Weet jy wie is Emma Crebolder?
'n Gesprek oor die bosbok in die Bosberg
Tot onlangs het ek nie ’n idee gehad wie Emma Crebolder is nie. Hoe arm was my lewe nie.
Ek het Emma in Junie op die lughawe in Gqeberha ontmoet. Ons was albei op pad Somerset-Oos toe om vir ’n maand lank in die 197-jaar-oue Paulet Huis te gaan bly. Om te sit en skryf! What a concept. In die kar vra iemand of ons kan stop om iets te kry om te drink. Ons trek af by ’n Caltex en gaan koop energy bars en water. Emma kom terug met ’n 500 ml blikkie Castle en ’n styrofoam koppie wat ’n man in die Tops vir haar gegee het. Die shuttle driver probeer verduidelik dat sy die bier maar moet wegsteek terwyl ons ry, want in Suid-Afrika mag ons nie drink in die kar nie. Emma sluk rustig aan haar bier.
Emma is ’n digter van Maastricht in Nederland. ’n Taalkundige, ’n polyglot. ’n Icon, soos Die Jeug Van Vandag graag iemand beskryf wat eintlik te cool is vir woorde. Sy is in 1942 in Sint Jansteen in Zeeuws-Vlaanderen gebore. Sy het Duitse taal en letterkunde studeer aan die Universiteit Utrecht en haar meesterstudie by die Universiteit van Cologne is ’n ondersoek van die oorgang van mondelinge na geskrewe literatuur, met ’n fokus op die skryfwerk van die Tanzaniese skrywer Aniceti Kitereza. Laasgenoemde ná sy menigte jare in Tanzanië gewoon het, Swahili bemeester het, en selfs kinders in Swahili onderrig het. Sy het drie dogters. Ses kleinkinders. Sy is as Nederland se eerste stadsdichter benoem. In 2015 is sy met die Leo Herberghs Poëzieprijs vereer. Sy het ’n website, emmacrebolder.com (as the gods intended).
Uit die groep skrywers in die huis is ek die jongste; Emma die oudste. Emma stap baie vinnig. Ons was een dag in Makhanda, en Mphuthumi Ntabeni het Emma op ’n toer deur die dorp geneem sodat sy die museums en historiese monumente kan besoek. Halfpad deur die dag is Mpush doodmoeg. Hy sê Emma loop vir hom weg en hy kan nie byhou nie.
Een aand sê Emma dat sy eintlik nog altyd ’n rapper wou wees. Sy vertel hoe sy jare gelede een van haar (twenty-something) dogters saamgesleep het na ’n rock concert in Amsterdam. Haar dogter se vriende was baie beïndruk daarmee dat haar ma kans sien om saam met haar kind uit te gaan in die stad, maar sy moes toe verduidelik dat Emma háár moes oortuig om saam te gaan. Een middag terwyl ek in my kamer is, en Emma in hare, stuur sy vir my ’n e-pos. Die email subject lui: “Elodi, zou je me kunnen helpen om een bericht op Facebook te plaatsen?” “Verstuurd vanaf mijn iPhone.” ’n Paar dae later kry ek nog ’n e-pos. “In Cradock.” Ook “Verstuurd vanaf mijn iPhone”. Aangeheg in die e-pos is ’n foto wat sy van my geneem het. In die foto staan ek in ’n deurkosyn omring deur die dik gepleisterde geel mure van een van Cradock se Tuishuisies. Sy het van die geel mure gehou.
’n Ander aand sê ek vir Emma ek is geneig om stil te raak in ’n groot groep geselskap. “That’s okay,” sê Emma. “As long as you learn to speak up, otherwise the men in the room will always talk over you.” In die kombuis is Gilbert besig om hoender voor te berei. Emma sien die rou, wit vleis en dink hy maak vis. Ná ete sê Emma daar is ’n gedig oor ’n vis wat sy graag vir ons wil lees. Sy begin lees: eers in Nederlands, dan in Engels, dan in Frans, dan in Swahili. Almal is stil. Met die laaste vertaling staan sy op uit haar stoel. Sy dra die gedig voor met haar oë toe. Dit lyk vir my asof sy gaan opstyg.
Teen die einde van die skrywersresidensie vlieg Emma ’n dag of twee vroeër terug om betyds in Nederland te wees vir die bekendstelling van haar jongste versameling gedigte, Uitlichten, by die Jan Van Eyck Academie. Die Saterdag ná sy uit Kaapstad gevlieg het, laat weet sy: “Lieve Pauletpenners, zit veilig met jullie in mijn Gerwel-rugzak in de trein naar Maastricht.” Dié van ons wat nog oor is in Paulet Huis sit om die halfleë eettafel en drink Cactus Jack*. Ek dink aan Emma en haar rugsakkie op die trein op pad Maastricht toe.
ELODI: Vertel my meer van jou besluit om vir die Jakes Gerwel Stigting- en PEN Afrikaans-, PEN Nederland- en PEN South Africa-residensie aansoek te doen. Buiten die doel om te skryf, wat het jou aangetrek om weer na Suid-Afrika te reis?
EMMA: I have been a member of PEN International as long as I remember. Since I got the invitation via PEN Ned./Pen Afrikaans/Pen ZA, it attracted my attention. My strong involvement with Africa motivated my decision to apply. Moreover, I saw a possibility to fulfil a long existing desire to write about the impression that an exhibition by the graphic art of Pippa Skotnes made on me. At that time in 1994, I visited the Pretoria Art Museum. Her work intrigued me — the melting and clashing of two cultures, the hooded wagons of the boeren, and the ritual objects of the Khoisan.
ELODI: Wat is jou verhouding met Suid-Afrika? En meer breedvoerig, met Afrika? Kan jy my meer vertel van jou tyd in Tanzanië?
EMMA: In 1994 I received a travel grant from the Dutch Fonds voor de Letteren to be present at the elections in South Africa. Since I had lived for three years in Tanzania, I was shocked by what apartheid had done to the people of this country. I thought, what did my people do to this South Africa. A majority of the boeren are from Dutch origin. And Afrikaans is far from French, English or German; it is archaic Dutch, especially from our province Zeeland. Nevertheless one of the beauties of this South Africa is languages, and a feeling of homecoming lies in Afrikaans. What ever it may be. I studied African languages; my main language is Swahili. I taught it after coming back from Tanzania for years in the Netherlands. Arriving at a hospital in a very rural part of Tanzania, I started studying Swahili on the very first day from a grammar book and from the people around me. My husband, who died in 2019, was a medical doctor. In 2016 we travelled to South Africa again with a South African poet friend and her husband. We had poetry sessions all over the country.
ELODI: Jou digbundels wat tot dusver gepubliseer is, volg sterk tematiese patrone. Vergeten (2010), Vallen (2012), Verzoenen (2014), Opsnuiven (2018), en nou Uitlichten (2022). Die eerste vier titels het te doen met die ervaring van ouer raak. Jou jongste bundel is byna soos ’n memory box; ’n begeerte om oomblikke van vreugde — en verlies — gedurende jou lewe te argiveer. Die gedigte stap saam met die verteller vanaf kinderjare tot waar die digter kinders en kleinkinders van haar eie het. Kan jy my meer vertel van die gedagtegang wat deur elk van hierdie versamelings weef?
EMMA: Elodi, I appreciate the way you analysed (at that time still a manuscript) Uitlichten. It has now been launched in Maastricht for a short while. The last five collections indeed all have infinitives as a title. To forget and to fall is prominent in old age and will go on to the end of our lives. The threads weaving through all volumes are nature, language, and an intellectually disabled child. In Vergeten, I described forgotten words, a kind of riddle. In Vallen, I used in every poem of the volume the word “vallen” in completely different contexts and compounds. It is meant to add a playful layer to the poems. The thematic patterns in each volume help me to create every poem as a small, unlimited world of its own that still exists within the lines and limits of the theme of the collection.
Hoe ik niet vergat.
Ik voelde mezelf terugkeren
naar het herinnerde begin
ik wilde dat.Ik was nog klein, het bed
te groot, de lakens altijd
wit. En opgerold vergat
ik huid en haar en hing
tussen bloed en slijm
in een spelonk. Mijn speeksel
hield ik stil en in mijn mond
mijn ogen puilden uit, mijn
benen lagen opgekromd.
En nooit, nooit ben ik
vergeten dat ik dat kon
liggen in een meeldraadkom.
ELODI: Uitlichten is jou eerste versameling gedige wat ook kort poëtiese prosa insluit. Kan jy iets deel oor die kreatiewe proses terwyl jy aan die bundel geskryf het, en ook oor jou besluit om van die digpatrone af te wyk wat kenmerkend van jou vorige werk is?
EMMA: With this volume, Uitlichten, I wanted to create an overall picture of my life and work in the form of poetry and sometimes prose. Not an anthology of all my collected poems. I deliberately unemphatically included citations of former work in between the new poems to linger in this volume.
ELODI: Waaraan skryf jy op die oomblik? Beplan jy om nog ’n bundel te publiseer? Wat, dink jy, sal die tematiese fokus daarvan wees?
EMMA: I am still focused on studying and writing about the Khoisan, as was my goal at the beginning of my residency in Paulet Huis. I would possibly write another collection, but right now it is not my first concern. I imagine that the poems I wrote during my stay in Somerset East will clear the path to a new collection on my lifelong quest to the origin...
Tijdens zo ’n voordracht was ik er
niet meer bij. De zinnen waren
een adobe hut, het metrum sloot
de naden van de wanden. En ik
sprak alles wat ik nooit vergat en
waarop mijn lichaam zich in hooi
begaf. Soms had een kip daar wild gelegd.
Een boordevol nest. Ik sprong omlaag.
Mijn tand drong door mijn tong
bloedrijkst deel van mond en gloedvol
werktuig in de smidse van het uiten.
Ik groef door de stilte en bereikte
de oudste sporen in het land.
Gekortwiekte knotwilgen langs
een vaart die tussen middeleeuwse
stadjes stroomde. Een sloot
die rest, niet ver het boombos en
’t Steen. Ik waadde, mijn jurkje opgeschort
ving een vuursalamander. Mijn handen als
sleepnet voor mij uit kroop ik door
de waterbuis die onder de kasseienweg
heen liep. Gegruisd pad naar huis
de weckfles met de gevangen schat
tegen mijn borst geklemd. Hij mocht niet mee
naar binnen, ik verstopte hem onder de heg
maar ’s ochtends was de salamander
over land vertrokken.
In haar skryfwerk blyk Emma voortdurend en doelbewus in aanraking met haar natuurlike omgewing te wees; oplettend van haar sensoriese reaksies op ontmoetings met landskappe, bome, en dierelewe. Gedurende ons tyd in die Oos-Kaap het dit my bygeval hoe dikwels sy nagedink het oor die eerste keer dat sy ’n bosbok in Suid-Afrika gesien het — ’n dier wat sy in latere jare gereeld teëgekom het in Tanzanië. Sy het baie betekenis daarin gevind om in Somerset-Oos se Bosberg óók ’n bosbok te sien. (Lees verder in die artikel vir ’n gedig wat sy daaroor geskryf het.) Ek het haar gevra oor haar verhouding met die lewende wêreld, en hoe dit in haar skryfwerk gestalte neem. Luister hier na haar antwoord:
ELODI: Wat is van jou grootste hoogtepunte gedurende jou verblyf in Somerset-Oos die afgelope maand?
EMMA: Now that you mention it, I can be honest about this unexpected highlight: the gathering of us, the six residents. It has been a luckily chosen texture of broad-ranging authors. In age, too. Ik voel me tien jaar jonger dan voordien door het samenzijn met jullie allemaal. Other highlights were the adventurous “Kuier” to the waterfall in the Bosberg accompanied by the director of the Jakes Gerwel Stigting, Theo Kemp, as well as the trips to the festivals in Cradock and Grahamstown. I was happy to get a glimpse of hundreds of dolphins racing through the Atlantic ocean.
ELODI: Watter boek(e) lees jy op die oomblik? Na watter boek(e) keer jy gereeld terug?
EMMA: At the moment I am reading The Wanderers by Mphuthumi Ntabeni, one of our fellow residents. Also Customs and Beliefs of the |Xam Bushmen. I am always going back to the poetry of TS Eliot, Four Quartets.
Ek steel hier ’n gedig deur Emma wat Bronwyn Davids van die Jakes Gerwel Stigting op Paulet House Stories gepubliseer het:
Van boombos naar bosberg en bosbok
Vanaf mijn boombos kan ik over
continenten naar de bosberg reiken.
Daar in het voetspoor van gazellen
en de civitkat onderdoor oude
Khoisan bomen zal de drenkplek zijn.
Zoals mij ooit de bosbok verscheen
komt in stuivende stilte de waterval neer.
Kniehoog in de stroom, houd me vast,
ruik het aas. Jij bent het grijze majesteit
hier gleden je hoeven af. Op drift
geraakt, geborgen in de oeverwal.
En hier is iets wat ek geskryf het. Ek hoop nie Emma dink dis weird dat ek ’n gedig oor haar skryf nie.
in die bosberg het ons ’n dooie bosbok gesien. half in die water
het hy gelê met die reuk van sy dood wat stroomaf swem
ons het almal verby hom geloop emma het aan my mou getrek
sy het gehoop dat sy vandag ’n bosbok sou sien, sê sy
ek sê ja daar is hy, dis jammer hy is dood. en sy sê ja
dis jammer hy is dood.later aan tafel vertel emma sy het amper ophou stap
toe sy haar bosbok só sien. ingesluk en uitgespoeg deur die berg.
sy sny die skaapvleis in haar bord stadig sy sê die bosbok bly haar by.
sy dink hy was moeg hy het in die water gaan lê en sy was ook moeg
maar sy wou nie in die water gaan lê nie
(sy het nog dinge om by die huis te gaan doen)en emma drink haar wyn emma eet haar vleis emma emma emma
is tagtig ek wens almal kan vir emma ken
sy koop vir ons groot bekers bier sy lag vir die bobbejane op die gras
wat sprinkane uit die lug vang sy speel elke week tennis sy vou haar hare
elke oggend netjies in ’n haarkam en teen middagete staan die fly aways
soos die son om haar gesigeen aand vertel sy my van haar dogters
sy sê vergeef my ik weet niet waarom ik je dit vertelwanneer emma met jou praat draai sy met haar hele lyf na jou
sy onderbreek ons afrikaanse vloekwoorde om te vra
wat is dat en wanneer sy verstaan sê sy ja het is zoin die bergrivier spring sy bo-oor ’n stroom
sy val byna van ’n rots af om ’n foto van ’n skoenlapper te neem
wanneer sy oor die olienhoutwortels klouter is emma net ’n kind
op pad huis toe vra sy of ons kan stop
ik zou hier graag een foto willen maken als het niet te veel moeite isen sy neem ’n foto sy sê
sy wil onthou hoe ons lyk
*Toe ek die artikel sit en skryf kon ek glad nie op Cactus Jack se naam kom nie. Ek moes chef Gilbert van Paulet Huis vra wat hy dié aand vir ons gemaak het. Hy antwoord: “Halloooo, dis nou goed om van jou te hoor. Oesters is die naam: Cactus Jack, Tabasco en peper… Ek het dit nou laaste by Barneys in die Baai gehad, hulle het die glas se rim gedip in sout (maak rim net nat sodat sout vas sit aan glas) en dit was freakin awesome verby…” The more you know.