Die Sossi is los: 'n onderhoud met Augusta Zietsman deur Mila de Villiers

Die Sossi is los: 'n onderhoud met Augusta Zietsman deur Mila de Villiers

Foto’s verskaf

Video-onderhoud vervaardig deur Regardt Visser

Augusta Zietsman: Nóg ene Elzabé se dogter, nóg in Augustus gebore, maar met sangvernuf en – letterlik – ’n naam vir haarself in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak, basuin dié chanteuse uit sedert 2022.

Onder die voornaam wat op haar geboortesertifikaat verskyn, het sy ons gehoorsintuie – en danspassies – geprikkel met die opgewekte singles ‘Baljaar’ en ‘Lekker hou’. Haar debuut-EP, Breekgoed, is in 2023 uitgereik en getuig van haar toonkunstige talent, met ’n verskeidenheid van genres waarmee sy speel. (Hierdie liefhebber van Afrikaanse letterkunde – en closet fantasy fan! – het boonop die ballade ‘Soet smag’, ’n repliek op Van Wyk Louw se ‘Ballade van die nagtelike ure’, op dié EP ingesluit.) 

Met die uitreiking van haar nuutste EP, Sossi, wat vroeër vanjaar die digitale platforms getref het, beleef hierdie Kathu-kind se kleuternoemnaam ’n welluidende wederopstand. En nee, dis nie ’n agteruitgang nie, maar ’n metamorfose, want deur daardie dogtertjie-within op die vyf enkelsnitte te herontdek, te koester en te omarm, ontdek Sossi wie sy werklik is – beide as mens én musikant.

Om as ’n onafhanklike kunstenaar Mzansi se musiekwêreld te betree, verg waagmoed en samespel en gelukkig beskik Sossi oor beide! Mede-muso en musiekvervaardiger, Peach van Pletzen, se behendigheid met – en raad vir – ritmes skep, lewer ’n Enter the Sosness- (IYKYK!) bydrae tot haar tjoens, terwyl haar begaafde gade, Regardt Visser, die regie, verfilming en vervaardiging van haar musiekvideo’s behartig. So tussendeur Beats van Pletzen en Manlief Visser, maak Sossi staat op sosiale media-kanale om haar video’s, countdowns tot nuwe snitte, optredes en liedjies te deel en te bemark.

Vannit bring met haar oerkoek-energy tot vasbyt in ’n onverbiddelike bedryf; Brat Summer-esque-kommentaar vir veroordelende nay-sayers tot die noodsaaklikheid van jou verlede verken, selfvertroue eien tot artistry ontketen: Sossi se lirieke en melodieë is ’n ouditiewe onthulling van die human condish – én vet pret om mee saam te sing!

Om vir ou ABBA te parafraseer: When you’re near her, darling, you can defs hear her Sossi-es. — Mila de Villiers


Kyk Mila se onderhoud met Augusta hier, verfilm en vervaardig deur Regardt:

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Ons bou aan ’n moderne beeld van hoe Afrikaanswees lyk, lees en klink. Het jy van Die Sossi is los: 'n onderhoud met Augusta Zietsman deur Mila de Villiers gehou? Dan ondersteun ons. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy gelys.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand