Asof omme memory te deel dit sal lat vi’gan

Grafika: Paul Kammies
Paul Kammies vertaal Ocean Vuong-gedigte in Kaaps
One hand loves the other… I never thought I would compromise – ‘Unison’, Bjork
Instead, soes skemer of dawn. Hierri artikel gaan oo die inbetween-wêk van vertaling. Oorri lig wat ’n mens op poësie kan werp wanne ’n vertaling sigself openbaar. Hoe dans ek daarmee? Hoe transformeer ’n vertaling my lewe? Stuu dit my na die liggaam vanne anne?
In 2021 het ek ’n copy van Ocean Vuong se poetry collection Night sky with exit wounds (2016) gekoep – ’n collection wat tot my ervaring spreek, maa nie altyd tot my home nie. As geheel issi collection ’n tour-de-force in intertekstualiteit, embodiment enni sediment vanni sublime. So ek summon drie gedigte saam met my eie memories vanne verhouding wat ek steeds koester. My herskrywing van Vuong se poems, ‘Threshold’, ‘A prayer for the newly damned’, and ‘Torso of air’ is ’n poging om memory te release sonne dat dit disintegreer. Met hierri werk invite ek conversation. Ek ascertain datti translation my eie wide window is, ’n stained window is, wattie oospronklike landscape transfigure in plaas vanne occupation met realism offe one to one display – the translation would be boring and tepid then.
Die article highlight die importance van translations enni personal experiences vanne translator se imprint oppi wêk; it’s not so much about echoing die stem vanni original poet, mee vanni transportation vanni gevoel watti poem gie. Vertaling is ’n plig van religion. ’n Wêk van rebirth en inkarnasie. When a translation becomes, kan mens nie net daaraan dink as ’n nuwe werk nie. Disse tatoeëermerk.
“Vertaling is ’n plig van religion. ’n Wêk van rebirth en inkarnasie. When a translation becomes, kan mens nie net daaraan dink as ’n nuwe werk nie. Disse tatoeëermerk.”
burnings, yuriel. burnings: elders in 2022
Ek steek ’n uitgedroegte naartjieskil anni brand. Die air wôd geperfume en bestraf: citrusy, zingy en black wafts van roek whip tienie dak van my kame. As iemand into my kame kyk vanni buitestekant af, sou ek soes ’n Ukiyo-e print lyk. Flanked deu ’n yokai enni engel Yuriel, my head tilted om die makeshift altar te bekyk. Ek isse wandelende aard; ek vra myself kruis, tewyl ek die een line vanne gedig in my kop oovertel, ewebeeld (Vuong, 2016:3):
In the body, where everything has a price [✝️]
In the body, where everything has a price [🪢]
In the body, where everything has a price [🥋]
In the body, where everything has a price [🤢]
Ek sit metti feeling vannie line; ek voel hoe pressurised it is; hoe alles – my shame, my lust, my anger – hoe alles inni een line gehou is. Hoe die line in sy eie way memory and sadness bymekaarbring; hoe die tension in die line soes dai smoke-whip is. Ek wou net die reuk vanni dood iet my kame kry. Ek wou iet my last relationship se ending uitloep. Maa ek het vasgehak byrri threshold, like an ultimatum.
Aan die aanvang | Gesangdrumpel
’n Vertaling van ‘Threshold’ deur Ocean VuongInni lyf waa alles las het
was ekke swerwend. Op my knieë,het ek geloer, deurri sleutelgat, nie
die man wat stôt’ie, maa’ie rienwat deu hom daal: kitaarsnare om
sy globed skouers geslag.Hy’t gesing, juis hoekom
ekkit onthou. Sy stem –het my laat volloop [to the core]
soese skelet. Selfs my naam hetbinne my af gekniel, gesoebat
om behoed te wôd.Hy’t gesing. Dais al wat ek onthou.
Want weens inni lyf waa alles las het,was ek lewendig. I didn’t know
dat daa beter rede wassiDái een oggend sou my pa stop –
’n donke nuweling in stormvloed gestaak –& vir my bevange breath luiste
van agte’ie deur af. Ek hettie gewiet dat die lasvan om inne gesang te gang – is om jou way terug
te velooToe gan ek in. Toe veloo ek.
Ek’t alles veloo met my oëwyd oep
The Joy Of Salvation
Don’t the moon pull the tide, babe, I’m yours, babe. Use me, wanna give you control, with the lights on. If I could just let go. Forgive me, it’s the very time that I’m nervous, can I trust you? – ‘Use me’, Miguel
Oë frosted met escape, oë soe donke en ingeval dat hulle niks reflect; they don’t even reflect me. Therefore I’m falling in love with you. Ek hou van iemand wat my heeltemal kan uproot – die hazard voel reg. Ek voel weer bang, veral vi iets wat my of ôs naby anni dood kan bring. Die dood salli vi ôs skei nie, sonde kanni soe maklik weggewas wôd nie. Dai’s die benefit van om in iets te gloe, jy store jou treasures in pleasure, en as jy inni hel inkom, elke punishment sal jou remind van alli times wat jy happy was. Ek wonder wat dit beteken dan, as jy an happiness desensitised wôd. Ek en jy sit oppi jammie-steps, die tyd sleep virri maan in. And with that, die doppe vanni mense wat ôs is inni dag. Nou praat ôs oo gebed, seks en hoe ons mekaa compliment sonne ’n label. Ek dink oo hoe ek ’n ster aan jou naam wil koppel; ek wil hê jy moet my godsdiens wôd. Dat as jou naam in my bek is, wôd ek salig, wôd ek doop. As jy an my hand vat, dat ek reg vi once kan maak. En dat as jou reflection op my lyf lê, wôd ek shameless. Ek vertel’ie storie van jou in whispers, om te bewys ek bestan oek.
Ek dink alles is gebed. Jy dink gebed is unnecessary. Dai aand wassi begin van ôsse downfall. Ek’t gedink anni eeste kee wat ôs gesels het, byrri botaniese tuine. Hoe jy die broken plant uitgewys’et. Hoe jy my binne die lotus pod gesien’et.
And yet, vind ek communion in jou hand. Jy weetie wat jy my aangebied’et nie; dit wasse forcefield, so stêk it was ampe ’n spine; die brom vanne karenjin. Ek weet jy’t eintlik in gebed gegloe. Jou tong het deur salvation gepierce, moved so quickly into a nuwe apocrypha.
passiflora & hiacint
’n Vertaling van ‘Prayer for the newly damned’ deur Ocean VuongAbba, vi’giewe my omdat ek getuig.
agter’ie houtheining, ’n veld beskyn
metti somer, ’n man watte skag
tien ’n nogge man se keel afdruk. Staal verander in lig
oppe sweterige-skoon nek. Vi’giewe my –
omdat ekki hierri tong inni gestalte van U naam
beraam’et nie. Om te dink:
So moet elke gebed
begin – die woord Asseblief splits
ie wind in fragmente, into watte
seun hoor in sy nood om te vestaan
hoe smart die liggaam terug na
hul sondaar seën. Die uur skielik
dig gemaak. Die man, sy lippe tien
die swat boot ingepers. Issit mis
dat ek dai oë bemin, om iets te sien, soe helder
& blou – wat smeek om helder
& blou te bly? Het my wang gebibber
toerri vogvlek [shadow] uit sy lies bloesem
& in okerklei aftap? Hoe gou
U die lem wôd. Maa lat ek wee
begin: Haa’s ’n boy neergebuig
in ’n huis waa elke deur oopgeslaan
is virri somer. Haa’s ’n vraag wat
sy tong wegvreet. Die mes betas
U vinger gehok binne’ie keel.
Abba, wat wôd vanne boy
wattie meer ’n boy issi? Kanala –
wat wôd vanni herde
assi skape cannibals is?
Os het mekaa na die threshing floor toe gebring. Salig gemaak deu die desire vi ’n ending. We challenged ritual together. Prophesies geopen binne shoelaces en raindrops. Paper cups uit hard left turns en mafia sayings gemaak. Niks was genoeg om vi ôs te accommodate nie. Doodeenvoudig het ôs alles rondom os disarm.
As we’re sitting, steek ek ’n Camel double an. Beide vannie liggaams binne uitgepers, een grape, een menthol. Die crisp klank vannie crush is geswallow deu jy watte redbull oepmaak – nagmaal. Ek rook eers en dan gee jy my die can; I figure out that you still have your tonsils. Jy vra my: “How do you know that?” Ek antwôd: “I can taste it.” Ek envision jou in my kame, arms outstretched, head tilted back, back arched, mond agape. Gasvry vi my gaze wat jou in coral glitter filter. Ek tel jou tonsil stones af soesie petals off a flower.
Amen.
Ecto | morph
Langs my lê jy.
Die grey jockey, navy kôtbroek, signature white en olive striped hemp, wit kouse en jou mid hoops Adidas, die cream ones.
You have transformed, jou liggaam wave wit flags as ’n signal vir my. Om jou te verlaat is onmoontlik op hierri stadium. Os het een vlees geword, wat beteken dat wanneer jy in die stort is en warm steam van jou verdamp, dat dit ek is in die ketel wat bubble over. Dat dit jy is wat die oggendmis verf. Jy issi hie nie.
Ek het allie behoefte, allie desire to undress you veloo. Breek eerder, break into me.
Vandag gaan ons weer Stellenbosch toe en ek het geen idee dat dit die laaste keer sal wees dat ek jou sien nie, the last time I will call you. Want ek het jou veloo in allie compassion. I have lost you binne ’n translation van pyn. Wanne ôs in mekaa invleg voel dit hollow.
Hunker
’n Vertaling van ‘Torso of air’ deur Ocean VuongSuppose jy veanne jou lewe eintlik
&’ie body is mee as nettestukkie vanni aand – gebêre
in bloukolle. Suppose jy’t wakke geskrik& uitgevind dat jou skadu vevang is
menne black wolf. Die boy, ruim& weg. Soe jy sittie mes tienie muu
instead. Jy kêf & kêftodat ’n munt van blink veskyn
& jy kry uiteindelik kans om na blydskapte loer. Die eye
wat terug loer vanni anne kant af –wagtend
Sing wee dai lied, dai lied wat soes klapper vassit. Stry wee met my soos ’n line break. Engulf my, toor my. En nou, drink my saffron water soes oolog.
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Asof omme memory te deel dit sal lat vi’gan gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.