Shimmy Isaacs het nooit by ienage een aangepassie

Shimmy Isaacs het nooit by ienage een aangepassie
 

Shimmy Isaacs

 

Madiba vannie lesbians: Vi haar voorbeeld is ek dankbaa

Ek bel vi Shimmy ’n paa dae voo ek KKNK toe gan. Dis koud en ek sit met my gown en my hare wat staan soes wie kô daa an. Shimmy tel op met ’n borrelende gees, sy is wakker en annie gewoel en met haa koppie koffie in haa hand, jump sy somme straight in na stories va mama-goed en papa-goed en vat my deurie ysterhande wat haa gevorm het oorie jare, dat sy nou soe sterk kan staan. Shimmy sê mama het gesê: “Moet nooit jou beginsels prysgee sodat mense van jou kan hou nie.”

Die naam Shimmy Isaacs loep hand aan hand met skatterlag, relief en joy. Maa dit loep oek hand aan hand met ’n goeie, nederige mens en groot talent wat wiet wat dit verg om suksesvol te wies, nie net in haar loopbaan nie, maa oek in haa persoonlike lewe. Shimmy is ’n komediant. ’n Aktrise, producer, skrywer en regisseur. Shimmy vegiet nie graag haa agtergrond nie, en wiet presies waantoe sy op pad is innie toekoms. Hierdie groot gees, allie pad vannie Woewoe (Worcester), hettie Kaap, die land ennie wêreld by storm gevat en sy is noggie klaa nie. 

Shimmy is vannie min suksesvolle kunstenaars wie nie geken wôd deu karaktername nie, maa deurie naam wat sy gegie is. Dit spreek boekdele oor hoe slim sy haar loopbaan ge-navigate het en dit steeds doen. Shimmy vetel my dat sy groot vetroue en respek in haa skrywers, regisseurs en mede-akteurs het. Sy was meer onlangs te sien in Arendsvlei, Tickets, sy is innie nuutste Marvin-Lee Beukes film, Frankie & Felipe, wat later innie jaar te sien is. Sy is oek in Gambit Films se nuutste Netflix hit-show, Unseen, en is currently biesag om te prepare virrie next Umbrella Men Movie. 

Ek gesels met Shimmy oor ’n bietjie van alles, aangesien sy ’n jack of all trades is: Vanaf menswies en komedie tot drome en veskillende gehore. My interest is Shimmy die mens en my takeaway is dat sy ’n blerrie goeie een is. 

Dankie tog Shimmy-goed het na mama geluister, want sy het toe nooit by ienage een aangepassie, en vi daai voorbeeld is ek dankbaa. 


VERONIQUE: Shimmy, jy isse household name innie land. Jy issie friendly neighbour. The life of the party. Wat is een vannie misconceptions van jou wat jy graag sal wil opklaar, of iets wat jy voel die mense wietie van jou nie?

SHIMMY: Dat ek ’n baie diep en ernstige mens is. Mense sal dit dalk nie verwag nie, en dan natuurlik, I haven’t heard misconceptions about myself. Ek lees nie graag oor myself nie. I do find myself to not be as interesting, maar iets wat mense nie noodwendig van my sal wietie, issie feit dat ek verskriklik close is met my susters en dis ’n verhouding wat ôs intentionally soe sterk verband het oor ôs kinnes van divorce en women of colour is. Ek het altyd gewiet ek gaan groot wies, want ek wêk hard, en ek het gewiet mense gaan ôs teen mekaar wil pit, soe net oor dit is ek baie protective oor my susters en ôs band. Ek is eintlik baie rustig, ek eer my vader en my moeder en ek is lief vir my susters. That’s all. If you want a salacious story, you’ve come knocking on the wrong rainbow, girl!

VERONIQUE: Jy is een vannie min (correct me if I am wrong) female comedians wattit successfully gemaak het in Suid-Afrika. Wat is jou recipe vi sukses? 

SHIMMY: Dalk het dit te doen met die hoeveelheid international shows wat ek al gedoen het, that might be the difference here. My heel eerste show wat ek gedoen het, ek dink ek was 27 of 28. Iemand het my gesien in ’n teaterproduksie en het my ge-book en oorgevlieg Amsterdam toe, waar ek toe die host van die South African Annual Celebration op Heritage Day was, waa hulle die kunste vier, en dit het plaasgevind in 2012 by die Royal Carré Theater. Since then, het ek Suid-Afrika verteenwoordig by Glasgow Comedy Festival, waar ek die enigste Suid-Afrikaanse comedian was wat gekies is daardie tyd, en Joe Parker played a big role in that, where I was contacted by a London based agency to come over and do some work, without having seen my work. Hulle het letterlik net die woord gevat van die een man wat my gesien optree het, en dis die beauty van alles. Mense met wie ek dalk nie ’n persoonlike verhouding (at the time) gehad het nie, kon my werk vertrou. Ek is toe oor en het ’n show gedoen by Leicester Square Theatre alongside Marc Lottering, Cokey Falkow, Schalk Bezuidenhout and so on and so forth. My mees onlangse international show, net so twee jaar voor Covid, I toured in Chicago. Wat ook gehelp het met die glass ceiling break as ’n female comedian, is die feit dat ek ’n Afrikaanse show kan doen, Afrikaaps, maa ek kan oek ’n volle Engelse set doen, waar ek tot ’n internasionale gehoor spreek. En ook oor my agtergrond, niks wat in my lewe gebeur het, was vir my nuut nie, oor my ouers my aan so baie blootgestel het en aan voorgestel het. 

VERONIQUE: Wat sou jy sê issie genre en subgenre (of convention) van jou stand-up comedy sets? 

SHIMMY: I’d call it dramatic comedy. Sub-genre is drama, right? Because I am a deep person, so when I write a comedy set or jokes it comes from experience or something I have heard that made me think deeper. Met meeste kunstenaars en veral nou comedians, as ons comedy doen of stand-up, stel ons eintlik ’n vraag aan die gemeenskap of die gehoor oor iets baie ernstigs, maar ons gebruik hierdie medium om dit nader aan die huis te bring.  

Met stand-up comedy stel ons eintlik ’n vraag aan die gemeenskap oor iets baie ernstigs, maar ons gebruik hierdie medium om dit nader aan die huis te bring. 
— Shimmy Isaacs

VERONIQUE: Ek hettie voorreg gehad om jou virrie eeste kee live te sien byrie 2022-US Woordfees as deel vannie Savanna Stand-up category. Jou opening line was somewhere along the line van: “I am Shimmy Isaacs en ek is kak famous.” Ek paraphrase, of course. Ek dink dis befok dat jy vannie get-go af virrie audience in kennis stel dat jy sieke is van jou saak en great is in wat jou doen. Dit was vi my die perfect example van jou humbleness en confidence. Hoe belangrik issit vi jou om daai te cement vannie begin af?

SHIMMY: Oe! Dis baie belangrik! Ek is die een wat elke dag moet opstaan. Die een wat die besluit maak om die lewe te kies en te leef. The one who participates in my life and participation is important, because, baby, you can be awake and asleep at the same time. It is essential for me to stand in my greatness, because I want you to feel that way about your life, too. Alles wat ek doen is vir my audience. I want them to feel great. Daar is klaar soveel pyn, ek wil net hê my gehore moet ’n great show kry en goed voel oor hulself wanneer hulle wegstap. I don’t know what it took for them to come to the show, so out of the gate I am gonna let you know: IT’S ON! Let’s deal with reality, cause the reality is I’m famous, boo, and you ain’t, but let’s see how we gon’ do this!!

Out of the gate I am gonna let you know: IT’S ON! Let’s deal with reality, cause the reality is I’m famous, boo, and you ain’t, but let’s see how we gon’ do this!!
— Shimmy Isaacs

VERONIQUE: Wat is een reël van stand-up comedy that you live by en wat is een rule wat jy altyd briek?

SHIMMY: Ek breek nie baie reëls nie, maar as ek doen, is dit altyd tegnies. Elke stand-up comedian is anders, maar comedy self as genre is set: One person, one mic en jou set. Maar oor ek ’n aktrise is en oor ek teater studeer het, verstaan ek wat my anders maak as ander comedians. Ek is ’n character actress en ek bring dit en al my nuances na die stage toe. Ek laat die gehore toe om te sien hoe ek transform in ander karakters en hoe vinnig ek in en uit ’n scenario, karakter of aksent kan klim.

VERONIQUE: In jou set het jy baie jokes gehad om virrie White audience members bietjie wys te maak van Coloured culture. Ek dink dis brilliant. Dit cement ôs way van dinge doen en bring die menslikheid tot die experiences en narratives van ôs mense wat one too many times op neegekyk is. Ek wil dit veder vat en sê laughter is the best medicine, but jokes are the best teacher? Sou jy saamstem?

SHIMMY: 100%. I think it’s also a space where White people can, perhaps, let their hair down. Ek is nie in die business van vir hulle leer oor my nie, op die ou end van die dag dra ek informasie oor en dit gaan alles oor hoe ’n grap vertel word of presies wat die invalshoek is. I am not trying to alienate my White audiences, maar daar is outomaties ’n paar goedjies wat verstaan moet word. Ek het ’n manier van harde kwessies aanraak waar hulle moet regop sit en luister. Almal, eintlik. 

I think [stand-up vertonings] is also a space where White people can, perhaps, let their hair down.
— Shimmy Isaacs

VERONIQUE: Jy isse actress, writer, producer, stand-up comedian, presenter en nog baie anne dinge. Wat issie glue wat al die trades aanmekaa heg in a broader sense vi jou?

SHIMMY: Sometimes, it’s knowing what to say yes to and what to say no to. Ek het altyd ’n plan en dit baat om te weet hoe om die long game te speel met jou versatility. Ek het ook ’n fantastiese span wat heeltemal vertrou wat ek doen en dit is nie ’n control ding nie, maar ’n collaborative ding.   

VERONIQUE: In jou comedy set het jy gesê jy issie Madiba vannie lesbians. Vi die wattie daa wassie, explain gou vi hulle, cause ek dink is iconic. Jy het oek gepraat oorie “long walk to freedom” saying van Madiba, wat lekker aansluit by hoe die pad soms lank kan wies na jouself wies, maa tog oek soe eenvoudig is oorie liewe elke dag net unfold soes hy moet.

SHIMMY: Dit was een van die goed wat spontaneously in my kop gepop het daai oomblik op stage. Soos baie van die magical dinge op verhoog wat gebeur. Ek bedoel basies dat ek ’n elder is, man. Dit beteken presies dit. Ek is al ’n tydjie hier en dit is nie so complicated soos dit vandag gemaak word nie. Wees net jouself en omring jou met goeie mense en alles sal alright wees. Ek moes nooit uitkom nie, ek was altyd net myself. Soms is dit eenvoudiger as wat dit lyk.

VERONIQUE: Wannee jy sulke topics ophaal in jou sets, wat is meer belangrik, dat jy jou gehoor se brein kon prikkel oo sulke, for lack of a better word, taboo topics, of dattie gesprek begin en head-on ge-face wôd?

SHIMMY: Beide, om eerlik te wees. Om ’n gesprek te begin, moet beide partye gewillig wees om die gesprek te hê. Ek is nie hier om iets op jou af te dwing of informasie in jou keel af te forseer nie, but if you want to learn, come. 

VERONIQUE: Watter advies het jy vi jong vroue wat hoep om in jou voetspore te trap? 

SHIMMY: I might have paved the way, but I would like for you to walk in your own footsteps, om in iemand anders se skoene te loop, is nie altyd so maklik nie. Ek het nou bietjie skoongemaak vir jou en die onkruid uitgehaal. Die belangrike ding is ook application en om aksie te vat. Dit maak nie saak wat jy wil wees nie, dit geld nie net vir kunstenaars nie. Wat ook al jy doen, wil doen of waar jy jouself bevind, wees die beste wie jy kan wees in daai veld. You have to understand that in order to do that, it will require focus and immense mental capacity.  

VERONIQUE: Wat is jou dream venue om in te perform en hoekô? 

SHIMMY: I would love to perform at the Apollo Theater, New York. That’s where I saw Erykah Badu live. Dan in Suid-Afrika… Ek sal graag ’n full stand-up comedy show wil doen in die Opera House by Artscape! 

VERONIQUE: Wat doen jy wannee jy ’n stywe crowd voo jou het?

SHIMMY: Dit gebeur weinig, en hoekom ek so sê, is omdat ek altyd die gehoor kan observe wanneer ek deel is van ’n line-up. Daar is ’n tipe sielkunde gekoppel aan die gehoor lees, jy kry ’n sense van hulle mood en jy luister waaroor hulle praat en jy kry ’n sense van waar jy jou energie en jou delivery gaan plaas. It’s all about reading the room. 

VERONIQUE: Net omdat dittie laaste vraag is, gat ek jou aspris tart — vetel gou ’n joke, toe?  

SHIMMY: I’m so tired of my White friends saying they are Caucasian. When I hear that I say: “Kak! What part of you is Asian?”

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Shimmy Isaacs het nooit by ienage een aangepassie gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand