Khadija Tracey Heeger maak mooi mettie seer

Khadija Tracey Heeger maak mooi mettie seer

Khadija Tracey Heeger (foto’s: Jeremeo Le Cordeur)

Thicker Than Sorrow hou plek vi alles van jou

Khadija Tracey Heeger is dee Elodi Troskie beskryf as ’n “[d]igter om by stil te staan”. Ek het vi Khadija in 2018 kô leer ken asse vurige spoken word artist en het instantly velief geraak oppie passionate en thought-provoking manner wat sy kwessies oorie heritage van haa mense, my mense en jou mense, uitlig. Ek was altyd intrigued deurie manner hoe sy my lat dink en vetel van dinge wat ekkie soema raaklies innie geskiedenisboeke nie. Daarna was ek oek lucky ommie Jakes Gerwel Foundation en PEN Afrikaans Writing Residency saam met haa te kon anpak. Ammel kennie saying: “Moenie krap waa dittie jikkie,” en Khadija se wêk issie definition van loep krap waa dit jik. 

Haa nuutste poetry collection Thicker Than Sorrow, ytgegie dee Modjaji Books in 2022, is presies dit. Khadija vetel van haa familie, community, haa eie life experiences ennie inspirasie agterie striking en intriguing omslag vannie bundel. Film director, skrywer en kunstenaar, Aryan Kaganof, vra soe mooi innie voorwoord: “What kind of speaking will be spoken when the slave tongues are finally untied?” Thicker Than Sorrow isse perfect indication nie net van wat hulle sou sê nie, maa van wat Khadija sê en wat ek en jy moet echo – as descendants vannie tried-to-bury, but-could-never-silence-tribe. Dié is stories wat by jou bly and rightly so. Vegiet kô te maklik na ôs toe en maklik het nog nooit karakter gebou nie. Die gedigte lat jou die mooi sien innie eenvoudige dinge innie liewe en lat jou oek mettie mense wat jy as kind gedink het anneste is, vereenselwig. Die collection isse free therapy session, and we all have some healing to do, baby. 


I am the offspring of Harry die Strandloper, Krotoa, Ansela van de Caeb, 
Sussana Van Bengal, Van Riebeeck the barbarian, and many more. 
I come from places I have not been and people I have not seen.  

‘I Come From’, bl.12 

VERONIQUE: Ancestry en ’n mixed heritage isse groot tema innie bundel; die idee dattie komvandaan dikker assie hartseer is. Is soe ’n body of work makliker om te skryf omdat jou komvandaan van soe baie plekke is, of omdat stukkies van ôs, jou mense, jouself soe oral oorie wêreld lê?  

KHADIJA: Dis makliker om te skryf omdat ek myself begin sien ’et as iemand wat waardig is. ’n Mens met baie, vele dele, bloedlyne en gedaantes, multidimensional. Die fynste, kleinste memory word weer gespeel as iets van waarde. Ek is almal, ek is iemand, ek is iemand.  

I knew her once
she walked like polyester against stocking and smelled of Geraniums 
my Aunty Beaty 

‘Aunty Beaty’, bl.14  

VERONIQUE: Die eeste lyn in ‘Aunty Beaty’ (“I knew her once”) dra groot gewig vi my. Dit spreek tot ’n mate tot die feit dat ôs iemand ouer as ôs net eenkee ken, en dis wannee hulle oud is en wannee ôs oud genoeg is om te vestaan. Hoe beïnvloed nostalgia jou skryfproses innie geheel? 

KHADIJA: Daar is seker ’n mate van nostalgia. Maar ek dink dit gaan meer oor die feit dat ek haar wou sien as mens, nie net my antie of familie nie. Ek wou haar dele sien. Haar binneste bereik, haar inspirasie, haar hart, haar seer, haar menswees. Ek wou haar vind en aanvaar soveel as wat ek kon.

VERONIQUE: Jou digkuns het ’n clear en direct addressing of the past, en soortvan ’n calling or awakening of the buried bones wattie leser in hulle murg, met of sonne hulle toestemming, terugvat narie seer en oek die less complicated times vannie velede en kinnerdae. Lê die geheim daarin in editing of in jou leser net genoeg gie soedat jy hulle kan kry waa jy hulle wil hê? 

KHADIJA: Ek dink ek wil hê ons moet uitkom by die stem vannie kind (soos in ‘Belong O’s’). Dis ’n meer suiwer, ware stem. Dit vertel ons sonder al daai intellectual goed, die groot woorde en distractions van ’n sekere tipe taal, wat die seer is, en waar dit is. En dan kan ons, wanneer ons dit bereik as grootmens, die kind die liefde en raad gee om haar, hom, they te omskep in iemand wat weet hoe waardig hulle is.

VERONIQUE: Daa is dikwels hierie gesprekke dat Bruin mense nie wiet waavanaf hulle kô nie en nêrens hoortie. Nie ’n culture hettie. Dis gesien assie anomaly en in turn raise dit issues en questions van coming from en belonging to. Wat is jou siening hiervan? Is die gap daarso oorie denying vannie past offie deliberate blocking daavan? 

KHADIJA: When you deny, you block. Ek sien die definisies van kultuur en ancestry, hoe dit lyk, voel, proe, die reuk, tekstuur daarvan as problematies. Die storie van een bloedlyn, die tipe nonsens, wat vir my baie voel soos neonazism. Hoe de donner het ’n mens net een bloedlyn wat deur hulle loop. Ons komvandaan, almal van ons is multifaceted. Ons word skaam gemaak omdat ons kulturele markings nie soes die van andere lyk nie. Maar dit hoef nie soos enige iemand anders se cultural markings, spore te lyk nie. Dis die denial van die dinge wat ons onderdruk en dispossess in ons land. Belonging here and anywhere is based on these lies.  

Aba te 
fetch me back Diana, like you did Sarah Baartman 
from the country of my depression 
show me the unmarked grave of my tongue 
there where Buchu still grows in Khoekhoegowab 
your blood and my blood in Khoekhoegowab 
dagga, karee 
gogga en kierie 
geitjie en kwagga in Khoekhoegowab 
praat vannie kamma unity in diversity wat nog in die bek van divide en rule sit 

‘Aba te’, bl.26 

VERONIQUE: Die manier hoe jy taal innie bundel gebruik isse true illustration vannie mixed heritage wat jy het en vannie parte van jou yt “places you have never seen and people you have never met” oorie wêreld. Sou jy sê dat dit spesifiek spreek tot die zeitgeist vannie velede of dit van nou, of selfs die toekoms? 

KHADIJA: We will never fully know everything about ourselves and our bloodlines, our connections, ons plekke, ons herkoms. Dit praat oor al drie. But what the past contains for us is tainted and also beautiful once we realise that what we have there too is valuable. What the past contains for us is also a line and understanding of what is playing itself out now and how we can reach ourselves (a map if you will, with signposts of what to avoid, what to remember, what to let go of). What both these two contain is a blueprint for that human, the one that loves and respects the self in the greater scheme of things. It’s the only way to save ourselves, our planet.

Ons loop elke dag op vergeete name 
omring deur vergeete name 
wie kan dokter wees waarie storie onbekend bly? 
ek ken nie my ma se ma nie, ken nie my pa se pa nie 
die stories stom geslaan in stram uitgevreete nalaatigheid. 

‘Belong O’s’, bl.47  

VERONIQUE: Sien jy seksualiteit en identiteit as separate components in jou wêk?  

KHADIJA: Nope. We are all many parts. Sexuality is one part of the whole human. This is all very natural.  

VERONIQUE: Wat is jou preparationproses voo jy skryf en hoe hou jy jouself regop innie middel vannie skryfproses? 

KHADIJA: Ek wag. As die Saad geplant is, die inspirasie vassit, dan wag ek. Ek wag vir die eerste woord, of sin.  

VERONIQUE: Dink jy ’n gedig is net ’n gedig of dink jy dit liewe vêr byte die gemak vannie bladsy waaop dit gedruk is? 

KHADIJA: Dit hang af wat die skrywer wil doen. Maar vir my is elke gedig ’n gebed, kreet, love song, partykeer ’n war cry, ’n sagte plek vir my gemeenskap.  

Maar vir my is elke gedig ’n gebed, kreet, love song, partykeer ’n war cry, ’n sagte plek vir my gemeenskap.
— Khadija Tracey Heeger

It takes more than ten seconds to read this poem 
Less than 10 seconds to decide you are part of the solution. 

‘Ten Seconds’, bl.46 

VERONIQUE: ‘Ten Seconds’ isse gedig wat my diep tref. Dis oorie feit dat al die anne gedigte ’n performance element het, en hierie een voel vi my asof dit oorheers wôd dee ’n dringendheid. Die gevoel wat jy kry wannee iemand skree: “FIRE!” en ammel wiet daa is gevaar. Wat is die gedig vi jou?

KHADIJA: Ons moet ophou om te wag vir iemand anders om dinge te verander. Die verantwoordelikheid lê by elkeen van ons. Die werk is ons s’n. Ons moet wakker skrik en dit besef. Elke ouer wat ’n kind het, moet die baton optel en die werk doen. “It is not OK to hit your sister”, al is jy ’n jaar oud! Elke grootmens het die verantwoordelikheid om hulle eie mindset te verander.  

VERONIQUE: Jy skryf oo mense wat ôs ammel moet ken, maa wat tog amper nooit genoem wôd innie meeste households nie. Wat is jou hoep virrie average reader, wattie ’n critic of reviewer issie, om mee weg te stap ná hulle innie wêrelde wat jy geskep het, stap? 

KHADIJA: Dat iemand hulle gesien het.  

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Khadija Tracey Heeger maak mooi mettie seer gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand