Olivia M Coetzee se debut noir novel, Innie shadows, onnerie spotlight by Cape Flats Book Festival

Olivia M Coetzee, Gaireyah Fredericks en Keith Oliver Lewis in gesprek by die Cape Flats Book Festival. Foto: Katherine Rainers
Keith Oliver Lewis vat 'n literary cruise deu dié teks
Vi my wassie eeste Sondag in Februarie 2025 ’n hoepie-lê van klompie novelties: my eeste kee in Mitchells Plain. My eeste kee byrie Cape Flats Book Festival, nou al in hulle fourth consecutive year. My eeste kee wat ek ’n book conversation moderate. En my eeste kee wat ek vi Olivia M Coetzee ontmoet, in liewende lywe, buitekant die blaaie van haa poetry, essays en, nou, debut noir novel, Innie shadows (2019, Modjaji Books). Onnerie tema, Stories vannie Kaap, was Innie shadows die einste subject van my en haa gesprek.
Daa sit twie skrywers – een vannie Paarl en een van Electric City in Eersterivier – in West End Primary se skoolsaal, monne agte swart microphones petaling from mic-stands. Soes ’n klong wat ôdentlik grootgemaak is onnerie hant van ’n pinkstersuste, maak ekkie buzzing audience vannie Cape Flats Festival stil met ’n friendly: Goeiemôre. Awê! Hos saloet. Olivia glance met ’n smile na my toe. Sy issie skrywer vannie Eesterivier, waa haa dait getoast en gebotte is, maa sy kap nou vas in Ceres saam met haa vrou Daylene. Daylene het heel voo gesit met haa phone camera directed at us biesag om te livestream op TikTok.
Olivia, lig ekkie skare van blou stoele in, het linguistics geswot annie Universiteit van Wes-Kaapland en vêde gegan om ’n honneursgraad in geskiedenis te doen. Sy het oek ’n meesters in kreatiewe skryfwêk vanaf University of Cape Town behaal. My discovery van Olivia se briljante en nodige wêk was toe ek annie begin van my writing journey op ’n YouTube-video afgekom het waa sy Johannes 6 in Kaaps voorlies. Behalwe die vertaling vannie Bybel, het Olivia oek veskeie fairy tales vertaal in Kaaps.
Binne die blaaie van Innie shadows create Olivia ’n fictional gemeenskap, Shadow Heights, located êrens oppie Kaapse Vlakte onnerie skaduwee van Tafelbêg. Wanneerie remains van ’n burnt body op ’n velt in Shadow Heights gevint wôt, raak Nique, Gershwin en Sara concerned oo hulle drug addicted chommie, Carl, se where-abouts. Volgens Mandy, Carl se suste, se verslag aan detective Ley, is hy al vi dae ve’mis. Die soeke na Carl issie katalisator wattie lieser deu Innie shadows, en deur vannie inwoners van Shadow Heights, guide.
Olivia laatie actual stemme van veral queer Bruin karakters in Shadow Heights praat. Sy layer die interior van haa fictional landscape om te wys dat selfs againts the backdrop of injustice, drugs, violence, trans- en homophobia, vint die characters liefde, anvaarding en geregtagheit.
“Olivia laatie actual stemme van veral queer Bruin karakters in Shadow Heights praat. Sy layer die interior van haa fictional landscape om te wys dat selfs againts the backdrop of injustice, drugs, violence, trans- en homophobia, vint die characters liefde, anvaarding en geregtagheit. ”
My hanne suspend die blou covered Innie shadows-boek na die audience en hulle applause klink soes vlae wat flutter innie suitoostewint.
Vi my as skrywer voel skrywer-biographies altyd soe mechanical en onpesoonlik. Dit gie weinag virrie lieser die opportunity ommie author te lee ken op ’n mee intimate level. En baie skrywers vekies it soe. Meeste skrywers is gemaklik binne hulle hovels, maa ek was nuuskierag om mee te wiet oo Olivia se journey as skrywer.
“In my dêdejaa het een van my vrinne gevra hoekom join ekkie die creative writing class ’ie?” As poet het Olivia initially gedog dat sy nie kon deel wies van soe ietsie, “maa toe besluit ek, ek gannie kans vat en het toe die elective gedoen”. Na honneurs het Olivia besluit dat sy ’n writer wil wies: “So I decided to be a writer [...] this is what I wanna do. ’n Paar van my chommies het gevra hoe gaan jy geld maak? I was like, I don’t know, but this is what I wanna do.”
“Ek het aansoek gedoen vir my meestersgraad met twie short stories [...] en dis al lang stories wat ek geskryf ’it. Basically everything else I did was poetry and they accepted me from there. Writing became longer than just poems, it also became short stories. Vi jou manuscript moet jy ’n 50 000 word piece skryf en dis waa Innie shadows gebore was.”
Terwyl ek elke morsel vannie Innie shadows-feast devour het, het ek constantly gedink an ’n quote vanaf In the wake: On Blackness and being, deu Christina Sharpe (2016: 8):
“The autobiographical example,” says Saidya Hartman, “is not a personal story that folds onto itself; it’s not about navel gazing, it’s really about trying to look at historical and social process and one’s own formation as a window onto social and historical processes, as an example of them” (Saunders, 2008). Like Hartman I include the personal here, “to tell a story capable of engaging and countering the violence of abstraction”. (Hartman, 2008: 7)
Olivia skryf from inside the belly of neighbourhoods wat in worsteling is met dire economic and social issues, maa sy kry dit reg ommie liewens daa’in vasgevang te skets met soeveel dignity en humanity. Tydens my multiple reads van Innie shadows was daai “violence of abstraction”, waa’tien Saidiya Hartman ôs caution, nêrens te vinde nie. Olivia issie ’n indringerskrywer wat van buite af inkyk nie: “I was born in Namibia and brought here. Ek het grootgeraak innie strate van Electric City en ek ken van Sabela,” laat Olivia giggels bounce vanaf die skoolsaalbakstiene.
Herschelle Benjamin (2020) skryf in sy review oo Innie shadows: “[...] omdat [Olivia] haarself in daardie posisie vestig, voel die karakters se vlees soos jou eie vlees [...].”
“Is ’n kallitgemeenskap; jy sallit ienage plek in Suid-Afrika kry. [...] [I]s ’n township, you’ll find these characters,” beaam sy toe ek noem dat as ek by ôs hekkie innie Smartie Town uitloep, stap ek in Shadow Heights. Smartie Town is Paarl se Shadow Heights, nes elke dorp hulle eie Shadow Heights het.
Soes Christina Sharpe die autobiographical example van Hartman volg, soe borduur Olivia oek die personal deu haa wêk. “I was drawing from all the different experiences that I’ve had throughout my life.” Olivia maak ’it clear dat sy ’n storie wou create “van binne haa reality”. Innie shadows is, soes Sharpe vi Hartman anhaal, “a window onto” Olivia se lived experience in Electric City, living met drugs, poverty, alcohol abuse, gender based violence, homophobia, al daai darkness.
“Ek was actually geskok, want een vannie scenes innie woods is reminiscent an ’n area naby an waa ek grootgeraak ’it: met klomp tall trees. En ek het dittie besef terwyl ek geskryf ’ittie. My siste [wat my daa’van bewus gemaak ’it, ommat ek vi haa gevra ’it om ’n stukkie te lies], was blown away [toe sy daai scene lies]. Dit het haa gevat na daai area naby ôs huis.”
In Innie shadows is daa ’n gedeelte wat my lank gan bybly: Gershwin hang anhoudend ’n portrait van sy ouma en oupa op, maakie saak hoeveel kee sy ma, Siste Rose, dit afhaal en wegstiekie. Hie doen Olivia iets kwai met memory ennie objects wat memories store. Maa nie net memories ’ie, oek trauma ennie verhouding wat ’it het met memory. Mementoes as sneller, memory as bullet en trauma: die skietwont.
“Hie doen Olivia iets kwai met memory ennie objects wat memories store. Maa nie net memories ’ie, oek trauma ennie verhouding wat ’it het met memory. Mementoes as sneller, memory as bullet en trauma: die skietwont.”
Siste Rose willie portrait wegmaak, want dis ’n reminder en ’n photographical manifestation van haa abuse(r). Gershwin willie foto sien, want ’it recollect daai liefde en omgee van sy ouma wat hy nie ervaar onnerie regime van sy religious en homophobic ma nie.
Olivia het oek ’n portrait van haa eie wat sy vi dié gehoo, en elke gehoo vi wie sy vannie boek vertel, ophou: Sy naam is David Olyn. “Ek was commissioned om wêk te doen in Ceres and I heard about him.” Dit wassie die eeste kee wat ek Olivia hoo praat oo Olyn assie inspirasie vir Innie shadows nie. “In 2014 was hy vermoor in ’n klein dorpie mettie naam Bella Vista.” David Olyn was verkrag en vermoor in Maart 2014 ommat hy gay was. Olivia trekkie mic-stand, wat hang soes ’n tak, nader an haa mont. “Hy was uitgebrant, uitgebrant! Net ommat mense nie okay was met hom wat gay issie.”
Soes Gershwin mettie portrait van sy grootouers, soe noem Olivia die naam van David Olyn soedat ôs nooit moet vegietie. David Olyn se tragiese moort wôt opgegrawe as ’n verbrande liggaam discover wôt op ’n velt êrens in Shadow Heights. Hy liewe deu Gershwin as hy ’n handdoek lê byrie onnelip van sy geslote kame’deu om skelmpies te roek; hy is Carl wat misjudge en afgeskryf wôt deu sy familie en gemeenskap, maa hy liewe veral an in Nique wat agency vat oo haa body en unapologetically deu die strate vannie Shadows navigate.
“Ek het opgegroei in Kaaps. Ek het my woorde gekry in Kaaps; ek het my storie gekry in Kaaps. This language gave me life, you know. Ek verstaan myself ennie wêreld om my through this language,” raak Olivia spirited toe ek bollemakiesie slat into haa keuse om in Kaaps te skryf.
Agte innie Engelse vertaling van Innie shadows onnerie titel In the shdaows (deu Olivia self vertaal van Kaaps in Engels, met befondsing vanaf PEN Afrikaans) is daa ’n guide vi die lieser oorie geskiedenis van Kaaps en hoekom dit significant is dattie novel in Kaaps geskryf is. Selfs dan, in Engels, acknowledge Olivia die belangrikheid van Kaaps.
Met die 100 jaa celebration van Afrikaans as ’n amptelike taal ennie exclusion van Bruin en Swart sprekers vannie taal wat dié celebration cause, was my vrae vi Olivia oorie taal in Innie shadows wrapped in danksegging, awe en praise: Ek kon myself, as queer Bruin man, hoor en sien! Wat ’n blessing om te sien hoe my taal fit over the pages of literature.
8 Mei 1925 was mense wat lyk en klink soes ek en Olivia amputated from the creation en teenwoordagheid in Afrikaans. En ’n 100 jaa van exclusion late, op 8 Mei 2025, gan history doen wat ’it altyd doen, repeat itself.
“Ek gan skool toe en daai taal issie myne nie; ek verstaan nie daai taal ’ie. Ek gan huis toe en ek praat ’n anne taal,” noem Olivia annie crowd wat saamstem soes ’n pinkster-congregation. “Daa is klomp mense wat voo my al geloep ’it wattie taal … you know, that started this movement,” gebruik Olivia haa woorde as boegoeroek to summon her ancestors and peers into the conversation, “soes Blaq Pearl, Jitsvinger-hulle. Ek het nooit gedink ek sal kan deel raak vannie movement nie, because daai’s wat die oppression gedoen ’it [...] innie sense van dissie jou taal ’ie.”
“Ek het opgegroei in Kaaps. Ek het my woorde gekry in Kaaps; ek het my storie gekry in Kaaps. This language gave me life, you know. Ek verstaan myself ennie wêreld om my through this language.”
“Maa Innie shadows wassie soe gewiesie, it was written in English,” mimic Olivia ’n English accent, “but my beautiful supervisor [Sonja Loots, Universiteit van Kaapstad] told me: Girl, you can’t write in English. En ek het verstaan wat sy mean, want toe ekkie boek rewrite [in Kaaps], it just came to life. Daa’t iets gebeu mettie boek, you know, daa’t vleis angekom. Dit het Innie shadows geraak.”
Ek het vroeg gelee as jong skrywer dat dittie soe eenvoudag en childsplay is om te skryf in Kaaps nie. Êrens in ’n interview, wat ek nou sukkel om innie hanne te kry soedat ek ’it kan reference, noem Nathan Trantraal dat hy met sy eeste boek saam met ’n linguist moes wêk as guide virrie spelling van woorde. Ek wou by Olivia wiet of sy ienage linguistical challenges geface het mettie neerpen van Innie shadows.
“Ek het [net] geskryf soes ek praat; die taal is nie gestandardise nie, dit issie … Daa issie woordeboeke en alles daai nie.” Met haa agtegront in taal, niem ek weg, dat Olivia vrylik kon experiment met Kaaps. “So I was writing, okay, hoe skryf jy nou innie, okay, hoe gan daai nou klink? Soes wat klink it, you know? And that’s what I did. My supervisor, she was just amazing for allowing me to create this.” Olivia noem vêde dat haa supervisor nie oo haa skouer geloer en haa vermaan hettie. “Daa was niks van: No! Nie soe nie, nie soe nie! Daai’s nie hoe ’n mens ’it skryfie. [...] She just said: Go,” Olivia cup haa palms innie shape van ’n papierbootjie en move haa hanne gently vorentoe asof sy die bootjie stoot vanaf die shore.
Innie shadows het verskeie queer characters. Saam met Bottelnek breek bek deu Dianne Du Toit Albertze, is Innie shadows die twiede boek in Afrikaanse literature wat ék gelies ’it met ’n trans persoon as main character. Nique wôt opsetlik misgender deu Siste Rose en deal met constant sexualisation vanaf elke man wat sy mee in contact kô. Maa nog steeds het Nique agency tussenie blaaie van Innie shadows. Sy issie ’n caricature of a mere plot device nie: Ôs experience haa as ’n complex en complicated entity wat, nes anner characters, questionable besluite maak. Sy het flaws wat kom met menswees.
“Ek is actually nog altyd bang dat daa mense gan wies wat vi Nique gan lies and say that this is not true; this is not the transgender experience,” verduidelik Olivia oorie risk van skryf oo identities en experiences buite jou lived reality, “want dissie wie ek issie. Ek mag queer is. Ek mag lesbian is, maa Nique se experience issie myne nie.”
Olivia bring wel haa wêk as ’n activist op en verwys na die innate sensitivity and care wat daai tiepe community-wêk haa mee equipt het. “I have seen people’s experiences, maa ek hettie self daa’deu gegannie. Ek hoep dat Nique se experience ennie way sy is, dat ek ’it truthfully geskryf ’it. Dat mense wat transgender is, kan relate met Nique.”
Ek dink oo my eie wêk as poet wat deal met gangsterism and the death of young Brown boys. A critique van my skryfwêk is dat ’it soms te dark is en appear as trauma-porn. Ek sukkel om daai balance te skep tussen tragedy and joy. Hanif Abdurraqib (2017: 3) skryf in They can’t kill us until they kill us:
Joy, or the concept of joy, is often toothless and vague because it needs to be. It is both hollow and touchable, in part because it is something that can’t be explained as well as it can be visualized and experienced.
Olivia se artistry in Innie Shadows in collaboration met Abdurraqib se qoute het my laat realise dat joy nie iets is wattie skrywer annie lieser moet try explain nie, maa liewes wys. Sara en Nique staan in Shadow Heights en kyk na die sonsonnergang. My asem slat weg as Sara verklaar: “En jy sê hie is niks mooi nie” (bl. 135).
“Daa’s beauty in darkness,” explain Olivia, “jy moetie hoop vint, daai klein bietjie lig ommie darkness bieter te maak – en dis hoe ekkit geskryf ’it.” Olivia vind daai balance tussen beauty and darkness as Carl en sy suste, Mandy, hanne vashou byre beach terwyl hulle pa wil wys dat hy kán vi sy kinnes ice cream koep. Daa is levity assie girls gatmaak en joy gloei soes sonskyn tussenie vooste tanne van Gershwin as hy smile vi paste Richard.
“Al gan hulle deurie ergste dinge moontlik innie liewe, is daa nog steeds die little things wat hulle kan an vashou, en dit vint jy in ôs communities. Die koskaste ka ma lieg wies, ’it maakie saakie. Daa is altyd hoop. There’s always laughter, there’s always that good feeling in our community and I think that’s what I wanted to bring into the book for the reader to experience.”
Keith Oliver Lewis is ’n poet vanaf Smartie Town, Paarl. Sy wêk is long-listed virrie Sol Plaatje European Union Award. Keith se poetry is gepubliseer in Yesterdays and imagining realities, New Contrast Literary Magazine, Ake Review and elsewhere. Hy was ’n writing fellow by Johannesburg Institute of Advanced Studies en Jakes Gerwel Foundation. Keith issie wenner vannie 2023 Short.Sharp.Stories Prize. In 2024 wen hy die New Contrast National Poetry Prize.
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Olivia M Coetzee se debut noir novel, Innie shadows, onnerie spotlight by Cape Flats Book Festival gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.