'n Listening party van Augusta Zietsman se musiek

'n Listening party van Augusta Zietsman se musiek

Hier's wat ons dink van haar eerste EP, Breekgoed

Hierdie artikel is gesamentlik deur Edwina Solomons en Miché van Wyk geskryf.

Augusta Zietsman is ’n gem vir die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Afkomstig van ’n plaasdorpie in die Vrystaat en later die Noord-Kaapse Kalahari-dorp Kathu, gee sy op veelsydige manier uiting aan kuns as skrywer, aktrise en musikant. As aktrise het sy ons skerms ge-bless met haar rolle in onder andere kykNET se Dinge van ’n kind en Netflix se gewilde Blood and water

As singer-songwriter is sy vars, cool en relatable. Sedert sy haar eerste enkelsnit ‘Baljaar’ sowat twee jaar gelede uitgereik het, het sy in 2023 haar eerste kortalbum (EP) Breekgoed bekendgestel. 

Die EP bevat vyf snitte, elk met ’n diverse klankaanbieding. Haar musiek is ’n eensoortige mengsel van hip-hop, akoestiese indie en by tye selfs ’n bietjie punk-rock. Die mooie digkuns in die lirieke is ’n bonus, en daarmee saam is die musiekvideo’s wat sy tot dusver vrygestel het, indrukwekkend, vernuwend en speels.

Oor die tema van Breekgoed vertel sy: “Die kortalbum gaan vir my oor verlies en hoe ek sin maak van daardie verlies; verlore liefde, nie net ten opsigte van romantiese liefde nie, maar ook vriendskappe en selfs familie. Ek probeer self nog uitwerk hoe om diep, maar liggies lief te hê binne die raamwerk van verganklikheid.”

Haar musiekloopbaan vat nou behoorlik vlam. Sy het sedert verlede jaar live optredes begin doen saam met van die bekendste Afrikaanse bands soos Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf. Sy het onder andere by die 2023-Vrystaat Kunstefees en die Toyota US Woordfees opgetree. En ons hou haar Instagram-stories dop, dit lyk of daar gereeld nuwe musiek aan die broei is in haar sitkamer in Johannesburg…

Foto’s via Facebook

As jy alleen is ná ’n lang dag, skink ’n glas wyn en speel Augusta se Breekgoed – jy sal in goeie geselskap wees!

Luister na Breekgoed via Apple music, Spotify of YouTube.


Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji en die KKNK. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'n Listening party van Augusta Zietsman se musiek gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand