Koos Kombuis se Nag van die honde: ernstiger, donkerder
Oom Koos se eerste oorspronklike album in ses jaar
Koos Kombuis benodig geen introduction nie. Koos Kombuis is Koos Kombuis. Maar ter wille van diegene wat dalk nie bekend is met dié legende nie (of vir diegene wat ’n refresher benodig) – ’n opsomming van die hooftrekke: Koos Kombuis is André Le Toit se stage name; hy was ’n sentrale figuur in die Voëlvry-beweging, en het as jong musikant saam met ander legendes met wacky name, soos Johannes Kerkorrel (Ralph Rabie) en Bernoldus Niemand (James Phillips), bekendheid (en berugtheid) verwerf vir sy musiek en persona wat ’n moerse anti-establishment-middelvinger aan konserwatiewe, calvinistiese Afrikanerwaardes in 1980-Suid-Afrika was. Sy liedjies ‘Lisa se klavier’, ‘Bicycle sonder ’n slot’ en ‘Johnny is nie dood nie’ het goue-status onder aanhangers. Oom Koos, soos hy deesdae onder veral jonger aanhangers bekend staan, is ook bekend as rubriekskrywer, outeur, digter en zef-modernistiese tekenkunstenaar met 15 albums, 10 romans, sewe kortverhaalbundels, ses digbundels en twee memoires tot dusver uit sy pen. Koos Kombuis het Ons Klyntji in die 1990’s laat herleef, en is daarom ook ere-redakteur van klyntji.com. Snotkop wens hy was so cool soos Koos Kombuis.
Die feit dat Kombuis self die opnames van sy albums finansier, en nie afhanklik van ’n platemaatskappy is nie, maak sy prolifieke discography nog meer impressive. Dit verduidelik dalk ook hoekom daar ses jaar verloop het voordat Kombuis se nuutste oorspronklike album, Nag van die honde, in Februarie vanjaar verskyn het. (Danksy die wynmaker en goeie vriend van Kombuis, Beyers Truter, is die opname van Nag van die honde gefinansier.)
Op sy webwerf skryf Kombuis dat hy “in [sy] hart ... egter steeds eerder skrywer as musikant [wil] wees”. As ’n kunstenaar is Koos Kombuis dus veelsydig en is sy plek stewig in die (Suid-) Afrikaanse musiekgeskiedenis gesement, maar hy is ook ’n polariserende figuur; hy word vandag soms nog, soos in die Voëlvry-era, bestempel as “alternatief en ongewens”, en soms is hy “almal se gunsteling-Koos”, vertel hy self. Sommige van sy ouer songs is ook in meer onlangse tye uitgecall vir seksisme en rassisme. Tog het Kombuis al gewys dat hy bereid is om jammer te sê, te herskryf en as kunstenaar aan te pas tot veranderende tye en die veranderende behoeftes van sy gehore, en dat hy altyd sal aanhou skryf – en, whether hy of sy haters will like it or not, altyd sal aanhou terugkeer na sy kitaar.
Nag van die honde bevat 13 nuwe, oorspronklike songs. Die album is hoofsaaklik akoesties, met Kombuis op kitaar en sy stem alleen wat sing. Dis overall classic Kombuis. Die finale mix van die album is deur die musikant en producer Blake Hellaby gedoen. Hellaby het op van die tracks klanke bygevoeg, wat Kombuis se kenmerkende kitaarklank goed komplimenteer en elevate tot iets meer afgerond en mature.
Maar alhoewel die akoestiese klank van die album classic Kombuis is, is die tematiek en inhoud van die liedjies meer contemplative, met meer gewig en erns as in sy vroegste albums. Oom Koos het ook ouer geraak, julle. En met ouderdom kom wysheid, of so word daar gesê. Op Nag van die honde is Oom Koos rustiger, meer nadenkend, self-reflektief en self-bewus (op ’n goeie manier). Ek wil dit selfs waag om sê dat dit dalk die eerlikste, mees gestroopte en selfs mees weerlose weergawe van Kombuis is wat luisteraars in dié album mee kennis maak.
In die openingslied ‘Doodgewone Dinsdag’ sing Kombuis wat moontlik geïnterpreteer kan word as sy mantra vir hierdie nuwe Nag van die honde-era: “op ’n doodgewone Dinsdag het ek niks meer om te sê, niks meer om te sê, niks meer om te sê nie”. Maar dis Koos Kombuis aan die woord hier; of course het hy nog iets om in die album se volgende 12 liedjies te sê. Die meeste daarvan is ’n contemplative look into die lewe van ’n self-proclaimed “afgetrede rock-ikoon” wat vrede, vreugde en sin in die alledaagse en die mundane vind.
In ‘Dinosaur days’, ’n byna spoken word-styl snit (en een van die twee Engelse snitte op die album), besin Kombuis oor sy relevansie as kunstenaar:
“I spent the last days of my old life as a has-been rock star languishing in a broken hotel in a prostitute district of a derelict part of the inner city [...] I didn’t realise at the time those were the last days of my old life. I thought it was the misunderstood dawn of some glorious new era. With the delusion so typical of those last days I kept on believing in the kindness of fate and the well-meant randomness of a benign universe. I misread all the signs. I couldn’t believe that the crowds had all gone home and that the encores would never come.”
Shame, julle. It’s tough out there, selfs al is jy Koos Kombuis.
Die titel van die album hint natuurlik reeds na die donkerder, ernstiger tematiek van die liedjies daarop. In liedjies soos ‘Vanaand in Bronkhorstspruit’ sing Kombuis van “die donker hond”, aka depressie: “Die donker hond het my gebyt / vanaand in Bronkhorstspruit / Hier aan die gatkant van die aarde is ek ’n mens in sak en as / die depressie het my ingehaal / het my in sy kake vas”. Dis ’n blik op die persoonlike binnekamer van die kunstenaar wat as public property beskou word: “Almal is so vriendelik hier / Almal wil net paartie hou / ‘Kom sing nog net een liedjie, man, hou op om jou so eenkant en upstairs te hou’,” sing Kombuis. In ‘Hartseerjassie’ is Kombuis eerlik en kwesbaar in sy uitbeelding van die comfort wat in afsondering en stilte gevind kan word. En natuurlik van die toevlug wat musiek bied: “Dis tyd vir potlood en papier / My skryfblok en my ou klavier […]”. In ‘Die ballade van Ingrid Jonker’ sing Kombuis oor die bekende digter se struggle met “die donker hond” en haar uiteindelike, beweerde selfdood.
Die album is egter nie een lang, selfbejammerende depressie-dagboek nie; in liedjies soos ‘Koffie en woorde’, ‘My oupa is ’n boek’ en ‘Ek wens’ is Kombuis sy sweet ‘Bicycle sonder ’n slot’-self. ‘Diesel se song’ is geskryf oor Truter se hond (wat ook op die cover van die album verskyn) en is ’n sweet, lighartige huldeblyk aan man’s best friend. In ‘Die alle ou tannie blues’ herskryf Kombuis sy oorspronklike (ietwat seksistiese) diss-track van ‘Sommige ou tannies’, en proclaim hy once and for all: “Ek love alle ou tannies!”
Liedjies soos ‘Wit trein’, ‘Armageddon calling’ en ‘Meer as statistieke’ is donkerder en gewigter van tematiek én gemoed; hierin sing Kombuis met ’n sense of impending doom oor plaasmoorde, die tye waarin ons leef en die toekoms wat vir die mensdom wag. It’s giving conspiracy theorist, maar wie van ons word nie ná ’n paar glase wyn eksistensieel nie? (Dis at least hoe ek vermoed Kombuis se songwriting process dalk lyk — “[…] vind ek my vrede weer hier / in die rooi glans van wyn / en my strofes gestort om die dagbreek te vier / op hierdie velle papier / vol eensame woorde,” sing hy in ‘Koffie en woorde’.
Tog is die album as geheel ’n plesier om te luister. Veral met ’n glas wyn en ’n kaggel wat brand (’n scene soos Kombuis beskryf in ‘Hartseerjassie’) of met ’n koppie koffie en ’n peinsende gemoed (‘Koffie en woorde’).
Aanhangers en nuwe luisteraars sal dalk verras wees om hierdie ernstiger, donkerder kant van Oom Koos te ontmoet, maar dit bewys net nogmaals dat Koos Kombuis — the man, the myth, the legend — altyd iets sal hê om te sê. Ons luister graag, Oom Koos.