Imagine jy sit onder 'n boem met Ronelda S Kamfer
'n Baie relaxed chat
Ronelda S Kamfer het geen lang, onnodige introduction nodig nie. Kamfer se debuutroman Kompoun is in 2021 dee Kwela gepublish en vattie Afrikaanse literary scene by storm. Ek bekak myself oo die interview, cause ek is ’n massive fangirl en raak nooit gewoond aan die feit dat ek vi Ronelda innie regte lewe ken nie. Kamfer is ’n trigger warning, haa wêk ’n answered prayer en haa antwoord oppie laaste vraag is hoe ek tans voel oo al my deadlines.
VERONIQUE: Ek gaan dit eeste vra, want ek brand om te wiet. Wat is jou gunstelingbundel uit jou collection?
RONELDA: Ek is particularly proud op my tweede bundel, grond/Santekraam (2011). Ek het baie hard gewerk op dit en dit is anders as enige iets wat ek al ooit geskryf het. But Hammie (2016) is wat ek vir my ma geskryf het net ná haar dood en dit het my fundamentally verander as ’n persoon. Dit is swaar om te sê wat my gunsteling is, ek dink Chinatown (2019) is die beste digbundel wat ek al geskryf het, maar Hammie is closest to my heart.
VERONIQUE: Ek het gelees dat skryf nie vi jou terapie is nie, maar jou wêk (correct me if I remember wrong). Dink jy spesifiek dit dra by tot die eerlikheid, gemaklikheid en toeganklikheid van jou wêk?
RONELDA: Ek kan nie vir ander skrywers praat nie, miskien is skryf vir hulle terapeuties. Vir my was terapie nie eers terapeuties nie. In ons kultuur is jou werk jou werk, en jy is happy as jy kan werk. Ek need nie vir skryf om meer as net skryf te wees nie. Ek vat dit dood-ernstig terwyl ek dit doen, maar as ek klaar geskryf is, pak ek dit weg en dink nie weer aan dit nie. Ek maak ’n punt daarvan om dit te noem, want ek dink aan die leser wat ’n boek lees, en nie agterna beter voel oor hulleself nie, of die skrywer wat iets beautiful skryf en nie beter voel daarna nie. As almal catharsis kry behalwe jy, kan dit jou laat voel die fout lê by jou.
VERONIQUE: Jy transition easily en, for lack of a better word, adapt easily by watter medium jy oekal aanpak. Is daa ienage genre of medium innie taal wat jy nog nie wil probee nie?
RONELDA: Honestly, mense mystify die shit uit genres uit. Genres is invented om goed te verkoop. As ek nog nie iets gedoen het nie, is dit omdat ek nog nie tyd gehad het om dit te doen nie, of omdat ek nog nie lus gehad het om dit te doen nie. Ek wil nog goed doen behalwe boeke skryf, maar ek wil nie sê wat nie, ek sal dit net doen.
VERONIQUE: Jy en jou man, Nathan Trantraal, het in 2020 saamgeskryf aan die Totoya US Woordfees-produksie, Wit isse colour. Dis baie goed ontvang. Sal julle kans sien om die big screen aan te pak?
RONELDA: Yes, ons is besig met ’n screenplay.
VERONIQUE: Wat sou jy sê virrie mense wat heeltyd vra wat issie toekoms van Afrikaans en wat maak asof Kaaps die groot imaginary threat is?
RONELDA: Wat kan jy regtig vir sulke mense sê? Afrikaans gaan okay wees, moenie worry oor Kaaps nie. Kaaps issie gepla met Afrikaans nie.
VERONIQUE: Baie geluk mettie SALA award wat jy laas jaar gewen het virrie Regional Poetry Laureate Prize vi jou oeuvre. In jou bundels ondersoek jy temas soes rassisme, patriarchy, generational trauma, feminism en mental health, om ’n paar te noem. Hoe kry jy dit reg om elke keer, en veral nou met Kompoun, so beautifully, aggressively en gracefully jou reader te tref en nuwe insights te gee oo die spesifieke topics?
RONELDA: Ek dink Kompoun is die eerste boek wat ek sonder enige rage geskryf het; die karakters baklei, maar die storie gaan nie oor woede nie. Vir my gaan dit oor deep loss en ons het almal verloor. Ek dink enige iets wat jy skryf met ’n combination van skill en eerlikheid sal vir ’n leser soos ’n nuwe en diep insight voel. Ons is maar net nie meer gewoond aan eerlikheid nie. Ek voel daar is ’n kontrak tussen my en die leser teen dié tyd, ’n verwagting van die leser se kant af dat my werk iets sal offer wat die wêreld ’n bietjie meer sense sal laat maak. Ek vat daai verantwoordelikheid baie ernstig op.
VERONIQUE: Baie mense probeer Kompoun opsom (myself included) om aan mense te explain watter absolute gift dit is om nie net te lewe innie Kamfer-era nie, maa om oppie reis saam met Nadia en Xavie in Kompoun te gaan. Hoe sal jy die roman en veral die setting beskryf en watter rol het die setting gespeel innie karaktereienskappe wat aan Nadia en Xavie toegeken is?
RONELDA: Childhood is ’n baie brief period van ’n mens se lewe en daar word somehow expected dat jy deur al die shit gaan en ook genoeg leer wat jou ’n responsible en balanced adult gaan maak. Nadia en Xavie is kak sensitive en besluit nog hoe en wie hulle wil wees.
VERONIQUE: Nadia is baie meer aggressive en Xavie is baie calm, tog is hulle assertive in die stories wat hulle narrate. Hoe belangrik was dit vi jou om soe ’n treffende kontras te skep tussen Nadia en Xavie innie roman?
Maar Nadia was meer as jaloers, sy was offended dat sy nie soos ons was nie. Ek dink sy het haar ma resent omdat sy nie haar ma geneed het soos die res van ons nie. Daai gebeur met jou as jy onder my ouma se reins grootgemaak word. En as jy eers so is, dan bly jy so. (“Xavie — Jy is nie my ma nie”)
En:
Ek en Xavie was soos twee sport rivals van kleins af. Hy met die backing van watered-down, toxic, coloured patriarchy en ek met my ma en ouma se mond wat vuur spoeg asof ek net vlamme was van binne. (“Nadia — Oasis”)
RONELDA: Self-awareness is ’n baie underrated characteristic en ons almal het dit. Die meeste mense choose maar net om dit te ignore, add horrible parenting to the equation en sien hoe vinnig dit chaotic raak. Nadia se resentment towards Xavie is die core van haar sadness, maar sy is nog te ver van besef dat sy sad is. Veral omdat sadness so ’n limited means van expression het, die result is dan dat sy die wounds reject. Xavie on the other hand need om in control te bly van sy emotions altyd, want mense wat nie in control is nie is weak en embarrassing. So, hy is definitief ’n bietjie judgmental towards Nadia se lack of control oor haar gevoelens. Dit is important om nie hulle relationship sentimental te maak nie, en die baie blatant shitty traits maak hulle bond wat dit is.
VERONIQUE: Die omslag vannie roman is eye-catching en die cover design is striking. Hoe het jy besluit oppie omslag en wat wassie ontwerpproses?
RONELDA: Nathan het vyf covers design en ons het ons favourites gehad en toe die aand voor die deadline, kom Seymour in die kamer ingestap met my ou pixie cap en Nathan se plaid shirt. Toe lag Nathan en sê: “Wait, kom ons vat foto’s.” Toe vat ons ’n klomp foto’s in die kombuis van Seymour wat pretend om ek te wees. Ná about 50 foto’s was daar niks wat ons kon gebruik nie, en Nathan besef die rede hoekom Seymour nie die pose kon regkry nie was purely omdat sy confident is en ek op haar age fokkol confidence gehad het nie. Toe sê ek vir haar: “Imagine you are me at your age.” En twee foto’s later toe het ons die cover.
VERONIQUE: Wat was jou creative process met Kompoun en hoe was dit anders as dié van jou digbundels?
RONELDA: The main differences was die technical aspects van ’n novel. Basic goed soos continuity en geographical context, etc. Ek tend om ’n vrag notebooks te gebruik. En dit help; met Kompoun het Nadia en Xavie ’n notebook, die landscape het ’n notebook, en my feelings het hulle eie klein gedeelte in ’n groter notebook gehad. By die tyd wat ek begin skryf het, het ek baie raw material gehad.
VERONIQUE: Jeremy Vearey het sy gedagtes oo Kompoun gedeel. Hy het jou beskryf as post-structuralist en post-modernist; skryfkuns se baas. Jy stuur Afrikaanse literatuur effortlessly in ’n ander rigting. Wat beteken dit vi jou wannee jou wêk soe ontvang wôd?
RONELDA: Van wie ’n compliment kom, is baie belangrik vir my (en same met criticism). Omdat ek ’n baie high opinion het van Jeremy as ’n skrywer, ’n thinker en ’n mens beteken dit baie vir my. Jeremy is iemand wat so baie omgee oor art soos ek, so sy perspective is valuable vir my.
VERONIQUE: Ek was eendag by ’n book launch en ’n Wit oomie en sy vrou het opgekô na my toe en gevra of Wit mense in Kaaps mag skryf, as hulle karakters soe praat. Dit raak ’n meer algemene vraag. Maybe corner die mense my spesifiek om my uit te tart. Wat is jou siening oo hierdie “ek wil ook saamspeel”-mentaliteit?
RONELDA: Ek dink niemand wat Kaaps skryf, is interested om gatekeepers te wees nie. Enige iemand kan skryf hoe hulle wil, but in my experience, amper elke keer as Wit mense enige iemand skryf wat nie Wit is nie, slaan hulle racism deur. Die beste wat writers kan doen, is om nie te skryf oor mense wat hulle nie interested in is nie en moenie oor mense skryf teenoor wie jy ’n deep-seated sense of superiority voel nie. Dit wys altyd.
Ek is nie die language police nie. Doen wat jy wil, maar moenie vir my expect om saam te speel nie. Moenie vir my expect om te sê jou character klink authentic as dit foolish klink nie.
VERONIQUE: Ryan Pedro het onlangs in sy Klyntji-review Kompoun beskryf as “’n instant classic.” Wat staan vi jou uit as ’n instant classic in Afrikaanse literatuur?
RONELDA: Ryan Pedro se Pienk ceramic-hondjies is ’n instant classic.
VERONIQUE: Pedro het oek gesê: “Met Kompoun bou Kamfer voort op ’n literary tradition wat sy help pioneer het.” Die woord “tradition” is vi my ideal, cause jy is quite literally a trailblazer, en ek en Lynthia Julius gesels altyd oo hoe ôs nie vrylik sou kon doen wat ôs doen as dit nie vi jou wassie. Jy is King Kamfer in every sense of the word. Hoe voel dit om te wiet jy is net naturally kak gevaalik. Cause I know you know … : )
RONELDA: Always forward, en bring almal saam.
VERONIQUE: Watter song is tans op repeat in julle huis?
RONELDA: Ek is besig om te skryf, so ek luister nou ’n album wat my mood capture, but daai is op my headphones, loudly is dit Ghetts se ‘Mozambique’ (2021).
“Yo, what’s wrong with these neeks?
Man can’t tell me about these streets
Man never grew up near no damn beach
Man’s got shooters from Mozambique
Shoot off nose and beak
So you lot roll in peace
But if you gotta somethin’ to say
Do not hold in please”
VERONIQUE: Is daa ienage boeke wat ’n groot impak gehad het op jou innie laaste paar jaa? Wôd ienage van dit ge-reference in jou wêk?
RONELDA: Nie so baie boeke gelees vir Kompoun nie, maar moerse klomp 90’s music geluister. En ek het The Idiot van Dostoevsky in Russian op YouTube discover, which I love.
VERONIQUE: Watter twee artists, in ienage veld, inspire nie net jou wêk nie, maa vi jou oek?
RONELDA: Nathan is beslis my biggest influence. Terwyl ek geskryf het aan Kompoun het hy begin skryf op iets en wou my nie laat lees voor Kompoun nie klaar was nie, but ek het insist. Dit was die opening lines vir ’n boek. Ek het seker twee dae gevat om daai lines te process, so nou force daai vir my om my game te up. In the end we only want to impress each other.
En dan honestly, jy, vir die sheer tenacity en speed waarmee jy groei en hoe jou writing besig is om te evolve, is beautiful om te witness. Lynthia, omdat ek weet hoe shit dit is om daai academic spaces te navigate en sy doen dit en werk kak hard. Ashwin, want hy het fokkol desire om enige iemand te impress nie en wil net homself push om te skryf wat hy wil skryf. Ryan, omdat hy extremely committed is en een van die hardest working motherfuckers is en dit is alles baie inspiring.
VERONIQUE: Any advice virrie young ones wattie poetry writing scene wil enter?
RONELDA: Lees alles en lees far and wide. Wees slimmer as almal. Skryf is een deel van die proses, die ander deel is om te weet hoe om te dink.
VERONIQUE: Wat is jou gunstelingwoord?
RONELDA: Depends.
VERONIQUE: Wat is jou gunstelingvloekwoord?
RONELDA: Jesusfuckingchrist.