Mercy Kannemeyer en Ryan Pedro praat oor sy tweede bundel, Prins

Outtakes van die Prins-cover shoot deur Ryan Pedro
Skryf poems vir baddies, nie vir critics nie
Die kontrasterende wêrelde wat in Ryan Pedro se bundel Prins voorkom, beskryf hy as ’n smeltkroes van uiterstes. Met sy skryfwerk probeer Ryan altyd om homself tot op ’n punt van onafhanklikheid te skryf. Outonomie. Hy wil nie in diens wees van enige diskoers rondom taal, letterkunde en die verstrengeldheid van Afrikaans nie. Mense is lief daarvoor om vir hom te vra hoe hy voel oor die eise wat die letterkundige veld aan jong skrywers stel. Sy etos as skrywer is om nie daarin vasgevang te word nie. Hy vertel my:
“Jy moet skryf om jouself los te stoei daarvan af, want dit is hoe jy vorentoe gaan skryf. En nie terugskryf en herskryf nie. Dis heeltyd hierdie idees wat in ’n sirkel gedeel word, en niemand kyk verder as dit nie. Niemand dink aan wat die mense 10 jaar van nou af gaan discuss nie. Daar’s baie min mense wat probeer sin maak van ons hier en nou, van hoe jong mense grapple. Nie net met literatuur nie. Maar met die wêreld. Daar’s ’n handjievol skrywers wat dit vir my uitstekend doen. Nathan [Trantraal], Ronelda [Kamfer]. Ashwin [Arendse].”
Ek het Ryan bietjie gepols oor sy stem, skryfprosesse, verwysings, die sonde van ons Coloured voorvaders, resensies en die kanon, want wat sou ’n Afrikaanse skryfstuk oor digkuns wees sonder om die k-woord te opper…
“Ek het Ryan bietjie gepols oor sy stem, skryfprosesse, verwysings, die sonde van ons Coloured voorvaders, resensies en die kanon, want wat sou ’n Afrikaanse skryfstuk oor digkuns wees sonder om die k-woord te opper…”
Met die laaste stoom van sy debuutbundel, pienk ceramic hondjies, het Ryan die fondasie van Prins neergelê. Tydens dié proses het Ryan die konsepsuele en teoretiese raamwerk van die boek beplan. Dit was vir hom belangrik om dit juis toe te doen, terwyl pienk ceramic hondjies nog vars in sy geheue was:
“Ek wou seker wees ek repeat nie myself nie. So toe ek eventually en inevitably crash na die pch high, was daai foundational werk done, ready and waiting vir wanneer ek myself weer van die grond af kon optel. En vroeg in 2022 het ek weer daai file gaan oopmaak met al die notes, die research, die worst first drafts van poems in, en toe begin werk ek.”
Prins is geweldig goed ontvang. Dit moes uitkom. En volgens Ryan moes dit uitkom soos dit uitkom. Hy’t geweet dit mag dalk bietjie van ’n odd ball wees in die grander scheme of things, en dit was maar ’n geval van laat hy val waar hy wil. Wie ook al hom optel, moet volgens Ryan maar engage daarmee soos hulle wil. Dit verander egter nie hoe hy oor die boek voel nie.
Ek wou weet of “die grander scheme of things” waarna hy verwys die kanon is. Tot ’n sekere mate, ja. Maar ook nie regtig nie. Die hele gedoente met die kanon is die onvermydelike deel daarvan. Ryan verduidelik hy skryf into an established literary field. Een waar geen Afrikaanse skrywer werklik die kanon kan vryspring nie. Dis waarin al die maatstawwe vir waarde bestaan. So dis die goed wat hulle gaan gebruik om die boek te waardeer. Maar as jy as skrywer verskriklik inkoop op dit, is dit iets wat jou slapelose nagte gaan gee. Maar as jy is soos Ryan en voel “fuck it”, dan is dit maklik vir jou om aan te beweeg na die volgende ding toe.
skryf poems
vir baddies
nie vir critics nie(bl.62, Prins)
Prins is ryk aan verwysings. Musiek. Letterkunde. Aanhalings. Karakters. Waar kom die verwysings vandaan? Ryan voel elke skrywer is ’n produk van hulle influences. ’n Walking library, encyclopedia van alles wat hulle al consume het. So al die references in Prins is eerstens daar om die theoretical raamwerk van die boek te establish en te bevorder, maar secondly, is dit net vir sy eie genot. Die references na films, television, musiek, art, counterculture shit soos skateboarding, graffiti, die figure (Basquiat, Sasha Grey, Desiree West), dis alles goed, mense, art wat vir hom dope is. En dis alles goed wat add tot die counterculture, underground, outsider ethos van Prins. Elke reference wat in die boek is, moet in die boek wees, want dit beteken iets. Vanaf die Baroque paintings tot die punk rock music.
Iemand kan as’t ware ’n minitesis oor net die verwysings skryf. Die verwysings laat die 21 gedigte in die boek ’n lewe van hulle eie aanneem.
Prins se finale manuskrip het uit 27 gedigte bestaan. Uiteindelik het 21 gedigte die cut gemaak. Oor die gedigte wat moes wegval, sê Ryan dit was op die ou einde net nie in lyn met die toonaard van die boek nie. In terme van die uitleg het die dele wat soos draaiboeke lyk, vir my (vir pure selfsugtige redes [omdat ek ook draaiboeke skryf {humble brag}]; hou gerus verby as jy nie draaiboeke skryf of waardeer nie) uitgestaan.
Prins is tot ’n groot mate ook ’n resultaat van Ryan se akademiese navorsing oor postuurteorie, as it pertains to Coloured Afrikaans writers. Posture being the way an individual presents themself in social, cultural en artistic fields. ’n Doelbewuste konstruksie van ’n identiteit aan die hand van wat die betrokke veld vereis. ’n Karakter. So die verwysings na film, televisie, draaiboeke en die idee van Prins, Ashley, Logan en Shannon as karakters het net sin gemaak. Prins, die oorkoepelende spreker, se konstante negotiation met sy identity deur sy ruimte en ander karakters daarin was quite special om te construct. Ryan sê dit was vir hom soos ’n kortfilm. Verder meen hy:
“En dan op ’n praktiese level (lol), het dit ook gehelp dat daar raakpunte is tussen die concept en die content van Prins en my dayjob. Dit het my dialed in gehou met beide, en terwyl dit in inhoud en application twee verskillende wêrelde is – poetry en draaiboeke – was dit belangrik om te voel dat my brein nie té ver en té veel moes spring nie vanuit my 9–5 tot my 5-gotwietwanne nie. Ek dink ek sou baie langer geskryf het aan Prins as dit nie ’n klipgooi weg was van my werk as storyliner en scriptwriter nie.”
Voordat ek en Ryan dieper in die bundel delf, wou ek egter eers by hom hoor oor sy stem, taal, identiteit en sy motivering agter die werk. Ek vra onder andere vir hom hoe ’n digter dit regkry om so getrou aan hulle stem te bly soos hy. Ryan erken dat hy nie vir ander poets kan praat nie, maar hoe hy dit regkry, is om hom bloot nie te steur aan die diskoers rondom taal en identiteit nie. Veral nie in die konteks van die Afrikaanse literatuur nie – dis té in diens van die tradisionele, Westerse ideale van wat literatuur veronderstel is om te wees. Volgens hom is dit outdated.
“Ek probeer myself met elke line, elke poem, elke boek skryf tot op ’n plek van outonomie. So wanneer ek in my skryfwerk stoei met die eise wat die literêre veld stel, stoei ek om los te kom daarvan, nie om verder verstrengel te word daarin nie. Daar’s meer as een manier om jou texts te lace met literary merit. Jy moet net verder dink as wat crusty, Wit mans vir jou sê oor wat Afrikaanse literature behoort te wees. Jy hóéf nie te add tot die groeiende, mind-numbing korpus van terugskryf en herskryf nie. Skryf ’n slag vorentoe. Klink seker baie anti-establishment, maar ek dink nie dit is nie. Ek’s net pro-me, myself and I. En me, myself and I wil net cool boeke skryf. Daai’s al.”
“Daar’s meer as een manier om jou texts te lace met literary merit. Jy moet net verder dink as wat crusty, Wit mans vir jou sê oor wat Afrikaanse literature behoort te wees. Jy hóéf nie te add tot die groeiende, mind-numbing korpus van terugskryf en herskryf nie. Skryf ’n slag vorentoe.”
Daar is ’n hardheid en sagtheid wat in talle van Ryan se skryfwerk voorkom. Dis soos ’n dans. Hy praat van bomme en blomme. Dit kom weer terug na die hele complexity of masculinity thing toe, meen hy. Dat masculinity, especially Coloured masculinity, nie ’n eendimensionele identiteit is nie, en dat die ervaring van Coloured laities nie monolithic is nie. En een van die grootste maniere hoe hy dit wou uitbeeld, was deur die speakers/characters se emotional experience van hul wêreld.
“Ek’t as laitie ’n tjommie gehad wat altyd gehuil het terwyl hy baklei. Like full-on swinging and crying, as if to say dié maak vi my meer seer as vi jou. As laitie was dit vir my hilarious, maar nou breek dit my hart om terug te dink daaraan. Hy was bomme en blomme ineen. En hy’t eventually suicide commit. Suppose sy body en sy mind kon nie daai konflik huisves nie. So, inhoudelik is dit waarvanaf daai kom,” vertel Ryan rustig.
“En dit het natuurlik oorgespoel na die textual toe ook. En ek’s honestly so proud op hoe dit reflect in die texture en die rhythm van die language. Kyk, ek gaan nie sê ek voel soos Nas met dié boek in my catalogue nie, maar ek wou nog altyd ’n boek geskryf het wat lees soos wat Illmatic vir my klink. En ek dink ek’t pretty close gekom met Prins. Soulful, maar strak. Sensitief, maar aggressive. Woorde wat ’n way vind om te flow en te meandre oor en deur rigiede tekstuele gegewens.”
En die kompleksiteit van manlikheid?
Ryan: Lol, are we? Men are trash, but try and unpack the trash.
Mercy: 👏🏽 (Vir diegene wat nie emoji-taal verstaan nie: This Coloured woman was too stunned to speak.)
In die sinopsis lees ons dat die gedigte in Prins vanuit ’n bepaalde gemeenskap kom. Die beskrywing is dubbelsinnig. Gelade. Hoe sou Ryan die bepaalde gemeenskap dan beskryf? Dis die buitewyke van suburbia. Daar is verlate parkeerterreine. Vervalle netbalbane. Tennisbane. ’n Publieke swembad wat “danksy panic van die droogte en watertekort leeggetap is,” verduidelik hy aan my. Daar’s ’n winkelstoep waar die laaities uithang. Kinnes wat klappers aan die brand steek en dan weghardloop. Kinders wat skelm drink by die een ouer se huis. Daai unseen part van suburbia.
Dan is daar die huis van een van die vriende wie se ouers nie regtig oor hulle doen en late omgee nie. “Dis ’n space wat gepopulate word deur outsiders van alle races, classes en genders. Rappers, gamers, artists, skaters. Die ethos van die space word bepaal deur counterculture, underground values.”
Ryan is dankbaar vir sy uitgewers se dubbelsinnige beskrywing van die boek se geografie, want dit was juis die punt. Die leser moet die ruimtes saam met die karakters in die boek navigeer. Hoe die karakters die betrokke plekke in die boek ervaar, word bepaal deur wie hulle is.
“Ek wou ’n boek skryf oor Coloured laities wat exist buite die confinements van die white gaze. Dit was vir my belangrik dat hulle identities die site van oorsprong is vir hul humanity. En dit was vir my belangrik om die Wit teenwoordigheid in die boek te limit tot sekere, nodige instances. Maar for the most part, gaan daar net ’n Wit presence in die boek wees as die reader Wit is. En dan gaan húlle die token White bra wees in Prins, Ashley, Logan en Shannon se crew. Een van die main goed van die boek is om space te claim. Nie om te sê dié space behoort aan so-en-so, maar nou is ons hier nie. Dis meer net soos – ons is nou hier, maybe was ons nog die heeltyd hier, so wat gaan jy daaraan doen?”
Ricardo
Tristan
Zoran
En inderdaad was ons en vele ander onse nog die hele tyd hier. Hierdie lei my na die sondes van ons vaders waaraan Ryan ook raak. In die letterkunde lees ons so dikwels van die sondes van Wit vaders. Hoe sien Bruin vaders en Bruin sonde dan daaruit? Veral as daar in hierdie boek nie daardie aanhoudende witgeid wat ons oral anders in Afrikaans optel, te bespeur is nie.
Vir ons voorvaders se sondes wil Ryan nie verskonings maak nie. Hy voel ons ouers se generation, en especially dié’s wat lucky enough was om access te kry tot spaces waar hulle kon swot, of werke kry wat hulle in class laat advance het, is ’n weird breed. Want hulle’s nie much anders as die plaaswerker of die huiswerker wat moet lewe en survive in ’n wêreld waar witheid sinoniem is met mag, rykdom en status nie. En dis daai ding van survival waarop hy klem wil lê, want suburban Coloured ouers se skarrel is een wat kom met ’n plethora van traumatic experiences.
“Dave Chapelle het dié een joke waar hy sê: ‘My parents did just well-enough for us to grow up poor around White people.’ So ons ouers was vasgevang in ’n state of catch-up speel, ’n unatainable status najaag. En baie raak lost in daai. Sure, ons was clothed, fed, safe en educated, maar ons – as in suburban Coloured laities – se emotional literacy was non-existent. Wat isse ‘I love you’ even? En dan wil ek nie eers praat van die horrors van assimilation nie. Identity? Culture? Dit was ready-made shit, found objects.”
... (Ellipse sodat ons almal kan onthou om asem te haal.)
Ryan erken dat hy dit baie geniet het om hierdie boek te skryf. Ek sluit met sy woorde af:
“Reading the book is like spending time with people you know. Dis soos om in ’n vertrek te stap by ’n fucked up house party, maar jy voel daar’s kinship met almal anders daar. Dit was vir my belangrik om daai kinship te create. En om die space so ambiguous moontlik te maak sodat iemand kan kom en die boek observe. You don’t have to engage with what’s happening, but you’re gonna pay witness to what’s going on. Hierdie wêreld exist. Hierdie weird suburban Coloured kids exist. Jy sien dit baie min in die Coloured literature. En daar’s niks fout daarmee nie, maar dis altyd – die laities uit die ghetto, of Noord-Kaap, of hier, of daar. Die ghetto is altyd die centre van marginalised writing in Afrikaans. En dit het nou al ’n ding geword. Dit het nou al ’n merker geraak vir kwaliteit uit sekere perspektiewe. So wanneer ’n boek soos dié een verskyn, wat de fok doen ons nou? Ons het gedink Coloured laities is net in die ghetto. Nou is hulle skielik in die suburbs en hulle ry skateboard en hulle het access tot privilege. You need to pay attention to get the nuance of that. Daar is ’n meer-dimensionele manier om te dink oor die lewens van hierdie tipe laaities.”
Lank lewe die laaities op die outskirts. Die prinse.
“Die ghetto is altyd die centre van marginalised writing in Afrikaans. En dit het nou al ’n ding geword. Dit het nou al ’n merker geraak vir kwaliteit uit sekere perspektiewe. So wanneer ’n boek soos dié een verskyn, wat de fok doen ons nou? Ons het gedink Coloured laities is net in die ghetto. Nou is hulle skielik in die suburbs en hulle ry skateboard en hulle het access tot privilege. You need to pay attention to get the nuance of that.”
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Mercy Kannemeyer en Ryan Pedro praat oor sy tweede bundel, Prins gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.