Kompoun deur Ronelda S Kamfer is 'n instant classic – en hier's hoekom
Sy bou voort op 'n literary tradition wat sy help pioneer het
Ek’t deliberately ’n tydjie gewag voor ek dié review geskryf het, want ek’t low-key gehoop iemand anders sal hulle critique van Kompoun frame in die way wat die text voor vra. Wanneer ’n mens kyk na al die reviews van Ronelda S Kamfer se werk, is dit in most cases vol van al die text book quality, industry approved type shit wat jy in elke standard resensie sal kry – hier’s die writer, die gist van die boek, die themes, hoe dit inpas by die broader literary landscape, ensovoorts, ensovoorts. Maar as jy meer stip kyk, however – en especially as jy ’n avid en informed reader van Kamfer se werk is – raak dit apparent hoe ’n groot chunk van die texts under-reviewed verbygaan. En dis nie on account of poor reviewing skills nie, maar rather ’n lack of a cultural knowing wat readers access gee tot al die hidden valleys, die secret swimming spots, die murky systraatjies en grimy backrooms waarvan ’n novel soos Kompoun comprise.
Maar voor ek te ahead van myself raak, ’n quick, spoiler-free, run-through van die basics:
Kompoun cover die storie van die McKinney-familie, as told by niggie en nefie, Nadia en Xavie. Hulle vertel om die beurt hoe hulle formative years spent was under tyranny van hulle ouma, Sylvia Mckinny, a.k.a. die “stammoeder van lieg”, a.k.a “die matriarg van Groenplaas”. Ouma Sylvia se influence was strong – sy’t nie net die roadmap supply vir hoe Nadia en Xavie (én al haar ander kids en grandkids) moet move in die physical space van Groenplaas nie, maar sy’t ook die blueprint geteken vir hulle innerlike ruimte. Kamfer se illustration van die complexities van intergenerational trauma word op ’n strong, yet understated manier achieve deur die flawless characterization van Ouma Sylvia, Nadia en Xavie. Waar Ouma Sylvia die product is van ’n system wat haar reject en soos toxic waste gaan dump het op die periphery van society, is Nadia en Xavie ’n byproduct van die radioactive air wat rondom haar exist.
Dis nie net all doom, gloom en emotionally stunted, desensitised laities nie, though. Van die latter kan daar in fact die total opposite gesê word. Waar Kamfer ensure het dat Ouma Sylvia se toxic traits in some shape of form deel is van die fibre van Xavie en Nadia se beings, het sy ook seker gemaak dat dié twee kindervertellers equipped is met ’n sensitive edge en die soort attentiveness wat sorg vir meer layered en textured vertellings. Vir die Afrikaanse leser behoort dit amper ’n knee-jerk reaction te wees om parallels te wil trek tussen Kompoun en Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie, maar waar Gertie se vertellings in die majority ’n naïve (en meer illustrative) blik op die world according to adults is, kry die leser in Nadia en Xavie meer critical en contemplative observations van hoe grootmense vorm gee aan die wêreld om hulle. Hulle presence en conciousness in die wêreld is therefore vir my meer reminiscent van die child narrators wat ’n mens in die werk van Twain, Faulkner, en veral Salinger sal kry. Hulle actions en reactions voel natural, hulle observations en deductions plausible, en hulle philosphical meanderings kom nooit forced of buite die realm of probability voor nie.
In Nadia se often charged, feisty en borderline aggressive approach tot situations, en Xavie se meer calm, collected en dissective manner van deal, kry die leser in albei cases ’n deconstruction en dismanteling van die cultural en political structures wat op hulle impose word deur die grootmenswêreld. Dié dubbelloop-vertelinstansie is myns insiens een van die groot successes van die novel, since dit ’n broad spectrum van tonal extremes en inbetweens bied waarlangs betekenisvorming kan occur – dit maak die anger controlled, die liefde flawed, en die tragedies comical. En in dié way kry Kamfer dit reg om die themes wat sy in haar poetry explore op ’n heel nuwe manier aan te pak en te herverpak. Waar racism, poverty, patriarchy, gender-based violence en mental health in haar poetic oeuvre aan readers present word as ’n loud-ass gunshot accompanied deur die lingering smell van charcoal en sulphur, kry ons in Kompoun ’n broader scope: origin stories, inciting incidents, die loading van die clip, die pull van die trigger, die shot, die (often) bloody aftermath, die soeke na ’n way forward.
Maar dis die type shit wat enige reviewer vir jou kan sê. En although alles baie important, is ek meer interested in die goed wat dieper onder surface level aangaan. Die material wat van die reading experience ’n meer visceral, meer immersive een maak.
Soos wanneer die reader in die eerste paar sentences al vir Uncle Empty kom meet waar hy op ’n “paintblik sit en bier in ’n klein glasie skink”. ’n Image wat vir baie soos ’n minor detail kan lyk en eintlik nie veel contribute tot die volg en die understanding van die narrative nie, terwyl dit vir ander ’n golden opportunity bied om nader aan die situasie en die karakters te kom, omdat die image van die tragic, drunkard uncle so ’n familiar een is. Dit cover nie net die odd drinking practices van ’n hele culture nie, maar paired met blou overalls en die geographic space, signal dit towards vrae oor hoekom dié groep mense hulself bevind in dié spesifieke ruimte en situasies (enter apartheid, die dop system, die generational perpetuation en broadening van die socio-economic divide, etc.). Uncle Empty en sy klein glasie is therefore ’n semiotic, anthropological, historic én psychoanalitic case study as jy vir lank genoeg oor dit dink. Of maybe is dit net ’n reach on my part, en is al wat daar te highlight is oor Uncle Empty en sy klein glasie, as well as ander similar instances (soos Nadia se beskrywing van die protocol rondom die pallbearers by haar Aunty Diana se funeral), die familiarity daarvan.
Maar even in daai case, is dit worth taking note of, want dis in dié familiarity waar Kompoun se essence lê. Die novel se language, narratives en characters is alles die fibres van ’n culture wat ’n al hoe sterker en meer dignified presence in die world of literature begin geniet. Met Kompoun bou Kamfer voort op ’n literary tradition wat sy help pioneer het – writing wat gaan oor fractured lives in fractured spaces, maar wat ook bewys dat fragmented nie incomplete beteken nie. Die achronologiese narratiewe aanbod lyk nie verniet só nie.
Kamfer se dedication tot die art of storytelling maak die kultuurryke wêreld wat sy skep toeganklik, enjoyable en educational vir dié wat nie access het tot al die codes nie. En haar precise en uncompromising attention to detail maak dit ’n extra special reading experience vir diegene wat traces van hulle eie lewe kan raaksien in dié van Nadia en Xavie. Kompoun is ’n gorgeous piece of literature waardeur Kamfer carefully gaan source uit die past, comfortably exist in die present, en confidently die pad vorentoe uitwys. ’n Stunning addition tot die oeuvre van een van Afrikaans se most prolific writers. ’n Instant classic.