Die weight vanne kroon, die depth van liefde en die nagevolge van mag

Die weight vanne kroon, die depth van liefde en die nagevolge van mag

Foto’s: Estiaan Terblanché 

Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston

“My rawward longing far too visceral, did I just fall in love with love?” 

(‘Blissing me’, Björk, 2017)

Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston is die translation van Christopher Marlowe se Edward II — ’n story wat handel oorri eponymous king en sy relationship met Piers Gaveston. It handel oo die weight vanne kroon, die depth van liefde en die nagevolge van mag. 

Die toneelstuk is based op wêklike events oorri lewe van Edward II wat die koning van Engeland was van 1307—1327. Dit was ’n tyd waar spanning tussen Engeland en Scotland high was en parlementêre instellings besig was om teen ’n vinnige tempo te develop. Edward II het met Isabella van Frankryk, die dogter van koning Phillip IV, getrou om uneasiness tussen die French en English courts op te los. Marlowe se play fokus op die possible seksuele verhouding tussen king Edward en Piers Gaveston. Gaveston se kamstige arrogance en influence as Edward se gunsteling het ontevredenheid by beide die barons en die Franse koninklike familie ge-rouse en Edward is ge-force om hom te exile. ’n Complex en detailed narratief wat keuses ontleed, brought to life oppi vehoog met Marthinus Basson se regie en Edwin van der Walt, Beer Adriaanse, Rolanda Marais, André Roothman, Wilhelm van der Walt en Caleb Payne watti karakters to life bring.

Die stuk het byrri 2023-KKNK ge-debut en het ’n short run by die Adam Small Theatre Complex gehad, maa ek het die chance gehad ommit te kyk toe dit in Bloem gespeel’et. Wat ek byrri Vrystaat Kunstefees ervaa het, was byna ’n revelation toe ekki Fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston gekyk’et. Ek’t niks vewag’ie. Om lieg inne teater in te stap, mean jy’s ready om te receive; datti elemente jou sometimes maklike kan reach en affect. Die following issie jewels wat die weight vanni kroon heavy maak.

die dood van herkoms — die storie

Die ou koning: “Dit is joune voortaan… Sit op die kroon, sê ek jou! Jy is na hom vernoem, en hy na my.” 

Die next-in-line Edward II (vertolk deur Edwin van der Walt) voel die ominous presence vanni kroon aan wat na hom toekô, following die ou koning (André Roothman) se waansinnige visions. Isse vevloekte kroon, een wat met intoxicating power kô. Edward II se lot issi avoidable nie en narri ou koning se dood sit hy met nie net die las om sy koningkryk te manage’ie, but ook die responsibility om nie die foute van tevore te repeat’ie. Sy reign sien die terugkeer van Gaveston (Beer Adriaanse), die king se best friend/lover, watte raat uit die stelsel vat. Die veloop vanni toneelstuk is dan ’n back en forth between die royal advisors, die koningin en Gaveston oo perceptions, familie, die konsep van wêklike liefde en die expectations vanni crown bearer. 

gentle glimmer — i love your light, be my home

Koning Edward: “Hoekom maak almal ’n teiken van iemand wat so goed doen in die wêreld?”

Die ou Mortimer: “Waarom hou u die meeste van iemand wat die hele wêreld haat?”

Koning Edward: “Omdat hy my meer liefhet as enigiemand in heel die wêreld. Dis alleen maar barbaarse beeste wat hom haat. Die wat edel is, koester hom.” 

Die experiences van outsiders has always been ’n belangrike onnewêp. Om iets buite jouself te vestaan. In die toneelstuk het ôs die outsider, Gaveston, who lives freely, maa die mense vanni town het ’n probleem met sy homosexuality en spesifiek sy verhouding metti king, which may or may not be romantic. Gaveston, in sy comforting en glittering statuesque being, influx met supple masculinity, ’n beliggaming van liberty, liefde — ’n body wat anne mense pla, die other. Inne ruimte van couth en reëls, threaten Gaveston nie net virri royals’ie, maa ook die hele establishment. 

Die quote vir dié gedeelte kom uit ’n toneel waa die advisor, ou Mortimer (ook Roothman), ennacts a plan waa hy vi Gaveston uit die koninkryk wil smyt. Die verhouding wat hy metti king het, is unnerving, is “abominable”. Die king se defence vi Gaveston is venerated; hy wys sy softer side, iets wat exclusively bloom metti presence van sy jonker en sy seun (Caleb Payne). Met Gaveston se glimmer wat reflect throughout die toneelstuk, kom die gesegde van “we fear the things we don’t understand” immediately na my gedagtes toe. Misunderstood, fortified, is hy ge-exile. Die intentions van al die karakters kom inni spotlight — en ek sukkel om te graps hoekom Gaveston se existence so contentious is. 

labirint van weerkaatsing

’n Quick moment vi die magic vanni stel. Comprised van panels what dually deurskynend en reflective is. Confronted deur jou regtige gesig inni mirrors, sien die karakters hulle true selves, in hulle boosheid — ’n spieël issi ’n artist nie, hy torment jou; alles wat jy wil wegstiek, sien die spieël. Imagine jy’s altyd encompassed deu jou tekôtkominge en elke aspect daa’van wys hulself vi jou, jou blindspots wôd dorings, jou voetspore wôd ’n crime scene en die gedeeltes wat jou ’n goeie mens maak, wôd exhausted trying to cover all things up — en jy kanni rerag escape nie, there’s no exit. It wysie goed wat ôs nooit virri wêreld sal wysie. Gaveston is die spieël met ’n stem, tien’ie bigotry en regering. No blindspots here.

Gaveston: “Stil nou. Bly nou stil. [Lê vinger op Edward se lippe.] Die tyd wat ons nog het, is veels te kort. Ek wil nog vir ’n oomblik net na jou kyk.”

[…] 

Koning Edward: “Jy is reg. Tot binnekort.” 

Gaveston: “Tot binnekort.” 

In hierri version vanni play het Basson vi Gaveston die ability gegee om altyd dai tormenter te wees. Maa issi omdat dit sy bedoeling issi, is omdat hy net bestaan, soesie spieël supposed is om iets te reflect. Die play villainise vi Gaveston omdat ôs ôs eie evil in hom moet sien. Die state van transparency en eerlikheid wat hy besit, los ôs met questions oo liberty, oo mourning, oo morality.

the wise (?) old man, the syzygy (disclaimer: psychobabble)

Die ou koning: ’n Apparition vanni archetype vanni Wise Old Man, gewoonlik inne storie geplaas ommi main character te lei. Inni geval vanni Fel omstrede kroon is hy hie om die sondes vanni velede uit te lig. Die Old Man is nie van sy sondes bewus nie, maa sy ghost wôd die ding wat by king Edward II spoek. Hy hou die huidige king inne liminal space, tussen die nuut enni oud. 

Koningin Isabella (Rolanda Marais): Gewoonlik lê die anima/animus binne ’n mens se sub-conscious, om iemand heel te maak. Ek hetti ding mette jungian eye gekyk, ek beskou die queen asse physical representation van wat happen as mans hulself liefde en softness deny. Left oppressed, verontwaardig en ultimately fractured. Jy keer jouself van reflection en growth. 

prentjie vanni jester

Gaveston: “Stapel al die leuens maar op my, dit is die rol wat ek moet speel.” 

Beer Adriaanse het wêklik vi Gaveston embody. Hy’t die karakter-in-question gevat en gekoester, vasgedruk in sy kwesbaarheid. Myns insiens issit ’n moelike taak om Gaveston te vat en jouself te subject aan hatred om dai historical bones te unearth. Wat Adriaanse moes doen, is ommi stem vanni Earl of Cornwall inne way te vindicate — actually no, hy moes sy stem laat resonate.

Ek’t once gehoo datti jester die most powerful person inni court is. Gemaak om perspektiewe te buig, iemand wat beauty en chaos appreciate. Hy is ’n soepel en sensitiewe mens, oospronklik en mischievous. Hy bring lig. Gaveston tree op as ’n neo-jester en is ook ’n sacrificial lamb. 

lament & percolate

Ôs keer terug narri spieël. As jy nie bang issi, val jy diep in; is net jy, kaal. Gaveston transcend die isolated space en meet vi Edward daa, gevestig in hulle companionship. They are each others freedom; in hulle intimacy het hulle alles. ’n Overflowing of passion, play, vetroue intertwined met frustrasie en vigour. Is dai security, die knowledge dat hy en Gaveston op enige plane kan ontmoet; it maak nie saak nie, Gaveston se gees is sy tuiste. Iets wat hy nie kan gie nie, iets wat hy nêrens vind nie.

Tien’ie einde vanni toneelstuk is beide die tragic characters dood. Deaths steeped in ulterior motives en deaths wat net ’n display van power is. Jy voel dai deaths, koudbloedig, but jy realise dat hulle alreeds displaced was — two characters wie se sanctity nooit vestaan is nie. Die kroon, a symbol of emptiness and grief. 

Vi nou het Die fel omstrede kroon van Edward II en Gaveston geen toekomende speelvakke nie, maa as hulle nogge run doen, don’t miss it. En as jy ooit vi Marthinus Basson raakloop, vra hom of daa nog copies is vanni teks. 

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Die weight vanne kroon, die depth van liefde en die nagevolge van mag gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand