'n Digter om by stil te staan: Khadija Tracey Heeger

Foto’s: Jeremeo le Cordeur via die Jakes Gerwel Foundation

Voorlesings van gedigte oor herkoms

Khadija Tracey Heeger is ’n performance poet en skrywer van die Kaap. Sy het twee multimedia poëtiese teaterstukke, Stone Words (2007) en Uhadi (2013) (in samewerking met Toni Stuart, Ncebakazi Mnukwana en Christopher Ferndale), geskryf en opgevoer, en haar debuutbundel Beyond the Delivery Room het in 2013 by Modjaji verskyn. As skrywer en kulturele fasiliteerder het sy al saam met organisasies soos die Jazzart Dance Theatre, die Centre for Curating the Archive, die District Six Museum, die Institute for Justice and Reconciliation, en die Daily Music Show, ’n Kaapstadse poetry en ghoema-jazz venue, gewerk. Sy het ook al in menigte films en TV-reekse verskyn, insluitend Sara se Geheim (2017), Arendsvlei (2018), Die Ellen Pakkies Storie (2018), Alles Malan (2019), Afgrond (2021), en Down So Long (2022). Sy werk op die oomblik aan haar tweede digbundel.

Lees hieronder van haar gedigte. Luister ook na die bykomende opnames van Khadija wat haar gedigte voorlees.

Krotoa (for Krotoa Eva)

Wie se kind is ek?
ek soek ’ie begraweplek van my wortels 
lank vergiet in verdriet
vertel my die storie, Groot Moeder
ek wil ’ie klei-voet oor jou graf loop ’ie
ek krap-krap aan ou wonde in die spieël van leuens
gedaantes verkleu’ en ontkleu’ 
tot daa’ waa’ sand en land en strand jou uitgespoeg’it
die ma-sap nog duidelik om jou lyfie 
kindjie van die Goringhaikona.

Ons rolspeel hier in tale wat leuens vertel oor ons komvandaan saad
Cochoqua en Goringhaikona roep hul kind
sy kruis heen en weer
weer en heen
vervel van plek na plek.

O Krotoa my ma se kin
jou bene roep soe knaend in die Suidoos-wind
kommandant se vleis prys gekluis in kasteelkombuis
uit die vlakte spier van jagter-versamelaars 
jou stam vermom in Europese klere
onder lae is jy verwyder en verneder 
tussen duiwels dans jou hart nog seerder.

I could write this in English but my mouth won’t spell such a tale in that rule of grammar
my tongue is unreliable in that Germanic Anglo-Frisian dialect
these masters who believe their stories are not born out of pidgins and creoles
Afrikaans sings closer to my lady mother’s tongue.

En nou? 
nou hakel ons in bloed die rym van vals identiteit in populêr geskiedenis 
skielik staan ons almal hier by die bloedrivier
eis ons die bloedband met beduiwelde tonge
aasvoël se belange oppie hart
“Wie is meer Khoi as wie!” trap o’s mis
want gister het o’s mos misgis.

O vertel die storie, Groot Moeder
van die memories waar o’s nooit wassie
wys vir o’s die voete van o’s voete
daar waar die mis spookagtig haar kakebeen in asemritme tuimel
grys met woorde oor die oer-gees landscape.

O Krotoa my ma se kind
jou bene roep so knaend in die Suidoos-wind
kommandant se vleis prys gekluis in kasteel kombuis
uit die vlakte spier van jagter-versamelaars
jou stam vermom in Europese klere
onder lae is jy verwyder en verneder
tussen duiwels dan jou hart nog seerder

Fluistertjies, Groot Moeder, fluistertjies
fluistertjies stroopsoet van die verloop van bloed.

Aba te (Carry me)

Carry me through the streets of //Hui !Caeb
Aba te into the Alibaba cave of forgotten treasures 
underneath the tar the ground cautions with the blood mixed between us
Aba te
pass seats of power fattened with gluttons 
who sell righteous tales to full pockets and vandalize a constitution for personal gain.

I still hunger
corrugated iron arts the landscape with misery
airports trudge tourists into //Hui !Caeb streets 
to hear more lies and lay bodies on beds in hotels owned by rich land thieves
whose children gentrify neighbourhoods and call it “upgrading”
old lies
some of us forget and assimilate
you let them cut out your tongue and make an unmarked grave for it
the clock ticks and time does not heal.

Aba te a revolution!
cry me a river 
even now when you say sorry
my roof still leaks
my people still sleep in the doorways of city streets
and new governments tilt on old foundations manned by the cogs of old machines
in these foundations are the bones of dreams.

Aba te, aba te 
a recollection of three Khoi-Dutch wars
resistance never spoken in museum mouths
divide and rule it simmers on stoves in kitchens
the “us and them” parodying itself into new formed histories
poison food for the stomachs of babes.

Aba te, aba te
fetch me back Diana, like you did Sarah Baartman 
from the country of my dispossession
show me the unmarked grave of my tongue
there where buchu still grows in Khoekhoegowab
your blood and my blood in Khoekhoegowab
dagga, karee
gogga en kierie
geitjie en kwagga in Khoekhoegowab
praat vannie kamma unity in diversity wat nog in die bek van divide en rule sit
en die eina denial diep in my onbestaan wat pla en raas.

Aba te
west, where the coast meets Cochoqua
Aba te
Gariguriqua to the river Berg
Aba te
across five-star VOC scars
from the lips of Ethiopia to the hips of //Hui !Caeb
that consonant (kissing click here) passed from north to south
to motherless vowels and syntax.

Aba te 
as my unfluent tongue spells words it never learned
into ears that never hear
because Khoekhoegowab still echoes on Hoerikwaggo’s throne
and all along the Southern African deep, the plants and animals still steep their roots
and hooves in Khoekhoegowab’s keep.

Issie joune nie

(sing italics)

Issie myne nie, issie joune nie
Ja, issie myne nie, issie joune nie

Krotoa, Aushamato, Goringhaikona, Hessequa, Cochoqua, Lydia Williams, Amoesyn Claas van de Caab, Anna Dapoer van de Caab, Katie Jacobs, Rebecca, Khoi Izaak, 174 Angolan children – first slaves, 43 men and women – Nigerian slaves at the Cape, Willem Meij, Louis van Mauritius, Mange en Motte van Tranquebare, Massavana van Betisboka, hottentot Rooi, Cupido van Padang, Helen Sua van de Caab, Groot Catrijn van Pulicat…

This is the Cape of Ghosts and unanswered questions in the wind
Here we treasure separation held in the lofty confines of culture, tradition, language, country, African, “other African” we like to say.
Where is this other Africa?
Here where we are standing this used to be the seashore
Amersfoort, Hassevelt, Meermin all threw anchor there
carrying human cargo in their bowels
174 Angolan children, first mothers and fathers, 43 surviving men and women — Nigerians, Mozambicans, Madagascans, Indians, Indonesians, Chinese, Khoikhoi, Nguni… 
All here
mixing their skin and their blood and their bone
spilling their seed together,
some far from and some near to home.

And now we say, “Go home foreigner!”
We say one to the other, “You have no culture.”
We still use words like malau, kaffir, kwerekwere, die wit mense
net soe met daai gevaarlike klem innie toon.
We spread the gospel of slave masters and apartheid dogma
we fill our minds and our mouths with this hatred
en nog meer haat, fyn gekou in ons kiewe met hulle praat
o’s dra die leuens so na an ons hart
maar van verbindgoed en moeders en vaders wat bloed meng,
die storie wil nie een van ons ken.
The mighty VOC and the mighty NP
still holding us hostage in this history.

This is the colony of graves
mondig met die skedels vannie naamloos
people left landless
division and derision
and we, we have bankrupt minds unable to read the signs
our aspirations bleached in the colour of European speech 
ennie spoke spook en die honde blaf 
en Aushamato en Krotoa draai in hulle graf.

Die land, die land
Issie myne nie, issie joune nie
O’s behoort annie land – so sê die Boesman
Issie myne nie, issie joune nie.

eiendom en freedom 
een dommer as die an’er dom dis ’n slawe-som
almal wil nou merrim wies en almal wil nou baas wies
skynheilige equality pronk soos ’n dronklap
vasgevang, lankal gemang in slaafgedagtes
dis alles net ’n matter van economics
wie het wat en wie kannie meeste vat.

Innie Kaapse draai waar ’ie wind soe waai
waar ’ie doring en fynbos, die wyntros saans o’s droeme paai
uit Krotoa, Aushamato, Van Riebeeck, Lydia, Massavana, Anna, Modjaji, Nongqawuse se dop
ja, uit hierdie vaat van verskil is o’s almal maar net die kinners van gemengde bloed
en landgoed

Issie myne nie, issie joune nie
Issie myne nie, issie joune nie

O’s behoort annie land – so sê die Boesman!

Xam se kinnes

Tussen ’ie werwels vannie Langeberg 
tot diep innie palm vannie Keerom gekerf 
oppie tong van Slanghoeksteen versoen is die naam van Xam 
met grond en lug geroem 
innie baarmoeder vannie Breede  
uit psalms van Khoikhoi en amaXhosa gelas, 
kweel die naam Kaapstad nog ver, nog fyn, nog sag 
’n ander naam vertaal haar saad – ongeleë  geskiedenis beraad

In Hessequa en Chainoqua, in Namaqua en Einaqua, tot daar by Kwe en Khun
Hier lê ons nou in die se kaai  
kalbas se kind, boog se punt gepaar met spies en skild 
in die berge-katedraal is Khoikhoi en amaXhosa bloed met inheems Xam en Gam versoet

nog skeep in Nederlands gehaak 
kom die anker vannie druif se kaak  
nog slaaf met hart geboei in die Kaap is Asië, Oos-Wes-Afrika gestrooi 
my tong bedek met Engelse konteks en Nederlandse sweep 
my rug gevou en vasgehou
maar hier in die bloed van my bloed van my bloed besef – gemaal uit protea en buchu se vlees 
kom die roepstem op asem geswerf

kom tong-tak graaf en hottentotsgod bid ons harte sterk en ontdooi die raad van ouds
kom haal my Blombosgrot se spook
kom soek my Diepkloof Gam se melk
Klipdrift stamboom krom, ontswyg my
en laat die eeue die wiegsaad beskryf
innie begin, vannie begin, vannie begin
voor Krotoa, Massavana, Susanna, Hintsa of Shaka se kuns,
op rots geverf,
daar doer buite die greep van die kolonie 
ver, lank voor die wanhoop van apartheid se soom 
die saak van kategorie en suiwer versuim 
onder die vel, van ons vel, van ons vel, van ons vel 
innie boek van bloed
inheems en uit-,
ek en jy gemeng
tot innie murg van Elsieskraal
tot diep innie Blombosgrot se saal!

Anker – old measurement for wine/anchor
Gehaak — hooked 

Belong o’s 

Ons loop elke dag op vergete name
omring deur vergete name
wie kan dokter wees waar ’ie storie onbekend bly?
ek ken nie my ma se ma nie, ken nie my pa se pa nie
die stories stomgeslaan in stram uitgevrete nalatigheid.

Ekkit my ma se oë, sê hulle
“Sy lyk soes so en so se kind”, sê die anties
maar praat is beskerm innie skaamtes 
die ou mense kannie helpie
hulle glo nog in oubaas se pyn.

Maar dit spook by die huis, mammie
die doilies sit innie skadu’s van koppies en pierings met lippe wat skinner in vroeër jare,
hoe oorle’ oom se hande haar bene met bloukolle oopgevlek ’et vir indringende fallus
sy lus onafhanklik van haar gehuil 
o’s praat ’ie soe dit baat ’ie
g’n wonder die spoke kom raas nog en besoedel die plek waar ’ie leuens en geheime val
g’n wonner die maagd saag die ongesproke woorde met wyn
met wyn, ja
ek is nog met wyn
die salf sit sy daar waar dit pyn

Amper vry, amper vry maar noggie
Waala! amper vry maar noggie, spog ’ie kinners van gesiene geskiedenis
ook mos nou gerecognize deur oubaas se kinners 
gewilde ethnicities spog
alles mooi toegepas oppie skaal van een bloedlyn.

Maar wat vannie anne’ dele van family, mammie?
Die dele sonne grafstene en family reminders en memories 
verjaarsdae sonder verpligtings, dooppsalms wat huil innie wingerde en hier langs die ou blouberg wat Kaapstad omsingel.
Wat daarvan, mammie?

Die kaal wind sing droewig
en die ou wonde prikkel en prut in die kwansuise storms van identity
soms pla dit my min want ek is nog met wyn
die salf sit ons daar waar dit nogtans so pyn.

“So dronk soos ’n kleurling!”
bewerings van oud wat klop oppie tong vannie nuwe Suid-Afrika
mense likes nog daai term gebruik, “kleurling”,
asof “kaffer” se belediging net een woord byt
nog minder virrie see’ van die kind
ja, hie’ bly ons struikel oo’ oubaas se sin, mammie.

O’s woeker oppie faceboekies, instagrams en die twitters
soes watse voëls met baie te sê
en skryf ywerig van rights en equality en wat nog,
maar onner die drang bly die vraag nog staan,
is o’s deel van die plek? Belong o’s?
Belong o’s, mammie? Belong o’s?

Daa’ sit seer vir my en staar 
Is hie’ waar ’ie colour verwyder word 
daar’s iets in die kind se hart wat skort
belong o’s is wat pyn 
tussen ’ie dwelms, ’ie guns, ennie kinnes wat kwyn
o’s gryp dringend annie bottels vol wyn
want, mammie, daar lêrrie seer wat geskiedenis verdwyn. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van 'n Digter om by stil te staan: Khadija Tracey Heeger gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand