Lee-Ann van Rooi: 'Connection is baie meer belangrik as kleur'

Lee-Ann van Rooi: 'Connection is baie meer belangrik as kleur'

Om mekaar te ondersteun terwyl ons hier is

Om ’n bedryf sonne Lee-Ann van Rooi in te dink, klink onmoontlik. Sy is een vannie standvastige figure wat by jou opkô wanneer jy dink annie kunste. Lee-Ann is ’n vrou wat haar plek volstaan, deure afbriek met haar waymaker energy en iemand wat ’n respectful working space bied aan enigeen wat saam met of rondom haar wêk. Ek gesels met Lee-Ann oor dinge wat ek altyd wou wiet. Ek vra vir korreltjies wat ek saam met my kan vat in ’n baie fickle industry, en ek prikkel haar brein oor dinge wat vir my en jou beter gaan los as mens. 

VERONIQUE: Lee-Ann, jou loopbaan strek oor meer as 25 jaar innie bedryf. Dis fantasties om te kan sien dat longevity in soe ’n fickle industry moontlik is. Wassie kunste jou eeste beroepskeuse? Indien nie, watter anne bedryf het hulle luck gemis?

LEE-ANN: I kind of fell into acting. Dit was nie ’n keuse nie. Ek het besef: “Hey! You’re good at this.” En toe rol ek met die klip. Ek het ook sterk leierskapeienskappe gehad as kind, en dit het my geleer om level-headed te bly in chaos en om my emosies te beheer en om in ’n thinking space te gaan. Die choice om te act, was born out of a need to tell stories. Ek werk ook in ander industries waar mense my nie sien nie, soos education. Ek het onderwysers en familie gehad wat paaie oopgemaak het vir my. Mense wat belê het in my. Ek het gedink aan jewellery design. Ek hou van die idee van die fire en metal, om iets baie moois te skep. Ek dink dit was te duur en ek het niemand gehad om my te wys wat om te doen nie. Oor daar baie mense in die mediese veld in my familie is, het ek gedink aan dit ook. 

VERONIQUE: Wannee ’n mens ’n marginalised body is, gaan jy nie deurie lewe en dink aan jouself as dittie. Jy dink aan jouself as ’n mens. Dis gewoonlik die opmerkings van anner wat jou dan opnuut bewus maak van dit. Wat was jou ervaring as ’n jong vrou van kleur wattie bedryf ingetree het oorie 25 jaar terug en wanneer wassie eeste keer dat jy besef het dat Bruin kunstenaars ’n moeiliker race haloep onnerie olympic banner as van jou Wit mede-kunstenaars? Met dit lyk negotiations, budgets ennie aanmekaarsit van ’n produksie enigsins anners innie laaste 19 jaar, met betrekking tot geld?

LEE-ANN: Ná die uproar in die 1985’s het my ouers my uit ’n publieke skool gehaal en in ’n private skool geplaas. Ek was baie bewus van die feit dat ek anders is. My hare is anders, ek lyk letterlik anders. So dit was seker my eerste introduction aan die marginalised experience in die lewe. Toe ek in die bedryf kom, toe weet ek dit reeds. Maar met dit gesê, dink ek connection is baie meer belangrik as kleur. To the point of your second question, there is a lot to be said for budgets, non-whites and what that looks like. Ek kan jou baie stories vertel van tye waar ek ge-marginalise is, maar wat gaan dit die volgende persoon baat? Dit perpetuate net die stereotype van ’n Bruin mens wat alweer hierdie storie vertel. My keuse is om te fokus op die positive, alles wat vorentoe gaan. My stiefpa het vir my gesê: “Something is worth only what someone else is willing to pay for it.”

Lee-Ann in The woman who fed the dogs by vanjaar se Suidoosterfees. Foto’s: Wilmer Muller.

VERONIQUE: Jy isse suksesvolle aktrise, regisseur, vervaardiger van Bossikop Productions en eienaar van Ausi Shuttle and Chaperone Services. Dis boksies wattie maklik getick wôd nie. Speel jou identiteit ooit ’n rol in alle creative en business decisions wat jy maak, met anner woorde, het ôs mense dit of iemand soes dié nodig? Of vervul jy net ’n personal goal vir jouself en doen wat jy nog altyd wou?

LEE-ANN: Die boksies is interessant. As ’n mens stap deur die lewe en begin dink oor wat jy wil bereik, dink jy diep. My doel is om my legacy te bou sodat daar ’n liggaam van stories is om na te kyk en te sien “that’s me”, en dat hulle nie by ’n bedryf instap en dink “waar is ek” nie. As ’n aktrise wat 50+ is, was ek baie frustrated met die rolle wat my kant toe kom. Dis asof daar niks opwindend geskryf word vir ons nie. My journey vanaf actor na director en producer kom vanaf ’n need for Brown skinned theatre directors and producers. I mean, they are there, but I was looking specifically for a Brown skinned female voice in the industry when I started out. Daai tyd het mense soos Bianca Flanders en Quanita Adams nog nie direct nie. Dieselfde soos ek, was hulle aan die begin op soek na ’n stem. ’n Mens kan nog baie noem. Bianca went into the literary scene. Quanita went into film. Dit kom neer op vroue wat net iemand soek wat hulle vooruit gaan om die pad vorentoe te wys. Ek het ook moeg geraak van my culture verduidelik aan iemand wat nie van my culture is nie en ook iemand wat manlik is. It’s stupid for me to not support somebody of my own kind. Ek het ook begin besef dat ek die persoon na wie ek soek in hierdie ruimte moet word. Met Ausi was dit dieselfde. Born out of a need to make sure our children are safe. That my daughter is safe. Dis lekker om werk te kan skep. Ek doen ook net werk wat my fulfill. Ek glo dat as ek eerlik genoeg is met die vrae, sal die kuns vloei, en so ook die mense en die gehore. They show up for themselves. Not for me or to be seen or for the show, but themselves. Hulle hou hulself accountable. 

As ’n aktrise wat 50+ is, was ek baie frustrated met die rolle wat my kant toe kom. Dis asof daar niks opwindend geskryf word vir ons nie.
— Lee-Ann van Rooi

VERONIQUE: Jy het onlangs The woman who fed the dogs opgevoer byrie Suidoosterfees. Dis gebaseer oppie true life story van Michelle Martin. Sy is ge-arrest oor sy haa man, wat ’n paedophile is en jong meisies ge-abduct en rape het, assist het. Ek wietie offie wêreld wietie, maa jy’t afgetree ennie acting skoentjies weggesit. Wat van dié produksie was soe aantreklik én challenging dat jy gevoellit ommie acting shoes af te stof en weer aan te trek?

LEE-ANN: Vee, ek dink nie ’n mens hou ooit op om ’n akteur te wees nie. Wanneer jy eers een is, is jy een en bly jy een. Jy begin vertel net stories op ’n ander manier. Dis eers gedoen in Nederlands en ek het die video gekry en gekyk en gedink: “How interesting. How interesting.” Ek kon ook myself in dit sien en dit het nie saak gemaak wie die vrou is nie, ek het aanklank gevind in die abuse wat die vrou ervaar het. Dis cutting edge. Ek dink die Here maak deure oop en ons kan nie altyd sien wat agter die deur is nie, ons moet net dapper genoeg wees om deur te stap. Ek glo dat deure open en oop bly, spiritually, wanneer dit regtig jou deur is. Dit sal nie sommer net op jou skoot val nie. Vorige deure het oopgegaan, toe was ek hesitant en toe sê ek nee. The woman who fed the dogs, vir my, was ’n offering. Seeing how monsters create monsters. Ons het twee weke oorsee gehad om die play aanmekaar te sit en vyf dae in die Kaap met die danser Crystal Finck. Ons het hierdie produksie in minder as drie weke bymekaar gesit vir twee optredes by Suidoosterfees hierdie jaar. Dit gaan hierdie jaar by die Toyota US Woordfees ook verskyn. Ek hoop ons kan dit verder vat. Ek het baie, baie geleer. Die aantreklikheid is natuurlik in die collaboration. Die collaborative door. Dis oop. 

