Lorin Sookool se Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi

Foto’s: Chad Le Roux
Die dance performance laat Paul Kammies gló: Ons liggame is heilige antieke tegnologie
Ek het vroeg in Februarie die gelientheid gekry om Lorin Sookool se double bill Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi by Artscape te kyk. In preparation daavoo het my eie memories as danser teruggekom. Toe ek jonger was, het ek begin dans as ’n vorm van ontspanning, maa het altyd gesukkel met tegniek. Straight lines wat jou liggaam inne historiese kaart verander, ’n tilted head wat jou spiere in pin-points en pyne druk. Dit is wat dans is, inherent superhuman en rupturing. Ek’t gedink anni excitement van ’n vertoning, warming up. ’n Swift uitasem voodat die gordyn ooptrek en jy optree om te release.
Wanne ek inne plek van vryheid is, maakie saakie hoeveel ek flow en ebb, voel ek altyd ’n degree van huiwering om myself permission te gie om ’n infusie van rapsodie te kweek. Ek drukkie deur of verby pyn nie. My body weerstaan sy mees natuurlike bewegings: ’n twisted ankle, ’n limp wrist, my hunched rug. Ek shape daagliks my liggaam en hoep dat die air vannie dag die vorm van perfeksie wat ek probeer uitvoer, kan solidify.
Maa ’n body is ’n fruit.
My body is injured.
Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi kom na ôs verhoog as iets fresh, ’n kritiek op verwagting en norme. Behalwe die wêk se tesis van dekolonialiteit, bedien Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi iets soveel richer virri audience. Dit is ’n heronnesoek van wat ôs as natuurlik virri liggaam beskou, hoe ôs die liggaam lees in sy uitgebreide, uitgerekte, gekonfigureerde, verdraaide toestand. Dat die liggaam iets is wat volop in kwesbaarheid is. Wat ek van hierri stukke verstaan, is ’n oproep om jou uitdrukking en opstand te laat kom uit ’n diep begrip vanni ware self.
Lorin Sookool is ’n kunstenaar, ’n genius at their craft. Hul praktyk vind ’n beginpunt in dans, maa is meer interdissiplinêr en intuïtief. Sookool se wêk lewer kommentaar op ôs postkoloniale en postapartheid-existence as South Africans. Dit analyse die grys ruimtes tussen die instelling enni wêklikheid vanni lewe. Wat hul wêk exceptionally spesiaal maak, is dat dit uit ’n persoonlike, collaborative en onbeperkte ruimte kom, wat beteken dat wat oppi verhoog displayed is, ’n eklektiese en bont persoonlikheid het. Sookool is oek grounded inni mantra: Dala what you must, ’n saying wat vir my spreek tot hul toewyding aan vloei en intuïsie, lewenskragtigheid en autonomy.
Een vanni interessantste dinge van ôs huidige era is dat ôs die ruimte het om ôs geskiedenis met niks beperkings uit te daag. Ôs persoonlike histories is die belangrikste daarvan. Virri gene van ôs wat uit ruimtes kom waar ôs waarde vasgevang is inne rigiede, heteronormatiewe, verbeeldinglose bestaan, durf ek die woord white gebruik. Dit is in daardie ruimtes waar ôs kragtigste self onversoenbaar raak mette pre-selected dream wat vir ôs te klein is. When looking back into history na ’n verlede wattie altyd te favourable was nie, word dit duidelik dat daa nog oorblyfsels van ’n gif is wat so gemeen is dat dit die maniere waarop ôs ôsself bevorder, of selfs wat die samelewing bevorder, vertroebel het. Ôs probeer om die narratief te her-dialoog. Ôs moet terugkom om daardie goed op te tel wat ôs verloor het; ôs moet terugkom om te sien wat ôs oortref het. Dit is die impetus vir Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi.
Die eerste stuk, Woza Wenties!, begin met Sookool wat die gehoor groet, deurloop en vergesel mette appropriate “awe!”. A briefcase, hat, skoolskoene en shaker-shell-enkelbande wat ratel en sis tewyl hulle na die verhoog stap, en ’n vinyl. Hulle is oek in ochre gecover wat hul body transfigure en die importance van race, maa oek die natural existence vanne Black/Coloured body highlight. ’n Gesang vul die lug, ‘144 in Tinsimu Ta Vakriste’, maa nie sonne ’n preface deur ’n verskoning virri sangers se “mispronunciation” vanni lirieke nie, wat Suid-Afrika se christelike tradisie aan een of ander vorm van imperialisme bind. Dit gebeu alles op die apron vanni verhoog.
As ek aan Woza Wenties! dink, dink ek dadelik aan hoe die liggaam politicised word, hoe die freedom daarvan appropriated is. Wanneer Sookool die skoene uittrek en op hulle hande plaas, net om ’n tendu-oefening uit te voer – hierri was my gunstelingdeel. Virri gene wat dalk nie weet nie, ’n tendu-oefening isse ballet exercise waa jy jou point en leg extension train. Jy verwag nie om ’n tendu-oefening met die hande te sien nie. Ek dink met groot pret aan hierri beeld se ironie; dit is so playful. Die nalatenskap van ballet word soms gekoppel anni kôsep van body terrorism, wat praat oor hoe streng klassieke dansopleiding jou van jou liggaam ontkoppel. Sodat wanneer jy in uitvoering tree, het ’n danser al die tegniek om hulle “perfek” op die verhoog te laat appear, maa hulle word beroof van emosionele en viscerale articulation. Hierri klein oomblik vanni tendu-oefening op ’n plek wat onverwags is, laat ôs glo dat ôs fisiese bewegings kreatief en innovative kan wies; nie iets wat beperk moet word inne beswaarde praktyk nie. Ôs volg die verhaal van Woza Wenties! tewyl Sookool reflekteer oor hul kinderjare as ’n gekleurde liggaam, inne tyd waar hierri identiteit, my identiteit, bestaan het inne baie meer gebroke en liminale ruimte. Daa is ’n vootdurende botsing tussen die pasgemaakte instelling enni gees van care. Hierri stuk poog oek om sin te maak van wat dit beteken om ’n identiteit wat uitgewis word, terug te eis. Daar is ’n physical representation van hoe kompleks Sookool se identiteit is: vanni aantrek met paper doll puppetry tot die gerammel vanni shells. Sookool laat hulleself toe om op elke moontlike manier ’n soft spot te wees en eer die sovereignty van hul liggaam ten spyte van kragte wat attempt om dit te ontwrig. Hulle dans en appear mette uninterrupted joy and energy. Oorri algemeen wys hulle dat daa geen skaamte is om jou expression organies te laat wiesie. We need to keep in mind dat die colonial legacies wat nog soe salient is, eintlik iets is wat kan undone wôd.
“Sookool [...] eer die sovereignty van hul liggaam ten spyte van kragte wat attempt om dit te ontwrig. Hulle dans en appear mette uninterrupted joy and energy. Oorri algemeen wys hulle dat daa geen skaamte is om jou expression organies te laat wiesie. We need to keep in mind dat die colonial legacies wat nog soe salient is, eintlik iets is wat kan undone wôd.”
Die storie agter 3 Mense Phakathi is exciting. Die vehoog is set mette netting en waste, wat ’n byna pastoral toneel skep wat undercut is deur ’n landskap van grime en ontnugtering. Die manier waarop Sookool en hulle span oor 3 Mense Phakathi praat, beklemtoon collaborative wêk. Drie spectres wat ’n byna ritualistiese ruimte converge tewyl hulle ontdek wat dit beteken om die liggaam se nervous conditions uit te wêk. Genre-gewys begin dit van iets wat lees as klassieke dans, maa jy begin fokus op hierri minute human touches, ’n sassy wrist flick, gemeng met zests van kontemporêr en hip-hop. ’n New dance vocabulary wôd geskep; dit is nie tussen genres nie, dit is die hipotese van iets nuuts. Hierri stuk is krities oor wat dit beteken om in hierri hibridised samelewing te bestaan. Daa is meer wat ôs met dans kan doen in terme vanni klassieke vorms enni repertoire van stories wat ôs normaalweg gewoond is om te sien. Ek is stunned oor die degree van synchronicity tussen die performers; hulle wêk nie net saam om die energie te embolden nie, maa skep oek ’n resonance wat my herinner aan hoe ôs met mekaar verbind is. Hierri tipe wêk omhels jou en sê vir jou dis reg om te release; dis okay om anders te wies; dis okay om nie dieselfde dinge as annes te wil hê nie.
Tydens die Q&A is die kunstenaars gevra waar hulle baat inni development gevind’et. Hulle is gevra om present te wies en om hulself as mens en kunstenaar inni lokaal te benader, in plaas daarvan om die wêk vanni persoon te dissociate. Om jou verwikkeldheid te kan bring om iets persoonliks in te vul en ’n ryker betekenis te skep oor die belangrikheid van humanism en om ôs coexistence te verstaan. Hierri stuk neem die konsep vanni koloniale legacy enni contemporary individu baie ernstig op.
Waa die double bill die meeste shine, is wanne die geselskap en Sookool aan hul intuition en hul spontaneïteit oorgee en hierri wonder-inspiring, visuele kakofonie van power en acceptance skep. Dit is juis sukke oomblikke waa die uitvoering verdwyn. They lean inne physically embodied taal wat geen verduideliking vereis nie; dit is die tipe dans wat so diep strek dat jy die taal verstaan sonne om navraag te doen. This work is so transcendent. Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi maak my bewus vanni feit dat ôs eie bestaan met te veel arbitrêre reëls vernietig is en ôs vergiet dat beauty organic is. Ôs vergeet dat ôs liggame en natuurlike inclinations iets is wat ôs moet honour. Ôs moet resilience en allurement, vexation en die marginalised own. Ôs moet shame resist.
“[...] ôs vergiet dat beauty organic is. Ôs vergeet dat ôs liggame en natuurlike inclinations iets is wat ôs moet honour.”
Toe ek die opvoering verlaat, besef ek dat my liggaam net so intelligent en alive is soos my brein. Ek moet ophou dink daaraan om my liggaam te manipuleer en my liggaam toelaat om as deel van my verstand te configure. Op sigself is dit nie net ’n politieke act, een wat die stelsel of ’n instelling weerstaan nie. Dit is ’n act van vertroue en knowing. Dit is wat hierri wêk vir my doen: Dit herinner my daaraan dat ôsse liggame wêklik heilige antieke tegnologie is.
Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896
Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Lorin Sookool se Woza Wenties! en 3 Mense Phakathi gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.