Ballroom culture in Kaapstad: 'n blueprint vir 'utopia'
In gesprek met Chester Martinez oor radikale self-uitdrukking, aanvaarding en inklusiwiteit
Ballroom culture se wortels lê diep en het ontstaan uit ’n dringende nood vi inclusive en accepting spaces vi marginalized trans, gay en non-binary bodies. Die trailblazers vi die culture phenomenon is die jong en underground African-American en Latinx LGBTQ+ individuals. Natuurlik issit gegroet met resistance. Patriarchy bly boring. On to more important things, die ballroom culture het begin innie 19de eeu in New York City. Die LGBTQ+ community het masquerade balls gehou, wat drags genoem is. Dit het ontstaan uit ’n necessity om teen wette te protest wat cross-dressing verbied.
Similar aan hieso by die huis, het late Mother, Kirvan Fortuin, gegloe dat balls ’n plek vi expression en activism is. Fortuin het House of Le Cap, ’n Suid-Afrikaanse ballroom house, gevind in 2017. As groot stem, een vannie voorbokke en ’n aktivis virrie LGBTQ+ gemeenskap, het hulle die groot Vogue Ball in 2019 gehost op World AIDS Day. Die doel van die ball was om bewusmaking te skep rondom MIV/VIGS en om geld in te samel vi die lede vannie houses wat op die een of die ander manier geaffekteer is deur HIV.
Die drag en ballroom culture sê: “Nancy, daai’s ’n Sheila Gayle!” virrie culture norms wat nou nog dominate in society. What happens at the balls, doesn’t stay at the balls, though. It catches all the eyes, as it should, aangesien hulle die tradisionele social en gender roles uitdaag, en soe oek ’n ruimte skep om dit safely te doen.
Video deur Jana Heyns (verskaf)
Deel vannie ballroom culture is om houses en house mothers en fathers te hê. Omdat baie mense in die LGBTQ+ community verwerp is deu hulle eie families, is houses geskep om die nodige support en leiding te gie. Die houses bestaan uit meestal Black en Brown bodies, alhoewel die deure oep is vi ammel. Maa jy kannie net op jou gat lê innie house nie, Gerty jy sal moet compete! Dis wat by balls gebeur. Members van verskillende houses walk teen mekaa. Categories word randomly gekies en announce, soos wat Pray Tell in Pose (2018) doen: “The category is…” en dis wannee die members vannie houses walk innie verskillende categories en gejudge wôd op overall drag/appearance, dancing, acting en improv skills en natuurlik, costumes.
Die ball categories is spesifiek design om terselfdetyd geslag en klas te embody en te mock. Die hele ballroom culture en scene staan oppie skouers vannie Black en Brown bodies. Die African-Americans and die Latinx queer bodies.
Om meer uit te vind oo wat klap innie Kaap, gesels ek met Chester Martinez. Bekend oppie ballroom scene as Cheshire V Chester. In my opinie, is iemand wat ammel moet ken, maa net omdat daa mense soes my ouma is wattie wiet wat vedag vlam vattie, sal ek gou die prentjie skets. Chester isse danser, choreographer, model, movement director, performance coach en ’n multi-disciplinary performance artist. Chester issie tipe in your face talent wat in Mamre en Saldanha grootgeraak het, wat vi die film Honey 3 (2016) saam met Cassie in die USA en UK getoer het, ’n danser vi FKA Twigs was en vele meer, maa as ôs nou alles gat noem, sit ek en jy heeldag hieso. Kan jy nou sien? Droem groot. Ek gesels bietjie met Chester oorie ballroom scene innie Kaap en sy personal experience met dié scene wat groter en groter raak.
VERONIQUE: Kô ôs begin byrie begin. Wie is Chester, waa het jy grootgewôd en wat het jou life choices inspire of die ball aan die rol gekry vi dans en jou manier van jouself express?
CHESTER: Ek het grootgeraak tussen twee plattelandse dorpies, die een Mamre, en die ander die Weskusdorpie Saldanha. Ek was (of is) ’n wille kind, met ’n sagte geaardheid en ’n moerse groot hart. Ná my ma se tyd innie, soes mense daai tyd gesê het “malhuis”, my ouers se divorce en my grootraak rondom alcoholism wat begin het in graad drie, het ek beginne move tussen Mamre, Saldanha en Brackenfell. Ná elke jaar se oor begin by ’n nuwe skool, experience ek in graad ses my eeste “dark night of the soul”. Ek’t jonk beginne drink, want dis mos maar wat ’n jong man leer doen in ’n klein dorpie, of so was die mentaliteit waarrondom ek grootgeraak het. Op 13 toe kry ek ’n blackout. Dronk op ’n family camp, en my ma vind uit haar engeltjie syp soes ’n vis uit Saldanha se baai. Tussen die family dysfunction, trauma met my ma se mental health, elke jaar se move na ’n nuwe skool en die bullying oor ek ’n “moffie” is, het ek clearly nie die tools gehad om te cope nie. So daar was ek, in die donkerste plek van my jonger jare. Ek’t geweet ek het iets nodig om lig in my lewe in te bring... Toe kyk ek vir die eerste keer So You Think You Can Dance (2005), en dit het gevoel ek kry ’n glimpse into my future. Uit Mamre uit. Ek het glad nie geweet hoe en waar om te begin nie. Maar kyk, hier’s ek nou.
VERONIQUE: Chester, jy isse regular oppie ballroom scene in Kaapstad. In fact, jy kan my omslaan met ’n stunning six inch heel as iemand vedag nog vra: “Chester who?”. Hoe is jy aan die ballroom scene en culture voo’gestel?
CHESTER: Destyds toe ek in ’n hip-hop dance crew was, het ek eers hand-performance elemente as deel van ôs kompetisie-choreografie geleer. Dit was in 2011. In 2012, woon ek my eerste Vogue Fem klas by, in Somerset Wes van alle plekke. Aangebied deur Junadry Leocaria en georganiseer deur Rudi Smit. Dit en die dokumentêr, Paris is Burning (1990), was my ballroom awakening.
VERONIQUE: As ek nou vi my ma sê ek gat na ’n ball toe, en sy vra wat isse ball, wat sê ek vi haa?
CHESTER: Vra vir haa: “Do you want to know where Alice went when she fell down the rabbit hole?” Hahahaha! ’n Ball isse plek waar alles moontlik is en ALMAL se realiteite, asook hulle fantasieë ’n plek het, veilig voel, en met ander gedeel kan wôd. Dis waar ôs besig is met radical expression, ôs practice acceptance, daa is altyd respek, en ôs vat ownership van ôs ballroom culture en die space.
RADICAL SELF-EXPRESSION, ACCEPTANCE, RESPECT AND OWNERSHIP IS AT THE CORE OF BALLROOM AS A CULTURE AND AS A SPACE.
VERONIQUE: Wat, in jou eie woorde en ervaring, issie funksie van ballroom culture in vedag se samelewing?
CHESTER: Die hoogste funksie van ballroom culture vi my is om ’n veilige plek en gemeenskap te vind in en saam met my medemens. Rondom wie ek geen deel van myself hoef weg te stiek of kleiner te maak nie. ’n Gemeenskap waar ek familie vind en kies.
VERONIQUE: In jou opinie, is daa ruimte om te verbeter innie gemeenskap waa jy jouself gevind het en hoe navigate jy jou eie truth in ’n space waa soveel anne mense hulle truth express?
CHESTER: Absolutely! Ôs gemeenskap is nog baie jonk. Ôs het oneindige ruimte wat voor ôs uitstrek om te verbeter in alle areas. In ôs ruimtes lewe ôs al klaar innie infinite possibility. So daar is plek vi ammal se truth. En ek bedoel ammal. Ballroom is OTA, Open To All. En ôs mean it! In ballroom dreig niemand se truth ienage anner persoon se truth nie. In fact, ôs celebrate AMMAL se truth. Daa is ruimte vir ammal om te shine.
VERONIQUE: Die balls is waa queer bodies, veral queer bodies van kleur, bymekaa kô om vry te wies vannie dikwels steeds heersende homophobia en transphobia innie samelewing, dis seker die mees inclusive plek innie land, of verbeel ek my nou die utopia in?
CHESTER: Die utopia is nog nie ’n werklikheid nie, maa ballroom is beslis die naaste ding daaraan. Onthou enige marginalized groep mense, veral queer bodies van kleur en nog mee, queer trans femme bodies van kleur, is van die mees getraumatiseerde mense. Ballroom is waa ôs in gemeenskap met mekaa tree om te heal en om ôs menslikheid te reclaim en dit te celebrate. Ôs is nog besig met die healing. Binne. Maar ek dink verseker dat die blueprint vir utopia in ballroom se radical inclusivity approach teenoor die gemeenskap, die key is.
VERONIQUE: Toe ôs gewêk het aan ôs shows vi Woordfees se Flikker en Flash-vertonings, en julle, jy, Busisiwe Mahlangu, Loren Loubser en Lukhanyiso Skosana, House of Ubufebe gedoen het, onthou ek hoe jy gesê het dat julle nie eers die show hoef te doen nie, want om as jouself innie strate van Stellies te loep issie show, aangesien ammel amper hulle nekke briek van wil kyk en dan nog kommentaar lewer. Wat sê jy oorie feit dat jy jouself in sulke dorpe mentally moet prepare virrie ignorance wat oorvloei in ’n plek soes Stellenbosch?
CHESTER: My queerness was en is ’n deel van my menswees. So ek kon dit nooit wegsteek nie. Van kleins af as ’n queer body leer jy, jy is “nie normaal nie” en dat jy basies leef as ’n spectacle vir anner mense. Soos iets wat in ’n sirkus of ’n dieretuin behoort. Maak nie saak hoe klein jy jouself probeer maak nie, jy is op show net omdat jy durf asemhaal. So, ek het vroeg in my lewe agtergekom dat my journey, of ek nou wil of nie, in die public eye sou wees. Ek het daar en dan besluit dat as ek my hele lewe ’n spectacle vir ander gan wees, dan gan ek vir die mense gie wat hulle wil hê: ’n Statement.
VERONIQUE: Waa sien jy die ballroom scene oo tien jaar?
CHESTER: Oor tien jaar sien ek ôs scene as internationally recognized! Met vele houses en ’n gemeenskap wat floreer. Met legendary children galore wat omring is met die nodige infrastruktuur waarin, soos hulle sê, ballroom ôs rent kan betaal.
VERONIQUE: Wat issie infrastructure waarna jy verwys? Purely nou vi iemand wattie baie bekend is mettie wêreld van ballroom nie?
CHESTER: Die queens het safe spaces en werksgeleenthede nodig om sustainable, veilige lewens vir hulleself en mekaar te bou. As ’n gemeenskap wil ôs seker maak dat die house children by die nodige klinieke kan uitkom vir mental health support, seksuele gesondheid, verskeie gender affirmation treatments, ens.
VERONIQUE: ’n House mother is iemand wat persone inneem en na hulle omsien, leierskap toon en hulle hand vashou. Sal jy eendag ’n hys van jou eie begin? Oek, as jy nie omgie nie, wat issie values waarop jy graag jou hys sal wil bou?
CHESTER: Ons sal maar moet sien. Ek glo House Motherhood is ’n calling. En as daai call kom, dink ek, ek sal reg wees daarvoor. Die values waarop ek my huis se foundations sal lê, is radical self-love, self-acceptance, truth, compassion en empathy vir elke menslike experience. Want, soos die self-proclaimed supermodel en Drag Mother vannie wêreld, Rupaul sê: “If you don’t love yourself, how in the hell you gonna love somebody else? Can I get an Amen?!”
VERONIQUE: Wat is jou favourite category by die balls en hoekom?
CHESTER: European Runway. As dit nie vir die simpel fashion industry standards en prejudices was nie, sou ek definitely ’n supermodel gewees het. Ek is basies Naomi Campbell se kind!
VERONIQUE: Wat maak European Runway so special? Is daa ’n type of edginess wat jou attract of wil jy maa net loep en oorvat met jou bad bitch energy?
CHESTER: Toe ek my eeste runway show gesien het as ’n kind, toe raak ek velief op die kuns van klere design en die runway walks van die supermodels. My antie was ’n modeontwerp-onderwyser by Northlink college. As kind sou ek in die final year fashion shows model. Die runway is maar net nog ’n stage. En om te loep is die fondasie van hoe om te engage met ’n movement related aan kuns. Ek teach altyd in my klasse eers vir mense om te loep met presence. When you have taken your stance, dan leer ôs steps.
Die fashion industry is nie baie inclusive nie. So my drome om ’n high fashion model te wies, is innie grond in getrap dee my eeste agent. Ek is gesê as ek wil wêk as ’n model, dan moet ek myself in die gym kry en buff raak. LOL! Imagine! Ek, buff! Toe weet ek, my passion vir fashion en modeling sou ’n ander plek moet vind om uitgeleef te word. En daar sien ek mos my eerste European Runway video, en toe weet ek waar my talent vir runway demolition behoort.
VERONIQUE: Wat is jou signature song of routine waaraan mense jou dadelik sal herken?
CHESTER: Ballroom is gebaseer op improv skills. So mense doen nie routines by die ball nie. Ballroom slayers luister na baie van die musiek wat hulle category behels. Dis deel van training. So signature in ballroom is gebaseer op artistic identity. In ballroom praat ôs van statements, stars, legends en icons. Hoe sterker en langer ’n persoon hulle category/ies dominate by die balls, hoe hoër hulle status in die scene.
VERONIQUE: Is die ballroom scene meer political of playful? In terms of a 60/40 dynamic. Ek wiet, alhoewel julle fun het, maak julle oek statements? Kry een die upper hand of hang daai oek af vannie stars af?
CHESTER: In die wêreld, soos dit vandag nog is, om te lewe as ’n queer POC is elke dag ’n political statement. So ballroom is die ruimte waar ons die elke dag se activism kan drop, net mens wees en vir ’n paar oom’likke onsself voluit kan geniet. Wanneer ôs diep djas is vir die failure van ’n societal system, is dit ook die plek waar ôs, ôs stemme en activism kan amplify. Want dis die plek waar ons stemme saak maak en regtig na geluister word. Ballroom is waar ôs bymekaar kom om ALLES op die vloer te los. The good, the bad and the ugly. Sodat ôs ligter kan wegstap, en aan kan gaan om die verandering in die wêreld te wees wat ôs graag wil sien.
VERONIQUE: Watter advies sou jy gie virre queer body wat die artikel lees? Hoe raak hulle betrokke by die balls en wat moet hulle wiet? Het jy ienage advice vi dié wat hulself in ’n reality vind waa hulle truth sal veroorsaak dat hulle iets moet sacrifice, soos familie en vriendskappe of selfs basiese ondersteunning met betrekking tot day to day life?
CHESTER: Kweek die moed om radikaal en authentically jouself te wies. Own alles wat jy is en LIVE YOUR BEST GODDAMN LIFE. Ten spyte van die weerstand van die wêreld, shine baba!
Daa is baie mense wat vir selfbeskerming voel hulle moet hulle truth wegsteek. Vir my was my saving grace my wêreld. My imagination is hoe ek veiligheid en affirmation in myself gevind het. Jy moet opstaan en jou eie hero word. Sodat jy jou hero journey kan begin. Jy’t ’n keuse, óf jy speel ’n supporting role in ander mense se storie óf jy speel die lead in jou eie storie. Skryf jou eie storie en vertel dit kliphard. Anders gan die wêreld jou storie vir jou skryf, en die wêreld is geneig om mense victims van die lewe te maak in hulle eie stories.