Igshaan Adams, die miracle innie mismatch
'n Carbon footprint oppie carpet van Moeder Aarde
Igshaan Adams is ’n practicing muslim-born South African wat creatively draw vanaf sy faith, en ander multiple layers van sy life experiences om labour-intensive, geweefde installations te produce. Dit sluit hanging tapestries, matte en staande sculptures in. Igshaan maak onner andere gebruik van draad, watte, tou, plastic, krale en skulpies wat deel uitmaak vannie poetic en abstract exhibitions wat hy create. Sy wêk is altyd influenced deu hoe die socio-political en personal realities van sy existence sy mense affect. Die patrone wat hy gebruik stam vanuit prayer rugs en die linoleum floor wat al die pad huis toe trace innie Kaap, en meer spesifiek, Bonteheuwel. Adams wêk graag saam met sy naaste familie en vriende en mense innie gemeenskap om sy creations te complete.
’n Tyd terug innie begin van January het ek ge-scroll deu my sermons wat ek noggie gekyk het nie. Dit klink insane, cause hoe kies jy nou ’n sermon, van alle dinge, wat beter is as die ander een? Ek wietie. In elk geval, die message, Miracle in the mismatch, deu pastor Tim Timberlake het my oeg getref. Mainly because at the time I needed a miracle, maa oek omdat ek grootliks gedink het hy gaan iets familiar sê en daai gaan comforting wies. Die pastor het. Hy het ’n analogy gemaak van ’n basketball game waa een team met 3 players ’n team met 12 players gewen het. Dit wassie miracle innnie mismatch. En hy sê dat die enigste rede hoekô die game op sy TV is en reg oorie wêreld uitgesaai wôd, is exactly oor daai miracle. Side note: Dis nie wat ek verwag het hy gaan sê nie. Igshaan praat baie oo om te maak wêk wat nie moes wêk nie. Dis wat Igshaan vi my is. ’n Miracle innie mismatch en ’n answered prayer vi almal wat soes hy lyk, praat en kô van sy komvandaan.
Die wenner vannie 2018 Standard Bank Young Artist Awards vi visual arts is gebak en gebrou innie Bontas, tydens apartheid. En mettie “whites only” signs everywhere, wassie opsie daai tyd nooit regtig daa vi Igshaan om art innie education medium op te vattie. As kind is hy ge-bless deu ’n attentive pa wat portraits vannie family geteken het en ’n gracious antie wattie ge-worry het oor haa mure nie, en die kinnes laat teken en express het op haa walls. Igshaan gesels oek graag oor hoe sy kamer ’n creative outlet was vi sy writing en crafts. Hy het die blessing van verskillende spices wat gemeng is, wat elke fibre van sy being en creativity opmaak; soes die feit dat hy muslim en queer is en grootgemaak is deu sy christian ouma en oupa, grootgewôd het in ’n tyd waa ras ’n baie groot rol gespeel het innie blueprint van sy identity, sy perspective oorie lewe en oek sy way of life. Hy wou hospitality swot, hy was ’n gardener en nou vekoep hy sy werke vi meer as $88 000. Ek het julle gesê, die miracle innie mismatch.
Die manier waarop Igshaan create en breadcrumbs los vanaf ’n religious, cultural, language, creative en geographical perspective in sy skeppings, is wat sy wêk vi my besonders maak. Innie tyd dat ek interviews gekyk het wat mense met Igshaan doen, soes In The Green Room en ander, het ek besef dat alhoewel sy wêk wide en all over ge-celebrate wôd en almal ’n deep sense of appreciation het vi sy way of crafting and creating, is daa altyd ’n ander interpretation wat sy wêk ruimte voor allow. Ter wille vannie space wat ek het om dié piece te skryf, gaan ek net focus op drie van sy exibitions: Have You Seen Him? (Kaapstad, 2013), Stukkinne Stories (Kaapstad, 2020) en Skarrelbaan (Kaapstad, 2022).
Have You Seen Him? reference famous sayings deu Mullah Nasruddin, die 13th century Seljuk satirical Sufi wat na verwys wôd assie “wise fool”. Igshaan identify mettie way hoe Nasruddin vi God in gewone en ongewone objects soek. Oorie uitstalling sê hy alles is conversations tussen hom en God en sy emosies en ervaringe. Een ding is verseker, of jy nou saamstem of nie, die exhibition maak die blik wurms oep vi ’n fruitful gesprek wat die status quo van innie-boksie-pas en ja-en-amen sal challenge. My gunsteling-installation in dié exhibition is Hennie se kamer tapyt (2010.) They say a picture is worth a thousand words, maa die installation dra al die gesleep en geploeg vannie generations gone en to come op sy lyf. Ek issie baie cultured en educated mettie art slang nie, soe al wat ek kan sê is: “Goeie, goeie fok!”
Die exhibitions Stukkinne Stories en Skarrelbaan resonate met my, simply oorie name. As jy wiet waarvan hy praat, dan wiet jy waarvan hy praat. En ek praat nie van die broken stories of hoe “skarrelbaan” op die Blank Projects-galery se site beskryf wôd as “a particular way of moving through the world with a wary desperation to improve one’s circumstances, to be on the skarrelbaan is to be on the lookout for good fortune; hustling for jobs, money, or food” nie – ek praat vannie halwe oorvertel, die gelas en aangelas en bygelas en die las. Die geskarrel en gesukkel en genade soek en die hoe-gat-ek-’n-way-kry-my-bru, die dis-al-wat-daa-is-my-kind en hoekô-roek-jy-die-hele-nippie-jou-uitgevriet! Ek praat vannie:
Op haar eie tyd
Some kitchen tools
To fill empty bellies
Three Tables
Plek vir almal by die tafel
Seven assorted chairs
For seven assorted friends
and their stukkende stories.
Yet all that remains is a piece of paper that records:
One bed and accessories
One wardrobe
One ditto
One long and one short chest
Three paintings
A clock (defect)
Some kitchen tools
Three Tables
Seven assorted chairs
Bostaande is ’n uittreksel van ‘What Kalea of the Cape left in this World (1848)’ deu Saarah Jappie. Die gedig wat Stukkinne Stories, Igshaan se solo exhibition in 2020 accompany. Dis asof die bestaan van ôs mense net ge-wipe is vannie aardbol af, asof die geskiedenis van jou ancestors nie belangrik issie. Die nalatenskap issie altyd die physical possessions nie, maa die waarheid van wie ôs is, die liefde om die dinner table, die geskinne innie kombuis, die afternoon tea innie tuin, die geleen oor en weer oorie muur, die barakat en tupperware van huis na huis, gekook en gekerm innie kombuis. Die liefde. Daai is iets wat nie op record gannie. Net jou klere, net jou furniture, alles wat nie regtig saak maak nie. Wat Saarah doen, is om economically (hoe ironic) om te gaan met woorde, ennie empirical evidence wys hoe die hele waarheid nie vertel wôd wannee die existence en impact van ôs mense ge-document wôd nie, wat ’n deurlopende tema innie installations in Stukkinne Stories is.
In Skarrelbaan feature ’n poem deu Jitsvinger. Dit touch op baie temas wat Adams óf in sy latest solo exhibition oo praat, óf wat hy al voorheen oo gepraat het, en nou ’n reoccurring theme gewôd het:
’n Meganiese god staar uit die hemel af
Op ôs’se groen marble
Zoom in en verdwaal maar bly ingeskakel
Kop in ’n Google cloud
Voete op ’n skarrelbaan
Dit skakel met hoe Igshaan byvoorbeeld Bonteheuwelstasie innie Skarrelbaan-exhibition soes ’n Google Maps image laat lyk het. Die “voete op die skarrelbaan” verwys moontlik na die losgoed wat Igshaan gebruik het om die piece te voltooi, soes die beads en plastic en tou.
Soeke na vergete roetes
’n Beter toekoms vol
Tênk punctured deur’ie speedometer se naald
Uber driver zoom oor’ie grid en stoot
’n Carbon footprint oppie carpet van Moeder Aarde
Omdat Igshaan deu sy wêk probee sin maak van sy existence, sy experiences en hoe alles innie wêreld is, veral hoe dit is vi mense van kleur in Suid-Afrika, is die soeke na identiteit, “vergete roetes” ’n never-ending theme in ôs communities en dit kô deu in al sy wêk. Iemand annes wiet altyd meer as jouself oor jou komvandaan, en as daa ’n “carbon footprint oppie carpet van Moeder Aarde” is, maybe dan gaan hulle glo jy was hie en jou storie is die waarheid.
Jitsvinger se gedig gie die impression dat mens jou existence kan trace met en op Igshaan se Skarrelbaan. Die enigste manier hoe ek die, wat Jitsvinger “mondsketse” noem, kan interpret, is as kuns wat regtig lewendig wôd, tangible is en unapologetically vertel vannie komvandaan, die vuil, die lelik, die mooi, die seer en die geluk. Skarrelbaan klink na ’n journey. Maybe issit die geskarrel na die onthou, die oorvertel of net die bestaan. Maa die geskarrel is daa vi jou – wat jy oek al voor skarrel.
Mondsketse klank die contours waar ondekkers reis
Spore ets in tyd met woord en dialect oorkruis
In teksboek leefstyl riglyn in madrassa
Distrik ses strik getrek
Dis wit of weg met die massas
Remind my begin die hoofstuk
Highways deur’ie verstand sny oor’ie N1
Vanguard Drive verby Bontas tot in Namakwaland
Bloed deur’ie are van my
[…]
Vingerpunt volg die lyn
Die innerlike vertolk die travel
Slinger deur’ie fynbos
Skink uit die rymte
Vol is die vessel
Spiral deur die lesse van elders
Patterns is instrumental
Sleutels twist en ontlok
’n Nuwe wentelbaan
Beide exhibitions is accompanied deu poems wat serve as bodyguards om seker te maak jy vang nie kak aan nie. Om seker te maak jy verstaan. Dis maklik dat dinge lost in translation raak mettie absolute kuns wat Igshaan skep, want dis amper te mooi en magical, maar ek is bly hy los altyd iets virrie mense by die huis. Altyd iets, altyd iets.
Igshaan is ’n poet en ’n painter en sy wêk is painful en playful. Igshaan is kalm en cool en kak creative. Igshaan issie miracle innie mismatch wat alles van hom vat wat nie “moes” wêk nie, en dit laat wêk. Nie net vi hom nie, maa virrie vroue wat hom dra, en dié wat agtertoe gestoot is. Hy try nog uitfigure wat pas en wat pas nie en probee om alles inmekaar te laat pas. Alles in sy lewe contradict mekaa, en ôs moet seker dankie sê, want kyk watter spectacular bom hettie Bontas opgelewer.
Daa was hoop en genoeg grace vi hom, soe daa is hoop en genoeg grace vi jou.