Nathan Trantraal se graphic novel oo hoe Bruin seuns 'n wound asse gift gegie is
Die man wattie kinnes vang is 'n autopsy van jou eie lack of concern
Die man wattie kinnes vang (Kwela, 2024) remind ’n mens hoe misguided Kaapstad kan wies. Nathan Trantraal unwrap nie net Kaapstad ie, maar ’n deel van Suid-Afrika se history in hierri graphic novel. Daa isse gevoel van spanning in die story wat handel oo hoe ôs net op geweld en atrocities react wanne daar ’n sensasie daaraan gekoppel is, of hoe mense ophou oo iets praat as daa niks meer romantisisation oo issi, as die cruelty niks rondom dit het om dit shiny te maakie. Dit gaan oo hoe heroes nie bestaan nie. Die man wattie kinnes vang issie concerned met jou idee van story of met jou idee van closure nie, dit gaan rather oo ’n type of accountability wat geen colour of morality of commodification moet hê nie.
Die boek gee erkenning anni moorde wat verband hou metti Station Strangler, wat tussen 1986 en 1994 seuns op die Cape Flats gesodomiseer en vermoor het. Soms voel die truths oo die Station Strangler wat in die storie ge-position wôd, impolite. Dit ooweldig die reading experience. Voodat ekki graphic novel oopgemaak’et, het ek gedink dat die inhoud niks met my experience sou resonate ie. My assumption was dat hierri storie completely informative sou wies. Maar, dit is confronting van die ways in which society, die justice system en politics noggi improve het nie.
Dit is 2021. Damian de Jong, Die man wattie kinnes vang se verteller, skryf ’n boek oo serial killers, ’n fictitious boek oo regte murders. Die storie wat hy wil skryf, handel oo sy kinderjare wat eendag invade geraak wôd met ’n mass fear, prompted deur die verdwyning en murders van seuns. Dis apparent dat De Jong se concern nie is oo hoe die seuns dood is nie, maar eerder dat mense vergeet’et wie hierri seuns was, wie hierri Coloured seuns was. Tewyl Damian aan sy eie memories dink en inligting en anecdotes vanni speurder Michelle Wakefield insamel, ontdek hy die realiteit van dit waaroo hy wil skryf: dat dit met indifference behandel is. In spite of all the efforts gemaak ommi nalatigheid ernstig op te neem.
Die man wattie kinnes vang open in Ukraine. Die leser wôd vertel vanni storie van Stephan Chikatilo. Hierri gedeelte is deel van Damian se navorsing, en terselfdertyd die establishing shot vanni boek. This section vanni graphic novel vra die leser om nie te dink oo wat hul reeds wietie. Dit sou maklik gewies het om in hierri oomblik vanni roman headlines te rehash. However, die tale oorri cannibalised broer van Andrei Chikatilo lat my meer oo gemeenskap dink, in plaas daarvan om te consider wat ’n patologie skep, wat ’n murderer se foundations is. “We had always gotten on well with our neighbours. I thought they were good people, but that was my mistake. They weren’t people at all. / They were jealous reptiles. / And when I turned my back, they raided my nest.”*
Dit is moeilik om te fokus op wat Andrei Chikatilo uiteindelik sal wôd, want wat hier belangriker is, isse storie oo distraction, oo truth; dit is ’n storie oo estrangement. Hoe is daar ’n absurde provision van meat in die Soviet famine vanni 1930’s? ’n Vemiste kind wôd dan skielik in ’n collective triumph gevind. En soos Die man wattie kinnes vang in sy storie develop, wôd hierri agtergrond inni eerste paar bladsye vanni graphic novel ’n turning point in jou aandag. Om te dink aan die surrounding omstandighede rondom ’n mass fear enne mass loss.
It voel odd om die inhoud vanni storie inne resensie te hantee, want die graphic novel wil hê jy moet iets sien. Dit is valuable om te verstaan hoe taal en illustrasie ’n decisive gevoel van film skep. Trantraal taper die taal inni roman. Dit is soos die werk van ’n focus puller; dit is stadig en subtle. Dit plaas emphasis oppi details van terror wat inni historiese threads vanni roman gevind wôd. By doing so, wôd die language vannie boek bare, soes language bewus is van sy omgewing. Dit is nie meaning-making wat geskep wôd ie, omdat daa’s ’n idea van ’n geskiedenis wat sieke vereer of versier moes wôd. Dit wôd uitgewys in ’n oomblik waa Damian dink oo hoe hierri storie vertel moet wôd: “Ek wille storie vetel van kinnes wat begrawe was sône blessing en sône dignity. Ek kannie die taal gebryk van Egyptian mummies ie.” Hier niem Damian note dat om hierri storie te vertel impliseer’it dat in die manier waarop hy hierri storie relay, death nie glorified issie en dat hierri kinders wat gestêf het, nie martyrs wôd’ie. Is ’n ander manier om te sê dat die taal self nie iets moet wies wat deciphered moet wôd nie. Damian se boek het niks plek vi distraction nie, want it is ook ’n distraction van wat Damian wil hê sy roman moet wies.
Die visuele compositions en vignettes van Die man wattie kinnes vang is strong geplace, die beelde en frames wôd intuitively gelies – ’n leeservaring wat wêklik die force van hierri graphic novel establish. Die tonele is geteken om die nuanses van emotions te display, en die ding wat almost bitterly stands out issi distinctive features van elke karakter, object en plek. Niks voel flat, forced of selfindulgent’ie. Elke scene balance sigself tussen ’n feeling vanni uncanny en material. Dit skep ’n gevoel van motion binne die graphic novel en tot ’n mate ’n gevoel van instability. Inne moment waar Damian onthou hoe sy skoolhoof die skool vertel vanni moorde en hoe hy net op sy nuwe “powercats bag” kan fokus, is al dai children inni frame met ’n active gevoel van skok op hul gesigte, maar hierri kinders look exactly soes kinders wat jy ken. Ennit is unsettling om te dink dat die fiksie van hierri kinders nie vreemd voel nie, want hulle is nie placeholders vi kinders wat maybe exist net om inni raam te wies nie. Jy besef dat as iets met hulle gebeur het, sal jy weet hoe om hulle te beskryf, om hulle last known location te kan gie – dit is spesifieke kinders wat die wêreld rondom hulle ervaar en daartoe contribute. It’s faces like these that reject loss.
Die manier waaop Damian hierri storie vertel is tonally consistent, hy begin oppe plek waa hy die vrees verstaan wat deur die hooffokus van sy boek, die serial killer The Railway Ripper, veroosaak wôd. Hy vestaan wel nie die aksies en dinge rondom die sequence van events wat gelei het tot ’n disillusioning conclusion nie. Dit het daartoe gelei that those affected deu die duine wat in hulle huise inval, die heeltyd grains van sand ad infinitum uitvee, met hartseer inni background wat besag is om ’n vacuum te swallow en hulle kon hulself nie hoo nie. Of ten minste, dit is my perspektief. Ek dink dat hierri type of progression altyd as negatief, of counter-intuïtief gesien wôd. Dit is egter not the case. Dit is valuable om weer in woede te sit wanne dinge as los thread in ôs geskiedenis gelaat wôd, wanne die overall impak van ’n ervaring dismissed wôd as gevolg van wie betrokke is. Sekere dinge kannie soe dismissed of glossed over wôd nie; dit werk nie so nie.
Die man wattie kinnes vang isse fantastic boek. It het dai aspects van ’n graphic novel wat ’n mens net verlief oppi genre maak. Trantraal doen ook die wêk van poetry inni boek, wat ’n challenging task virri reader gie, because op alle levels vanni boek, selfs inni moments waa jy dink jy gemak sal vind, vind jy rather ’n stinging gaze, like a DVD wat op een frame hak. Die metatextual aspect voeg ook ’n ander element van irony wat, ten minste vi my, my selfishness en my sincerity lat question. Daa’s niks gimmicky about Die man wattie kinnes vang nie; die story is vertel soes it is.
Daar isse gevoel van despondency wanne jy aan die einde vanni boek kom. Hierdie graphic novel is soos ’n autopsy van jou eie lack of concern, of ’n herinnering aan hoe ’n wound vi jou asse gift gegie is. Die impak van literature soos Die man wattie kinnes vang is nie iets wat ek maklik vestaan’ie, want ek dink dit is groter as ek. Hoewel dit waarskynlik is, is daar ook ’n deel van my wat wiet dat daar sekere maniere is waarop hierri boek Bruin seuns reg in die middel van Suid-Afrika se contemporary lewe plaas. Trantraal se Die man wattie kinnes vang is regtig nie hier om rudimentary questions te vra oo veiligheid, geweld, gender of documentation nie. Daar is niks onsensitief daaraan nie. Dit isse boek wat questions raise oo onvolmaakte en volmaakte duties, oo sosiale contracts, oo die assumptions dat seuns okay sal wies, tewyl dit vir hulle onmoontlik is om eintlik oukei te wies.
*Daar is nie bladsynommers in die teks nie.