, of deputy president David Mabuza. Daa is archbishop Desmond Tutu weg, wat sou jy vi hom vertel. Wat sou jy gesels met prof Thuli Madonsela of Julius Malema of Helen Zille, Ace Magashule, FW de Klerk, Jacob Zuma, Nkosazana Dlamini-Zuma en selfs Verwoerd of Botha. Wat sou jy freely skryf, innie gemak van jou huis, armed met jou vryheid van spraak en crowned mettie goodness en mercy wat jou all the days of your life sal follow? Onthou, ek het gesê dit gaan nie oor skel nie, maa as jy wil skel, gaan ek jou nie keer nie. Verbeel jou net die volgende correspondence:
Hi Mandela,
Dis ek. Die so-called born-free. Mandela, ek sien alweer posts en articles oor Vryheidsdag.
Mandela, wat is vryheid? Mandela, is jy vry? Mandela, is jy vryheid? Mandela, wat is vryheid?
Mandela, is jy finally vry?
Laat wiet my maa.
X
Of
Hi Ramaphosa,
Wat is Marikana?
Ek hoor die mense praat.
X
Of
Hi Mandela,
Jy is darem een lastige klong en ’n pretender of note. Jy is my white varsity vriende se ouers se way in met my by ’n kuier, maa jy is my way out met hulle wannee ek sê I am not a fan. Dis ’n great party trick, veral in ’n wêreld waa almal politically correct wil wies.
Ek wou nog vra, wannee laas het jy met Winnie gepraat?
X
Of
Hi Cyril,
Ek wiet Uncle is biesag ommie land te run en sieke te maak alles is fine, maa kan Uncle vi my stokkielekkers stuur en popcorn en ’n borrel coke. Uncle kan dit stuur met een vannie manne innie suits wat een van Uncle se bulletproof karre ry. My ma sê ek moet vi Uncle vra vi coke, want Uncle het mos geld. Aanmekaa wannee Uncle oppie TV praat met Uncle se fellow South Africans, praat Uncle van billions. Uncle, gie asseblief vi my ’n billion. Ek wil vi ammel party packets koep vi my 7de verjaarsdag.
Oeh ja, my naam is Kyle, Uncle.
Bye Uncle.
X
Of
Hi FW de Klerk,
Bye FW de Klerk.
X
Die briewe is opgemaak merely om jou brein te prikkel, en as ’n creative writer kan ek surely opkô met millions of fictional tales om ’n prentjie te skep oor jou gevoelens, maa ek moenie. Want mense moet ophou praat namens ander mense, veral in terme van gevoelens en ervaringe in sekere toestande. Wat sou jy skryf aan die leiers vannie land, jou kerk of jou familielede? What comes to mind as you reflect on the last 28 years? Wies soe ernstig of belaglik soes jy sou wou. All in the spirit of freedom of speech.
Ek is nou klaar gepraat. Ek los alles hie, want ek wôd nou eers 26. Ôs gesels wee oor twee jaar.