Spinners: Pressure-sensing, carnal, exhilarating 

Spinners: Pressure-sensing, carnal, exhilarating 

Paul Kammies asem die uitlaatgasse van dié TV-reeks in

Spinners merk ’n wending in die Suid-Afrikaanse entertainment-bedryf en ek’t gewiet die show in sy entirety gan iets wees wat moet beleef wôd. Die long awaited show het uiteindelik vroeg Oktober vanjaar op Showmax begin vetoon en dit spark al klaar conversation. Die eerste episode het vroeër die jaar by Canneseries gewys en daarna virri Suid-Afrikaanse gehoor by die 2023-Silwerskermfees, waar ek dit die eerste keer gesien het. Geregisseer deur Jaco Bouwer (Die Spreeus, 4 Mure, Gaia) met Sean Steinberg en Matthew Jankes (vorige deelnemers by die Silwerskermfees, ook mede-creators van Axis Mundi) as hoofskrywers, kan gehore verwag dat hierdie show gelaai, skerp en consciously geskep is. Spinners is co-produced deu Showmax enni Franse Canal+ en issi eerste Afrika-reeks wat gekies is om byrri Canneseries te wys. Dit het drie toekennings by Dakar Series gewen, insluitend beste TV-reeks. 

Spinners isse corporeal joyride deu The Hills, ’n deel vanni Cape Flats. Ontbind alles wat jy perceive oo survival en oo morality. Let go en ghostride inne kar vergesel deurri brom vanne V8 engine. Soms het mense ’n choice tussen twee wêrelde, maa sometimes is dai wêrelde te naby an mekaa. Jy sit alles oppi spel, daa is geen anne way uit nie. Met elke toneel wat met tension, volatile karakters, verlies en tender oomblikke gevul is, bied die show ’n analysis into die noodsaaklikheid van choice, die onverbiddelike enni cataclysmic effects van choices in ’n wêreld wat seemingly amoral vookom. 

Die crux: Ethan (Cantona James), ’n 17 year old boy vasgevang in ’n gang oppi South Side van The Hills ge-run deur Damien Santi (Elton Landrew). Sy main job is om hulle driver te wies; ’n job wat sy pa gedoen’et voo hy gestêf het. Ethan sitti net metti authority vanni gang oo hom nie, maa ook dai struggle omme provider te wies vi sy younger brother. Living is vi hom ’n day-to-day-saak en hy wôd al meer conflicted oo sy betrokkenheid byrri gang — hy is gebrandmerk as “the good kid” type. Is evident dat hy nie die ingesteldheid van die gang het nie. Through a series of events eindig hy op by Shane (Dillon Windvogel, Arendsvlei, Blood & Water) wat hom expose anni wêreld van spinning. Dié extreme motorsport offer vi Ethan ’n way uit, ’n space waa hy sy affinities vi beter kan gebruik. Hoe gan hy dit afpull? Omme gang te verlaat is ’n complex proses en die resulting journey include die return vanne ex-addict-ma en twee cops wat ’n callous moord investigate, onder andere. Op dié stadium is sy goal nie survival nie, is net escape, ’n distinction wat deur die hele show veskyn. 

Die ding met Spinners is dat dit soes ’n oop wond is en dit het nie toestemming gevra om op display te wees nie. En jy kanni vra daaoor nie, allow die colours om vir jou te enter, ommi gash wound se textures te ontleed, om sy archeology vi jou voor te lees. Want as jy probeer verstaan, gan jy dit opneuk.

Is baie moeilik om geweld en stryd te skryf. Die probleem is dat karakters gewoonlik geskryf is om óf goed óf sleg te wies. Gehoorlede soek ’n held of ’n skurk, maa in dié geval is dit onmoontlik, want in hierdie tipe wêrelde waar geweld en moedeloosheid byna deur geopolitieke en historiese faktore in die DNA van hul inwoners embedded is, is die luxury om óf ’n hero óf ’n villain te wees nie toeganklik nie.

Ek sien’et baie met Nazeem (gespeel deur David Isaacs), die polisieman wat die dood van Kleintjie (Waleed Osman) ondersoek, ’n saak wat ’n verbintenis het met twee gangs. Nazeem doen bizarre en wrede acts om inligting uit Ethan te kry. Tesame met sy persoonlike motivering, kan en moet die audience hom justify? Selfs as dit ampe Ethan sy lewe cost. Is clear dat sy methods baie unethical is, maa omdat hy dit vir die sake van justice doen (en not to mention dai tricky diskoers van “gangsters deserve nie fairness nie”), kan ôs sy actions ignore? Ek dink nie soe nie, maa die show gie hom ruimte vi sy vice, tot ’n punt though. Ethan het ook sy moment waa hy ’n bubby shop anni brand steek om ’n altercation metti gang te vermy, uit sy eie choice uit. Ek het nooit gedink dat as ’n viewer vanni show ek nou Ethan se good-kid archetype moet reconsider nie.

Spinners het persoonlik die idee van morality vi my ge-challenge. Dit is een vanni series wat constantly vra “hoeveel is jy bereid om te justify?” en dai isse contextual, not to mention komplekse kwessie. Gewoonlik judge ôs gou die decisions vanni karakters, soms sonder om die situation in perspective te sien en dai judgements is so loosely geskep rondom ôs ideas oo wat normaal en reg is.

Vi my is Spinners soos GTA meets Money Heist meets Skemerdans, maa ek base my comparisons op die effektiewe nature, die intrigue, die tempo en die gevoel van interiority wat aan die gehoor gegee word. Tewyl ek die series gekyk’et, is ek versmoor deur spanning. Is baie moeilik om nie ’n show soos Spinners te wil binge nie. Dit dryf jou voort, baie op dieselfde manier as wat jy voel as jy al ooit ’n rooi lig gespring het.

Wat regtig refreshing is, is dat die skrywers van die program aan geen karakters spesiale behandeling gegee het nie. Niks is vir hulle heilig of kosbaar nie. Dit probeer nie om tragedy weg te hou van enige van die mense wat in die vertoning uitgebeeld word nie — dit is nie net true anni realiteit wat Spinners wil probeer uitbeeld nie, maa dit beteken ook dat ons regtig in die wêreld van The Hills belê kan raak, terwyl die karakters lewendig word om in hul intricacy te groei.

Wat die Spinners arc betref, is dit ’n great way om spanning, desire en hoop in die vertoning te deliver. Nadat Ethan die groep ontmoet het, wôd sy wêreld vir hom oopgemaak terwyl hy leer dat spinning hom van beide The Hills en Damien Santi se gang kan bevry. Dit is gevul met adrenalien, danger en euphoria. Hierdie spesifieke narratief beklemtoon wêklik ’n paar belangrike idees. Die eeste een is dat ’n persoon se natuurlike talents gerig en aangewend kan word tot voordeel van ander, maa dat daar gevalle is waa die individue ook daarby kan baat, basies die geboorte van passie. Die wêk wat hy vi Santi doen, maak hom nie gelukkig nie, maa hy doen’et vir Damien wat soes ’n pa is vi hom, in comparison to die spinning wat hom inspire om inni lewe te advance en hy kannit doen om homself en sy vriende tevrede te maak. It vat nie baie van hom af nie.

Die tweede idee wat by my opgekom het, is die idee van genealogy; Ethan se pa Neville (Dean Balie) het hom alles oor bestuur geleer, maa deu ’n series of events moes Neville ook vi Santi gan wêk. Ek dink die spinning arc bring die idee vanne “generational curse” en hoe, as dinge anders was, Ethan ’n ander home life kon gehad het. Hierdie narrative is so compelling, want dit is iets wat vir baie mense onbekend is en dit bevestig die identiteit van hierdie reeks as South African. Dit is iets wat nie van die betrokke kreatiewe mense ontneem kan word nie. Die insluiting van spinning dui ook op die idee van vryheid, kreatiwiteit en gemeenskap, in teenstelling met die lewe van The Hills. In hierdie amper droomagtige koors van die plot het Ethan beskerming sonder conditions, vriende, die moontlikheid van liefde en ontspanning — die vreugde om ’n tiener te wees, iets wat ’n glimlag op my gesig bring omdat ons siek en sat is daavoo om kinders te sien volwassenes word voordat hulle moet.

Die rolverdeling en toneelspel is geweldig iconic en pristine. Cantona James se vertoning as Ethan — ek hetti woorde om die amount of magic wat hy in elke toneel insit, te verwoord nie. Hoe goed hy pyn (veral in die laaste twee episodes) en begeerte beliggaam. Daar is soveel nuance en attention to detail in sy performance geplaas dat dit moeilik is om te glo dat dit ’n fiktiewe verhaal is. Elton Landrew hou sy eie karakter gyselaar en breek nooit sy “hard on the outside, soft on the inside”-persona vir een minuut nie. Almal val so seamlessly inni wêreld van Spinners in. Die Underdogz-span gespeel deur Dillon Windvogel, Stephren Saayman, Braeden Buys, brotherly energie straal deur die skerm. Amber (Chelsea Thomas), Kayla (Melanie du Bois) en Nazeem smelt in hul stories in. Ek wil ook Brendon Daniels, DJ Mouton, Katlego Lebogang en Clifford Joshua Young uitwys vir die vertolking van some of die most interessante en engaging karakters. Elke persoon wat aan hierdie reeks deelgeneem het, moet congratulate wôd vir hul bydrae in die creation van hierdie visceral en saturated landskap.

Jaco Bouwer het uitstekende wêk gedoen om die essence vanni series te konsentreer — soos normal ’n slay. Bo alles annes sê Spinners virri kyker dat jy vir jouself moet dink en dat ôs journeys ultimately isolated is, al vind ons ander mense rondom ons om ons soms vas te hou, om daardie gevoel van seclusion okay te maak. Bouwer het hierri moments inni show uitgekerf wat die liegheid emphasise wat Ethan, Santi, Nazeem en vele ander karakters experience, saam met dai signature gedreun van wanhoop en paranoia onder die surface. Iets voel altyd of dit nie veilig is nie: ’n gat in ’n tenk, ’n krakende joint anne car door, iemand se asemhaling of threatening side-eye. Bouwer se wêk laat jou op die rand van jou stoel sit, iets wat so goed werk vir ’n reeks soos Spinners, aangesien hierdie onsekerheid die kyker en die karakters rondvolg soos ’n vuil gewete waiting for the recoil.

Om eerlik te wies, Spinners issi ’n maklike series om te kykie — is iets wat by jou vassit. Ek het deurri Kaap gery en ek het toevallig verby een vanni locations ge-drive. Inni show issit die site waa Nazeem finally vi Santi en sy gang kon arresteer. Dit was veronderstel om ’n sting operation te wees, maa dit ontaard in ’n skietgeveg; ’n fierce, rapid exchange waa geen lives gespaar wôd nie en die gehore sien hoe karakters sterf, waarvan ek gedink het party dalk tot die einde van die series sou survive omdat hulle so belangrik is virri plot. Terwyl ek verby die site gery het, het ek dadelik aan hierdie toneel gedink en dieselfde ongemak gevoel wat ek gevoel het toe ek dai toneel gekyk’et. Spinners het hierdie intrinsic visceral aard attached to it; dit is moeilik om weg te kruip of te ontsnap binne ’n show wat so baie depend oppi portrayal van die ondienlike en growwe, die dinge vanne onderwêreld. Jy sal constantly die uitlaatgasse van die exhaust inasem, loaded met metals, swart soot, nitrogen oxide en vapour, maa kap aan dis deel vanni journey.

Spinners stream nou op Showmax met nuwe episodes elke Woensdag tot die 27e Desember — kyk die trailer:

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Spinners: Pressure-sensing, carnal, exhilarating  gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand