Ryan Pedro se futuristiese nuwe gedig🚨
'n Mens, 'n katastrofe
Nota: Hierdie oorspronklike gedig deur Ryan Pedro is vir die eerste keer voorgelees by die Universiteit Stellenbosch se onlangse kollokwium wat deur die Departement Afrikaans-Nederlands aangebied is. Die tema van die tweejaarlikse openbare gespreksgeleentheid was “Om die draai”. Vier Afrikaanse skrywers — Jolyn Phillips, Alettie van den Heever, Ryan Pedro en SJ Naudé — het op unieke wyse gedeel hoe hulle Suid(er)-Afrika in 2050 verbeel. Die nota onderaan is deur die skrywer vir Klyntji voorberei.
LIL SO&SO: THE DOCUMENTARY (RAW, UNCUT, UNFILTERED INTERVIEWS, BTS FOOTAGE, ETC)
[clip #78 | interview met Lil SO&SO | 2036]
*hits blunt*
hoe’t ek my fortune gemaak?
*exhales*
NFT-kuns van
varsgebakte brode
bottled water
& Early B
se laaste twee albums –
guess who ghostwrote
that shit?
*pauses*
don’t write that down
I’m just fucking with you
*laughs*
crypto, mostly
& ek bet op
die monthly
race wars
moet
nou juis
my bookie
gaan sien
my winnings
gaan optel
wanna know
what I’m getting?
*hits blunt*
pet lion
*exhales*
wat ek
óf George Orwell
óf Jesus Christ
gaan noem
ek besluit nog
ek’t ook
my tattoo guy
wat inkom
dié afternoon
om die woorde
famine & hunger
op my maag
uit te tjap –
die memory
van pain
was nog altyd
vir my
meer potent
meer useful
as die
real thing
fuck real
actually
dié?
*points to himself*
al dié?
*points to surroundings*
niks hiervan
is real nie
*falls back into chair*
wanneer kom die
tweede boek uit?
*hits blunt*
*exhales*
een van die dae
*starts laughing
uncontrollably*
wanna know what
else I’m getting?
’n hologram van
NP van Wyk Louw
hoekom?
*hits blunt*
om vir my
mumble rap lyrics
te recite wanneer
ek bored is
Young Thug
Gunna
Lil baby
& of course
*exhales*
Future
[clip #145 | interview met literêre kritikus ******* | 2043]
dis nie ’n kwessie van
of hy goed is of nie
maar eerder of dit in hom steek
om belangrike
wérklik belangrike
werk te kan
lewer in hierdie
troebel tye
om op ’n meer
genuanseerde
meer berekende wyse
om te gaan met
die sosiale
politiese
ekonomiese
& ekologiese kwessies
wat vorm gee
aan ons leefwêrelde
& dis tog die punt
van kuns is dit nie?
om mense te laat stilstaan
te laat dink
nié om hulle ore
van hul koppe af te skree
soos ’n
soos ’n
ek weet nie
’n rapper
of ’n ding nie
[clip #421 | GQ interview met Lil So&So | 2046]
ek design
al my pieces self
elke diamond
elke gemstone
op my pinky ring
aan my writing hand
op my grillzz
wat ek dra
wanneer
ek voorlees
is handpicked
& perfectly placed
& wanneer jy
my die dag sien
met al my cubans
al my ropes aan
is dit probably
over 80°C out
niks wat ek doen
is verniet nie
& alles
wat ek doen
ice cold
& fresh
as fuck
[clip #329 | interview met ’n previous lover ****** | 2045]
honestly?
ek dink nie
hy’t dit in hom om
truly great te wees nie –
hy’s te self-obsessed
& self-indulgent
& he just doesn’t care
about the
right stuff
[clip #421, continued | GQ interview met Lil So&So | 2046]
my favourite pendants?
3) my PTSD-een
2) my Care Bear
wat die AK-47 vashou
1) my pendant wat sê
REAL
NIGGAZ
DON’T GET
THERAPY
[clip # 678 | news clip | 2050]
BREAKING NEWS:
die omstrede
Lil So&So
is pas dood gevind
op ’n sypaadjie
voor ’n Starbucks
in Observatory
dit wil voorkom asof
die digter-playboy
se Tesla gehack is
deur ’n kuberkraker
wat in die
Starbucks
uitgehang het
waar die
Ingrid Jonker-pryswenner
gewag het vir sy yskoffie
ooggetuies meen
die elektriese motor
het ’n lewe
van sy eie gekry
toe Lil So&So
by die Starbucks
uitgestap kom
die motor het glo
’n paar keer bo-oor
sy eienaar gery
voordat hy sy deure
oopgegooi het
vir ’n onbekende man
wat met ’n oopgevoude
skootrekenaar
by die Tesla ingeduik het
& weggejaag het
die polisie
vermoed
dat die motor
intussen
aflyn
gebring is
meer hieroor
later
[clip # 540 | animated short van ongepubliseerde gedig | 2050]
*animasie deur *******, voorgedra deur ******
’n poem
met ’n belly
vol wurms
vrot tande
gebarste hakke
’n poem
met stokkieshare
overrun met
hondsdoldiere
’n hartklop
wat knetter
expand
& contract
soos ’n swerm
sprinkane
’n poem
met stukkende klere
met makeshift
weapons
met ’n taal kin
to the sound of
drowning in
blood
’n poem
as roadkill
’n poem
picked apart
by vultures
’n poem
met trane
in sy oë
met snot
in sy neus
’n poem
van alle
goddamn
dinge
die
fucking
gall
Oor die gedig:
Ek sukkel die afgelope tyd baie om to grips te kom met die state waarin die wêreld is, both as ’n member van die human species en as ’n artist. Unfortunately vir my is dié twee identities die heeltyd at odds met mekaar. Wanneer ek op ’n daily basis ’n way uit dié burning labyrinth we call life try soek, steek die human in my uit met ’n (teen dié tyd nou al) baie casual: “Fok die gym vandag, kry die cooldrink met die suiker in, nothing is real, everything is a lie.” Maar nog voor sy woorde koud is, sak die artist af in my oor: “Daar’t gister ’n wit laitie op ’n swart laitie se laptop gepis in Stellenbosch, any thoughts?” Om só madly in love te wees met jou writing dat dit jou kan enchant om die surroundings wat jy so utterly despise, vir lank genoeg te endure tot jy dit uitgefigure het, is both ’n beautiful en ’n kak-tiring endeavour. So toe dr Alfred Schaffer en dr Willem Anker my nader om ’n poem te skryf within die theme van die kollokwium, was dit ’n godsend. Finally, ’n escape, het ek gedink. But, boy, was I wrong…
James Baldwin het eenkeer in ’n speech gesê (en ek paraphrase) dat al sou hy as ’n writer nié interested gewees het in politics nie, is politics rather fascinated deur hom. ’n Reality wat ek vir ’n moment vergeet het ek deel van is. So alhoewel my poem subtly nod towards ’n near distant future waarin ekologiese wanhoop en technological paranoia aan die orde van die dag is, is dit impossible vir my gewees om nié te skryf vanuit ’n body wat as foreign/alien perceive word in die hede nie, maar wat quite possibly ook só gesien gaan word in die future. So niks flying cars, alien invasions of voluptuous AI’s nie, I’m afraid. Instead, focus ek in die poem op die complexities van ’n masculinity wat opgemaak is uit several dualities: die promise wat newly acquired wealth inhou, teenoor hoe corruptible dit kan wees; die toxic en die brutish, teenoor die broosheid en die beauty; die ability om te kan create, teenoor die potential om te kan destroy. Generational trauma is ’n motherfucker, en kon nie anders as om dit centre stage te plaas nie. Same thing sou gebeur het as iemand my moes vra om ’n natuurgedig te skryf. Waar nature in dié tradition mostly ge-celebrate, ge-mystify en ge-romanticise word, raak dit immediately vir my ’n space van violence en loss. Postcolonialism, am I right?
Verder, en ewe belangrik, bevraagteken ek in die poem ook die rol van art en die artist in ’n world gone to shit. Is daar nog plek vir poetry in ’n wêreld waar mense mekaar in die strate doodmaak vir basic resources? Kan poetry steeds complex en layered wees wanneer vrees en onsekerheid ons default emotions geword het? En kan poetry steeds goed wees as die collective imagination ingeperk word tot die confines van ons devices se screens? Iewers diep binne-in my is daar ’n optimist wat skree: “Ja!” En more times than not, kies ek om hom te glo. Maar be that the case, dan moet daar ook gevra word watter vorm poetry gaan aanneem in so ’n wêreld? Especially when viewed as part of a literary community wat sigself way te fuckin’ ernstig opvat vir hulle lack of innovation, hulle fear vir die mould breek, en hulle failed attempts at decolonisation. En van hiér die overall peculiarity van dié poem: ’n disassembled, possibly failed documentary oor ’n (arguably) problematic literary figuur, waarin hyself, saam met jaded lovers, kritici, en die hoofstroommedia, ’n stem probeer gee aan sy skynbare pointless existence.
Kak dark, but I had fun writing it nonetheless.