Mermaid Fillet en die godin wat storms laat woed in Kaapstad

Mermaid Fillet en die godin wat storms laat woed in Kaapstad

Portrait of Solange deur Mia Arderne

Mia Arderne se debuut tref vir Mercy Kannemeyer tussen die oë

“Goddess: Don’t be taken for a poes. This is particularly hard to remember when it’s year end. You’re defeated. You’re tired. You’re weakened. Don’t get taken for a poes. Not by those who wanna employ you. Or even those who love you. They will all try it. It’s festive. Stay wys” (Mermaid Fillet, 2020, Kwela).

Bostaande aanhaling is die inleidende paragraaf tot Mia Arderne se debuutroman, Mermaid Fillet. Mia is ’n skrywer van Kaapstad en in haar werk fokus sy onder andere op die politiek rondom geestesgesondheid, gender, seksualiteit en ras.

In Mermaid Fillet skep Mia vir die leser ’n tipe Kaapstad waar vroue hulle eie plek in die samelewing probeer definieer te midde van vrees, geweld, misogyny, en ’n godin wat dit laat storm wanneer vroue mishandel word. Mia neem die leser op ’n avontuur van die onwettige handel in meerminsterte, wannabe gangsters, en die soeke na ’n Tamagotchi. Sy raak ook aan die tema van die feesseisoen in die bruingemeenskap. Menigte weet dat die feestyd in Suid-Afrika ’n leefstyl is. “Is fokol, is festive” staan op al wat ’n t-hemp, bierglas en Facebook-status is.

“The sentiment of ‘It’s fokol, it’s festive’ normalises many things,” skryf Mia in 2018 vir The Mail & Guardian oor depressie tydens die feesseisoen. “It’s a time in which we’re allowed to devolve together, when there’s a general understanding that Dezemba is finite, borrowed, sunken time, and so we acquiesce. We’re all kindred in this spiral. Substance abuse is higher, depression is wider, exhaustion is deeper. We’ve tapped out, we’re tuned out, we’ve emotionally flat-lined.”

Mia doen tans haar meestersgraad in Engels aan die Universiteit van Kaapstad, en het voorgraads in filosofie, drama en klassieke beskawings gespesialiseer. Sy is ook ’n kunstenaar, hou van André P Brink, en is beïnvloed deur Guy Ritchie en Quentin Tarantino. Toe ek Mermaid Fillet vir die eerste keer in Stellenbosch Books optel en daai eerste bladsy my tussen die oë bliksem, het ek geweet ek móés saam met Mia gesels. Haar boek is relevant en sy is besonders cool.

 

MERCY: Ek het iewers raakgelees dat jy nie rerig ambisies gehad het om ’n boek te skryf nie. Wat wou jy doen? 

MIA: Ek wou aanvanklik ’n skrywer word en ek wou ’n boek skryf, maar soveel uitgewers het my verwerp. Daarna was ek in ’n mental space waar ek opgegee het. Toe het ek nie meer enige ambisies om ’n boek uit te gee nie. Ek het gedink: “Okay, obviously gaan ek nie ge-publish word nie, so, cool.” En ek het opgehou probeer. Ek het vir Marie Claire, Cosmo en ander tydskrifte geskryf, en ek was okay daarmee. Ek het nie meer probeer om ’n boek te skryf nie, want ek het oor die jare baie hard probeer, en ek was baie kere rejected. Ek was net ’n bietjie defeated deur daai hele proses. Ek wou skryf. Ek wou skilder ook. Ek wou back in the day ’n artist wees, maar dinge het net nie my way gegaan nie. Dit is ook maar die industrie. Stevlyn Vermeulen van Kwela het my genader en gevra om ’n boek te skryf, so I just jumped into it. 

“‘Well, ma’am,’ said the doctor, ‘I’ve never seen anything quite like this before. It might be the first documented case in medical science, but your baby has come out of the womb wearing Jordans’” (Mermaid Fillet, bl.9).

MERCY: Vertel my meer oor die titel “Mermaid Fillet”. Die beeld is ’n skerp en pragtige jukstaposisie. Jy het die meermin aan die een kant, en die tipe assosiasies daarmee is dat dit mooi en feetjieagtig is. Dan het jy die fillet. Hoe het jy op “Mermaid Fillet” besluit? 

MIA: Ek het ’n hele klomp ander titels gehad, en my editor het baie van “Mermaid Fillet” gehou. In retrospek is al my ander titels kak. Ek hou van “Mermaid Fillet”, ek hou van die geweld daarvan. Ek hou van die idee dat iets wat veronderstel is om mooi, mities en sacred te wees, net so opge-slice kan word. Dis tog wat gebeur. Die titel dui vir my ook op depressie. Wanneer jy dink aan die stert van ’n meermin, is dit asof die bene stuck is. Jy beweeg nie. Dis hoe ek in my depressiewe episodes gevoel het, my bene het saamgesmelt en ek kon nie beweeg nie. Dis ’n stert en dis uit die water uit. Gedurende my depressiewe episodes kan my bene net so wel opgesny en op die swartmark versprei word, because I’m not even sentient. Die titel kom van daardie gedagte af. 

Wanneer jy dink aan die stert van ’n meermin, is dit asof die bene stuck is. Jy beweeg nie. Dis hoe ek in my depressiewe episodes gevoel het, my bene het saamgesmelt en ek kon nie beweeg nie. Dis ’n stert en dis uit die water uit.
— Mia Arderne

MERCY: Jy het genoem dat rejection deel van die skryfproses is. Hoeveel van jou rejected idees het dit tot in Mermaid Fillet gemaak?

MIA: ’n Bietjie. Sommige passages het van ouer idees af gekom, maar dit was totaal en al verskillend van die werk wat ek aanvanklik vir publikasie submit het. Ek het my ou werk gelees, die goed wat ek voorheen submit het, en dit was fokken terrible. So, ek het nie baie van my vorige rejected idees gebruik nie. In die jaar wat ek opgehou skryf het, het ek baie gegroei.  

MERCY: Ek voel ook soms so! As ek terugkyk na van my ou werk, in terme van skryfwerk of teaterproduksies, is dit nogals kak. Maar, in daai moment toe ek dit geskep het, voel ek soos die coolste en beste kunstenaar ooit. En dan wanneer jy ná ’n paar jaar terugkyk, is dit nogals cringe. 

MIA: Dis ’n teken dat jy gegroei het of dat jy besig is om te groei. As jy terugkyk na ou werk en jy love dit, beteken dit jy develop nie, man. Ek dink dis ’n goeie ding. Ek haat dit om terug te kyk na my ou werk. Ek wil dit nie sien nie, want dit is altyd so cringey om na die kak te kyk wat ek jare gelede geskryf het. Dit kan helpful wees, jy kan gems vind in van jou vroeë werk, maar jy moet besef, jor, ek was nie altyd so kwaai soos wat ek gedink het nie. 

“Isaac didn’t have Spotify; he ripped songs from YouTube and converted them to mp3s” (Mermaid Fillet, bl.33).

MERCY: Wanneer het jou liefde vir lees en skryf begin? 

MIA: In die laerskool het ek baie gelees en skryf. Selfs in hoërskool. Ná hoërskool het ek minder begin lees. Ek het nog gelees terwyl ek gestudeer het, maar op universiteit het ek agtergekom dat ek baie minder lees. My liefde vir lees is nie meer wat dit was nie. Ek moet maniere vind om daai liefde weer te ontwikkel.

 

Mia raak aan iets wat super relevant vir my is. Ek was ook ’n kranige leser toe ek nog op skool was. Ek het ’n boek ’n dag gelees. My grootste en beste prestasie is dat ek Twilight Breaking Dawn (756 bladsye!!!) binne twee dae gelees het. Ek was 16 jaar oud. Daar is ’n meme wat op sosiale media die rondtes doen wat iets sê in die lyn van: “There’s no way this is the same brain that used to read a book in a day”. Leser, wat gebeur met ons? Hoekom lees sommige van ons minder soos wat ons ouer word? Ek lees nog steeds genoeg, maar ek lees deesdae meestal vir akademiese doeleindes, of om met die nuus by te bly. Dis selde dat ek die geleentheid kry om net ’n lekker boek te vat en dit vir die pret te lees. Ek het ook iewers gelees dat dit veral former gifted children is wat al hoe minder lees wanneer hulle volwassenes word. En as ’n voormalige gifted child, kan ek dit absoluut bevestig en sê dit is absoluut waar. Indien jy die antwoord op hierdie netelige kwessie het, mail my jjmercyk@gmail.com. Terug na die onderhoud… 

 

MERCY: Wat het jy studeer? 

MIA: Drama, filosofie en classical civilisations. 

MERCY: Classical civilisations?! Wat is dit? (Wow, Mercy. Moenie my judge nie, leser, asseblief. Ek het mos sopas verduidelik dat ek minder lees as wat ek altyd gedoen het.)

MIA: Like Homer, en die Roman Empire, en Greek shit. 

MERCY: A, ha. (Ek skud my kop, nog steeds nie heeltemal seker wat classical civilisations is nie, maar daai game Age of Empire speel in my geestesoog af.) Drama en filosofie, dis ’n lekker kombinasie?! 

MIA: Ja. Ek dink nie ek was ooit goed genoeg om ’n aktrise te word nie. So toe spesialiseer ek in script writing en dans. Ek is mal oor dans. Ek het drama geniet, maar ek kon vir ’n fok nie ’n werk kry nie. Ek het een of twee shows by die National Arts Festival gedoen as deel van my graad. Ek ken ’n paar ongelooflike akteurs, en ek weet acting is nie vir my nie. Jy weet wanneer jy iemand sien wat kak goed is in iets, en jy’s soos van “okay, this is not my thing”. Maar, ek hou van plays skryf. Ek hou van longer form shit. 

My grootste en beste prestasie is dat ek Twilight Breaking Dawn (756 bladsye!!!) binne twee dae gelees het. Ek was 16 jaar oud.
— Mercy Kannemeyer

MERCY: Word jy nou, meer as een jaar ná jou boek uitgekom het, nog verras deur reaksies op jou boek? 

MIA: Ek kan nog steeds nie glo dat ek ’n boek geskryf het nie. Ek is nog altyd like “what the fuck”. Dit het baie beter gedoen as wat ek gedog het dit sou. Ek het glad nie hoë verwagtinge gehad nie, want ons is in ’n moeilike bedryf. Soos ek voorheen gesê het, is ek deur heelwat rejection. My boek hou aan om my te verras. Dit is deel van ’n kortkursus by UCT en die studente leer van Hydro Feminism. Ek het dit glad nie verwag nie. 

Portrait of Dope Saint Jude deur Mia Arderne

“December in Goodwood will leave you feeling some type of way. You can’t escape the dronkverdriet in December in Goodwood” (Mermaid Fillet, bl.16).

MERCY: Jy gebruik heelwat van jou eie ervaringe in sommige van jou karakters. Hoe werk daardie proses vir jou? Is dit ’n tipe uitskryf? Is dit healing? Indien dit nie genesend is nie, hoe verhoed jy dat jy jouself hertraumatiseer in die gevalle waar jou karakters, soos sommige van hulle in jou boek, deur traumatiese gebeure gaan? 

MIA: Jor, dis ’n moeilike een. Laat ek net nog ’n entjie aansteek. Die woord uitskryf is spot on. Dis presies wat dit is. Heelwat van die boek was ’n tipe uitskryf en om ’n klomp kak uit my system uit te kry. En ek sit dit in die karakters op verskillende maniere. They become how I wanted to deal with a lot of situations but didn’t. Hulle sal dala in maniere waarop ek graag sou wou dala. Dit was hertraumatiserend. Ek kan nie eers vir jou sê dat dit healing was nie, want om oor sexual assault en depressie te skryf, is baie real vir my. En dit is gebaseer op baie van my eie trauma. Ek weet nie of daar maniere is om jouself nie te hertraumatiseer nie. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar ek het dit nie reggekry nie. Sommige dele in die boek kon ek nie herlees nie. In ’n sekere sin is daar ’n katarsis, want jy skryf vanuit jouself, maar terselfdertyd het ek soms deurmekaar gevoel nadat ek geskryf het. 

Ek sou aanbeveel dat indien skrywers oor hulle eie trauma of traumatiese gebeure skryf, hulle gedurende die proses ’n sielkundige probeer sien. Ek het nadat ek Mermaid Fillet geskryf het, iemand gaan sien, en ek besef dat ek eintlik gedurende die proses ook iemand moes sien. 

“Alcohol was weaponised against us as a people. It’s almost a revolutionary act, as a Coloured, not to get addicted” (Mermaid Fillet, bl.210).

MERCY: Ons weet terapie is duur. Hoe dink jy kan mense vir hulleself ’n space skep waar hulle veilig voel? 

MIA: Daar is iets healing rondom collective werk, maar wanneer jy skryf, is jy alleen. Kry ’n after care plan. As jy weet jy gaan deur iets skryf wat jou kan traumatiseer, maak seker jy het iemand saam met wie jy kan praat. Terwyl ek Mermaid Fillet geskryf het, het ek baie saam met my ma gesels. Om iemand aan jou kant te hê, help. 

Carine’s Portrait deur Mia Arderne

MERCY: Jy skryf veral oor geestelike gesondheid in die bruingemeenskap. Kom ons gesels bietjie daaroor. Ek weet dis dikwels ’n taboe, want mense hou nie daarvan om daaroor te praat nie. Hoe navigate jy dit? 

MIA: Ek het deur ’n bad depressive episode gegaan. Ek ly aan depressie, maar ek het ’n particularly bad depressive episode gehad toe ek ’n nagraadse student was en nie werk kon kry nie. Ek het daai tyd by my pa gebly. My toppie is ’n baie reguit motherfucker en ek is lief vir hom. Hy’t na my kamer toe gekom en gesê: “Look here, stop vergaan-ing there in your room. Come outside and do some manual labour. We’re going to use this leaf blower, do the dishes…” Hy het vir my goed gegee om te doen, want ek het in my kamer vergaan. Wat ek interessant vind daaromtrent, is dat hy nooit die woord depressie gebruik het nie. Ek dink ek het vir hom gesê ek het depressie, maar hy het nooit daai woord gebruik nie. Alhoewel hy nooit die woord gebruik het nie, het hy dit steeds ge-recognise as iets. Hy het my depressie “vergaan-ing in your room” genoem. Sy manier om daarmee te deal, en om my te help om daarmee te deal, was om vir my goed te gee om my besig te hou. Hy sal vra: “Is jou hanne tette?” Nee. Hy het my geleer om gate te boor, en dit en dat rondom die huis te doen. 

Ek weet dat daar in die coloured community mense is wat nie terme soos depressie, angs, PTSD, ensovoorts gebruik nie. I think more than using those terms or not using those terms, if you can recognise it as something, daai’s belangrik. Dis ’n begin. Dis nie genoeg nie; woorde is belangrik en ons moet dinge op hulle naam kan noem. Vir my was dit ’n belangrike moment dat my pa my depressie in sy eie woorde gesit het, you check?  

Foto van Mia Ardene deur Kgosi Motsepe

[My pa het] na my kamer toe gekom en gesê: ‘Look here, stop vergaan-ing there in your room. Come outside and do some manual labour. We’re going to use this leaf blower, do the dishes…’
— Mia Arderne

MERCY: Wat is jou nommer een tip om die festive season te oorleef?

MIA: Ek het twee antwoorde. Die eerste een is DRINK WATER terwyl jy suip en wanneer jy klaar gesuip het, voor jy gaan slaap. My tweede tip is moenie al jou geld spandeer nie. Hou vir jou ’n bietjie kroon vir Januarie. Ek weet dis moeilik, maar daai shit gaan jou gat red next jaar. Dit was ’n rowwe jaar. Be safe out there in terms of drinking, because I think everyone’s gonna go a bit bos, including myself. Maak seker jy het mense wat vir jou uitkyk. Dis dit. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Mermaid Fillet en die godin wat storms laat woed in Kaapstad gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand