The good, bad and ugly: Silwerskermfees 2022

Foto’s: Retha Ferguson

18 resensies vanuit Kampsbaai

Van seeaanbidders en die horrie-werknemers by die Departement van Drankbestuur tot post-apokaliptiese beskermer-robotte en record breaking action film stunts hier in die Kaap. Dít alles was te sien by die tiende kykNET Silwerskermfees, wat van 23—26 Maart as ’n hibriede aanlyn en live fees aangebied was. Films was by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai vertoon en is aanlyn ge-stream.

Die fees wakker jong en nuwe talent aan deur oorspronklike kortfilms in Afrikaans se produksie moontlik te maak onder die mentorskap van ervare filmmakers. Deur die fees vanjaar uit te brei na aanlyn kykers, kon gehore van regoor die land en elders ook inskakel om te deel in die ervaring. Die wins wat uit die aanlyn kaartjies gemaak is, is geskenk aan die Tribuo-fonds, wat geskep is om vryskutwerkers in die opvoerende kunste te ondersteun. 

Nege speelfilms tesame met 17 kortfilms het vanjaar by die fees gewys. Hier is ons indrukke van sommiges. 

Baber

Baber deu Jerome Overmeyer sit ’n stellar cast voor. Kevin Smith, Monique Rockman, Elton Landrew, Charlene Le Roux en Irshaad Ally is perfek vi hierdie kortfilm. Die performances van Monique Rockman en Elton Landrew is absoluut mind-blowing. Dit voel ironic om daai te sê, cause hulle is fucking insanely talented — en dis waar ek voel die res ’n klein bietjie ge-lack het, of dalk het hulle karakters, innie timeframe en space innie teks nie daarvoor allow nie. Maa dis ’n tipe storie wat mens net glo as almal 100% inkoep innie storie, soe innie moments waa ek gelos is as viewer om te val en te dip, het ek. Aan die begin wassie storie ’n bietjie stadig, maa dit het baie vinnig opgetel. Die film deal met ’n heightened reality wat ’n meer sensual en seductive en textual timeframe nodig het. Daa is tye waa die emosie vinnig beweeg, en die aksie nie dit justify nie. Die dialogue is witty en funny en realistic en dit reflect ’n reality wat die teikengemeenskap mee kan identify. Ek sou graag hierdie een wou sien as ’n full length movie. Ek dink daa is baie themes in daai community en die wêreld wat die skrywer geskep het wat explore kan wôd en kan maak vi ’n exciting sci-fi or action film. Overall is dit ’n storie mettie nodige insight virrie insider én outsider om te verstaan wat aangaan en daardeu kry almal die opportunity en ruimte om aanklank te vind. — Veronique Jephtas

Bergie

Bergie deu Dian Weys is kort maa kragtig. Dit gaan soe vinnig verby, maa dis presies die punt. Dat iets baie vinnig innie lewe kan gebeur, maa die impak daarvan is enorm. Dis ’n kortfilm wat polities is, sonder om dit vi jou te sê en iets wat jou laat met: “Wag, wat?” sodra dit verby is. Die Here hoor my, iets wat ôs nou moet doen, is dink. Dis ’n kortfilm wat ruimte laat vi introspeksie, simpatie en empatie. Straight to the point, clear and concise. — Veronique Jephtas

Die Horries

Die Horries — een van my gunstelingkortfilms vanjaar — is Bibi Slippers se eerste projek as filmskrywer en -regisseur. Hierdie vlymskerp teks never drops the ball. Nie ’n enkele minuut — in fact, nie ’n enkele line — word net halfbenut nie. Met Schalk Bezuidenhout en Augusta Zietsman in die hoofrolle word ’n perfekte, playful balans geskep tussen Bezuidenhout se kenmerkende comedy performance en Zietsman se moeitelose vertolking van ’n relatable chaotic twenty-something vir wie jy nie kan help om lief te raak nie. 

Zietsman en Bezuidenhout vertolk albei twee karakters in die kortfilm: Henriette en Hendrik, en die meta-weergawes van Henriette en Hendrik se “horries”: werknemers by die Departement van Drankbestuur. Wat is ’n “horrie”? Ons almal het al die horries gehad. Hier word die onbeskryfbare teenwoordigheid van die horries tot lewe gebring deur ’n groep geheime agente wat die oggend ná ’n aand uit aan jou verskyn om jou te herinner aan jou laagste oomblikke van verleentheid en self-loathing in ’n poging om jou te laat ophou drink. 

Menigte van hierdie jaar se kortfilms wat by die fees gewys het, speel met verbeeldingryke nuwe idees wat goed lyk op papier, maar nie noodwendig so suksesvol op die grootskerm vertoon nie. Die Horries, ook ietwat van ’n eksperimentele konsep, word egter foutloos uitgevoer — van teks en regie tot toneelspel en redigering. Die Horries het die kortfilmtoekenning vir Beste Redigeerder (Regardt Visser) gewen. Dus geen horries vir hierdie filmgeselskap nie. — Elodi Troskie

Die Vegan en die Jagter

Die Vegan en die Jagter gaan op ’n Tinder date. Ná ’n hilariously awkward interaksie gaan hulle saam huis toe vir ’n vurige aand. Vraag is: wie is die eintlike jagter?

Die Vegan en die Jagter is ’n donkerkomedie oor wat gebeur wanneer smaak verskil. Eenvoudig genoeg? Glad nie. Deur die loop van die film kyk jy na die karakters en terwyl jy geïrriteerd is met hulle albei se sosio-politiese uitkyke, is hulle op so ’n manier uitgebeeld dat jy beide kante van die saak kan insien, asook vir elkeen lag.

Dis ’n slow burn van ’n storie, maar jy is nie gereed vir wat op jou wag nie. Hierdie film is wat elke Silwerskerm-film moet wees — eksperimenteel. Dis die ideale geleentheid om jou unieke stem te ondersoek en jou filmtaal te ontwikkel.

Op ’n vernuwende manier vang die regisseur en skrywer François Maree perfek die absurde aard van millennials se argumente vas. Hy kies nie ’n kant nie en verwag ook nie van die kyker om dit te doen nie, maar hy daag jou eerder uit om ’n tree terug te neem en ’n tipe voyeuristic point of view in te neem oor hierdie eienaardige pairing van mense.

Skerp, snaaks en uniek. — Anoniem

Fowl Goblin

Binne enkele minute het hierdie speelse kortfilm my double shot cappuccino van vroeër die oggend by my keelgat laat opstoot. Fowl Goblin, ’n studenteanimasiefilm wat deur The Animation School vervaardig is, slaag daarin om kykers oombliklik in ’n toestand van existential dread te launch — en dit boonop met vrolike animasiebeelde en in die afwesigheid van enige dialoog. O, kapitalisme! O, die worsmasjien van massavoedselproduksie en die ewige vergryping aan vleis! Dit is indrukwekkend hoeveel hard-hitting kommentaar in so ’n kort tydjie ingepas is. Ook indrukwekkend hoe unsettling ’n upbeat animasieprojek kan wees. It’s giving Denis Villeneuve se Next Floor (2008) vibes. — Elodi Troskie

Gaia

Gaia: die Griekse godin van die aarde; die moeder van alle lewensvorme. James Lovelock stel voor in sy “Gaia Hypothesis” (1972) dat die aarde ’n komplekse self-regulerende sisteem is wat optimale toestande skep om die voortbestaan van lewe op die planeet te bevorder. Die welvaart van die lewende wêreld is hiervolgens afhanklik van die sinergie tussen organismes en hulle omgewings; die eenvoudige wete dat die planeet haarself in totale natuurlike homeostase kan behou sonder dat die mens by haar prosesse hoef in te meng. 

Gaia (2021), wat beskryf word as die “eerste ekologiese gruwelfliek in Afrikaans”, is ’n meesterlike, kreatiewe interpretasie van hierdie idee. Maar is dit regtig ’n gruwelfliek? Bloot omdat die lot van die menslike karakters in die film aan die oeroue ways of the forest oorgelaat word? (Okay, Carel Nel se briljante, swam-aanbiddende madman-karakter verloor hier en daar die plot — scary stuff, maar as jy verby die offerandes en cult-like toewyding aan die natuur kyk, is hy dalk net op die regte spoor.) Dat die mens maar net een, klein rol in die onberekenbare uitgebreide natuurlike ekosisteem speel, is ’n waarheid wat sentraal staan in inheemse maniere van dink en in ’n leefwyse as custodians van die aarde. In Westerse ruimtes het ons egter dikwels ’n klap deur die gesig nodig om ons weer op ons plek te sit. Die aarde is immers deurlopend aan die metamorfoseer, aan die beweeg. Kan ons haar kwalik neem as ons nie weet hoe om by haar by te bly nie? 

In dié film word selfs die dood vertaal tot iets moois: die dood, nie as die einde van die menselewe nie, maar as die begin van ’n volgende lewe. Die agtergrond van die Tsitsikamma-woud, Nel se sinister vertolking tesame met die praise-worthy performance van Monique Rockman, Alex van Dyk en Anthony Oseyemi, en dan die onheilspellende buigende en brekende klanke van die bos – Gaia laat die gehoor nie vir selfs ’n enkele sekonde met rus nie. Gaia is as die Beste Speelfilm by die Silwerskermfees benoem en het ook ’n string ander speelfilmtoekennings ingeryg, insluitend Beste Regisseur (Jaco Bouwer), Beste Klankontwerp (Tim Pringle), Beste Redigeerder (Leon Visser) en Beste Grimering en Haarstilering (Sulani Saayman). Gaia word op 25 April vanjaar op Dstv BoxOffice vrygestel. — Elodi Troskie


Indemnity

Ek was seker vas aan die slaap toe ek oorspronklik die Silwerskerm-trailers gekyk het, want ek het eers besef Indemnity is ’n aksiefilm toe ek klaar met popcorn en al in die cinema sit. Ek is glad nie ’n action fan nie, so ek het nie noodwendig hoë verwagtinge vir dié film gehad nie. Maar ek het wragtag deur die hele ding gesit en dit regtig geniet. Die storielyn, acting, kinematografie en algehele produksiegehalte is ongelooflik indrukwekkend. Die shooting locations in Kaapstad, soos die Company’s Garden, die Central Library, die brandweerstasie en die besige strate in die middestad plaas ’n eensoortige local stamp op die film, wat reeds internasionale gehore se aandag getrek het. Overall uitstekend. Geen wonder die fliek is al tien jaar in the making nie. Good things take time. — Elodi Troskie

Katvis

Katvis deu Igna Botha at first glance is ’n interesting title, because catfish. Maa dis ’n ongelooflike storie wat way deeper gaan. Ôs wôd bekendgestel aan ’n couple wat sukkel om ’n baba te kry, clearly nie meer dieselle passion in hulle huwelik soes tevore het nie, ’n familie wat heeltyd karring oorie barren womb en bid virre geluk en die spontaneity wat gepaard gaan met oor alles praat behalwe wat die eintlike issue is — hulle sukkel om ’n baba te kry, maa wat issie cause? Iets wat ek greatly appreciate het vannie movie is die feit dat die familie christene is. Dis iets wat ek weinig sien in Afrikaanse films deesdae. Botha het dit reggekry om subtiel om te gaan mettie temas van steriliteit, die huwelik, desperaatheid en identiteit. Uit al die kortfilms was dit een wat hierdie realiteit tot op die letter voorgesit het. Niks is on the nose nie, en alles is duidelik. Niks is over-explained nie, maa alles het ’n rede. ’n Volledige kortfilm wat jou veel meer geïnteresseerd laat innie paartjie en in wat ná die laaste oproep met hulle gebeur. Dit is iets wat refreshing was vir my. My experience met kortfilms was altyd dat die endings te open is, hierdie een stuur jou as kyker meer direk in ’n rigting. Dit is striking, kragtig en subtiel. 10/10. — Veronique Jephtas

***

’n Couple wat desperaat is om ’n baba te kry, draai na Tinder om ’n man te catfish en die vrou swanger te kry.

Hierdie film is daai Kanye-moment waar hy vir Taylor onderbreek by die Grammy’s. Die feit dat hierdie film niks gewen het nie, is die grootste steel by vanjaar se fees.

Die storie vang perfek vas die insidious behaviour van onsself om te kry wat ons wil hê.

Die sukses van hierdie film lê in die sterk fondasie wat die draaiboek gevorm het. Geen ander Afrikaanse film by Silwerskerm het natuurlike dialoog so goed reggekry soos Katvis nie. Die gut-wrenching verhoudingsdrama hou jou vasgenael in elke oomblik. Skreeusnaaks aan die begin, net om jou te gooi met ’n series van awkward curve balls totdat dit jou in trane los.

Stiaan Smith en Erica Wessels was die perfekte ensemble met hulle performances en add soveel diepte tot hierdie karakters. Dit eindig wel nie goed vir die paartjie in hierdie tragedie nie en jy kan nie help om almal jammer te kry nie.

Wat ek die meeste van hou in hierdie film is dat dit problematiese besluite is wat geneem word deur desperate mense met goeie intensies.

Dit voel effortless. Die aanbieding is nie over the top nie. Dis minimalisties, maar perfek. In my opinie foutloos. Jy sal wegstap met ’n nuwe perspektief en dis tog hoekom ons films kyk, right? — Anoniem

My Beskermer

Hoe lank het ôs nie gewag virre post-apocalyptic Cape Town nie. My Beskermer deu DW Smith en David Franciscus het allie regte knoppies gedruk — pun intended. Dis presies die tipe film wat die toekoms is en hierdie een is soe greatly, subtly en craftily done. Jazmine Ryan, Shamilla Miller, Hein de Vries en Christy Morcos se performances is almal oppie selfde level van intensity, wat net soveel meer bydra tot die sukses van dié storie. Dis ’n great opportunity to reimagine the reality en om nuwe narratives te skryf oorie Kaap. Dis ’n kortfilm wat my opgewonde maak oorie toekoms van narratives of colour. Dis hoogtyd dat ôs baie meer eksperimenteer en anne realities begin imagine. — Veronique Jephtas

***

My Beskermer is gebaseer op ’n belowende konsep: in ’n distopiese toekoms in die Kaap het die ryk mense planeet Aarde verlaat op soek na groener weivelde en die arm mense agtergelaat saam met ’n kolonie van masjiene wat geprogrammeer is om die rommelbedekte planeet op te ruim. Kort voor lank draai die masjiene hulle rûe op die oorblywende mense, wat nou gelykgestel word aan die rommel — of altans, die oorsaak van die gemors. In die hoofrol is die jong karakter Tink wat die gevaarlike masjiene in die gesig staar om die nodige toerusting in die hande te kry wat haar ouer suster nodig het om hulle eie beskermermasjien te voltooi. Dan is daar ook ’n hond, Indy, wat sy debuut op die grootskerm maak en selfs tyd kon vind in sy besige skedule om die viewing in die Bay Hotel se teater by te woon. Iconic. 

Hoewel dit opwindend is om te sien hoe hierdie spekulatiewe, futuristiese narratiewe in Afrikaans ondersoek word, skiet hierdie kortfilm tekort aan sy ambitious pitch. Bo en behalwe die nie-geloofwaardige karakters, ontbreek voldoende verduideliking vir die oorhaastige storieontwikkeling en bonatuurlike elemente wat klaarblyklik vanuit nêrens verskyn. Ten spyte hiervan is die algehele kinematografie van die film van hoë gehalte, terwyl die kostuums en grimering ook indrukwekkend is. My Beskermer het die Silwerskermtrofee vir die Beste Regie — Kortfilm (Diana Mills Smith) ontvang. — Elodi Troskie

***

Masjiene wat gemors moes skoonmaak, turn rogue en target nou die aarde se last living survivors, onder andere twee susters en hulle hond. Dis ’n suspenseful battle of survival tussen mens en masjien.

Jy kyk die film oopmond-verbaas en wonder heeltyd — hoe de fok het hulle hierdie afgepull? Dis die closest resemblance aan ’n Hollywood sci-fi wat ek al uit Suid-Afrika sien kom het. Visually is dit ’n masterpiece van die cinematography tot die costume en production design.

Sci-fi is ’n high risk, high reward-geval. Gelukkig is hierdie een ’n sukses. Dis suspenseful en sal jou nie verveeld laat nie, maar ek kan nie help om te voel die storie is afgeskeep nie.

Die action- en sci-fi-wêreld is so overpopulated met one-trick ponies en dis definitief ’n wen dat hierdie film kan kompeteer met die beste in Hollywood, maar wat maak hierdie film anders? Die idee is so groot en internasionaal, maar dit laat sy wortels in Suid-Afrika na. 

Sci-fi se geykte formules wat goed uitgevoer word, sal waarskynlik nie teleurstel nie, maar hoekom probeer ons altyd die Westerse manier van doen imitate en ground ons nie ons stories locally nie? Ons moet dink aan vernuwing, oorspronklikheid en om ’n kollig te skyn op interessante metafore om marginalised stories te vertel.

Ek weet nie. Noem my ’n hater. Nie elke film hoef ’n kunsfilm te wees nie, en ek is seker daarvan hierdie film sal ’n hit wees onder diegene wat lief is vir die genre. Can’t hate it, but don’t love it. Special mention aan die jong aktrise wie se debut dit was en die well-trained skaaphond Indy. — Anoniem

Skyn

Skyn. Liewe, liewe Skyn. Greta Pietersen maak mooi. Carla Smith maak mooi. Albert Pretorius maak mooi. Wilhelm van der Walt maak mooi. Hierdie kortfilm is seer. Dit konfronteer jou met die idee van jou 5-year plan en die immediate consequences nadat jy iets besluit het. Niemand praat genoeg oor skynswangerskappe nie. Niemand praat genoeg oor die soeke na identiteit en ’n doel innie lewe nie, veral wannee, in dié geval ’n vrou, ’n sekere ouderdom bereik en dit lyk asof almal anders rondom jou alles agtermekaar het en jy nie. Die teks is modern en realities en quirky en witty en seer en eerlik. Dit skyn oek die spotlight oppie druk wat society op vroue plaas — en nie net society nie, maa vroue op ander vroue. Skyn laat jou met ’n gevoel wat jou nie maklik los nie, en dalk, net dalk is dit die punt. — Veronique Jephtas

***

’n Skynswangerskap. Genius. Dit sal enige kyker se aandag dadelik lok. Die konsep is so ryk en perfek met eindelose moontlikhede. Ongelukkig voel dit underexplored. 

Die series witty one-liners is vlymskerp, maar die fyner nuances van dié komplekse predicament word geensins verder ondersoek nie. Daar is emotional plot holes en die quirky rom-com B-story neem byna die hele film oor. ’n Tema wat soveel moontlikhede het, maar daar word nie dieper gekrap as die oppervlakte nie. 

’n Sweet, enjoyable watch though. — Anoniem

Sons of the Sea

Sons of the Sea (2021) speel af in Kalkbaai en bied ’n merkwaardige embodied beeld van hierdie vissersgemeenskap teen die agtergrond van die see- en berglandskap. Met uitstekende performances deur Roberto Kyle, Marlon Swarts en Brendon Daniels, laat die film jou nadink oor die kolonialiteit van die natuur en oor wie geregtig is op die rykdom van die see wat nét-net buite bereik lê.

Swarts se karakter, Mikhail, verteenwoodig deurentyd ’n stem wat bevraagteken en kritiseer. Hy maak die kyker attent op die ewige uitbreidings in die ryk woongebied as aanduiding van die versnellende gentrifikasie van Kalkbaai. Sy vlietende opmerkings raak aan die oppervlak van belangrike gesprekke rakende die verhouding tussen kos en kultuur, die polisiëring van kos uit die see, en die noue bande tussen die see en die vissersgemeenskap. Ook oor die verwoestende impak van die winsgedrewe massavissery-industrie en viskwotastelsels op kleinskaal, volhoubare visserypraktyke deur plaaslike vissermanne — juis dié gemeenskap wat die see die beste ken en wat met die meeste respek met die seelewe omgaan. 

Dit is opvallend dat daar in die film nie gepoog word om die natuurlike landskappe deur ’n sagte, romantiese lens uit te beeld nie. Die berg en die see word aanskou vanuit ’n stil, onheilspellende oogpunt wat emotiewe reaksies van vrees en gevaar ontlok. Tog word die see byna ge-antropomorfoseer as ’n maternale figuur wat weet wanneer om te gee en wanneer om te neem. 

Dit is egter jammer dat die konflik sy hoogtepunt so vroeg in die film bereik. Die volle omvang van die karakterdiepte waarna daar gemik word, word dus nie heeltemal geakkommodeer nie. Daniels vertolk byvoorbeeld ’n komplekse, well-layered karakter wat voortdurend breek en trek tussen die tenderness wat hy as pa teenoor sy kind demonstreer en die klipharde woede wat sy gedrag oral elders dikteer. Hoewel daar aanleiding gegee word tot ’n dieper, donkerder backstory vir dié karakter, ontbreek daar regverdiging en motivering vir hoekom sy violent anger so vinnig en onverwags aangevuur word en teen die twee jong broers (Kyle en Swarts) gedraai word. Miskien ’n storieontwikkeling wat homself beter sou kon nesmaak in ’n langer film of selfs ’n kort series. Nietemin ’n goeie film wat jou vooropgestelde idees oor volhoubare praktyke aangaande die seewêreld sal uitdaag. — Elodi Troskie

Sporadies Nomadies

Laudo Liebenberg is een vannie name wat sonder twyfel promise om vi jou iets great voor te sit — oppie TV en die stage. Soe toe ek sien hy is in Sporadies Nomadies het ek dadelik gewiet dis iets wat ek sou wou kyk. Die draaiboek deu Chanél Muller is een vannie min wat vi my sinmaak, veral in terme vannie overall storyline. Dit begin oppie regte punt, en wat ek daarmee bedoel is dat dit vannie begin af baie duidelik is dat wat vooraf gebeur het en dat wat opgebou het tot op die oomblik, nie belangrik issie, net die oomblik en dit wat volg op sigself is van belang. Om te sê die kortfilm is mooi, is ’n insult, maa dis hoe dit voel. Dis wholesome. Dis sensitief, en sonder om nagging te wies, wys dit die kant vannie pa wat nog nooit ’n pa wou wies nie. Dit plaas die fokus oppie nodige gesprek tussen pa’s en dogters oorie verantwoordelikheid van uitreik en who is to blame en wat issie pad vorentoe, internally en externally. ’n Kortfilm oor pa-wies, dogter-wies, lewendig-wies, stuck-wies en jou beste probeer-wies. Iets moois. Definitief ’n storie waarmee baie tieners sonder ’n active pa en pa’s wat nie wou “pa” nie, mee kan relate. En as jy nie kan relate nie, sal jy die lieflike storie appreciate. — Veronique Jephtas

Twintig Tone in 'n Hangkas

“Love has no boundaries” was nog nooit so waar soos in hierdie off-beat romantic-comedy nie. Twintig Tone gaan oor ’n gevangene wat ’n huiseienaar wil beroof net om uit te vind dat dit nie laasgenoemde se huis is nie, en dat die man boonop ’n weird fetish het vir mense se personal spaces occupy. 

Die huis behoort eintlik aan ’n psychopathic polisieman wat pas teruggekom het van die gym af en nou moet hulle wegkruip in ’n hangkas.

Daar is hierdie diep longing in heelwat jong filmmakers om die nineties se look en feel te recreate, wat heeltemal gemis word. Dis wel nie die geval hier nie. Die comedy of errors is perfect met ’n Coenesque touch en dit het ’n energy unmatched teenoor die ander Silwerskerm-films. Die fun wat die crew op stel gehad het, translate duidelik on-screen en gehore sal dit net soveel geniet.

Pietie Beyers is ’n show stealer en sal jou uit jou maag uit laat lag. Hy word gewoonlik gesien in meer ernstige rolle soos Skemerson (2019) of die romantic interest in jou ma se gunstelingsepie, maar jy sal verbaas wees om te vind hoe goeie comedic actor hy is. Nie een beat of geleentheid gaan verlore met sy performance nie.

Of dit tone, gewere, of jou tande borsel met iemand anders se tandeborsel is — daar is ’n weird fetish vir elke karakter in hierdie absurd en unpredictable film.

Sewentien minute was nie genoeg nie, en dit voel soos ’n taster vir ’n groter prentjie wat wag om gemaak te word (en wat definitief ’n feature deal verdien). — Anoniem


Vrywater

Poor man’s Midsommar (2019). Dit laat nie veel vir die verbeelding oor nie. — Anoniem


Inskrywings vir 2023 se Silwerskermfees is reeds oop. Kortfilmkonsepte in enige genre en in enige vorm van Afrikaans kan aan Silwerskerm gerig word. Inskrywings sluit 3 Mei 2022, waarna die top 40 konsepte aangekondig sal word en ’n verdere keuringsproses sal volg. Suksesvolle konsepte sal finansiering ontvang, sowel as die nodige leiding en mentorskap om die films te vervaardig en by die 2023-fees te wys. Loer hier vir meer inligting oor inskrywings.

Al die kortfilms wat by vanjaar se fees vertoon is, is nou beskikbaar op DStv Catch Up.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van The good, bad and ugly: Silwerskermfees 2022 gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand