ek bang jou nie: 'n personal essay deur Ryan Pedro
'Dié is hoe jy die humility leer om arrogance mee uit te balance'
Laat into die somer van 2008 het ek vir die eerste keer gekyk hoe die small van ’n meisie se rug inches van die kooi af oplig. Hoe haar heupbene die lug in opskiet soos twee seedlings terwyl sy haar Levi’s, haar panties versigtig van haar heupe afskil. Dit was ’n week voor my birthday en dié experience is aan my verkoop as ’n early birthday gift. En ek is mos nie ’n man om ’n gegewe perd in die bek te kyk nie. Dit was ook twee weke voor die eerste skooldag van die nuwe jaar, so best believe ek’t by daai skoolhekke ingestap soos nét ’n 15-jarige laitie kan wie se fade pas in is, en wat recently, in ’n sticky, honey-glazed laatmiddag, homself bevind het in ’n tussle van tits en ass. Dié is die klas ding wat ’n nerdy kid soos ek inspire het om te rise bo sy physical shortcomings. Dit het my die confidence gegee om na Jean-Claude Van Damme se physique te kyk en te dink: “Ek kan probably oek soe lyk as ek hard genoeg train ennie regte diet follow.” En dit het my die confidence gegee om na die voorgeskrewe literature in my Afrikaanse klas te kyk en te dink: “Dié shit is boring, ek kan probably ’n way bietere wêk doen.” In retrospect, kan ek probably ’n groot portion van my writing career credit aan ’n chance encounter met ’n paar shapely thighs iewers in die thralls van my puberty. Die res is pure existential dread.
Dis ’n beautiful ding, dié confidence. Dit improve jou posture en maak jou meer charasmatic. Skielik kan ek met ander meisies praat, en nou skryf ek sommer poetry in die margins van die geelgetrekte bladsye van Kringe in ’n bos. In pen. Maar dié confidence kan jou ook betray, want dit maak jou ’n bietjie arrogant. So wanneer ek my bully kom meet op die tuck shop se stoep, en hy daarop insist dat ek vir hom ’n mince pie moet koop, voel ek mos swaar in die broek. En wanneer dit progress tot op die punt waar hy violence threaten, kry ek mos ’n whiff van die laaste bietjie Hoity Toity Belle de Lux body spray wat nog in my lugweë linger van daai middag af. “Kóóp die pastytjie, ou bul,” brul die bully. “Of wat?” vra ek hom, moerse sterkgevriet. “Of ek bliksem jou!” bal die bully sy vuis en hou dit voor my gesig op. Maar dié bra ken mos nie vir my nie. Hy weet nie ek’s jacked up op pussy nie. Hy weet nie hy praat nou met ’n future prize-winning poet nie. “Nou doenit, han!” skree ek en gee ’n tree vorentoe. Almal kyk. So of course druk ek toe my wang teen sy vuis en skree weer: “Doenit, jou nai, ek bang jou nie!”
En daai’s hoe ek op die eerste skooldag van 2008 met ’n death sentence gesit het wat met uitkomtyd aan my administer sou word. Vandag voel ek niks vir die dood nie. To date, het ek al ’n grand total van 11 loved ones verloor. Teen die vyfde begrafnis raak jy die dood gewoond. Teen die sesde een het jy al ’n paar Ray-Bans wat jy casually na verwys as jou begrafnisbrille. En teen die sewende een voel jy soos DJ Khaled wanneer jy die kis sien sak – jy dink net “another one”, en beweeg aan. Maar in 2008, in die NW-klas, devoid van adrenaline, was die gedagte van my eie mortality vir my ’n novelty. Worst case scenario word ek so hard gemoer dat ek agteroor val en my kop teen ’n klip oopkap, dink ek. Doef. Dood. Die gedagte maak my eers naar, dan maak dit my sad. Daai sentimental soort sad wat maak dat ek ’n brief vir my ma-hulle wil skryf. Een waarin ek sê hoe lief ek hulle het, waarin ek apologise dat ek nie ’n beter seun was nie. Dié brief sou ook state dat al my CD’s na my beste bra Lincoln toe moet gaan, en dat al my boeke na Maggie toe moet gaan – sy is after all die keeper van my V-card en deserve om te weet dat ek nie net ’n good lay was nie, maar dat ek ’n sensitive cat ook is, die soort cat wat vir jou good loving kan gee én wat ná die tyd vir jou uit Spring and All kan voorlees. En dan sal ek vir dié divulgence óók apologise. End letter.
Maar ek’t nooit die brief geskryf nie. Ek’s mos nie ’n sucker nie. Ek’t die heeltyd agter die lid van my Space Case self-defence videos op mute gekyk, ek’t tweedepouse in die library gaan sit om die laaste fight scene van Bloodsport te study, en as ’n dying man’s wish, het ek die eerste en die laaste page van Moby Dick gelees. En teen die tyd dat die laaste klok vir die dag lui, het ek myself fully convince ek gaan nou dié dude in sy poes in maak. Maar ek het obviously nie. En needless to say, was die beatdown ook nie fatal nie. My jaw maak net tot vandag toe nog ’n weird popping sound wanneer ek harde goed eet, en daai’s die worst of it. Clearly nie ’n teachable moment vir my nie, want ek’s vandag steeds die arrogant klein cunt wat ek tóé was, behalwe dat ek al daai energy nou exclusively into my writing channel.
Ek’t byvoorbeeld toe ek dié essay begin het (soos wat ek dié sentence nou skryf, actually) nie ’n clue hoe dié shit gaan eindig nie. Ek’t vanoggend net wakker geword en gedink, hmm, ek’t lanklaas ’n essay geskryf, kom ek gaan sit vir my ’n pot java op en skryf gou dié motherfuckin’ essay. En hier’s ek nou, besig om my homie Regardt te phone en vir hom te sê, kyk hier, ek’s besig om ’n essay te skryf, ek dink daaraan om dit vir Klyntji te submit, maar ek’s nog stuck op die einde. Hy sê is fine, ek moet stuur wat ek het, dan begin hy solank met die artwork, want nes ek, is hy ook permy in goblin mode. Hy hoef nie twee keer te dink oor ’n prikkel om iets te create nie, en most importantly, is hy ook nie bang vir failure nie.
Suppose dis hiér waar my ending lê – dié conviction dat ek enige iets kan doen as ek my mind apply. Noem dit arrogance, want dis deels dit. Noem dit ’n touch of narcissism, en ek sal dít ook nie contest nie. False confidence is probably meer on the money, maar hoe dit ook al sy, glo ek vas dat elke artist hul work bench moet approach met ’n version hiervan. As jy ’n artist is, en dié is vir jou new information, welcome to your life. Die waarheid is, jy’s maar net ’n bra wat ’n idea gehad het, wat gedink het daai idea is só brilliant, en nou’t jy jou hele lewe commit aan vir mense wys hoe gevaalik jy is. Accept dit omtrent jouself. Kyk die Bloodsport clip. Klim in die fuckin’ ring in. En kyk vir hoe lank jy staande kan bly.
Dié is hoe jy die humility leer om die arrogance mee uit te balance.
So ’n maand terug stuur ek die final draft van my tweede poetry collection vir ’n ander homie van my. Hy’s ook ’n writer, ’n arrogant boi of note, en die eerste leser en editor van al my werk. Ná so ’n uur kom daar ’n email deur:
Die shit is befok, my broe. Ôs begin wêk in August aan it. Oek: ek voel jy’t nog dié, maybe ’n derde goeie collection in jou oo voor jy moet ooswitch prose toe. Is tyd.
Aan dié email is daar ’n document attached met ’n paar short stories in wat hy onlangs geskryf het. Ná ’n tydjie reply ek:
Flames, my G, maa dié shit sal even mee gehard wies asse TV series.
Gisteroggend, so 3h, phone die man my. Hy sê hy’s besig om aan die series te werk, maar dat sy rug nou so in sy poes in gesit is, dit voel asof iemand hom in die niere geskop het. Ek lag. Hy vra hoe die novel aankom, ek sê vir hom, my broe, ek kners so hard oor dié research, dit voel asof my jaw uitmekaar uit gaan val.