VERONIQUE: Jy was Belgium toe om saam mettie regisseur Julie van den Berghe te wêk. Is daa ’n groot verskil in hoe hulle teater benader en hoe Suid-Afrikaners dit benader? En hoe wassit om met ’n regisseur oppie vloer te wêk ná jou tyd af?

LEE-ANN: I know I was sent as an ambassador of South Africa and a representative of our work en om hulle terug te bring om te kyk wat ons hier doen. Ons is ondersteun deur die feeste, veral Suidoosterfees, and I really have to commend the forward thinking and forward sightedness of people that stand by their word and are trying to do things in a different way. Dis ook ’n kwessie van dis ’n groot geleentheid, groot verantwoordelikheid, wie kan ons stuur? En dit sluit aan by die kwessie van longevity and having paid your dues. I have paid mine, I am still paying mine and I am paying it forward. In terme van hoe hulle werk… Baie anders. Almal het ’n plek. Hulle doen nie alles soos ons nie. Hier, selfs as jy die vervaardiger is, staan en set jy op en pak jy op en help hier en help daar. With them, there’s a demarcation for everything. Vir my was dit net lekker om ander wat anders maar tog dieselfde is, te ervaar. Die regisseur is briljant. Her eyes and life that she puts into it, was amazing. We connected as artists. 

VERONIQUE: Voor ek jou approach het om my eeste play Hoe change hulle te direct, het jy by ’n event gesê dat julle wat al lank innie bedryf is, die jonger span wil help, maa dat julle nie kan help as daa nie tekste issie. Wat fair is, I mean, hoe skep ’n mens iets as daa niks boublokke issie! Wat is jou mening oorie min regisseurs van kleur by feeste offie feit dat hulle meestal oppie fringe-program is en baie weinig die hoofprogram maak?

LEE-ANN: Ricardo once said something interesting. Hy het gesê: “Brown skins always need validation and references.” Hy of sy wat die sleutel hou tot die huis, sal besluit waar jy optree, wat jy optree en wanneer jy optree. Ons doen wat ons moet doen om ’n legacy agter te laat. “Inclusion” beteken nie net in die kapasiteit as performer nie, maar ook in die kapasiteit van directing, producing, choreographing. Ons werk vir die langste tyd al in silo’s. Elkeen met sy eie klein stukkie. Die wêreld op die oomblik is nie inclusive nie, maar exclusive, en so skep en skryf mense vir wat ook al die zeitgeist van die tyd is. Ek het nie produce en direct toe ek voltyds ’n aktrise was nie. Dis baie moeilik om dit gelyk te doen. Dis te veel hoede om te dra. Sou eintlik sê: “It’s important to start putting in what you get out.” Simultaneously, what you put in is what you get out. 

VERONIQUE: Was Rokkie, deur Denver van Breda, die eeste theatre production wat jy direct het op ’n feesvlak? Dis die one-man play mettie akteur Charlton George. Daarna het jy my one-man show, Hoe change hulle, mettie ongelooflike Marlo Minnaar innie rol van Shelly direct. In 2021 het jy Die halwe huis, deurie wordsmith Ricardo Arendse, ge-direct. Hierdie ongelooflike produksie het vir Marlo Minnaar innie rol van Bumper gehad. Wat lok jou as vroulike regisseur na hierdie masculine stories wat of in hulle wounded masculine of healed feminine energy operate?

LEE-ANN: Ek sien myself baie meer masculine as feminine. Daar is ’n energy binne-in my wat rebellious is, dit reageer op instink. Om dit te counter-balance, het ek baie tolerance vir mense. The masculinity for me is in doing, saying yes. Die manier waarop ek dit doen, is spesifiek feminine. Inclusion is baie belangrik vir my. Ek probeer altyd om danger te diffuse of te contain sodat die projek kan groei. Ek glo dat die ding na my toe kom. Ek gaan soek nie vir dit nie. Met Rokkie, Hoe change hulle, Die halwe huis, ek het dit dadelik verstaan toe ek elkeen van die tekste vir die eerste keer gelees het en ek kon sien wat ek daarmee kan maak. ’n Ander regisseur sal natuurlik iets heeltemal anders met dit doen. En dis belangrik. Dis dit wat ek kan sien wat my fuel om ja te sê vir ’n teks en ’n projek. Ek luister ook net wat die Here vir my sê. It’s not rocket science, it’s God. 

Ek sien myself baie meer masculine as feminine. Daar is ’n energy binne-in my wat rebellious is... The masculinity for me is in doing, saying yes. Die manier waarop ek dit doen, is spesifiek feminine.
— Lee-Ann van Rooi

VERONIQUE: Jy issie regisseur van Lauren Snyders se produksie Gin my die genade. Dit debuteer byrie Toyota US Woordfees hierdie jaar. Dis met Shimmy Isaacs en Lyle October innie twee rolle van ma en seun. Waarna kan gehoorlede uitsien?

LEE-ANN: Dis ’n storie oor verlies, bereavement en hoop. Hoe kom ’n mens uit hierdie siklus uit? Gehore kan uitsien na Shimmy Isaacs. Mense ken haar as die comedian, maar min weet dat sy begin het as ’n theatre actress. Ek was een van haar dosente, daai tyd. So dit voel ons kom full circle. We are very serious, until we start laughing! So dis opwindend om haar terug teater toe te kan bring. Die wonderlike ding van teater is dat dit jou wys wie jy regtig is, so ek is opgewonde vir mense om haar in die teater te ervaar. Dan het ons die wonderlike Lyle October. Ek was sy dosent ook, en ek was altyd baie beïndruk met sy work ethic en gewilligheid om deel te neem en dat daar min ego betrokke is. Twee fantastiese akteurs. Ons het ook die wonderlike Cole Wessels wat ons stage manager is. Alfred Rietman, wat as almal se mentor dien, doen ons beligting. Hy het baie kennis en wysheid en is ’n walking cyclopedia. Hier is ook ’n nuwe teks deur Lauren Snyders. Kom kyk. Kom luister. 

VERONIQUE: Waa hoep jy issie kunstebedryf oor ’n paar jaar? 

LEE-ANN: Ek dink die kunste sal aanloop en haarself uitsorteer. Die stories wat moet vertel word, sal uitkom en hulself vertel. Daar is altyd ’n storie wat vertel moet word, dié dat ons nou klaar maak met Die halwe huis, want ander stories moet kom en die ding regkry. They need to move and shake with it. The space to tell stories need to become available everywhere and for absolutely everyone. Dis hoekom ek ook met die NATi Jong Sterre werk. Ek wil sien wat in jong skrywers se koppe aangaan en ek wil hulle ondersteun. Ek is nie bekommerd oor die kunste nie, ons het meer as genoeg stories. Ek is wel bekommerd, en is al vir lank bekommerd, oor ’n struktuur vir kunstenaars. Ek sou graag wil sien dat ons as kunstenaars mekaar meer ondersteun. Nie op die verkeerde tyd nie, soos wanneer ons dood is en almal rondhardloop vir geld nie, maar wanneer ons hier is. The government is not coming to the party, so what are we supposed to do here? Hoe kry ons access tot geld sodat ons kunstenaars beter na gekyk kan wees? Die talent van die land word nie na gekyk nie. Vanaf ons liggame, ons minds, ons stemme, alles wat ons gebruik, moet beter na gekyk word. Nie net in terme van gesprekke en workshops nie, maar vaste strukture waarop ’n mens kan bou. 


Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji en Iqoqo. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Creative Commons Licence
Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Lee-Ann van Rooi: 'Connection is baie meer belangrik as kleur' gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand