Erla S Haraldsdóttir se kuns skep 'n nuwe uitkyk op ôs binnestes

Erla S Haraldsdóttir se kuns skep 'n nuwe uitkyk op ôs binnestes

Tailcap and Uterus (2023)

Volg die maan, die vrou

Erla S Haradsdóttir isse academically trained painter met experience wat strek vanaf performance genres na video arts. Haraldsdóttir se hooffokus is tans dié van figurative painting. Haraldsdóttir is gebaseer in Johannesburg en Berlin.

Die artwork wat my interest geprikkel het, was ’n piece wat deel uitgemaak het vannie Bag Factory: Reflections 2023 exhibition. Die naam is Tailcap and Uterus (hierbo). Ek het gedink, wow! Dis fokken cool!!!! Tipies van iemand wattie ’n vernuftige kunskenner is mettie appropriate vocabulary om te sê hoe hard haa oë getref issie, maa terselfdertyd tipies van iemand wat ’n authentic, visceral en verbal reaction tot ’n passive piece of art virrie eeste kee experience. 

Innie piece oo Wangechi Mutu, A Woman of Many Women deur Stefan Muriuki haal hy dié Kenyan visual artist (Mutu) se woorde aan: “Females carry the marks, language, and nuances of their culture more than the male. Anything that is desired or despised is always placed on the female body.” 

Die feit dat Haraldsdóttir, wat gesê wôd om stil te bly, om haa plek te ken, om te baar en om te vegiet wat sy gewaar, iets se binnestes soe electrifying, soe superhero-like, soe loud en proud met tenacity, precision en grace voorsit, lat my kuns opnuut appreciate. 

The Wound in the Sky (2021)

Die anne kunswêk wat ek love, issie piece The Wound in the Sky (2021)

Toe ek google: “What is the purpose of the moon?” toe skop dit yt op Solar System: “The moon makes Earth a more livable planet by moderating our home planet’s wobble on its axis, leading to a relatively stable climate.” 

Toe ek google wat issie main functions vannie vulva, toe lees ek op Healthline: “The main functions of the vulva are to: protect the internal parts of the female reproductive system, play a role in sexual arousal, facilitate sex.” 

Nie net vang die vulva jou oeg innie kunswêk nie, maa dit is innie plek vannie maan innie nag, die presiese ding wattie golwe moet obey, die ding waaronner lovers lê en connect ennie lig innie donker nag. Tog wôd dit voorgestel as ’n wond. 

Gorgeous commentary op female anatomy, gender roles en norms, seks ennie ideale voorbeeld van slapende honde wakkemaak. ’n Treffende voorstelling vannie fragility en ferocity van vrouwies ennie vroulike dele. 

Ronelda S Kamfer het in ‘Al die spoke om my’ geskryf: “mamma sê ’n mens stap nie verder as wat jou oog kan sien nie / ek wil haa sê my oë volg die maan.”

Volg asseblief altyd die maan. Sien nog van haa werk hier.

The First Day (2016)

Binary Solarsystem, fourth day (2017)

The Coloured Forest 1 (2011)

The Seventh Day (2016)

Sewing Group (2018)


Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji en Iqoqo. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Creative Commons Licence
Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Erla S Haraldsdóttir se kuns skep 'n nuwe uitkyk op ôs binnestes gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand